SIPPING SAINTS Jes.28:1+7 + Hab.2:15
DIE LEUEN VAN DIE DUIWEL
Daar is persone wat redeneer dat dit wat deur die mond ingaan nie ‘n persoon onrein maak nie, maar dit wat by die mond uitgaan, na aanleiding van Mark.7:20. Die probleem is dat alkohol nie by die mond ingaan en bloot uitgeskei word nie. Alkohol word in die bloed-stroom opgeneem en deur die hele liggaam gesirkuleer. Binne oomblikke nadat drank in die bloed-stroom opgeneem is, begin die persoon die effek daarvan ervaar. Wanneer dit die brein bereik beïn-vloed dit die motoriese funksionering van die liggaam. Net 10 % van alkohol wat ingeneem word, word uitgeskei. Die alkohol word ook na die lewer geneem deur die bloedstroom.
1) Vreeslike oordeel van God
Geen mens kan met God op standaard wees wat drank gebruik nie. Daar word ten minste 627 keer in die Woord teen die gruwel van drankmisbruik gewaarsku.
Gemeet teen die totale koste van menselewens, siektes, ongelukke en ellende is drank die duurste luuksheid in ons land.
A) Binne die kerk:
Komprominterende predikers wat mense in die gehoor wil streel terwyl hulleself veragtelik is.
Sê my sal u vrymoedigheid hê om na ‘n predikant te gaan of te luister terwyl hy u drank aanbied of self so dronk is dat hy nie eens die Woord van God op ‘n Sondag vir u kan bedien nie.
Wys vir my ‘n prediker wat drink, selfs net matig en ek toon aan u ‘n lafaard wanneer dit kom by die prediking van die Waarheid.
Christene wat drink het die grootste struikelblok geword van ons geslag.
God haat sterk drank. In Spr.20:1 waarsku God ons teen die bedwel-ming wat drankgebruik bring:
“Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.” Bedwelmd is nog nie dronk nie.
‘n Persoon wat sterk drank gebruik, steur hulle nie aan die standaard en norme van die Woord van God nie. Hulle wil in wees en gee nie om watter prys hulle daarvoor betaal nie.
1). MY LIGGAAM ‘N TEMPEL
Redes waarom ek glo dat ‘n christen ‘n geheel onthouer moet wees:
i. Dit is ‘n struikelblok vir jong gereddes.
ii. Dit word vervloek en veroordeel in beide die O.T. en die N.T.
iii. Dit is ‘n bespotting; dit lei na oë wat ronddwaal en kyk na dinge wat nie geoorloof is nie.
vi. Dit is gewoontevormend en kan in ‘n kort tydjie die mees
Godvresende persoon tot ‘n val bring.
Hab.2:15 Die oorspronlike lees van die teksvers is: “Wee hom wat vir sy naaste drank gee, jou wynsak aan hom aanbied om hom dronk te maak om sy naaktheid te aanskou”.
1 Kor.6:10 “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgode-dienaars of egbrekers of wellustilinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie”
1 Tim.3:2-3 “’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig, geen drinker (oorspronklik iemand wat nooit by wyn ver-
toef nie) geen vegter, geen vuigewinsoeker nie…”
Matt.24:48-51: “Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom – en hy sy mede diensknegte begin slaan en saam met die drinkers begin eet en drink, dan sal die heer van die dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van die tande”
Daar word gesê dat tye verander het en dat godsdiens nou die nuwe waardes moet akkomodeer. Morele standaarde mag verander maar die Waarheid, die Woord van God en die God van die Woord verander nie.
Die Here gaan nie anders met sonde handel nou, as wat Hy in die vberlede daarmee gehandel het nie.
Die Here het nie vir ons nou in hierdie tyd kwytgeskeld van ‘n heilige lewenswandel nie. Dit waarmee ons in christen-kringe mee te doen het vandag is ‘n half-oorgegewe wil aan die vrye genade van ons dierbare Heiland.
Luk.21:43 “Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en die sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.
Spreuke 23 :31 Waarsku ons : “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker,en glad na binne gly nie”.
Hoe kan kerke dit waag om drank by nagmaal te gebruik of by die kermisse of besaars dit te verkoop. By vele kerke word drank vir fonds insamelinge gebeë. Ek vra u hoe kan die seën van die Here ooit op so ‘n gemeente rus. Wat moet die wêreld van so ‘n kerk dink. Weet u die wêreld lag vir u en u maak die Naam van die Here tot ‘n bespotting.
Lev.10:9 “Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ‘n ewige insetting is dit vir julle geslagte”.
Ese.44:21 Waarsku ons “Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binniste voorhof ingaan nie”.
Spr.331:4 –5 “Die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie”
Dan hoor ons die verskoning van die mense wat so besig is..met alles behalwe om die aangesig van die Here te soek en Hom te leer ken. Hulle ken nie meer die geheim om stil te word voor God nie. Ps.46:11 “Wees stil en weet dat Ek God is.” (vry vertaal).
Waarom is dit vir die kerk vandag so belangrik om die goedkeuring van die wêreld te hê en deur die samelewing aanvaar te word? Waarom is daar so weinig predikers van die Woord van God wat kans sien om hulle uit te spreek teen die swak optredes van die christene wat drink?
B) Op regerings vlak:
Jes.56:10 “Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer”.
By geleentheid was ons gevra om regerings leiers toe te spreek. Tot my verbasing die dag was daar geen drank by die geleentheid aangebied nie. Ons het dikwels al gesien dat van hierdie leiers so dronk is wanneer hy ‘n onderhoud moet voer dat hy nie eens op sy voete kan staan nie.
Hos.7:5 “Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn…”
Hulle vryheid in Christus het hulle geneem as vryheid van wet en orde, ook wat morele dinge aanbetref. Elke persoon het vir hom-self wette gemaak en gedoen soos wat hy wou. Hoe kan ek weer-stand bied teen die bose in die wêreld terwyl my wil verswak is, weens my dubbele standaarde?
C) Op individuele basis :
i) Verwagtende moeders mag nie drink nie: Rigters 13:7 +14 “Maar Hy het vir my gesê: Kyk jy sal swanger word en ‘n seun baar; drink dan geen wyn of sterk drank nie”
ii) Dit het al die gevolg gehad dat ongebore babas misvormd is en hulle breinskade optel, sowel groei gebrek (kan tot 2/3 van die normale groei versteur sodat ‘n kind net 1/3 van sy potensiaal groei disfunksie van die sentrale senuweestelsel ens. Hulle het dikwels ‘n ‘vis’ mond, klein oë, ‘n lae neusbeen en hare op die voorkop en die gesig.
Slegs 2 glase wyn per dag kan hierdie gevolge by babas hê. Die lewer van ‘n persoon is vergiftig en veroorsaak dat mense depressie lyers word.
iii). Dit is ‘n skandelike voorbeeld vir ‘n kind.
Meneer u sal tog nie wil sien dat u kind in u moet twyfel nie. By geleentheid was ons genooi na vriende wat vir ons by die ete ‘n ou kelkie wyn wou inskink sodat ons oor die dinge van die Here moet gesels.
Kan u uself indink dat u met u drank asem dit waag om oor die dinge van die Here te gesels. Hierdie vriend was skoon geskok dat ons dit geweier het.
Dit het tyd geword dat ons eerlik sal word en sal erken dat as ons, as kind van God drink, ons drink omdat ons wil drink of omdat ons dit geniet en dat ons dit verkies dat ander nie sal inmeng met dit wat ons in ons privaatheid doen nie. As drank gebruik nie ‘n sonde teen God of teen u liggaam, as die tempel van die Here, is nie, waarom drink u nie voordat u in u binnekamer gaan om tyd in die verborgene met God deur te bring nie? Rom.14:13 “…alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.”
Die tendens van ons tyd is dat ‘n mens in ‘n vertrek sou inkom en ‘n groot oop Bybel op die tafel sou aantref en as u die koelkas se deur sou oop maak, ‘n rak vol bier, of u sal ‘n kind van God aantref ver-diep met die smerige pornografie en dieselfde persoon vind waar hy ywerig deel in ‘n Bybelstudie groep; of sal iemand besig vind met perverse dinge en dieselfde persoon vind wat weggevoer word in gebed by die kerk.
Hulle gebruik drank om hulle gewetes stil te maak. Hulle het opper-vlakkig geword en die kuns geleer om ‘n goeie front op te sit, maar binne is hulle moeg en rusteloos. Die leegheid in hulle gemoedere dryf hulle van een party na die ander, waar hulle vriendskap gaan soek. Hulle het vir alles tyd, behalwe om hulle harte voor God stil te maak. Hulle gebruik afskeep tydjies om die Woord te lees.
Ons lewens moet nooit skande bring op die lieflike Naam van ons Here Jesus Christus nie. Ons liggame is die tempel van die Here en ons mag dit nie uitverhuur aan enige iemand anders nie. Die heer-likheid van die Here moet daar binne wees. Dit is heilige tempel vir geheiligde hande en voete.
Efe.2:21-22 “in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.”
Ons nooi die Gees van God om ons ‘tempels’ te kom reinig en dit geskik te maak vir ons Meester se gebruik. Ps.93:5 “.Heiligheid pas by U huis, Here, tot in lengte van dae.”
Die christene wat drink bring verrotting in die karakter van God en in Sy liggaam, die kerk en verontreinig die tempel van die Here. Rein-heid is die dryfkrag van heiligheid. Heiligheid is om die wêreld te verlaat en die Here te volg.
Open.14:4 “…dit is hulle wat die Lam volg, waar Hy ookal heen gaan..”
God is ‘n jaloerse God en sal nie toelaat dat enige ander liefde ons lewens vorm nie. Heiligheid is meer as om net die kwaad teë te gaan en sonder kompromieë te lewe. Dit is ‘n ywer wat die eer en heer-likheid van die Here wil beskerm. Dit is ‘n alles oortreffende be-geerte om voor Hom te kom met rein hande en ‘n rein hart. Die hart van die Here breek vir christene wat half in die wêreld en half uit die wêreld is.
