ESTER
Ahasveros is ‘n beeld van die siel op soek na ware geluk, versadiging en beredeging. In hierdie boek word vir ons geskete die eeue-oue stryd tussen lig en duisternis.
Die eerste hoofstuk van hiedie boek beeld vir ons uit wat hierdie siel gedoen het in sy soeke na volkome bevredeging ,geluk en vrede.
1) VERTOON VAN PRAG EN PRAAL OP ONGEKENDE SKAAL, RYKDOM EN GROOTHEID V4 Hierdie tentoonstelling duur 180 dae, m. a. w. die siel neem genoeg tyd om al die glans en heerlikheid ten volle te benut. Hierdie vees verswelg dikwels die beste van jou jeug en krag.
2) VOORSIENING: is gemaak in elke aspek van elke behoefte van elke persoon in Susan v5- Niks het ontbreek nie Hierdie vees belowe volkome bevredeging van elke behoefte en begeerte. (Hy sal jou gee die begeerlikheid van jou hart maar aan jou siel sal jy skade ly)
3)VERSKEIDENHEID:- van klere, materiaal, bekers, wyne, voedsel, meubels, gordyne, vloere, matte, v6 In die wereld sal jy nooit verveelig wees nie. Die duiwel sorg vir verskeidenheid. Daar is genoeg afwisseling teen verveeligheid, baie drinkbakke van sonde. Eentoonigheid mag die plesier bederf. Dit verklaar die rusteloosheid en onvergenoegtheid van die sondaar.
4) VRYHEID:- van keuse vir elkeen v8 Niemand se sin wil begeerte mag gedwarsboom word nie. Geen wette , reels, bande, beperking of voorskrifte word gedult nie.
5) VOLMAAKTHEID:- van organisasie en beplanning
6)VERYDELING:- Probeer hy die troefkaart van sy sondige wellus te toon stel. Sy wellus kom tot uitbarsting toe hy sy kosbaarste , skoonste van al sy besittings wou blootlê.
So is die siel wat tot die uiterse gaan in die genieting van die wêreld gegaam het , dit is soos ‘n seep bubbeltjie -(hy glinster in die lig en as jy jou hand uitsteek om dit te vat laat dit slegs ‘n klamigheid in die hand) Hy os ongelukeger, eensaamer, leër as ooit tevore. Die nasmaak, nadraai, vrug, en loon van die sinde is die DOOD.
***************************************
Hoofstuk 2
Hierdie hoofsuk skete die VERENIGING van die verydelde en releurgestelde koning wat die verduisterde siel van die mens voorstel.
Die siel wat met die Lig van die Lewe kennismaak en dit omhels.
1) BEGEERTE VAN DIE KONING- Na die woede van die koning bedaar het ondervind die siel leemte in sy hart. Iets wat daardie verlange kon stil. So smag en hunker die siel van die mens in sy diepste wese na waarheid, reinheid en lewe. Die leemte in die hart van die mens wat vasgevang is in sonde kan net deur God vervul word, maar so dikwels besef mens dit nie.
2)BEKROONING VAN ESTER-
i) BETEKENIS VAN HAAR NAAM:
Ester beteken “STER” Die morester wat opgaan in die hart. In sy donker nag van wanhoop, verydeling en vrees, het daar vir Ahasveros hierdie ster (Ester) opgegaan. Haar ander naam “Hadassa” beteken mirte- smarte, droefheid, lyding- (Het die Here Jesus nie vir ons elkeen hiedie pad gestap nie)
B) BEVOORREGTE PLEK IN DIE VROUE HUIS:
Ester het dadelik die aandag getrek van Hegai (omdat sy anders was as al die ander) en hy het gou gemaak om haar die nodige te gee.
(i) Skoonheidsmiddels- Julle versiering moet nie uiterlik wees nie maar die verborge mens van die hart. Daardie skoonheid wat van binne kom en jou anders maak as die res. Dis nie ‘n skande om anders te wees nie dis ‘n voorreg.
(ii) Die regte ete- Salig is die wat honger en dors na geregtigheid- Ons moet nie ons siele voed met die varkekos wat die wereld ons aanbied nie, maar met die kosbare Woord van God wat die siel kan versadig. As mens jou versagiging in die Here kry het jy nie aptyd vir die ding van die wereld nie.
(iii) Die 7 uitgesoekte meisies- Getroue en bevoorregte bediening en aandag. Wat ‘n voorreg om deur mede kinders van die Here bedien te word.
(iv) Die beste deel van die vroue huis- Bevoorregte omgewing, geselskap, waaarhede en geleenthede.
C)BEHANDELING MET SKOONHEIDS-
MIDDELE:
(i) Mirre-olie- vir ses maande -Smart, pyn, beproewing, droefheid, teleurstelling, tugtiging,
(ii) Balsem- vir ses maande Aangewend teen ontbinding, bederf, onreinheid. Die balsim-olie vloei vir die siel wat sonde haat en daarvoor vlug om bewaar te bly. Hierdie twee olies is tiepes van die Heilige Gees- die Mirre vir loutering en die balsem vir welriekendheid en heelheid of gesondheid.
