DIE VREESLIKHEID VAN SONDE: HEBR.10:31 + 1 PET.4:18
“Vreeslik is dit om te val in die hande van ‘n regverdige God.”
As die regverdige nouliks gered sal word, waar sal die goddelose staan.
GAL.5:19-21
INLEIDING:
Dr. A.W. Tozer het eens gesê: “Die Christen staan of vaal in sy geestelike lewe afhangende van sy begrip of konsep van sonde”
As ons werklik die inpak van sonde sal besef sal daar ‘n Bybelse vrees van die Here ons harte beetpak en sal ons nie meer so ligtelik daarmee omgaan nie.
A) WORD WAKKER AANGAANDE SONDE:
Ons kan so maklik kwaad word, en myself verskoon waarom ek optree soos ek doen, so maklik leuens verskoon as wit leuns en in verskillende omstandighede sonde so sag maak dat daar niks van my getuienis oor bly nie.
U moet bid dat daar ‘n dag mag aanbreek waarin ek sal raaksien wat die prys is wat die Here Jesus vir sonde betaal het, sodat ek verlos kan wees. Hy is sag van gees en Hy beloof die Koninkryk van die hemele aan die wat verslae en gebroke van hart is. Tog terwyl ek al hierdie dinge weet kan my verhouding teenoor die Here soos die dood wees, daar is niks wat vir my betekenis het in my stiltetyd nie.
Die Here Jesus is maar net ‘n meganiese iets wat ek uit gewoonte doen. Ek is oortuig dat Hy die prys vir sonde betaal het, sodat ek vry kan wees, maar oor die tyd het hierdie feite net ‘n leë formule geword.
Waar is die wonderlike lewende Christus, in my lewe. Omdat Hy lewend is kan ek Hom so maklik bedroef, net soos Sy dissipels eens gedoen het. Tog is Hy die God wat ek nie mag bedroef nie, omdat Hy SY lewe vir My neergelê het.
Ons bedroef Hom so maklik en bring Sy eer tot skande deur ons lewens, wanneer ons nie Sy beloftes uitleef nie. Joh.13:35 “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is”
My optrede teenoor my naaste is dikwels nie die van liefde nie, maar dikwels net die teenoorgestelde. Liefde doen goed teenoor andere, maar ek kan dikwels die lewe teenoor andere moeilik maak. Ons neem genade vanselfsprekend aan, terwyl genade vir ons aangebied word teen ‘n hoë prys. Die enigste manier hoe genade my deel sal word, is dat ek sal haat wat die Here sal haat nl. sonde. Hy het gesterf om ‘n einde aan sonde te maak.
B) HAAT TEENOOR SONDE:
In Luk.14:26 sê die Here Jesus: “As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipels nie wees nie.”
As daar nie ‘n haat vir sonde is nie, sal ek nooit ‘n ware dissipels vir die Here Jesus kan wees nie. Wanneer ek besef waaroor sonde gaan dat dit gehaat moet word soveel so dat ek die lid in die liggaam wat my sal verhinder om die Here volkome te dien uit sal pluk en van my weg sal gooi. Ek sal nie huiwer om met die vreeslikheid van sonde te handel nie, aangesien ek sal besef dat niks wat onrein is in die koninkryk van God sal ingaan nie.
Rebellie en humeur ens. en vele ander aspekte is ‘n ontering van die gebod van die Here. Ek sal nie meer probeer om die dag van die Here te onderhou nie soos Joh.14:15 leer: ‘As jy my lief het sal jy My gebooie onderhou.”
Wat was Sy gebooie, dit was eerstens die TIEN gebooie, en dan die uiteensetting daarvan in die bergpredikasie.
1 Joh.2:4 Sê die Here Jesus: “Hy wat sê ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie – is ‘n leunaar en in hom is die waarheid nie.”
So, ek kan as Christen as ‘n leunaard lewe lei. Die Here verwys na hierdieselfde begrip wanneer Hy na die onverdraagsame dienskneg verwys, wat gebind was deur die Duiwel en na sy koninkryk geneem sal word omdat hy nie gewillig was om te vergewe nie. Matt.18:32-35.
C) ONGERED MAAR TOG GERED:
Ons weet vereker van die offer van Jesus, as die Lam van God het Hy ons verlos sodat ons “in die nuutheid van lewe mag leef”.