II Kor.6:14-18. “Moenie in dieselfde juk trek saam met die onge-lowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Belial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here, en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem: en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here die almagtige”.
Die christene wat verlang na ‘n nouer wandel met die Here, word al hoe minder in homself. Judas :23 “…en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.”
Matt.7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedryf en in U Naam kragte gedoen nie? En dan sal Ek vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die on-geregtigheid werk!”
Wat God in Sy Woord laat opteken het oor heiligheid en om afge-sonder van die wêreld te lewe, is onveranderd en geld vir alle tye en eeue
Hulle het geen fondasie wat gebou is op vrees vir God of respek vir die gebooie van God
iv) Dit het tot tereur en die slagting van duisende onskuldige lewens
op paaie gelei
Joel 1:5 Word wakker, julle dronkaards, en ween ! En huil al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is”.
Ten minste 1/10 van die totale bevolking is alkoliste volgens statestieke
Die belangrike betekenisse van wyn in die O.T.
“Sheckor” Dit is sterk drank en is telkemale deur die Here verbied.
“Jajin” Dit is wel drank maar wat in ‘n veel ligter katogorie val en kom 102 keer voor en telkemale deur die Here verbied. Amper iets soos bier of gewone wyn.
“Tieros” Word 38 keer gebruik en dit was druiwesap wat nie gegis het nie en was gesondheids doeleindes gebruik. Dit was nie-alkoholiese wyn.
In die N.T. die ooreenstemmende betekenisse:
Daar is 13 verskillende woorde wat in die Bybel gebruik word vir drank. Nege in Hebreeus en Chaldeers en vier in Grieks. Die mees bekende woord in Grieks is “oinos”. Die Griekse woorde wat ooreenkom met die Hebreeuse, “yayin” of “yain” is “vinum” in Latyn en “wine” in Engels.
Die Hebreeuse word vir druiwesap word 39 keer in die Grieks vertaal as “oinos”.
Dit is hierdie woord wat verwys na ‘n dik stroop of konfyt wat ver-vaardig is deurdat die druiwe aan hoë hitte blootgestel word sodat dit, sonder om te gis, gestoor kan word. Hierdie dik stroop is in leer sakke gestoor. Dit leërsakke was nuut sodat gisting voorkom sou word. Daarna is verwys as ‘nuwe wyn’.
Dit was dik en kon uit die leërsakke gedruk word op brood, soos konfyt of verdun word met water 1/20 dele en ‘n gesogde drankie wees.
VERSKONINGS VIR DRANK MISBRUIK:
JESUS BY DIE BRUILOF TE KANA
Is dit moontlik dat gegisde wyn ‘n simbool van die ‘nuwe lewe’ kan wees? Die liggaam van Christus het nooit verrotting gesmaak nie. Die beker van die Here en die beker van die duiwel is twee heeltemal verskillende dinge. Jesus het brood en vis vermeerder maar dit was nie gemufte brood en ou vis nie. Hy is die Skepper van Lewe en nie van dood nie.
Ongegiste wyn is ‘nektar’ of ‘ambrosia’ genoem. Dit is die kos van die gode. Dit was ‘n baie gesogde drankie wat net in die adelstand bekend was …Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.”
Paulus wat aan Timotheus advies gee:
In I Tim.5:23 lees ons “Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik ‘n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.” Dieselfde woord is ook hier in Tim. gebruik. “tieros” (druiwesap) – 38 keer gebruik.
Dit was wyn wat nie gegis het nie en gebruik is vir gesondheids-doeleindes. Dit was m.a.w. ‘n nie-alkoholiese wyn.
Ps.104: 14 en 15 “Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voort-kom, en dat wyn die mens se hart kan blymaak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.”
Jesus het gepraat van die Nicolaïete wat ons eerste van hoor in die gemeentes van Efese en Pergamus. Hulle het leerstellings aangehang wat vryheid van die liggaam gepropageer het. Hulle god was hulle buik. Hulle het gelewe om te eet en te drink. Hulle het ‘n uiterlike vorm van godsdienstigheid wat hulle in staat gestel het om met sedige gesigte te sit aan die Tafel van die Here, tydens nagmaal en van daar af aan die tafel van die drankduiwel gaan sit en fees vier. Hulle is lede van die kerk maar weier om hulle wanpraktyke prys te gee.
Die wanpraktyke van die Nikolaïete het die gemeentes van Asië geinfiltreer. Open.2;15 “So het jy ook mense wat vashou aan die Nikolaïete, wat Ek haat.”
Verskonings geopper
Daar was drie oeste wat vir die Jode baie waarde gehad het nl: die koringoes, die druiweoes en die olyfoes. In die bg. teks is ‘wyn’ as ‘tieros’ gegee, en die persoon wie se hart bly is, is die persoon wat ‘n goeie oes gehad het.
