GALASIëRS:

INLEIDING:

Die boek vorm deel van die 9 de kerk brief saam met Romeine en  1+2 Thess. Die brief eindig die eerste deel Rom.+1-2 Kor en Gal. Wat bekend staan as die 4 Evangeliese briewe, en is in die volgorde van leering teregwysing en onderrig.

Lering was Romeine, en teregwysing was Kor. en onderrig Gala-siërs. Lees Rom. om in lering gevestig te wees, en Korinthiërs om rigting in jou lewe te kry, en Galasiërs om beskerming te ondervind vir jong beleerlinge. Galasiërs was deel van die hele Romeiense noordelike ryk waarvan Galasiërs net ‘n deel was.

Paulus het Gagalsiërs twee keer besoek voordat hy hierdie brief ge-skrywe het, wat ons in Hand. lees en dit was tydens sy tweede sen-dingrys. Hand.16:6, en dat hy ‘n tweede keer gaan besoek het tydens sy derde sendingrys Hand.18:23.

SY EERSTE BESOEK:

Sy eerste besoek was hy siek gewees 4;13. en dat hy iets gehad het wat toegelaat het dat hulle hom openlik aanvaar het. Vs.14. Dit was weens hierdie siekte dat hulle die Evangelie gehoor het. 

Hulle het hom byna soos ‘n engel ontvang vs.14-15. Dit was duidelik dat hy ‘n paar maande daar gebly het en hulle hom hartlik ontvang het.

SY TWEEDE BESOEK:

Die tweede besoek was baie meer onaangenaam, en het hy gesind-heids verandering by hulle bespeur. Dit was uit hierdie besoek dat hy hierdie vermanende brief aan hulle moes gerig het. 4:16, omdat daar geen vyandskap tydens sy eerste besoek te bespeur was nie.

Dan moes Hy hulle herhinder aan dwalinge en misleidinge. Vs.21.

DIE PROBLEEM IN GALASIëRS:

Paulus het hierdie verandering ‘n ander Evangelie genoem. 1:6-7, en voeg dan by dat daar die is wat julle in die war wil bring en die evan-gelie van Christus wil verdraai. Die woord ander het ‘n tweeledige betekenis: nl. ‘n ander van ‘n ander soort, maar dan ook ‘n ander van dieselfde soort.

Hulle was weggevoer deur iets wat geheel anders was. Dit beteken om die boodskap om te draai, maar met dieselfde Bybel. Hulle het die enigste Boodskap omgedraai.

Hy maak geen geheim oor hoe hy oor hulle voel nie want hy sê: Ek verwonder my dat julle so gou afvallig geraak het, van Hom wat julle deur die genade geroep het na ‘n ander evangelie toe.

Hulle het gesoek om dur die wet geregverdig te word. 1.4

Hulle het dae en maande en tye en jare waargeneem. 4:10.

Hulle het magiese waarde aan die besnydenis gekoppel 5:2 + 6:12,13

Hulle wou die werk van die H.G.vervang deur deur die wet en die werke van die vlees 3:3.

Hulle wil onder die wet leef van die vlees en tog nie die wet onderhou nie 4:21.

Die Evangelie was nie verloën nie, maar wou nie meer aan ‘n oorge-gewenheid van die Here wandel nie.

Die misleiding was deur mede kinders van die Here, 6:13 Dit was ook a.g.v. invloede van buite, omdat hulle teen Paulus gekant was. In 4:17 maak hy van ‘n atleet gebruik wanneer hy van ywer praat.

DIE JUDIANE VAN JERUSALEM:

Daar was ‘n groep uit Jerusalem wat ‘n Judaistiese idee van Chris-tenskap versprei het, en vertel Hand.15 vir ons die probleme wat hulle veroorsaak het in Antiogië. Hy verwys na hulle as die valse broers 2:4 en wys hoe geweldig die invloed van sulke persone was op die kerk van Korinthië. Die Judiane was die wat sy werk oorals ondermyn het, onder leiding van ‘n meer geleerde en toegywe Farisiër Dagaras, en het soos Paulus dit noem as engele van die lig hulle voorgedoen.

In Korinthe was die aanslag direk teen Paulus gerig en in Gal. was die aanslag teen die boodskap wat Paulus verkondig het en daarmee saam ook teen hom as persoon.

Die Kruis boodskap was vervand met soort van ‘n goeie lewe en lewe uit die vlees. Gal.2;21 “want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.”