Ons mag geld in die bank hê, sonder om dit te benut, dan is dit dooie kapitaal. Net lewende geloof wat in aksie gebring word kan my geloof weer lewend maak. “Stry die goeie stryd van die geloof en gryp na die ewige lewe” 1 Tim.6:12.
As ek in besit van iets moet kom, moet ek self iets daaromtrent doen. Ek is veronderstel om te stry, en moet daarom alles in die stryd werp.
Petrus skryf aan die gelowiges in 1 Pet.5:8 “Dat die duiwel rondloop soos ‘n brullende leeu om te sien wie hy kan verskeur”
Ek kan in gevaar wees met al my geestelike ervaringe, van doop, redding heiligmaking, want ek het ‘n vyand wat altyd op my hakke is, wat gereed staan om my tee te gaan en dood te wil maak.
Ek sal verloor as ek nie my wapens opneem, en die stryd betree. Dit is nie of ek nou die stryd wil betree of nie, maar ‘n saak van ‘n abso-lute moet. Ons kan nie bekostig om passief te wees nie, anders sal ons die vyand se prooi word.
Ons bou soms lugkastele omdat ek nie die Woord van die Here ernstig opneem nie. Dit was waarom daar nie oorwinning in my geestelike lewe sal wees nie. Die Skrif is deurdronge met die oproep om teen sonde te veg, sodat ons dit kan oorwin. In die boek Openbaring sê die Here Jesus telkemale “Hy wat oorwin sal die konikryk beerwe.”
D) REDE VIR VREUGDELOOSHEID:
Weens hierdie vreesloosheid oor sonde sal daar nie vreugde in my verhouding met die Here wees nie, en kan ander nie die vreugde in my lewe sien nie. Ek kan nie vreugde ken as ek die verkeerde pad volg nie, die pad van goedkoop genade, wat nie die pad is wat die Here Jesus wat my na die eindbestemming sal lei nie, en sal ons nie gekroon word nie.
Die geveg waarna die Here Jesus verwys is die geveg van bloed. Hebr.12:4 “Julle het nog nie ten bloedde teen die sonde gestry nie”
Het u al ‘n plan van aksie teen ‘n spesifieke sonde ingeslaan, en dit in erns daagliks na die Here in gebed te bring en Hom te smeek om u te help om verlos te word van daardie sonde wat u so maklik omring, en wat die Here Jesus in u lewe tot skande maak, en wat u aan die duiwel verbind omdat u nie breek met daardie sonde nie.
Ek het nie die opdrag van die Here ernstig opgeneem om my oog uit te pluk m.a.w. ek sal iets ernstig moet doen met hierdie sonde wat my ondergang gaan veroorsaak.
Ek sal die Here vir so ‘n haat vir hierdie sonde moet vra dat daar geen plek vir die duiwel in my lewe gegee kan word nie, en nie rus totdat daar finaal met hierdie sonde gehandel word nie.
Die oomblik as u sou ontdek dat u kanker het sal ek my werk los, en sy familie en sal ‘n operasie ondergaan en sal teen hoë koste alles in die stryd werp om daarvan ontslae te raak. As ons so ver sal gaan met iets wat fisiese dood veroorsaak wat moet ons nie doen met die kanker van sonde wat die ewige dood veroorsaak.
E) SONDE IS ‘N KANKER:
Wat ‘n verskriklikheid is sonde nie, sonde is iets afgruisliks. Die Bybel vertel ons dit sowel die realtiteit van ons lewens. Dit ruineer ons lewens en kan selfs op ons gesigte gesien word, asook in ons optredes, sowel as my persoonlikheid. Sonde sal ons in die ewige hel dompel, ‘n plek wat gelyk is aan ons sondes van duisternis waarmee ons speel.
Sonde is ‘n gif, wat die dood sal meebring. Daarom die Here Jesus aan Sy dissipels sê: “Moenie die vrees wat die liggaam kan doodmaak nie, maar vrees Hom wat beide liggaam en siel in die helse vuur kan werp” Matt.10:28.
Dit is juis hierdie vrees wat diep in my hart moet insink, hoewel ek hierdie waarheid ken, laat ek nie toe dat dit my lewe radikaal verander nie.