Ook in Ps.4:8 “Groter vreugde het U in my hart gegee as wan-neer hulle koring en hulle mos oorvloedig is” en in Sag.9:17
“Die koring laat jongmanne en die mos jonge dogters groei.” Die nektar van die druiwe was ‘n verhewe drank. Dit was druiwesap.
Alkohol word nêrens in natuurlike vorm gevind nie. Dit is nie ‘n produk van die natuur nie. As ‘n druif oorryp word, droog dit aan die takkie. Alkohol word deur ‘n gistings proses gevorm.
Tydens die nagmaal in Matt.26:27 het die Here Jesus die wyn aan hulle gegee as herinnering aan die kruisiging en drank laat ‘n per-soon vergeet.
Noag se geval:
In die geval van Lot het daar voor die sondvloed nie reën geval nie, en was die aarde benat deur die vog en die dou. Na die sondvloed het die filmlaag om die aarde gebreek en het die ultrafilet strale deur-gedring wat bydra tot gisting en daarom dat Noag dronk geword het en die Here hom nie aanspreeklik vir sy droknenskap gehou het nie.
DRANK IS ‘N SIEKTE :
Vandag is alkoholisme nie meer ‘n sonde nie, maar ‘n siekte. As alkoholisme ‘n siekte is, is dit die enigste siekte wat in ‘n bottel ge-koop word; is dit die enigste siekte waarvoor ‘n lisensie uitgeneem moet word, om dit wettig om te versprei om aan die staatskas ‘n inkomste te besorg; die enigste siekte wat misdaad bevorder; wat duisende onskuldige mense, wat nie daaraan ly nie, op die paaie dood maak; is dit die enigste siekte wat geadverteer word; is dit die enigste siekte wat nie deur ‘n virus veroorsaak word nie. Alkohol is nie ‘n siekte nie. Dit is ‘n sonde!
1. LOSBANDIGHEID
Die gereëlde ‘matige’ drinker is besig om ‘n vuurtjie aan die brand te hou, wat enige tyd kan vlam vat in ‘n vloedgolf van begeer-tes en luste. Sommige persone wat drink word gelukkig en vriende-lik, maar ander word gemeen en geweldadig. Los morele waardes begin dikwels by drankgebruik. Wanneer God se Woord nie meer die fondasie van alle morele waardes is nie, word die mens hulle eie wet en begin predikers God speel.
Hulle is slegte voorbeelde wat duisende jong mense op die pad van dronkenskap geplaas het. Om stil te bly oor so ‘n onderwerp is om mens se stand vir dit in te neem. “When the enemy comes in like a flood (alcohol), the Spirit of the Lord will raise up a standard against it…” Jes.59:11
2. LASTER
Die Woord van God waarsku ons dat ons stand in die Here vir ons vyandskap kan bring I Pet.4:4 “Daarom vind hulle dit nie vreemd as julle nie saam loop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.” Fil.4:6 “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes, in alles deur gebed en smeking, met danksegging bekend word by God.” Die duiwel gebruik drank as ‘n valse troos. Dit bring beperkinge in dit wat die Gees van God in die lewe van ‘n mens kan doen.
3. LEEGHEID
‘n Persoon wat drink is dikwels die persoon wat in opstand kom teen die leegheid, diep binne in sy eie hart, of dit is ‘n persoon wat ontslae wil raak van skuld en pyn. Hierdie persoon ken nie die nabyheid van die Gees van God in sy lewe nie, omdat hy God nog nie gevind het nie.
4. LUS VAN MY LEWE
As die Here Jesus besit neem van die hart van die mens, ver-dryf hy alle ander luste en begeertes.
Hy kom woon binne in die persoon en verklaar dat, in Hom alles is wat my kan versadig; alles wat ek ooit nodig sal hê; dat Hy in ál my behoeftes sal voorsien. Ware vreugde is nie sinteties nie, maar gees-telik. Die enigste soort ‘drinkery’ waarby ons ons mag skaar is dat ons mag drink van die Fontein van die Lewe, nl. Jesus Christus. Joh.4:14 “..want elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in Ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom opspring tot in die Ewige lewe.”
Verdryf leegheid
4. ONVERANDERLIKE STAND
a. Verpligting
Ons behoort te ween i.p.v om te lag. Ons behoort die morele afval te verag en dit teë te staan. Ons behoort nie so gemaksugtig te wees terwyl die euwels om ons toeneem teen ‘n onkeerbare tempo nie. Dit wat rondom ons gebeur behoort ons te skok en ons te laat bloos. Dit is ons plig om op te staan teen hierdie verwoesting wat rondom ons plaasvind. Ons het ons vlak van verdraagsaamheid verlaag. Dinge wat ons vroeër verag het, omhels ons nou.
b. Verpletterende strategie
Dinge wat ons vroeër skaam gemaak het, ag ons nie meer skadelik nie. Satan is ten volle toegewy aan sy taak om te mislei. Een van sy groot mikpunte is om hierdie geslag in dronkenskap en losbandig-heid weg te lei. False profete en false leraars is reeds besig om baie te mislei. Vele verloor hulle morele standvastigheid. Baie belyde christene het afgekoel in hulle liefde vir die Here Jesus, omdat hulle ‘n deur oopgelaat het vir die drankduiwel en hy en ander het hulle intrek geneem. Paulus waarsku alle christene in die eindtyd om te waak teen wetteloosheid. II Thes.2:3-8 “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom… die teë-stander wat hom verhef bo alles wat God genoem word.. die verbor-genheid van die ongeregtigheid is aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige ge-openbaar word..” Ons kinders word soos lammers na die wêreld se slagbanke geneem.