DIE BRIEF SELF:

Hierdie brief is geskrywe met diepe emosies aangaande hierdie ge-meente wat hy lief gehad het. Die brief bestaan uit drie hoof afdelin-ge met twee hoofstukke elk. Die eerste twee hoofstukke handel oor Paulus self, en behandel vergelykings tussen dwaalleringe en die Evangelie. Die tweede deel is besprekings aangaande die Evangelie en dan die laaste twee hoofstukke handel oor die grootsheid van die Here self. Die eerste twee is persoonlik, die tweede twee is lewend en die derde twee is prakties.

HOOFSTUK 1+2.

Paulus verklaar in hierdie hoofstukke die werklikheid en wonder van die Evangelie.  Hy begin te sê dat die Evangelie nie van hom of deur hom was nie maar van die Here 1:1. Dat hy nie deur mense geleer was nie maar dat hy alles van die Here ontvang het.1:11-12.

Hy het nie van die ander apostels iets ontvang nie want hy was nog nie in Jerusalem gewees nie. Vs.17 en dat hy waarskynlik 3 jaar later het hy net vir ‘n kort besoek gegaan waar hy Petrus en Jakobus ont-moet het Vs.19 en was daarna nog onbekend aan die kerk in Judea. 22-23.

Hoofstuk 2: 14 Jaar na sy besoek aan Jerusalem het hy weer gegaan met dieselfde doel 2:1-2 maar dat Petrus wat onder die Jode gewerk het by die heidene Joodse beginsels wou implimenteer wat veroor-saak het dat Paulus Petrus moes bestraf.

HOOFSTUK 3-4:

Hy is verwonderd oor die onverstandige Galasiërs wat hulle vryheid in die Here wou inperk deur allerhande wetlike formules 3:1. en ge-bruik weer hierdie woorde onverstandig in vs.3 en dan weer in 4:9 Hoe keer julle terug, tot die swakkere en armoedige beginsels wat julle weer van vooraf wil doen. 4:20 Sê hy dat hy buite raad met hulle is.

Hy wys die grootsheid om deur die Gees te wandel en nie deur die vlees nie, 3:3 en van geloof oor werke, 3:2 oor die feit dat julle geregverdig is teenoor die wet 8+11 en om geseën te wees of om vervloek te wees Vs.9-10. Die belofte van Abraham teenoor die wet van Moses. 12-14. Die Abrhamiese verbond teenoor die Mossianse verbond. (16-22) Volwassenheid teenoor kindes (25-26).

Van Seunskap tot gebondenheid (3:26 en 4:6) Van aanneming van volwasse status of gebondeheid met onvermoë om in besit te neem. (4:1;3;5) van vryheid oor gebondenheid (4:8;21-31) Wat ‘n teenstel-ling is al hierdie dinge.

Elkeen van hierdie twee hoofstukke het sy eie aanslag. Hoofstuk 3 is die tema vers:7 Hy verwys na die hooftema nl. geloof: en dat deur die geloof die Heilige Gees ontvang is, en dat die onweerlegbare bewys van seunskap is. Die res van die hoofstuk verduidelik:

1) Dat Christus ons van die vloek van die wet verlos het sodat die belofte van die Heilige Gees ontvang kan word deur die geloof 10-14

2) Die wet wat die Here gegee het nie die wette van die Here oorskry nie 15-20. Dan sluit hy af deur te sê dat ons ons seunskap in die Here deur die geloof ontvang het. 26.

As jy gered is, is jy in die beloftes van Abraham ingesluit. Dat ons nou in ‘n nuwe verhouding ingesluit is.

Hoofstuk 4: Beklemtoon die voorregte van Seunskap. Paulus beves-tig nou aan ons dat ons nie net seuns is nie maar erfgename is;1,7,30. Daar is twee woorde wat hierdie seunskap opsom nl. aanneming 5 en  erfgenaamskap 30.

In Gal.4;6-7 verduidelik hy aan ons omdat ons kinders is, kan ons nou uitroep: Abba Vader. Die Patria Patensie. Dit verwys na die pub-lieke aanvaarding van erfgenaamskap, wat deur ‘n publieke seremo-nie plaasvind. Ook soos in Rom.8:18-23 gedoen. Ons is nie meer slawe nie aar seuns van God.

Juis a.g.v. hierdie geweldige werk wat die Here in ons kom doen is hy verwonderd dat hulle na ‘n ander evangelie luister wat hulle sal beroof van hulle voorregte. Maar dat hulle deur die vlees alles tot niet maak wat die Here deur die Gees lewend gemaak het 4:17, en julle sal laat uitsluit uit die vorregte van die ewige lewe.

