DIE VYAND SE TAKTIEK.

Die Satan – ons Geestelike vyand – is altyd besig om mense EN die kerk aan te val. Charles Spurgeon het altyd gesê:- “ Satan never kicks a dead horse!”

Dit is natuurlik die geval met kinders van God se lewe ook. Indien jy nie aktief besig is met die Here en met Sy saak nie, sal die Satan jou nie pla nie , MAAR begin net te beplan, wat nog van doen, iets, vir die Here en sien hoe die aanslae van die vyand op jou neerdaal. Dit laat my dink aan:-  2 TIM. 3:12  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

Ons sien en leer hierdie aspek baie duidelik vanuit die Handelinge gemeente. Hierdie gemeente was besig om vir die Here se saak baie grond te wen. In Handelinge 2 kom daar 3000 mense tot bekering en dit is dan ook waar die vyand die kerk aanval. Dan wat? In Handelinge 4 sien ons dat die vyand storm soos ‘n leeu op die kerk en val die leiers aan. Hulle word gedreig! Die leiers steur hulle nie aan dreigemente nie en dan verander die vyand se taktiek en sien ons in Handelinge 5 dat die vyand kom soos gif en probeer dan om die gemeente van binne te vergiftig met Ananias en Saffira se leuens en skynheiligheid. Dit moet ons weet – as die vyand nie met vervolging van buite kan wen nie, sal hy met besoedeling van binne in die kerk die oorwinning probeer behaal. Dan Handelinge 6 sien ons dat die vyand kom as ‘n aanklaer / iemand wat beskuldig. Die weduwees staan teen mekaar op en beskuldig dat hulle nagelaat word. Hulle kry nie die aandag wat hulle moet kry nie. Wow – die vyand hou hier van binne in die kerk! Dan in Handelinge 12 kom hy as die moordenaar wat Jakobus vermoor en Petrus in die tronk sit om hom later dood te maak.

Kind van God – jy wat jou lewe inrig om vir die Here te lewe, jy moet vandag weet dat die vyand sy mes in het vir jou, MAAR kyk hier is die goeie nuus:-  JOH. 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

GEBED

Dankie Here dat ek , ten spyte van die stryd, my vertroue in U kan stel met die wete dat die oorwinning in U is. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00