5. VERVLOEKING VAN DRANK
Jes.28:1 en 7 “Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwerk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is. En ook die manne hier wandel deur die wyn en waggel deur sterk drank, priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hule waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.”
Hab.2:15 “Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daar-mee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.” Mens meng nie gif vir ‘n persoon nie dit maak dood.
Die oorspronklike lees “wee hom wat vir sy naaste drank gee, jou wynsak aan hom aanbied om hom dronk te maak om sy naaktheid te aanskou.”
6. OORDELE UITGESPREEK
Jes.28:1 en 7 “Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en weë die blom wat verwerk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is. En ook die manne hier wandel deur die wyn en waggle deur sterk drak, priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hule waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hullewaggel by die regspraak.”
Luk.21:43 “Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie mis-kien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.” Die wederkoms kom skielik en ons moet nugter wees.
Spr.23:31 “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie.”
Lev.10:9 “Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ‘n ewige insetting is dit vir julle geslagte.”
Eseg.44:21 “Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.”
Spr.31:4 en 5 “…die die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie.”
Hosea 7:5 “Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn…”
7. ONTHOUDING GESPESIFISEER
Spr.20:1 “Die wyn is ‘n spotter en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak is nie wys nie.”
Spr.23:31 “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie.”
Hierdie persoon word as ‘n slegte beskou. Die morele fondasies van ons volk verkrummel.
8. ONBERISPELIKE LEWE
Net die Woord van God het die Waarheid wat vry maak. “Hy wat staan, moet oppas dat hy nie val nie.” Hoe donkerder dit rondom ons word, hoe helderder skyn die lig van die heerlikheid van God.
God se geregtigheid beteken om geskei te wees van die wêreld en om die vestings van die duiwel neer te werp.
I Kor..6:9 en 10. “Of weet julle nie dat die onregverdiges die konin-kryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereer-der of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die konin-kryk van God beërwe nie”.
********************
BIER EN WYN
UIT BYBELSE PERSPEKTIEF:
O.T staan vir Ou Testament
Is dit nie so dat die Bybel op verskeie plekke verwys na wyn en sterk drank nie? Het ons nie op ‘n paar plekke in die Bybel mense gekry wat sterk drank gebruik het nie? Kan ons nie veronderstel dat die Bybel oor die algemeen ons nie veroordeel omdat ons sterk (alkoholies verwante) drank gebruik nie.
Dit is waar dat ons mense in die Bybel gekry het wat alkoholiese drank gebruik het, en dat die Bybel van hulle gedrag ook melding maak, maar ons moet versigtig wees dat ons nie inlees wat daar nie staan nie. Wanneer die O.T. na alkohol verwys, gebruik hy gewoon-lik die woorde wyn en sterk drank. So enige ondersoek in die O.T. se gesindheid teenoor alkohol moet in berekening met die Hebreeuse woord gebring word, wanneer ons na die Afrikaanse terme sou kyk.
Die terme sterk drank veroorsaak soms hoofbrekings wanneer dit by die vertaling van hierdie woord kom, omdat daar net een Hebreeuse woord gebruik word shekar wat alles tussenin beskrywe. Selfs so is die vertaling van sterk drank meer algemeen as wat dit sou voorkom. Moderne lesers kan selfs gedisteleerde vloeistof as sterk drank in-lees, maar dit is nie wat die Bybel bedoel by die terme shekar nie. Die proses van distelering van alkohol is om en by 500 nC. eers ontwikkel, en die sterk alkoholiese voorkoms wat die mens kon ge-maak het in Bybelse tyd, het om en by 14% alkohol ingehad wat as alkohol in volume beskrywe kon word. Dit is om en by die maksi-mum alkohol wat deur natuurlike fragmentasie vervaardig kan word. Die feite vertel ons dat die skriftuurlike terme vir sterk drank ons verseker nie ‘n lisensie gee om te drink wat ons vandag as alkoholise drank beskou nie.
Die distelering van alkohol is nie wat die Bybel na verwys as shekar nie, wat beteken dit dan?