Ons neem ons fisiese siekte baie ernstiger op as ons geestelike toestand, wat my dood letterlik kan veroorsaak. Ek het nog nie toegelaat dat die mes van die ewige lewe in my siel ingesny en toe-gelaat om te doen wat die Woord vir ons sê wat onsmoet doen nie: Jak.5:16 Om dit te bely nie, met die doel om klaar te kry met sonde nie.
Daar is baie dinge wat ek nie sal bely nie omdat dit van my te veel sal vra, dit sal my trots skend as ek dit moet erken. Ek het nog nie met sonde geheel gebreek nie.
F) SIMPATIE MET SONDE:
Hoewel ek so baie van die Bybel weet, het ek nog nie by die plek gekom waar die Bybel vir my wys ek moet kom nie, nl. dat ek sonde haat nie. Alleen dan sal verlossing vir my betekenis kry. Alleen as ek bereid is om nie meer in duisternis te leef aangaande sonde nie, maar dit te bely sal ek vreugde smaak. As ek sonde verdra en mee speel, het die duiwel nog volle reg op my lewe.
Instede daarvan om standpunt in te neem en sonde met jou wese te haat bejammer ek myself en verskoon hierdie daat in my lewe. Ek bejammer myself omdat mense my lewe vir my so moeilik maak, en probeer my bitterheid te verskoon. Hierdie gesindheid laat dit groei in my lewe en kry diep wortels in my hart terwyl my leuse moet wees; Dood met sonde en lewe in die lig.
Waar staan ek nou terwyl ek wel die Here Jesus bely, as my Verlosser. Ek dink dat ek Hom het terwyl ek Hom reeds so verloën omdat ek nie SY gebooie bewaar nie.
G) GERED VIR ALTYD:
Kan ons seker wees dat ons gered is? Ons kan solank ons nie ‘n goedkoop wyse van wandeling het nie. Elke sondaar ongeag hoe sleg hy is kan sekerheid van redding hê.
Hy moet erken dat hy ‘n sondaar is, en moet berou oor sy sondes hê. Sy bloed op Golgota is vir my gestort en ek kan dit vir my toeeien. Hy het verklaar dat dit volbring is, die volle prys vir sonde is vir my betaal en ek kan daaraan vashou. Hy het my alles gegee en ek moet dit net aanneem. Hy het my reeds verlos, maar ek moet die oorwin-ning neem.
Ek kan aan die voete van die Here Jesus bly, met ‘n skoon hart, en bly om genade vra. Wanneer die Here ‘n mens in Sy volheid neem het jy nie meer nodig om oor sonde te ween nie, maar is die hart met dankbaarheid gevul, omdat ons oorgegaan het van goedkoop genade wat nie vrug voortgebring het nie, na die vreugde om meer en meer van die Here Jesus te reflekteer.
As sonde nie vir my vreeslik is nie sal dit tot geweldige gevolge lei. Christene moet meer verlos lyk as ons wil hê dat mense in ons Verlosser moet glo. Ek kan my skuld teenoor mense en die Here so ligtelik opneem, en wanneer die Here met my begin praat sal Sy waarhede diep in my hart insink. Ek sal sonde begin haat, wat die Here Jesus so ‘n duur prys gekos het, en veroorsaak dat ek selfs teenoor die duiwel blind is.
G) LEWENS BELYDENIS – DIE DRAAIPUNT IN ONS LEWENS:
Wanneer die Here lig oor sonde kom werp, is dit in meer radikale Lig, as ooit van te vore. Dit was duidelik dat hoe langer dit in die duister was, en verberg van die menslike oog, en ook van my eie, is omdat ek dit nie wil in die gesig staar nie, sal dit voortgaan om te versprei. Die oomblik wat ek dit in die Lig bring, word die vyand wat my met leuens besig hou ontmasker. Om iets aan die lig te bring beteken om dit te bely voor die Here en mense.
Sonder hierdie soort belydenis is dit onmoontlik om vry te kan wees. Dit is nie die sonde soseer waar die probleem is nie, maar my gesindheid teenoor sonde. As ek dit in my hart berê sal daar uiteindelik geweldige gevaarlike gevolge daaruit spruit. Rom.5:20 sê vir ons waar sonde is, het die genade nog meer oorvloedig geword.
H) DIE VOLGENDE STAP: