Drie Goddelike kleure
Daar is talle kleure
uit God se wonder-kwas,
dit breek deur kiere, skeure
waar dit eens donker was
God stuur Sy kleurelig…
Verdwyn, weg is die gis!
oor wat nie geopenbaar
nog in die onbekende is
en Hy; Hysélf is daar!
Maar daar’s drie kleure
― treffend; baie spesiaal,
dit open Goddelike deure
so kosbaar en finaal
God praat kleurryk; Hy sê…
Ek stuur vir jou kosb’re blou,
die kleur van My Gees
wat werksaam bly in jou
tot Ek jou siel genees
Ook is daar ‘n kostlik rooi,
die kleur van Jesus bloed
wat gevlekte lewens tooi
in ‘n reine kleed so goed
En dan, die groen se sag
van My sorg, my weiding,
Ek voed jou dag na dag
met God’lik sielsverblyding
Hys God se driekleur-vlag
oor alle mensheid heen!
Dit bring ‘n lossingsdag
vir sondaars, een-vir-een!
– Jasper Schellingerhout