ELISA: 11 KON:2:1-15 GESKIK VIR DIENS
INLEIDING:
Dit is onmoontlik om die Here na te volg as ek nie desperaat is om Hom volkome te wil dien nie.
Dit is merkwaardig om die verhouding wat daar tussen Elia en Elisa was te bestudeer. Elia is ‘n tipe van die Here Jesus, terwyl Elisa, ‘n tipe van die N.T. Christen is. Dit spieël Chistus en Sy diensknegte. Alle ware kinders van die Here wat besigheid met die Here bedoel, sal hierdie selfde toetse ervaar as u bereid is om die Here met u hele wese te wil volg.
Hierdie ervaringe begin almal met ‘n defenitiewe roeping van die Here, wat deur ‘n reeks toetse opgevolg sal word. Hierdie toetse is baie en verskil in hulle aard, tog is daar sekere toetse wat deur elke kind van die Here ervaar sal word.
1) DIE TOETS VAN SY OPREGTHEID: VS.1.
Hierdie toets het gekom om te kyk of hy bereid was om alles, selfs sy familie prys te gee, om die Here Jesus na te volg. Dit was nie dat hy sleg af was en nou na iets beters gestreef het nie, hy kom uit ‘n welgestelde ryk boere agtergrond. Die waarde van sy vee wat hy van ontslae geraak het, was gelykstaande aan plus minus ‘n jaar se selaris.
Daar was verde ook ‘n sterk familie band, want Elisa wil net eers sy familie gaan groet voordat hy gaan. Daar was ‘n onmiddelike reaksie op die mantel wat Elia op Elisa gegooi het, en hy het dadelik gehoorsaam.
Dit het hom iets gekos om van sy geliefdes weg te breek, en die Here Jesus na te volg. Hy het nie weg gedeins van die verantwoordelikheid van die Here wat hom geroep het nie. Hy het sy vee gelos. Die Here Jesus eis die eerste en beste plek in u lewe, en as Hy dit nie het nie het Hy geen plek in u lewe nie. Moenie dink u kan die Here ‘n tweede plek in u hart gee nie. Matt.6 Waarsku ons dat ons nie God en Mammon kan dien nie, want ons sal die een haat en die ander liefhê. Luk.9:62
Niemand is geskik vir die Evangelie as hy nog sy hand aan ploeg slaan en terugkyk na my verlede nie.
2) DIE TOETS VAN SY ERNS: Vs.2
Die Woord van die Here se vir ons dat hulle vanaf Gilgal af beweeg het. Gilgal beteken ” die plek van eie oordeel, en herhindering. “
Dit was duidelik dat Elisa geweet het dat Elia deur ‘n storm van hom weggeneem gaan word. Hier kom Elia self en vra aan Elisa om tog hier te bly. Waarom hy Elisa gevra het om te bly was om sy geditremineerdheid te toets, en sy gewil-ligheid om die Here met sy hele hart te volg. Elia het Elisa die geleentheid gegee om terug te gaan as hy sou wou.
Ons lees van een van Demas wat die teenswoordige wêreld liefgekry het, en Paulus verlaat het. Baie het al op dieselfde wyse gerieflikheidshalwe verskonings gehad waarom hulle die Here nie in so ‘n volkomendheid kon navolg nie.
Volgens hulle eie oordeel sou hulle ‘n sondaar vir die Here wen indien hulle nie so oorgegee Hom sal navolg nie. Die Here Jesus verbied ons om met die ongelowige in dieselfde juk te trek, en ek het allerhande verskonings dat ek hierdie siel vir die Here gaan wen, en ek verloor uit met die Here. Wie vader of moeder, of broer of suster of enige iets bo My stel, is nie waardig om my dissipel genoem te word nie.
Elisa het nie veskoning voorgehou nie. Sy reaksie was: “So waar as die Here leef, en u siel, leef, ek sal u nie verlaat nie”.
3) DIE TOETS VAN BESLUITNEMING OF SY WIL.
VS.3.
Van Gilgal af het hulle beweeg na Betal. Dit was ‘n plek van gemeenskap en herstelling in sy geestelike lewe. Betal was ‘n plek van soete herhinderinge.
Dit was hier wat Jakob sy eerste nag deurgebring het, toe hy van die toorn van sy broer gevlug het. Hier het Jakob die leer wat van die hemel af na die aarde toe gewees het, en wat die engele daarop, op en af geklim het. Hier het die Here aan Jakob verskyn en aan hom kosbare beloftes gegun. Toe Jakob wakker geword het, was sy uitroep: Dit is voorwaar die plek van die Here waar die poorte van die hemel geopen was: en noem dit Bethal. Gen.28
Hier het ‘n subtiele versoeking byna Elisa oorval. Betal beteken letterlik die huis van die Here, of te wel die plek van soete gemeenskap. Dit was ‘n tipe versoeking wat die persoon wat se hart nie onvereeld op die Here gerig was nie sou laat struikel het.
Die profete seuns kom hier na Elisa en sê aan hom: “Weet u dat die Here vandag u heer van u hoof gaan wegneem?”
Wat hulle hom eintlik vra is: Waarom dink u om Elia nog verder na te volg, wat is die nut van dit. Dit is opvallend dat nie ongereddes was wat aan hom hierdie voorstel gemaak het nie, maar die profete seuns. Hier word gekyk of hulle werklik die Here wil navolg of maar doen soos al die ander Christene ook sal doen.