Hier is waar verwante tale aan die Hebreeus ons meer kan help. Dokumente wat in spykerskrif geskrywe is, op klei tablette vertel ons dat die Babilonieërs ‘n alkohol verwante gehad het bekend as shikaru. Dit is opvallend om te sien hoe naby die woord aan die Hebreeuse shekar is. (Dit is dieselfde woord in twee Semitiese verwante tale). Sommige van hierdie klei tablette vertel hoe shikaru gemaak was en kan ons dus maklik vasstel wat die gedrag was wat hulle beskrywe het. Van graan het die Babiloniërs ‘n moes gemaak wat toegelaat was om te fementeer. Met ander woorde, hierdie tablet-te wat verwys het na shikaru as ‘n bier wat gemaak was. Omdat die Bybel die woord shekar gebruik, wanneer na dieselfde drank verwys word, praat hy dus van bier ook as alkoholiese drank.
Dit is iets uiters van pas op ons sosiale samelewing. Hier het die Bybel dan na bier verwys – die wyse wat wyd geadverteer word op die TV’s wat so wyd aanvaar word in ons kultuur, waaroor die Here ‘n vloek spreek.
Watter standpunt neem die Bybel in teen hierdie gedrag? Dit is baie duidelik negatief vir die wat dit gebruik. Uit die 21 kere wat die O.T. melding maak van shekar (bier) maak word 19 kere sterk oordele oor dit uitgespreek. In ander twee tekse verwys dit na sosiale gevalle (ons sal een van die later bespreek). Die N.T. verwys na hierdie selfde gedrag net eenkeer en het na Johaanse die Doper verwys wat dit nie mag gebruik nie.
Om die prentjie te kry is hierdie 19 O.T. tekse soos volg uiteengesit. Kom ons kyk net na ‘n paar van hulle wat die betekenis shekar het. Lev.10:9 verbied die gebruik daarvan deur die priesters in bediening. Num.6:2,3 word ‘n Nasireër verbied om dit te drink, in Rigters 13:3,4 het ‘n engel, Simson se moeder gewaarsku dat sy dit nie mag drink tydens haar swangerskap nie in Deut. 29:5 het die Here die Israelliete vertel dat Hy nie die drank voorsien het in hulle woestyn omswerwinge nie.
Dan is daar die interresante verhaal van Hanna. Sy het na die tabernakel van Silo gegaan om te bid, en so intens gebid oor die feit dat sy kinderloos was dat die priester haar veroodeel het dat sy shekar gebruik het. Sy het dit ontken. Sien 1 Sam.1:15.
Die profeet Juda in die agste eeu voor Christus was erg in sy veroor-deling van sterk drank of bier. Jesaja het agt keer daarna verwys, en elke verwysing het ‘n sterk negatiewe konotasie. Hy het telkemale ‘n weë oor hulle uitgespreek (Jes.5:11) dat dit nie vrolikheid of vreugde sal bring wanneer die Here ‘n land vervloek nie (Jes.24:9). Hy wys dat bier dronkheid veroorsaak (Jes.29:9) en dat valse profete en priesters twee groepe was wat spesifiek gestruikel het weens die effek daarvan (Jes.28:7). Die profeet Miga wys daarop dat die mens juis so ‘n soort leier wou gehad het. – die wat hierdie optrede sou goedkeur (Miga.2:11). Spreuke 20:1 verwys na die spotter en lawaai-makers wat daardeur bedwelmd raak, dit dui op die effek van alko-holiese drank.
Ons kan sien dat ‘n universele veroordeling van bier in die Ou Testament duidelik is. Wat van Deut.14:22-28? Uit die teks wil dit voorkom dat dit nie pas in die Bybelse patroon nie, dit wil voorkom dat Israel deel kon hê en selfs daavoor uit hulle tiendes kon betaal! Sommige het al in die moderne tyd ‘n lisensie vir sterk drank (bier) gesien.
Ons moet noukerug daarop let dat Deut.14 met ‘n spesiale saak handel wat onder sosiale gedrag val. Die hoofstuk het die onderwerp tiende behandel in vs.22-23. In ‘n latere gedeelte verwys dit na wat genoem kan word as “die verwaarlosing” van die tiende. Dit is hier waar bier na verwys word as deel van die verwaarlosing van die tiende.
Wat sê dit alles vir ons?
Deut.14 identifiseer die tiende as sekere voedsel en drank wat die Israelliete na die tabernakel moes bring wat ‘n plek van stentrale aanbidding vir die volk was. Wanneer die tiende gereeld betaal was, en ook op tyd was, was die produkte beskikbaar ook nuut gebore lammetjies en kalfies moes daar gewees het en vars geparsde olie en nie gefermenteerde wyne of druiwesap (tirosh) en graan nie. Al hierdie was vars produkte wat uit die oes van die nuwe land-boukundige jaar kom. Wat moes die Israelliete doen as daar om een of ander rede nie by die heiligdom uitgekom kon word met die vars produkte nie? Hy moes ‘n plaasvervanging maak en dit is na hierdie plaaservanging waarna vs.24-26 verwys het.
Vs.24 Verteenwoordig die probleem dat daar van ‘n Israelliet verwag word wat nie by die heeiligdom kon kom om: Vs.25 in die tussentyd ‘n oplossing te vind: hy moes sy tiende omskep in silwer en dit vir geld verhandel todat hy instaat was om na die heiligdom te kon gaan. In vs.26 gee hy die finale oplossing in die aanbieding van die ver-traagde tiende. As hy by die heiligdom gekom het, moes die Israel-liet sommige van soortgelyke produkte gekoop het wat hy vroeër moes gebring het, en ‘n tiende maaltyd voor die Here eet.
