FIETS , VLIEGTUIG OF CHRISTUS?

Orville en Wilbur Wright staan bekend as die broers wat roem verwerf het in die gejaag om die eerste vliegtuig van die grond te kry. Hulle het op 17 Desember 1903 nege-en-vyftig sekondes met hulle tuis geboude vliegtuig gevlieg. Hierdie broers was baie opgewonde oor die sukses wat hulle behaal het en het dadelik vir hulle suster wat in Dayton Ohio woon ’n telegram gestuur met die woorde:- “First sustained flight today fifty-nine seconds. Hope to be home by Christmas.”

Sy was so opgewonde oor die wonderlike nuus, dat sy dadelik na die plaaslike koerant gehardloop het en die telegram vir die redakteur gaan wys het. Die volgende oggend was die hoof-opskrif in die koerant, glo dit maar:- “POPULAR LOCAL BICYCLE MERCHANTS TO BE HOME FOR HOLIDAYS.”

Die nuustreffer – “scoop” – van die eeu is deur die redakteur gemis omdat hy die punt gemis het.

Ons was almal een of ander tyd deel van misverstande. Jy het nie die situasie verstaan nie of iemand het jou misverstaan.

Hoe baie mense is daar nie wat die Boodskap van Jesus Christus misverstaan nie? Jesus het gekom om die Goeie Boodskap te bring! Hy het gekom om vir almal lewe te gee, wat hul lewe vir Hom sal gee en Hom dien. Hy gee liefde, genade, barmhartigheid, getrouheid, oplossings, genesings, ens……..

Talle wil die wraak van God en die verwerping van God in die boodskap lees.

Kom tot stilstand!!!! VERSTAAN JY DIE BOODSKAP VAN CHRISTUS JESUS? Hy het jou lief en wil jou red van jou sonde toestand! Kom net en gee oor! Bely jou sonde , nooi Hom in jou lewe in en dien Hom elke dag!?

ROM. 10:3  Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.

:4  Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

:5  Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.

:6  Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;

:7  of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?

:8  Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:

:9  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

:10  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

:11  Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

GEBED

Here, open my verstand dat ek die ware boodskap van Christus Jesus sal verstaan en nie misverstaan nie! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00