ENGELE.

INLEIDING.

Daar word vandag baie min aandag aan die werklike lering van en-gele gegee, net as dit opspraakwekkend is word daarna verwys.  Ons moet nie die rol van bewaarengele onderskat nie.  ‘n Verhaal word vertel van ‘n sendeling wat a.g.v. omstandighede buite moes slaap.  Rowers het verby gekom en beplan om hom leed aan te doen.  Hulle is verhinder deur die teenwoordigheid van 16 ‘soldate met swaarde’.  Later moes hy verneem dat ‘n groep van 16 voorbidders daardie nag vir hom in die bresse getree het.

In sommige skrifgedeeltes soos in (1 Sam.11:3; Job.1:14 en Luk.7:4) word dit na boodskappers verwys. In ander gevalle word die woord “malak” na profete (Jes.42:19; Hag.1:13; en Mal.3:1) ook na priesters verwys (Mal.2:7). Ander verwysings na “malak” word in (Ex.14:19) gevind en word die pilaar of wolk genoem. Daar is ook kosmologiese verbindinge met engele soos “winde”  “…wat van die winde boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.”

Engele is baie sterk en word deur die Here uitgestuur om die mens op verskeie maniere by te staan.

Hulle is gehoorsame dienende en geweldig sterk en intelligent.

DIE BESTAAN VAN ENGELE

Die woord “engel” vind ons die eerste keer in Gen. 16:7, toe die engel van die Here aan Hagar verskyn het, nadat Sara haar verdryf het.  Dit was 1913 V.C.  Die engele is deur God geskape, maar presies wanneer is nie aan ons bekend nie.

Kol.1:16  “…want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlike en onsienlik is…”  In Matt.4:11 het engele die Here Jesus bedien toe Hy versoek is.

In Matt.18:10 word verwys na bewaarengele:  “Pasop dat julle nie aan van hierdie kindertjies verag nie;  want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.”

Jesus het in engele geglo, so ook Paulus Kol.2:18  “Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en in verering van engele en indring in wat hy nie gesien het nie…”, II Thes.1:7  “…en aan julle wat verdruk word, verligting te gee, saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met Sy magtige engele.”

HULLE BESTAAN UIT DIE O.T.:

In die O.T word op wonderlike wyses beskryf hoe die engele die heerlikheid van die Here openbaar en boodskappe aan mense bring. In die Psalms word die meeste na engele verwys.

Die Godheid van die Here Jesus word dikwels in die O.T. met die begrip die “Engel van die Here” omskrywe. Sien (Gen18-19; Gen.32 :24-28).

Die Engel van die Here het Hagar in die woestyn ondersteun. (Gen.16:7-13; 21:17)

Abraham het saam met die engele geëet en gepraat, wat later vir Lot uit Sodam gered het.

Die meeste verwysings na engele val onder die historiese boek van die Bybel soos Rigters. Samual verwys na Dawid wat ook met die “Engel van die Here” te doene gehad het (2 Sam.24; 1 Kron.21).

Engele word in die Psalms as:

a) Beswaarders voorgetsel:  (34:8; 35:5-6; 91:11)

b) As diensknegte: (104:4)

c) Aanbidders:  (103:20; 148:2)

Jesaja verwys na twee voorbeelde waar die “Engel van die Here” die vyande verslaan het (37:36; 63:9) Daniël word op wonderbaar-like wyses van die leeus gered (Dan.9:20-27).

DIE ENGEL GESTALTE VAN DIE HERE JESUS:

Van die wonderlikste openbaringe in die O.T. is die Here Jesus wat “As die Engel van die Here voorgetsel word.” Die naam kom meer as 50 keer in die O.T. voor en Moses het met Hom te doene gehad asook Jakob, Hagar, Abraham, Eliëzer, ens.

Jesus openbaar Hom in die O.T as ‘n Engele en in die N.T as ‘n mens. Dit bevestig aan ons die diepe betekenis van die vernedering wat die Here Jesus moes deurgaan om volkome mens te word.

In Gen.16:10 is ‘n duidelike bewys dat die

“Engel van die Here” die Seun van God was.