Die produkte wat hy gekoop het vir die tiende maaltyd moes ryp gewees het om simbolies te toon dat die tiende hierdeur verteen-woordig is, as laat. Daarom het hy nie ‘n lammetjie gebring nie, maar ‘n skaap, hy het nie ‘n kalf gebring nie maar ‘n volwasse os, instede van vas produkte soos druiwe (tirosh) het hy (yayin) wyn wat gefermenteerd inhoud gebring, met die verloop van tyd. Hy het nie graan gebring nie, maar bier gebring wat van graan gemaak was. In elke geval het die verwaarloosde tiende maaltyd bestaan uit dinge wat korrespondeer met dieselfde produk om, die ontwikkeling landbukundig te toon wat moes verteenwoordig gewees het in sy oorspronklike staat. Hoewel nie regtig verteenwoordigend nie, het dit ‘n interressante pinalisering ingehou omdat die os veel meer gekos het as ‘n kalf en ‘n lammetjie as ‘n skaap.
Onder hierdie spesiale omstandighede, was die simboliese plaasver-vanging van bier vir die vroeëre graan wanneer verwaarloosde tiende verteenwoordig was, nie as ‘n lisensie geneem word vir onvoorwaar-delike gebruik van bier nie – beide nou of toe. Omdat bier op ander plekke in die Bybel veroordeel word in die O.T.
As ons nou weer na die onderwerp wyn in die Bybel gaan kyk, vind ons twee wortel betekenisse – tirosh wat gewoonlik na druiwesap verwys in sy ongefermenteerde staat, soos dit uit die pars uitgekom het, as ‘n nuwe landboukundige produk, en yayin wat op een of ander vorm van fermentasie dui.
In 30 van die 38 verwysings na tirosh in die O.T. is dit met graan en olie gekoppel of met olie alleen, as oes produkte wat vir tiendes gebruik was of vir belasting doeleindes. Drie tekse (Mig.6:15; Jes.62:8; en 65:8) word daar na tirosh as ‘n produk van druiwe verwys. Vier tekse (Spr. 3:10; Joël 2:24; Miga 6:5; en Hos.9:2) verwys na tirosh as ‘n produk wat deur een of ander vorm van drukking veroorsaak is. Alleen net een teks (Hos.4:1) stel trisoh voor as ‘n produk wat bedwelming veroorsaak.- en die teks kan na ‘n vroeëre fermentasie verwys of na die praktyk van die vermenging van ou en nuwe (fermentasie) of wyn.
Dus wil tirosh voorkom as iets uitsonderlik na ongefermenteerde wyn of druiwesap. Maar yayin, die ander belangrike woord as ‘n woord wat die Bybel na verwys as wyn, wat duidelik dui op ‘n fermentasie in die meeste gevalle.
Die O.T. het die woord yayin 140 keer gebruik. Voordat ons na spe-sifieke verse gaan kyk, gaan ons net algemeen en oorsigtelik die Bybelse betekenis van die woord bestudeer. Die Bybel gebruik yayin 60 keer in ‘n negatiewe hoedanigheid, en 60 ander gevalle word dit gebruik sonder om enige beoordelende waarde daaraan te koppel. In 17 gevalle mag dit dalk in ‘n positiewe lig gestel word. Daarom is yayin, gefermenteerde wyn, in ‘n negatiewe hoedanigheid meer dik-wels gebruik as in ‘n positiewe hoedanigheid.
Aan die negatiewe kant, word dit eerstens in die verband van fer-mentasie gebruik met ‘n slegte resultaat. Nie baie (as enigsins) historiese verwante, word in die O.T. genoem as ‘n noodsaaklike uitkoms in die betekenis van wyn nie, maar verskeie eindig vernietegend; die dronkenskap van Noag (Gen.9:21); Lot (Gen.19:32 – 35) Nebal (1 Sam.25:36-37) Amon (2 Sam.13:28) Belsassar (Dan.5: 1-3) en Ahasfiros (Est.1:1-10) as voorbeelde.
(Jes.51:21) Jeremia (23:9) Hosea (4:11: 7:5) Joël (1:5) en Habbakuk (2:15) is ‘n paar Bybelse profesië wat daarop dui dat al die effekte beide fisies en moreel ‘n bedwelenede resultaat het.
Spreuke 23:29-35 beskrywe wyn in sy onmiddelike fisiese effek (rooi oë en ‘n vae visie) en sy onmiddelike sosiale effek (onmin en pyn) sowel as die lang termyn resultate (weë ‘wat op die oordeel van die Here op die mens dui’ en smarte). Elders verwys die Spreuke boek na wyn wat tot armmoede ly (21:17) en onmin (4:17). Jesaja voeg hierby dat dit die gedagtes van die mens mislei (28:7) ‘n mens betower en lei tot vergeetagtigheid van die Here (5:11;12).
