DIE VERMINKTE HANDE.

Een aand sit Elna op haar mammie se skoot; sy is klaar om bed-toe te gaan en nou kyk sy op in mammie se gesig voordat sy vir haar ’n nag-soentjie gee.

Mammie se gesig is baie mooi, en haar sagtende golwende bruin hare is ook baie mooi.

“Mammie, ek is lief vir Mam se gesig, en ek is lief vir Mam se hare.” Elna kyk toe af na mammie se hande wat haar vashou. Daar is ’n groot donkerblou merk dwarsoor die hand. Elna sien dit en sê:- “ Maar – ek is nie lief vir Mam se hande nie!”

Mammie het nog nooit vir haar dogtertjie vertel hoekom daar so ’n lelike merk oor haar hand is nie maar sy dink toe dat sy sal dit nou vir haar vertel.

“Een aand, ’n hele klompie jare gelede, het daar ’n klein babatjie vas aan die slaap in die bed gelê. Skielik het iemand geskreeu:- Vuur! Vuur! Die babatjie se mammie het vinnig na die kamer gehardloop waar die baba slaap en haar van die bed gegryp. Terwyl die mammie met die baba probeer om uit die huis te hardloop het ’n groot stuk brandende hout los geraak en op die mamma se hand geval. Die hout het haar hand teen die vloer gedruk.

Daar was mense naby wat dit gesien het en hulle het kom help om die mamma en die babatjie uit die huis te kry. Die hand van die mamma het lelik gebrand en sou altyd ’n merk hê.”

Elna het weer  na die hande van haar mamma gekyk en toe weer in mamma se oë. “Mammie , ek het Mam se hare lief en ek het Mam se gesig lief maar o mammie ek het Mam se hande liewer as al die ander.” Sy het gebuk en mammie se hande gesoen.

Daar is nog hande wat vermink is asook twee voete en ’n sy. Die hande,voete en sy van die Here Jesus Christus het groot letsels gekry toe Hy moes sterf aan die kruis. Hy was bereid gewees om dit te vermink sodat ek en jy gered kan word.

JESAJA 53:5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

GEBED

Here, ek kan maar net dankie sê deur my hele lewe aan U te gee. AMEN 

0:00
0:00