DIE VRIENDSKAPSVERBOND MET JESUS
In 1 Samuel 17 vind ons die wonderlike verhaal hoe dat Dawid, as ’n gewone skaapherder-seun die Filistynse reus Goliat verslaan het, in die naam van die HERE, met ’n slingervel en ’n klippie! Dan volg die buitengewoon kosbare en treffende gebeurtenis van ’n unieke vriendskapsverbond wat gesluit is tussen hierdie gewone skaapherderseun Dawid en Jonatan, die kroonprins van Israel! Dit was ’n plegtige, wettige verbond waardeur die ‘kroonprins’ wat nie die reus kon oorwin nie, op ’n eerbare wyse terugstaan en plek maak vir die ‘skaapherder’ wat die reus namens hom verslaan het! As ons besef hoe belangrik Dawid profeties vir God was én vir ons, as die voorvader van óns Verlossser, dan sal ons self bitter graag ook op ’n Bybelse manier, só ’n intieme vriendskapsverbond wil sluit met Jesus Christus, die Seun van Dawid!
Hier, in 1Sam.18:1-4, is die ‘kroonprins’ in die persoon van Jonatan, ’n tipe van die mens wat God bestem het om ’n oorwinnaar te wees – die mens – wat Hy oorspronklik volgens Heb.2:6-8, met eer en heerlikheid ‘gekroon’ (‘stephanos’-oorwinnaarskroon) het, maar wat sy kroon van gesag, heerskappy en heerlikheid deur die sondeval verloor het. Dan is die skaapherder in die persoon van Dawid, duidelik ’n tipe van die Here Jesus, die Herder-koning, wat vir ons die kroon herwin het … waarom? … om verloorders in wenners te verander!
DIE KROONPRINS: Jonatan … wat beteken dit vir ons? Ironies! Net soos ons, was hy …
Uit die paleis van die koning, maar die vyand se grootste reus het hom ‘lam’ gemaak van skrik!
As ’n prins, was hy bedoel as ’n wenner maar hier, in die kritieke geveg, was hy dit nie waardig nie!
Die kroonprins van Israel het ’n paar vyande verslaan … maar nou bly sit hy tussen die banges!
Hy was bewapen as ’n vegter, maar nou net ’n toeskouer van die drama, van die werklike geveg!
DIE SKAAPWAGTER: Dawid. Wat was die geheim en betekenis van sy oorwinning?
Hy was gehoorsaam aan sy vader wat hom na sy broers toe gestuur het.
Hy het God se eer wat op die spel was hoog geag, want was hy dan nie Sý gesalfde nie?
Hy was deur sy broers verag, maar dit het hom nie ontmoedig, laat skrik of laat omdraai nie.
Vertroud met die regte wapens – daarmee het hy reeds die vyand(e) agter die skerms verslaan.
JONATAN SLUIT TOE AAN BY GOD SE WENKOMMANDO! Wanneer en HOE?
Toe hy die wat reeds vir hom deur EEN behaal is raaksien, aangryp en sy eie maak.
Toe hy die geheim van oorwinning ontdek – die wapens; geloof en die krag van die Naam …!
Toe hy eerbaar afstand doen van dit wat hy voorgee/probeer het om te wees … díé kroonprins!
Toe hy/sy wapens en klere l en sý reg op (sy?) troon (sy alles) aan die wenner !
Ou Zulu in Kimberley … en ‘Vika’: Jare gelede het ’n baie ordentlike, netjies geklede Zulu man op die hoek van ’n straat in Kimberley gestaan en wag op ’n geleentheid om hom na sy tuisland te neem. Toe kom daar ‘n ou swart man nader en vra: ‘Zulu man, kan jy my miskien die naam sê van daardie ‘God-mens’ wat mense se lewe verander en nuut maak.? Hy het dit vir my gedoen maar nou het ek Sy Naam vergeet en ek wil my mense van Hom gaan vertel!’ Vika het darem soveel van die Evangelie geweet dat hy hom kon antwoord,: ‘Ou vader, Sy Naam is Jesus!’ Terwyl hy wegstap hoor Vika hom dit oor en sê: ‘Sy Naam is Jesus … ek moet dit nie vergeet nie … ek moet almal daarvan gaan vertel!’ Dit het Vika só getref dat ook hy vir Jesus as sy Verlosser aangeneem en gevind het. By sy familiefees in Natal het hy daarvan getuig en geweier om saam met hulle die voorvadersgeeste te aanbid, toe skel hulle hom uit as ‘hond’ en ‘slang’ en verban hom uit die famile! Iewers in die bosse tussen die heuwels het hy ’n hut vir homself en sy jong vrou gebou. Soos die ou Zulu het ook sý hart aan die brand geraak vir Jesus en hy het oral begin getuig en ander na Jesus gelei. Sy gewoonte was om elke aand met skemer, ’n fakkel na sy bidplek te dra. Gaandeweg het al hoe meer ander fakkels ook verskyn, totdat daar met skemeraand oral teen die heuwels, talle fakkels sigbaar was van die wat hy na die Here gelei het, bekeerdes wat ook na húlle bidplekke oppad was!
Gryp NOU jou ‘fakkel’ en sluit aan by God se wenkommando … deur só ’n vriendskapsverbond met Jesus!