“Verder sê die Engel van die Here vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.”

Joh.1:18 Sê duidelik dat: “Niemand ooit God gesien het nie; die enig gebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar”

Daar bestaan geen weerspreking van die Bybel nie, elke plek waar Engel van die Here verskyn is dit die Here Jesus.

ENGELE UIT DIE N.T.

Daar word net soos in die O.T. ook engele in die N.T. gevind. By die geboorte van die Here Jesus en Johannes het engele verskyn sowel as by die opstanding en by Getsemane. By die verdrukking en vervolg-ing van die kinders van die Here het engele hulle gehelp.

Lukas verwys dikwels na engele en hulle bediening in die N.T.. Hy meld van die engele by die hemelvaart aan (Hand.1:10-11) engele het die apostels uit die gevangenis gehelp.  (Hand.5:19)

‘n Engel van die Here het Filipus se voetstappe gerig na die woestyn waar hy met die Etiopiër gepraat het. ‘n Engel verskyn in ‘n gesig aan Cornelius toe hy gebid het.

Petrus was deur die engele bevry nadat hy deur Herodus in die gevangenis geplaas was.

JESUS LEER AANGAANDE DIE ENGELE:

Jesus het van die werklikheid van engele getuig. Hy verwys na die engele wat die regverdiges van die onregverdiges gaan skei. (Matt. 13:39 – 44+49) Jesus leer ook dat die kindertjies bewaar engele het.  (Matt.18:10).

Christene het ook bewaar engele Ps.34:8  “Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees en red hulle uit”

Ons lees van ‘n berg vol perde en waens wat Elisa bewaar het. 2 Kon.6:15-17.

DIE NATUUR VAN ENGELE

Engele is geestelike wesens.  (Heb.1:14.  Ps.104:4)

“…wat van die winde boodskappers maak, van vuurvlamme, Sy dienaars.”

Hulle het ook liggame (2 Kron.18:18) Hulle staan rondom die troon. Engele word nie gebind aan natuurlike menslike wette nie. Hulle kan in ‘n gevangenis ingaan, hulle kan grendels oopbreek.  Hand.12:7, 5:19, kan in ‘n vlam opvaar Rigt.13:19 en 20.

Engele kan groot afstande baie vinnig aflê, bv. van die hemel na die aarde, wat baie ligjare vêr is.  In Dan.10:12 en 13 maak die engel verskoning omdat hy 21 dae laat is.

Engele is wyser as mense.  II Sam.14:20.  Engele is sterk Ps.103:20. Een engel het 185,000 Assiriese soldate in een nag dood gemaak. ‘n Ander engel het 70,000 Israeliete doodgemaak a.g.v Dawid se sonde. Nog ‘n engel het die mag van Rome gedwarsboom deur die seël van die graf te breek en die klip weg te rol. ‘n Engel sal ook die duiwel bind vir  1000 jaar.

Engele het ‘n natuur wat bestaan uit Goddelike eienskappe wat deur God by hulle skepping aan hulle geskenk is. Hulle handel ooreen-komstig die wil en liefde van God en is sondeloos volmaak.

BEDIENINGE VAN ENGELE:

Hulle kan:

1) Hemelse perde met waens bestuur: (2 Kon.2:12; 6:13-17; Sag.1:7-11; 6:1-6)

2) Bewaar poorte: (Openb.21:12)

3) Maak fisies oorlog:  (Openb.12:7-9; 2 Thess.1:7-10)

4) Voer God se oordele uit: (Gen19; 2 Sam.24; 2 Kon.19:35 2 Kon.32:21)

5) Hulle dien gelowiges:  (1 Kon.19:5-7; Dan.6:22; Matt.4:11)

6) Regeer nasies: (Dan.10:13-21; 12:1)

7) Help mense: (Matt.18:10)

8) Sing loof en aanbid God: (Luk.2:13; Ps.103:20-21; 148:2; Openb.5:11)

9) Versterk die wat in verdrukking is: (Matt.4:11; Mark.22:43)

