DOL OOR MUSASHI

Miyamoto Musashi, ’n bekende Japannese swaardvegter wat 300 jaar gelede geleef het, was volgens oorlewering die sterkste man in Japan en is selfs vandag nog gewild.
Hy het die metode om met twee swaarde te veg ontwikkel. Hy was altyd gretig om teen opponente te veg wat bekwamer as hy was, om sodoende sy eie vaardighede te verbeter. Musashi het meer as 60 keer in sy lewe geveg en het nooit verloor nie. Eenkeer het hy glo selfs teen 70 opponente na mekaar geveg.
Musashi se verhaal het onlangs in verskeie rolprente, romantiese verhale en TV vertonings sy verskyning gemaak. Waarom, na soveel jare, het hy skielik weer gewild geraak?
“Japan is op die oomblik in ’n baie somber stemming en mense soek ’n held met veggees en individualisme soos die van Musashi,” sê een van die hoof-kommenta tors in Japan.                                                                       
Bron: Japankids Webblad 2003-07-23

Wat ons in Japan nodig het, veral nou na die 3/11/11 driedubbele ramp is nie die swaard van Musashi nie, maar die swaard van die Messias!
 

Want die woord van God is lewend en kragtig
en skerper as enige tweesnydende swaard,
en dring deur tot die skeiding van siel en gees
en van gewrigte en murg,
en is ’n beoordelaar van die oorlegginge
en gedagtes van die hart

(Heb 4:12).

God se woorde is so skerp soos ’n vlymskerp dolk, wat blitsig en diep tot in ons diepste gedagtes en begeertes sny, om ons bloot te lê om te luister en te gehoorsaam. 

Laat ons die lewende en aktiewe Woord van God toelaat om die diepste binneste van ons menswees te ontdek en te verander!                                 UIT:- JAPANSENDING

GEBED

Here, ons almal het U en U Woord nodig in ons lewens. Kom en openbaar ons harte aan ons en maak ons lewend na U Woord? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00