ESRA:
Die beskrywinge van die die terugkeer van die volk van Israel kom in 11 Kronieke en 1+2 Kon. Voor. Koninge bekryf die eindbestemminge van beide groepe van die volk wat in verstrooing was, met die hoofklem op die noordelike gebiede.
Kronieke beklemtoon die priesterlike verantwoordelikheid, en veral rondom die Judeaanse afdeling, waar die priesterskap van die tempel nog behoue gebrly het. Biede stel die siviele toekoms van die volk in morele en geestelike preorieteite in posisie.
Die boeke konings vanuit ‘n geskiedkundige agtergrond met Rigters en Jos. en Samuel vertel van die geskiedenis van die volk vanaf die dood van Moses en die uittog.
Die boeke van kronieke van uit ‘n geskiedkundige agtergrong met spesifiek Esra en Nahemia beskrywe die begin van die volk vanuit ‘n geskiedkundige agtergrond vanaf Dawid se heerskappy, tot die herstel. Die einde van 11 Kronieke en die begin van Esra is byna dieselfde, wat die twee werke se eenheid bevestig.
DIE RIVIERE VAN BABILON: Ps.137:1-6
Daar was ‘n sterk verlange by die volk om terug te keer na hulle tuisland, ons moet verder onthou dat die Ballingskap onder Babilon effektief gemaklik gegaan het en dat daar net ‘n klein groepie mense was wat terug verlang het na die ou bedeling. Die Here was tog genade in Sy toorn.
DIE JOODSE LEWE IN BABILON:
Jeremia het ‘n brief aan die Joodse volk in Babilonie gestuur, voordat Jerusalem tot ‘n val gekom het, waarin hy gesê het dat die volk relatief rustig sal leef. Jer.29:5-9.
Dit was duidelik dat die tyd wat die volk in Babilon gaan wees lank gaan wees, soveel so dat heelwat van die volk in leiersposisies aangestel was. Soos Daniël, en sy drie vriende, Mordigaai, Esra, Nehemia, ens.
Dit het so lekker gegaan dat aandie einde van die 70 jaar ballingskap
Daar net ‘n klein persentasie was wat gewillig was om terug te keer na Israel en die herstel en heropbou van die land weer op hulle geneem het.
2) DIE EFFEK VAN DIE UITTOG:
Daar is sekere dinge wat ons moet weet wat uit die ondervinding van Babilon tot stand gekom het. Die taal wat die volk gepraat het het verander. Hulle het die Arrimeerse tale aangeneem. Dit is duidelik dat Esra toe hy die Hebreeuse wette voorgelees het hy volgens Neh.8:8 in ‘n dialek moes praat.Sekere dele van die boeke van Nehemia en Daniël is in Aramaeers geskrywe.
Daar was verder ‘n toename in litteratuur onder die Jode. Saam met die profesië van Esegiël en Daniël, was daar die boeke van 1+2 Kon. Wat veronderstel is dat dit gedurende die tyd geskrywe is. Verskeie Psalms is ook in die tyd geskrywe: o.a. Ps.85; 102; 126; 137; 146-150.
Dan was daar die veranderinge wat in die geloofslewe vandie volk plaasgevind het, wat die finale breek met afgode meegebring het, en die universeeling van hulle koningskap gedagte, en die herstel van die Sinagoges en die tempel.
Dan was daar die invloed van die profeet Esegiël, dan was daar weens die afwesgheid vand ie Tempel ander seremonies wat tot stand gekom het, wat nuwe voms van uitinge in hulle godsdiens was.
Sonder ‘n Tempel waarin godsdiens beoefen kon word, moes daar ‘n nouer menslke verhouding onder mekaar onstaan wat die uitlewing van hulle godsdiens meer effektief gemaak het. Nou is Hy nie net die God van die volk van Israel nie, maar moes hulle hulle godsdiens in heidense lande weer uitleef.
DIE BOEK ESTER:
‘n Wonderlike voorbeeld van die aanhoudende voorsiening vir Sy volk, word in die boek Esra uitgespel.
Dit was later as die terukeer onder Serrubabel geskrywe, en eerder onder die heerskappy onder Xerxes (486-465) Sy was hierdie beeldskone prinses wat die Persiese koning se hart in beroering ge-bring het., wat deur die hulp van Mordigaai ‘n prominente Jood verlossing vir haar volk teweeg gebring het.
Haman ‘m subtiele Persieer kragtig en ambisieeus het die koning probeer beinvloed om die volk uit te rooi. Die Jode is verlos, en daar was die Fees van Purin as dankbaar heid vir die verlossing vand ie volk ingestel.
JERUSALEM SE HERBOU: DIE HERSTEL VAN JUDA:
Die Ballinskap was in drie fases. 606,597 en 586 was die terugkeer ook in drie fases gewees. Onder Serubabel 536 onder Esra 458 en onder Nehemia 444.
Onder Serubabel was die tempel herstel, onder Esra was daar ‘n geestelike terukeer van die volk, en onder Nehemia was die mure van Jerusalem herstel.
Die verhale van die eerste twee terugkere lees ons van in Esra, en die van die derde in Nehemia.
1) Serubabel se terugkeer en die herstel van tempel:(Esra.1-6)
Jeremia het bevestig dat die ballinskap 70- jaar sou duur. Syrus se geskrifte het die terugkeer van die volk na hulle land 537 v.C voorspel. Die eerste terugkeer 70 jaar later was onder Serubabel.
Met hierdie terugkeer was daar omtrent 40 000 mense wat terugge-keer het. Die meeste uit die stamme van Juda, Benjamin en Levi en ander verteenwoordigend van al die ander stamme. Hulle het 4 maande getrek.
Hulle het materieel goed mee gegaan weeens die gawes van hulle mede Israelliete. Esra.1:6-11.
Met hulle aankom in Jerusalem het hulle ‘n altaar gebou onder toesig van die hoë priester, en die aanbidding tot die Here was herstel. Die eerste projek was om die area eers skoon te kry, en die fondasie te le vir die herbou van die Tempel.
Die werk was versteur deur die bure, wat die volk nie simapatiek gesind was nie.Daarom was die werk om die tempel te herbou eers gestop.