10) Bind die Satan:  (Openb.20)

11) Waak oor die onderwêreld:  (Openb.9:1; 20:1-3)

12) Aanskou bekerings: (Luk.15:8-10)

EIENSKAPPE VAN ENGELE:

1) Hulle is intelligent en wys:  (2 Sam14:20; 19:27; Matt.24:25)

2) Hulle is nederig:  (Num.22:22-35; 2 Pet.2:11)

3) Hulle is waardig:  (1 Kor.11:10)

4) Hulle is heilig:  (Mark.8:38)

5) Hulle word hoog geag:  (Luk.9:26)

6) Hulle is onverganklik: (Luk.20:36)

7) Hulle is kragtig: (2 Thess.1:7-10; Openb.18:1)

8) Hulle is gehoorsaam: (Ps.103:20; Matt.6:10)

9) Hulle is hemelse boodskappers: (Ps.104:4)

10) Hulle is nie demone of geeste nie (Hand. 23:8-9)

11) Hulle is nie mense nie: (Hebr.2:16)

12) Hulle is beperk in kennis: (Mark.13:32)

13) Hulle is net manlik: (Luk.20:36)

14) Hulle het ‘n vrye wil: (Jes.14:12-1

15) Hulle geestelike liggame met hande en voete, oë, stemme, monde, hare, en ander liggaamsdele en emosies(Rigters 13:6; Dan.10:5-21; Openb.8:1-9:21)

16) Hulle kan sigbaar of onsigbaar vookom: (Num.22:35; Joh.20:12, Hebr.13:2)

17) Kan in die fisiese handel: (Gen.18:1-19:24;  22:11; 2 Sam.24; 2 Kon.19:35)

18) Kan baie vinnig beweeg:  (Openb.8:13)

19) Kan tussen aarde en hemel beweeg: (Gen.28:12;  Joh.1:51)

20) Kan verskillende tale praat: (1 Kor.13:1)

RANGORDES VAN ENGELE:

Paulus verwys na verskillende range in die hirargiese koninkryk van God sowel as Satan. In Kol. 1:16 word na trone sowel as heers-kappye en owerhede en magte verwys.

Daar bestaan verskillende hirargiese strukture by die engele van God: Daar is:

1)Die Seun van God wat Hom dikwels in die O.T. in ‘n gestalte van

    ‘n engel kom openbaar het.

2) Daar is die aartsengel: Hulle is Michael wat die leier van militêre konflik is:

En Gabrieël wat die hoof aankondiger is van boodskappe.

3) Dan is daar engele: Wat Hebr.1 vir ons sê  boodskadraers is en dienende geeste is.

4) Serafs beteken “vuur wat brand”  of “vurig” wat ses vlerke het wat rondom die troon aanbidding aan die Here bring. Hulle het ook hande en voete, waarmee hulle die Here loof en prys. Hulle is baie groter as ‘n mens en ‘n gestalte   soos ‘n mens maar met 6 vlerke.

5) Gerubs : wat die rol van bewaking in die tuin van Eden gespeel het.  Hulle het ook vier gesigte en vier vlerke wat se punte aan mekaar raak en hulle gesigte was soos

a)die van ‘n mens  b) ‘n Leeu   c) ‘n Os    d) En ‘n arend.

Hulle het geblink soos geskuurde koper.

6) Prinse: Wat waarskynlik onder die beheer van die hoof engele staan om streke te beheer.

7) Magte: wat in samewerking met die prinse teenstanders is van die gevalle engele.

8) Trone:  Daar is engele wat rondom die troon van die Lam sit. Openb.5:11 wat duisende op tienduisende is (miljoene) wat die opdragte en besluite wat vanaf die Here Jesus kom moet gaan  uitvoer. Sien ook (Dan.7:9)

9) Heerskappye: Hulle wat aangestel is om hierdie opdragte tot die fynste detail uit te voer.

Die woord aardsengel kom net twee plekke in die Bybel voor nl. (1 Thess.4:16 & Judas.9)

Daar is verskillende rangordes van engele.  Michael is die aartsengel.  Die Bybel praat van aartsengele, engele, trone, heerskappy, owerhede en magte.