D) BEKROONING VAN KONIGING-
Ester is stiptelik gehoorsaam aan Mordigai 2:20. Sy is buigbaar en onderworpe aan Hagai. Sy vekies eenvoud, opregtheid, waarheid en egtheid van voorkoms bo die versiersels en pronkerigheid en uiterlike vertoon van die ander.
i) Sy is opgeneem in die Paleids vs.16.
Dit simboliseer die krises, die heerlike en magtige werking van wedergeboorte in die siel.
ii) Die koning het haar liefgekry bo almal.
iii) Sy vind guns in die oë van die koning, Migai en ander Vs.9;15-17.
iv) Hy het haar gekroon Vs.17.
***************************************
HOOFSTUK 3
HAMAN:
Na die krises van wedergeboorte maak Haman sy verskyning. Haman is ‘n tipe van die Inwonende sonde, en is so oud soos die sondeval, staan bekend as die ou mens. Ons is nie bewus van sy ware karakter voor wedergeboorte nie, omdat die ongeredde mens saam met hom werk. Alleen nadat God se lig en lewe (Ester) deur die Heilige Gees (Mordigai) inkom met drang, begeetre, dors en smagting na reinheid, heiligeheid, gelykvormigheid aan Jesus, word die teenwoordigheid, mag, invloed, van die sonde wat in my woon geopenbaar. Haman is ‘n tipe van inwonende sonde, wat juis op hierdie tydstip sy verskyning maak en begin om die hele hernude koninkryk te deursuur met sy verderflike invloed.
Kom ons let op sy eienskappe:
1) ONTLUIKTE HAMAN.
Hy is gebore om te heers, daarvoor werk, lewe en veg hy vir heerskappy en bevordering. Sonde is die grootste enkle mag en faktor in die lewe van die mens. Sy stamboom:
i) Hy was ‘n Aggagiet van Amalek, afstammelinge van Esau wat die die verbond belofte verag en verruil. Hy stel nie belang in iets wat hom van God alleen afhanklik sal maak, gehoorsaamheid sal eis, wil nie erken dat hy iets van God nodig het nie. Hy verag, verwerp, watrou alle gesag, heerskappy, onderwerping aan God.
ii) Sy ambusie:
Steek sy hand uit na die troon van God se heerskappy. Hy is dus in sy wese, ‘n rabel. Met lus of geweld, net soos dit hom pas, probeer hy om alle orde, harmonie, wette, reels te omseil en te verbreek. Sy ambusie is om te heers, gee nie om, om moord te pleeg om dit te bahaal nie.
iii) Sy ware karakter:
Lafhartige rugsteker, verraaier.
2) DIE ONTNUGTERE HAMAN:
Baie suksesvol in sy ambusie. Niks of niemand, geen ander vors, invloed of mag kon teen hom standhou nie. Hy het egter nie besef dat deur die koninklike huwelik, bekroning van Ester, die inkom van Mordegai, oorlog teen hom verklaar is. Geweldig ontsteld, ontnugter, woedend toe ontdek een man wou nie die knieë buig nie. Burger oorlog ontketen in daardie oomblik.
Haman begin heel bo. Die magtigste van alle vorste, beklee hoogste plek van mag en eer. Mordigai in teendeel sy aards vyand, as tipe van die Heilige Gees, die gehate Jood, baneling, begin heel onder in die poort. Sonder mag, eer, bekendheid, maar hy sal nooit buig, toegee, kompromie maak, met Haman die veraaier en moordenaar. Geen sprake van vreedsame naasbetsaan.
3) ONTSTOKE HAMAN Hfst.3:8
Met woede vervul sy wil gedwarsboom, sy eer gekrenk, sy hoogmoed veroordeel, sy begeertes weerstaan en ware karakter en motiewe word bekend. Alleen in die lig van die Heilige Gees omstandighede, ondervinding en die Woord kan ons hom waarlik ontedek, en ken. Ontdek dat daardie iets binne, nie wil geleer, gedissiplineer, vermaan, bestraf, en teëgestaan word nie.
Hy neem maklik aanstoot, liggeraak, staan op sy eie regte, verdedig self, verskoning vir beslissings, goeie rede daarvoor. Hy wil graag gesien, gehoor, vereer en geprys word.
4) ONTAARDE HAMAN
i) Hoogmoed: Die mense moet voor hom buig.
ii) Skynheiligheid: Sit sy beste voet in paleis voor. Oortuig die koning van sy goeie bedoelinge, opregtheid, goeie maniere, vroom houding, gesellige geaardheid, maar dit is die dekmantel waaronder boosheid, hoogmoed, jaloesie, moord
wegsteek.
iii) Leuenagtigheid: Die verdraaiing van halwe waarheid, leuen. Daar is niks so gevaarlik as waarheid in verkeerde lig en kleur.
iv) Omkopery en afpersing: Hy gebruik vleitaal, beloftes, middele, en leuens om Ahasfiros in sy kant te kry. Probeer hom so verswak, verlam, betower en verdoof, dat Ahasfiros sy seelring uittrek en oorhandig. Hierdie oomblik kies mens kant met Haman, die agteruitgang begin in sy ryk geen aanduiding tot mees tragsiese verwarring.
