GODLY FEAR IS LOVE UPON ITS KNEES DIE VREES VAN DIE HERE

INLEIDING

Spr.13:8 “Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;  hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtig mond ek.”

Ps 111:10 “Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;  almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand.”

Spreuke 1:7 “Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis;…”

“Die vrees van die Here is om eerbied en ontsag vir Hom.  Dit is om in afhanklikheid van Hom te leef.”

1.    VERWAGTING 

    Deut.10:12  “En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel.”

      Josua 24:24  “Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.”

2.   WIE VREES DIE HERE?

Opregtes     

Spr.14:2  “Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE;  maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.”

Die Wyse

      Spr.14:16  “Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.”

      Die wat afwyk van die Kwaad

      Spr.16:6  “Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk ‘n mens af van die kwaad.”

3. BELOFTES

      I Sam.12:14  “As julle maar die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die HERE nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God maar volg!”

Geen Gebrek

      Ps.34:10  “Vrees die HERE, o sy heiliges want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.”

Banier

      Ps.60:6  “U het aan die wat U vrees, ‘n banier gegee, om te vlug vir die boog!”

Gee Spys

      Ps.111:5  “Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee;  Hy dink vir ewig aan sy verbond.”

Metgesel

      Ps.119:63  ” Ek is ‘n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.”

      Sal geseën word

      Ps.128:4  “Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees.”

     Ps 115:13 “Hy sal diegene seën wat die Here vrees, die kleintjies saam met die grotes.”

Openbaar verborgenheid

      Ps.25:14  “Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.”

4.   WAT DIT DOEN

a.  Teenoor God

Eer Hom

            Ps.15:4  “…in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees;  al het hy gesweer tot sy skande, hy verander nie.” Prys Hom

            Ps.22:24  “Julle wat die HERE vrees, prys Hom!  Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom!  Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel.”

Vertrou Hom

            Ps.115:11  “Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE;  Hy is hulle hulp en hulle skild.”

b.Teenoor die mede-mens

Respekteer ouderdom

            Lev.19:32  “Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van grysaard eer;  en jy moet jou God vrees.  Ek is die HERE.”

            ‘n Hart hê vir persone met ‘n gestremdheid

            Lev.19:14  “Jy mag ‘n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie;  maar jy moet jou God vrees.  Ek is die HERE.”

5.   KENMERKE VAN MY GEESTELIKE WANDEL

      Voltooi en rond my wandel af

      I Pet.1:17  “En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap.”

Afhanklikheid

      Fil.2:12 “Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing.”

Uitwerking

      Efe.5:21  “…en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.”

**************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00