Die tekse wat na spesifieke sinvolle funksies van wyn verwys moet nie oorgesien word nie, maar hulle moet binne perspektief gesien word. Drie tekse (Ps.104:15; Pred.9:7; 10:19) verwys na wyn wat die hart kan verbly. Dit dui ‘n bewustheid van die onmiddelike fisiese effek van alkohol, maar hierdie tekse het nodig om teenoor soveel ander Bybelse stellinge gesien te word wat op die nie noodsaaklike lang termyn resultate gesien te word.
Pred.9:7 en 10:19 mag lyk of dit goedkeuring gee vir die gebruik van alkohol. In ‘n effense ouere filosofie sê Pred.9:7 ‘Gaan en eet jou brood met blydskap, en gebruik jou wyn met ‘n blymoedige hart, want die Here het reeds goedkeuring gegee vir wat jy doen ‘ RSV.
Dit is ‘n beskrywing van die outeur se soeke na dinge wat betekenis in hierdie wêreld gee. Hierdie teks dui aan dat die mens tevrede moet wees met sekere algemene pligte van die lewe – insluitend eet en drink, selfs wyn. Hoewel die boek afsluit met die outeur se bevin-ding dat iets beters gevind kan word om wat die betekenis van lewe te kan vul – dat die mens die Here moet vrees en Sy gebooie onderhou. Sien ook hfst.12:13. Al die ander ondervindinge waarin die outeur probeer om sin in die lewe te verkry faal op die basis van die Woord van die Here.
Daar is minstens 7 ander tekse wat lyk of dit gunstiglik na yayin ver-wys, hier meer in die sin van vergelyking; hulle spreek nie van wyn opsigself nie. In Hooglied word byvoorbeeld wyn as vergelyking nie minder as 4 keer gebruik nie (1:2+ 4: 4+10 en 7:9) om sy geliefde se skoonheid uit te lig. Hos.14:7 gebruik die reuk van wyn met Libanon as ‘n verglyking. Spr.9:5+6 gebruik wyn figuurlik wanneer dit na die oorvloed van lewe verwys wat wysheid voorsien. Amos 9:14 en Sag. 10:7 gebruik die vrolikheid wat wyn veroorsaak as ‘n beeld van hoe die Here mense sal laat verbly by die finale oorwinning in die lewe.
Wyn was ook as ‘n drankoffer gebruik in die tempel dienste, net soos ons bier sien wat gehou word as ‘n aanbieding van vertraagde tien-des. Hierdie drank offers was langsaan die altaar uitgegiet, hulle was nie deur die priesters gedrink nie.
Dus is die meeste tekse wat drank goedkeur het, dit in die figuurlike vorm gebruik en in vergelykings. ‘n Paar praat van hulle onmidde-like fisiologiese effek. Maar by verre word in die meerderheid die vernietegende resultaat genoem – soos bose handelinge wat gepleeg word in veband met die drink van wyn. Jesaja assosiseer wyn met byvoorbeeld die neem van goedere. Sien Jes.5:22-23. Amos kombi-neer wyn met die verkryging van verkeerde dinge sien Amos 2:8.
Opsommend kan gesê word, dat die skrywers van die O.T. het 4 aantuigings teen die gebruik van alkoholiese drank in gebring. Eers-tens: Hulle het die onmiddelike nadelige effek daarvan waargeneem – die rooiheid van die oë, die verblinding van visie, die stuiering en dronkenskap in die algemeen. Tweedens: hulle het die lang termyn morele effek besef – verskeie vorme van immorele en onetiese ge-drag en verbind dit met spesifieke persone. Derdens: hulle indentifi-seer spesifieke gevalle van sulke gedrag en verbind dit aan spesifieke persone. Vierdens: Weens die effek, het hulle sekere klasse en individue verbied om dit enigsins te mag gebruik.
In teenstelling tot hierdie groot en negatiewe prentjie, oor die enigste positiewe beelde wat die Bybel skets van alkohol is daar drie tekse dat alkohol ‘n staat van ligsinnigheid (sekerlik ‘n sinvolle fisiologie-se waarneming). Die Bybel skrwyers het ook by geleenthede wyn gebruik om sommige gunstige vergelykings te maak in figuurlike taal (ook het hulle wyn gebruik om sommige simboliese ongunstige vergelykings te tref). Hulle het wyn gesien in die ongunstige oordeel daarvan Ps.75:8 en Jeremia 25:15.
Hoe moet ons persoonlik oprtee teenoor alkohol in die lig van die geheelbeeld van wat die O.T. gee? As ons die geheel in berekening bring en dit evalueer met al die bewyse, is die meeste redelike verge-lykings dit, dat om veilig te wees van die oordeel van die Here, dat ons ons geheel sal onthou van alkohol en in sy verwante vorme, ter wille ook van ons getuienis, dat ons vir niemand ‘n struikelblok sal wees nie.
******************************