VERWARRING:
In die stad van Susan was daar verwarring, duisternis, vrees, onsekerheid, bedreiging, gevaar, stryd, burgeroorlog. So is die desperate, verwarde siel na wedergeboorte. Wanneer Haman ontdek is en ons toegee aan hom, en hom verdra, en heerskappy oorgee aan hom.
5) DIE ONTMASKERDE HAMAN:
Sy ontmaskering begin by Mordigai se houding en teenwoordigheid. Hy alleen weet wie en wat Haman is, hy openbaar dit aan Ester wat met lewensgevaar dat aan Ahasfiros moet tuisbring. Elke reaksie van Haman is ‘n openbaring van sy ware karakter.
i) Haman bly en opgeruimd.
Hou hom lank verborge en stil, maar skielik gebeur iets om hom bly en opgeruimd te laat voel. Hy is oortuig dat hy vordering meek. Vir die tweede keer is hy na ‘n eetmaal van Ester na die koning genooi, die omstandighede is reg hy is in ekstase.
ii) Met woede vervul:
Skielik, onverwagte steek in die setel van hoogmoed, eer gekrenk, al wat hom stuit in sy ambusie, Mordegai, woedend, moord in sy hart.
iii) Haman bedwing homself:
Ken ook selfbeheersing as dit hom pas. Innerlik kook hy, uiterlik is hy kalm.
iv) Haman vertel hulle:
Roem, spog, blaas op sy eie basuin. Rykdom, grootheid, verheffing, bevordering, so bewus van sy groot self.
v) Nutteloosheid:
Nie te vrede as nie absolute heerskappy het nie, nie tevrede dat hy die koning misbruik, seelring dra, eindlik is hy regeerder, hy vra alles. Ook Morgegai se bloed. Ook die koning se kleed, sy perd, sy kroon. Gee Haman net tyd en kans genoeg om eerlik te word, belydenis af te le, verduidelik wat hy graag wil hê, die troon.
vi) Weereens bedwing:
Weereens bedwing hy hom, toe hy vir Mordegai deur die strate moes neem, verberg sy ware gevoelens, wraak, woede, moord, vrees, doen gedienstig wat die koning beveel.
vii) Krisis van ontmaskering:
Die krisis van ontmaskering is die sluier afgeruk deur Ester, hierdie slegte Haman, boos, wreed, bedorwe. Teenstander, vyand, onderkruiper, rugsteker. Ahasfiros sien hom nou soos hy werklik is.
6) ONTSLAPE HAMAN:
i) Woede van die koning.
Ontnugtering, ontsteltenis, desperaatheid, besef die afskuwelikheid, aakligheid, verrotting, sondigheid, onreinheid van Haman. Sy lae gemene en gevaarlike karakter. Weier om langer saam te leef, sal dit nie meer verdra nie.
ii) Vaste besluit Vs.7.
Doodfonnis in hart voor hy nog een woord gespreek het, sigbaar selfs vir Haman. Vasberadenheid, geweet dat hy geen gennade van die koning kan verwag nie. Nou bevrees, lafhartig, pleit vir sy lewe. Self Haman sterf nie graag of maklik nie.
iii) Bedek sy gesig:
Die eerste woorde van die koning verseel sy lot. Bedek sy gesig, dit is ‘n teken dat genadetyd vir hom verby was. Nooit weer sou hy die lig of die aangesag van die koning sien nie, om, om genade te vra nie. Hy was daardie oomblik so goed soos dood.
iv) Galg Vs.9
Sonde het tot rypheid gekom. Daarom het Ester hom nie eerder aangekla nie. Galg wat hy gemaak het, word vir homself gebruik. Hy sterf aan die galg, vervloek. Daarna bedaar die woede (ontsteltenis, desperaatheid, vasberadenheid) van die koning. Vrede sak toe, burgeroorlog eindig.
7) ONTEIENDE HAMAN:
i) Sy huis word aan Ester en Mordegai gegee.
Die woon en werkplek van Hanam word opgeeis gereinig, verlos en tot beskikking van Mordegai gestel.
ii) Sy seelring:
Heerskappy en volmag om in die koning se naam en outoriteit te handel, daardeur kon hy nie die ou wette herroep, maar nuwe wette maak. OU wette van bedreiging, gevaar, hoewel die bevel of wet van die koning aangaande Haman klaar uitgevaardig, afgehandel is. Nuwe wette, beter, kragtiger, veiliger.
Die wet van die Gees van die lewe in Christus, die wet van vryheid, die wet van liefde, Amen.