Daar moet ‘n heilige onafhanklike gewilligheid wees, by die dienskneg van die Here.
As Paulus na verskillende advies geluister het, oor sy stand as Apostel, in watter duisternis sou hy nie verval het nie. As die Here Jesus my Meestesr is, dan moet ek Sy advies, alleen navolg.
Petrus het op die berg van verheerliking net so gevoel. Soos wat hy die Here Jesus voor hom sien verander het in sy gedaante, en Elia en Moses gesien het, roep Petrus uit: “Here dit is goed vir ons om hier te wees?” Laat ons hier bly en sulke seëning geniet.
Merkwaardig wat was Elisa se uitroep in hierdie situasie: Dat hy nie Elia sou verlaat nie. Hy het geweet dat die Here hom na sy eie dood toe roep.
4) DIE TOETS VAN DIE DOOD:Vs.6-9
Na al die heerlike seëninge wat die kind van die Here op die berg van Verheerliking smaak is dit so noodsaaklik dat ons weg moet beweeg van die seëninge na die plek van die dood. Die dood waarna hier verwys word is die Jordaan want die Jordaan beteken dood.
Die plek van ‘n afsterwe van sonde. Tot op hierdie stadium het hulle nie nodig gahad om om deur ‘n rivier te gaan nie. Die rivier was ‘n geweldige rivier, en hier word die geloof van Elisa getoets, deur die Here onwrikbaar te moes vertrou.
Daar is geen vrug op die kind van die Here se lewe tensy ons nie op die plek kom waar ons gewilliglik die dood aan sonde en self sal sterf nie. Elisa gaan na die Jordaan af met die wete dat indien hy nie deur die Here aangeraak sal word, dit die ondergang van sy totale bediening gaan beteken.
Hier het 50 profete seuns bygestaan om te kyk wat nou gaan gebeur. Daar is mos meer toeskouers wat jou wil vertel hoe dinge gedoen moet word as deelnemers. Ons weet mos dat dit altyd so gaan. Daar is die wat vir jou in detail kan vertel hoe die werk van die Here gedoen moet word, maar druk jy op hulle knoppie is hulle eenvoudig nie daar nie, weet u hoekom.
Hulle het nog nie aan hulleself gesterf nie. hulle wil nie die ongerief deur gaan om van hulle tyd te moet opoffer nie. As jy hulle vir hulp skakel moet hulle eers hulle program bekyk en dan terug kom. In England is daar ‘n graftseen met die bewoording: “Freddie… Yes Lord” .
Terwyl hulle kyk sien hulle hoe Elia die mantel oprol en nou iets gaan doen wat hulle in hulle lewe nog nie voorheen gesien het nie, nl. die waters van die Jordaan wat oopgekloof word. ‘n Goddelike wonderwerk wat plaasvind, en hulle stap deur. Al Elisa se geestelike ervaringe sou nutteloos gewees het as dit nie vir die Jordaan gewees het nie.
Dit was hier waar die draaipunt van sy bediening gekom het. As Elisa voor die tyd moedeloos geword het, sou hy die heerlike seën van dit wat die Here in gedagte gehad het gemis het.
Dit was hier, nadat Elisa die toets van sy geditermineerdheid geslaag het waar Elia eers vir Elisa vra wat hy begeer. Die merkwaardige reaksie was: ” ‘n Dubbele deel u gees op my kom.”
Elisa het bokant die wêreld en vleeslike begeertes uitge-klim, en alles wat sy vleeslike hart sou begeer het. Hy het nie rykdom, of gesondheid, of krag begeer nie, maar om met die Here te mag wandel.
Die werk waartoe hy geroep was, het baie eise aan hom gestel, en het besef dat hy met bo-natuurlike krag teoerus sou moes word om dit te kan doen. Wat die dienskneg van die Here meer as enige iets anders nodig het is om met krag vanuit die hemel uit toegerus te wees. Dit was vir hierdie toerusting wat die dissipels vir 10 dae in die bo-vetrek gewag het.
5) DIE TOETS VAN TOERUSTING:
Die Here het met elkeen van Sy kinders ‘n pad om te wandel. Dit wat ons van Elisa lees is maar net dieselfde pad wat ons moet wandel indien ons iets vir die Here en Sy koninryk wil beteken.
Die pad wat die Here met elke Christen stap is maar dit van ontmoeting. Gilgal was die plek van beloftes waar die Here aan sy volk gesê het dat Hy met hulle sal wees indien hulle met Hom sal wandel.
Vanaf Gilgal gaan moes Elisa na Betal gaan. Die plek van soete herhinderinge, en ontmoetings.
Daarvandaan gaan u na Jerigo waar u omswerwe, en tog oorwinnings en gehoorsaamheid smaak. Dan die Jordaan of te wel die plek van sterwe aan, sonde.
Geskiedenis herhaal homself en elke individu wat met die Here wil wandel sal hierdie selfde pad in u lewe ervaar. Is u bereid om desperaat alles te laat staan en die Here na te volg, en ‘n einde aan u verskonings te maak. As die Koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bring dit geen vrug voort nie.”