Dan in die laaste gedeelte van hfts.4 word die vergelyking van Isak en Ismael gebruik 21-31. Die gereddes in hierdie vergelyking is die Isak’s wat die erfgenaamskap in Abraham ken, waar die onder die wet die Ismael’s is. Wat die seun van die slawevrou is, en van die erfgenaamskap weerhou is vs.30. Die erfgenaamskap spreek van die beloftes (3:14,16-22,29.)

In hfst.3 en 4 het ons die verhewenheid van die Evangelie

a)      in ‘n nuwe verhouding wat ons affekteer hfst.3

b)      Die voorregte wat ons verander in hfst.4

HOOFSUK 5-6

In die laaste twee hoofstukke het ons Paulus se afsluiting tot die Galasiërs.  Hy begin om te sê dat hulle vas moet staan in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het. Hierdie twee hoofstukke bevestig ons vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het in die praktyk en in lewensoptrede.

Hier word van twee aspekte van vryheid verwys. Eerstens Hfst.5:1-15 is die vryheid in liefdes diens. In vs.2-12 wys dat hulle deelgenote geword het van die hele wet as hulle nie meer deur die geloof wandel nie en dat hulle uit die genade van die Here geval het.

Dan vs.13 skakel weer met vs.1 Waarin hy vir hulle bevestig dat hulle tot vryheid geroep is, en dit om mekaar in liefde te bedien.

Tweedens is hierdie vryheid van die Evangelie die vryheid van Gees in die plek van gebondenheid Hfst.5:16-6:10. Hierin lê die vryheid van die Evangelie

a)      Die vryheid van liefdes diens instede van die gebondenheid van die wet soos in 5:1-15.

b)      Die vryheid van Gees instede van die gebondenheid van die vlees 5:16-6:10.

Die sleuetel gedagte van die hele boek is vryheid deur die Evangelie.

Die woord vryheid kom 10 keer in hierdie boek voor en die basis van hierdie vryheid in in hfst.1-2. wat die opregtheid van die Evangelie uitspel en die waarheid daarvan I in hfst.3-4. en die effek daarvan is in hfst.5-6.

Die Temavers is hfts.5:1 Staan dan vas in die vryheid waartoe julle geroep is.

In die laaste twee hoofstukke gebruik hy 4 beelde om aan hulle die vryheid in Christus te verduidelik en gebruik die woorde DRA

Dra dan vrugte wat by die bekering pas. 5:22-23.

Dra mekaar se laste, 6:2

Dra saad 6:7 Dit wat jy saai sal jy maai. Vs.9 As jy nie moeg word om goed te doen nie sal jy op die regte tyd maai.

Dra littekens van die Here jesus op sy liggaam.

As ons siele wil bereik moet ons onsself in hulle situasie vereensel-wig en neem dan termes wat aan hulle bekend is om hulle te benader soos Pualus ook met die Galasiërs gedoen het. Hy was ‘n meester in hierdie kuns.

Die groot les is dat ons vrug moet dra, en dat ons die las dra en die saad dra, en die littekens dra t.w.v. kosbare siele.

DIE VRUG VAN DIE GEES:

Hulle is in nege aspekte ingedeel met drie afdelings elk.

a) Die eerste drie is Liefde, vreugde, en vrede. Is dinge wat ek in my eie hart ondervind dit raak myself.

b) Die volgende drie lankmoedigheid, vriendelikheid en goedheid – is gesindhede wat ek teenoor ander openbaar hulle is daar t.w.v. my bure.

c) Die derde deel – getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing – is gesindhede wat ek bewaar in my verhouding tot die Here.

Die drie afdelings raak dus myself, andere en die Here.  Of te wel die eerste drie kyk innelik die volgende drie uitwaards en die laaste drie opwaards.

Dit dek alle verhoudinge en sê dat so ‘n lewe is gevul met skoonheid. Dit verwys na harts kwaliteite en nie uiterlike dingetjies nie. Net die Heilige Gees kan hierdie kwaliteite vervaardig. Vrug kom geleidelik en onstaan nie oornag nie.

Die vrug word onstaan a.g.v. groei na die innerlike mens wat toene-mend is. Elk van hierdie afdelings begin in ‘n sekere volgorde:

1) Drie is liefde, blydskap en vrede. Dit begin by liefde: dan vreugde: wat liefde verhewe is en dan vrede wat liefde is wat reageer

2) Die volgende drie is Lankmoedigheid dan vriendelikheid: is lank-moedigheid se uiting in die passiewe beeld en goedheid is lank-moedigheid se uiting.

3) Getrouheid: dan volg sagmoedigheidwat ‘n uiting van getroueheid teenoor die Here is en en selfbeheersing is wat uiting van geloof of getrouheid in die lewe is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00