Engele is onsterflik, hulle kan nie trou nie, hulle ken nie vergank-likheid van die vlees nie.

DIE AANTAL ENGELE

Hulle is ontelbaar.  Open.5:11,  Heb.12:22, Matt.26:53, II Kon.6:17

DIE VAL VAN ENGELE

Engele word deur die Here Jesus beskryf as heilig, sonder sonde, rein.  Mark.8:38. Engele is volmaak geskape.  Luk.9:26;  II Pet.2:4.  In I Tim.5:21 is die engele op die proef gestel. In II Pet.2:4 lees ons van die val van engele. Wanneer hierdie toets plaasgevind het en wanneer die val presies plaasgevind het, is onseker.

Die volgende moontlikhede kan na gekyk word:

1.  Dat hulle in opstand gekom het, toe Satan soos God wou wees.  (Jes.14;  Eseg.28;  Open.12:7)

2) Dit was die sonde van trots en ongehoorsaamheid.

3) Die sonde van gemeenskap met vroue op aarde      (Gen.6:1-4.)

Dit wil voorkom of 1. die mees aanvaarbare antwoord is.  A.g.v. die val, wag hulle om geoordeel te word.

DIE WERK VAN DIE ENGELE

1). In die hemel – om die Here te aanbid, te eer en te dien, Open.   

     5:11-12;  8:3 en 4.

2) Op aarde – as boodskappers van God

a.  wys aan Hagar die Fontein

b.  verskyn voor Josua met ‘n ontblote swaard

c.  maak Petrus se boeie los

d.  maak die gevangenis se deure oop

e.  voed, versterk en verdedig God se kinders

3.  Om God se oordele en bestemming te verkondig

a.  Om Bileam op sy pad te keer.   (Num.22:22)          

b.  Herodes te laat sterf  (Hand.12:23)

     c. Om die onregverdiges te versamel vir die oordeel. (Matt.13:41)

4.  Om belowiges te lei – Hand.8:26  Paulus en die Etiopiër

5.  Om gelowiges by te staan, hulle te beskerm en te versterk

a.  Elia  (I Kon.19)

b.  Daniël in die leeukuil   (Dan.6:22)

c.  Jesus in Getsemane    (Matt.4:11;  Luk.22:43)

6.  Hulle sal die Here vergesel wanneer Hy terug kom. (Matt.25:31;  II Thes.1:7 en 8.)

7) Hulle neem die kinders van die Here hemel toe as hulle  sterf  (Luk.16:22)

8.  Hulle het ‘n deel in die gee van die wet.  (Heb.2:2;  Hand.7:53;  Gal.3:19)

DIE WONING VAN DIE ENGELE

Engele woon in die hemel.  (Efe.3:10;  Joh.1:51;  Luk.2:13 en 15;  Matt.22:30.)

DIE VOORTREFLIKHEID VAN DIE MENS BO DIE ENGELE:

Engele en Adam en Eva was volmaakte geskape wesens.  Die engele as geestelike wesens en Adam en Eva was menslike wesens.

In ander opsigte is ons vandag nog meer voortreflik as engele:

a.  Engele het nie die voorreg om die Evangelie te verkondig nie – dit is aan die mens gegee.

b.  Die mens sal eendag engele oordeel. (I Kor.6:3)

Dit is ‘n wonderlike, maar vernederende gedagte.  Alhoewel die mens in sonde geval het, het God  die mens hoër as die engele gestel.

TEN SLOTTE

Vir die engele wat gesondig het, is nie verlossing bewerk nie.  Dit is wonderlik dat Hy bereid was om te sterf vir ons.  Laat ons die Here voortdurend dank vir die onvermoeide bediening van engele.  Matt.18:10.  Engele is wonderlik, maar mag nooit gedien word nie.  Open.32:8 en 9.  Engele kan sigbaar wees en selfs kos van mense eet.  Luk.2:9;  Gen.32:1 en 2;  Gen.18:5.

*******************************************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00