DIE VOLHEID VAN DIE HEILIGE GEES: 11 KOR.6:11-7:1
INLEIDING:
Reeds in die Onse Vader het die Here Jesus gebrid en gesê: “Laat U wil geskied soos in die hemel, net so ook op die aarde.”
Dit was en is en bly die wil en die begeerte van die here dat u en ek die geheim van ‘n lewe van spreekwoordelik: Hemel op aarde moet ondervind, ‘n lewe van oorgegewenheid aan die Here of ‘n lewe wat bloot net ‘n kanaal is waardeur Sy heerlike seëninge mag vloei.
In elke boek van die Bybel sal u hierdie kerngedagte kry, wat op verskillende manire uit gedruk word.
Vanaf Genises tot Openbaring is die uitroep, wees heilig,of Ek wil in julle midde kom woon of word vervul met die Heilige Gee uitgebeeld.
Genises sê die Here aan Abraham: “Walk ye perfect before Me”
Eksodus sê die Here aan Moses “Ek wil in julle midde kom woon”
So kan u elke boek in die O.T. deurgaan en vind dat dit die hooftema van die boek is waarom die Here hulle wou kom besoek, bekeer jou dan sal Ek jou seën.
In die N.T. kry ons hierdie selfde gedagte wanneer die Here Jesus in Matt.5:48 aanhaal: “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is”
Mark.7:21-22 “Want van binne, uit die hart van die mense, kom slegte gedagtes, egbreuk, hoerey, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.”
Luk.4 Sien ons hoe die Here Jesus vervul word met die Heilige Gees as ‘n voorbereiding vir SY bediening maar as ‘n voorbeeld vir u en my hoe ons op die Here moet wag, dat Hy ons kan bekragtig.
Joh.7:38 + Joh.10:10 Kondig die Here Jesus dit aan die kerk aan: ‘Hy wat in My glo, soos die Skrif leer: Strome van lewende waters sal uit sy binneste vloei.” “Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê”
Hand.1:8 “Julle sal krag ontvang, wanneer die Heilige Gees oor julle sal kom, en julle sal My getuienis wees.”
In Romeine bring Paulus die noodsaaklikheid om die ou mens met Christus te kruisig, en die liggaam van die dood moet tot niet gemaak word. Asook in Rom.12:1 noem Paulus aan ons dat ons ons liggaam stel as ‘n lewende aan God welgevallige offer.
In Kor. noem Paulus dat daar ‘n rykdom van beloftes is om die besoedeling van die vlees en die gees af te lê, en die heiligmaking in die vrese van die Here te volbring.
In Gal.2:20 Roep Paulus dit uit: “Ek is met Christus gekruisig en ek leef nie meer nie maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Godwat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.”
In Efe. kom die uitdaging na u en my dat ons nie meer dronk moet word van wyn nie, want daarin is losbandigheid, maar word met die Gees van God vervul.
In Fil. Sê Paulus vir ons dat die effek van hierdie diepe werk wat die Hre in die hart van die mens kom dien so diep is dat ek alles skade ag om Christus as wins te verkry.
In Kol.2:11 Beskryf Paulus hierdie aaklige natuur wat in ons woon so vreeslik dat hy sê dat hierdie vleeslike natuur besny moet word. En dat die skuldbrief wat teen ons ingebring is mee gehandel moet word.
In Thess. verklaar Paulus dat die Here ons liggaam siel en gees mag reinig en dat Hy ons onberispelik moet bewaar tot op die dag van SY wederkoms.
DEFENSIE VAN HEILIGMAKING:
Reeds uit Levitikus 18-19 sien ons wat die Goddelike heiligheid be-teken en wat die Here in gedagte het vir die mens. Alleen as ons dit verstaan sal ons verstaan woorom die mens heilig moet wees.
As ons die karakter van die Here sien, in Sy ewige krag, en Goddeli-ke natuur, en die hemele daarbo, kan ons sien dat die krag van die Here ver bo menslike begrip is. Dat sal die mens met respek en vrees beheen.
Om die persoonlike karakter van die Here te begryp en Sy gedagtes aangaande ons, sal ons in Sy Woord die dade van Sy reinheid sien. Die klimaks van Sy eie openbaring is om te sien in Sy Seun wat die ewebeeld van Sy heerlikheid is. Hebr.1:3; Kol.1:15-19.
Akkurate kennis van die Here sal nie ‘n persoonlike kennis van Hom laat opdoen nie, tog is dit noodsaaklik vir my begrip van geestelike dinge. Ons begrip van die Here sal ons begrip van ons verhouding met Hom vorm.
As ons beeld van die Here ‘n wrede despoot is, of ‘n polisieman sal ons dienooreenkomstig ons verhouding met Hom inrig. As ons die Here sien vir wie Hy werklik is, soos in die Skrifte geopenbaar sal dit beide eerbied en liefde in ons harte vir Hom wakkermaak. Ons moet eers leer om Hom te respekteer, voordat ons Hom in Sy intiem-heid sal leer ken.
HINDERNISSE TOT DIE VOLHEIDSLEWE
1) ONS NATUURLIKE STAAT
A) SLAWE VAN EGIPTE
B) FARO AS HEERSER (DIE DUIWEL)
C) DOOD DIE ENIGSTE ERFENIS
2) ONTEVREDENHEID IN DIE WOESTYN
A) MARA; BITTER
SOMS BESKIK DIE HERE OMSTANDIGHEDE IN MENS SE LEWE OM JOU HART AAN JOU TE TOON I) misverstand 2) suspiesie
B) ELIM; 12 FONTEINE 70 PALMS, BEMOEDEGING
C) RAFIDIM; RUS
D) SINAI; OM TE SKYN ; DIE WET, RIGLYNE IN MENS SE GEESTELIKE LEWE ; 3000 STERF
E) TABERA ; BRAND ; VOLK MURMEREER GOD SE OORDEEL DEUR VUUR WAT HULLE VERTEER
F) KADESH-BARNEA; HEILIGE PLEK
3) REDES WAAROM HULLE NIE INGEGAAN HET NIE
A) ONWILLIGHEID; DIE REUSE-
I) DIE STANDAARD IS TE HOOG- DIE HERE KAN TOG NIE VERWAG DAT EK SO MOET LEWE NIE
2) DIE WERELD- EK IS TOG DEEL VAN DIE WERELD—ALMAL DOEN DIT, ALMAL KAN TOG NIE VERKEERD WEES NIE, “WEES HEILIG WANT EK IS HEILIG”
B) ONKUNDE; WAT BEHELS HIERDIE VOLHEIDS-LEWE- IS DAAR SNAAKSE MANEFESTASIES WAT EK SAL MOET ONDERVIND? DIS N LEWE VAN OORWINNING OOR SONDE
C) ONGELOOF; EK KAN NET NIE AANVAAR DAT DIE HERE DIT VIR MY KAN DOEN NIE
D) ONSEKERHEID;
E) ONTMASKERING; MENSE MOET MY NET NIE SIEN SOOS EK REGTIG IS NIE; EK IS BANG OM EERLIK TE RAAK MET MYSELF
F) ONVERSKILLIGHEID; EK HET NIKS MEER NODIG NIE
G) ONBELANGRIK;
H) ONBEREIKBAAR; DIS NET VIR DIE GEESTE-LIKE WERKERS
I) ONBEVOEG; EK IS NIE WAARDIG NIE