DIE VOLHEID VAN DIE HEILIGE GEES: EFE.3:14-20.
INLEIDING:
Die Bybel is die geskiedenis van Verlossing. Verlossing beteken aan die een kant om iets af te lê wat my vas gehou het en dan aan die ander kant om iets op te neem wat ek nie gehad het nie.
Verlossing kom in verskillende aspekte voor. Daar is die verlossing by wedergeboorte wat my van die dade wat ek gedoen het vry gemaak het en nou nuut in die Here Jesus gemaak is, en dan is daar die verlossing van die bron van sonde waarvan Efe.3:14-19 van praat.
Verlossing beteken dat ek ook vol gemaak moet word. Hierdie vol-maak is nie iets wat emosionele/ of ekstatiese volheid nie, ook nie ‘n charismatiese volheid nie, dit is ‘n etiese volheid wat die Here ons bied. Dit het te doen met die hart wat gereinig word Hand.15:8-9.
Wanneer die Bybel oor heiligheid praat verwys hy na volheid. Hy bid in vs.18-19 dat die christene die volheid van die Here te wete kan kom. Dan gaan hy in hfst.4:12-13 aan om te sê dat ons tot die volheid vervul moet word tot die mate van ‘n volwasse man.
Hfst.5:18 Gaan hy aan om van die aanhoudende volheid te praat wat sal uitwerk in die huis, en werk en enige plek waar ek my sal begewe
In Paulus se gebed aan Efe. Is daar 4 versoeke wat vervul moet word
Dat hulle heilig en onberispelik moet wees. Efe.4:24 in ware geregtigheid en heiligheid.
1) Die eerste is in vs.16: “Om met krag vertserk te word deur Sy Gees in die innerlike mens…”
Hierdie krag versterk te word verwys na die reiniging en instaatstelling wat daar in die hart bewerk word om rein te heilig te leef. Dit word in die innerlike van die mens gedoen.
2) Die doel daarvan is: Vs.17 “Sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon…” Die woord vir woon is die woord: Katiokain Om Permanent blywend in die harte te woon en nie afwisselend nie. Hy is nie nou meer ‘n gas nie maar die Meester.
3) Die Christen wat so deur die Here beset is sal gewortel en gegrond wees in liefdeen ervaar krag saam met die gelowiges om die liefde te ervaar van die Here. En kennis aangaande die Here te hê.
4) Dan dat ons vs.19 “Sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God…”
Dit dui daarop dat ons lewens in elke opsig mag uitbrei en volledig mag wees, wat aan die Here behoort en deur die Here Jesus ingegee is.
Waarna Efe.4:17-24 verwys is in die proses van in die volheid van die Here te leef is daar voortdurend nuwe lig wat die Here bied waarin ons meer en meer dinge aflê nadat die here die werk van reiniging gedoen het. Dit vwerwys nie na die punt handeling nie, maar na die proses waarin ek groei en meer lig ontvang.
DIE PSALMS PRAAT VAN RIVIERE:
Ps.65:10 Sê: “Dat die stroom van God is vol water.” Hier word die Christen as ‘n stroom verduidelik, as ‘n kanaal wat tot seën vir ander moet wees. Dit is die wil van die Here dat hierdie stroom vol water moet wees, wat lewe en seën na ander sal dra. Hoe aantreklik is die riviere nie wat deur die woestyn vloei nie. Dink net aan die Nyl. Hoeveel tragedie en sakde sal daar nie wees as die Nyl sal opdroog nie. Soveel Christene het droog geword langs die pad, hulle seëninge het opgeraak.
Die Here Jesus sê vir die vrou by die put van Samaria dat daar in haar ‘n fontein sal opwelm, van lewende waters. Joh.4:14 maar dan gebruik Hy die woord tot in die ewige lewe. Jakobus waarsku dat ons nie moet troebel waters voortbring nie, maar eerder ‘n glas wees wat gevul is met skoon waters as ‘n emmer met vuilheid daarin.
Ons lees van die putte van Abraham wat gegrawe het Gen.26:15. Na sy dood het die vyande gekom en die putte weer toegestop. Hierdie was eens fonteiene wat helder waters voortgebring het maar nou opgehou vloei het. Later het Isak gekom en hierdie putte weer oop-gemaak en was die grond weer vrugbaar. Isak is ‘n tipe van die Here Jesus wat al hierdie vuilhede verwyder..
Die Here Jesus sê in Joh.7:37-39 “As iemand dors het laat hom na My toe kom en drink..” Dan volg die woorde en “strome van lewende waters sal uit hulle binneste vloei” Riviere vam liefde en vreugde, van reinheid en skoonheid.
DIE PSALMS PRAAT OOK VAN BOME:
Ps.104:16 Sê “dat die bome van die Here word versadig.” Ps.1:3 Verwys na die persoon wat met die Here wandel dat hy sal wees soos ‘n boom wat langs die rivier geplant is en wat sy vrugte gee op sy tyd.
Daar is wintertye wanneer die sap afgaan tot by die wortels van die boom, wat meebring dat daar nie bloeisels, vrug nie blare nie. Dit het droog en leeg geword. Baie christene het maar winter ervaringe omdat hulle net ‘n bietjie van die Heilige Gees het. Hulle is beslis nie vervul met die Heilige Gees nie.
Lente bars uit in skoonheid waneer die bloeisels onvermeidelik begin te bot. Dan verskyn die groen blaartjies en dan die vrug. Dit bring ook ‘n lied na die boom want dit is nie lank nie of die voëltjies kom maak hulle neste in die boom.
Van Josef met die seinge wat hy van Jakob ontvang het was daar gesê dat hy ‘n vrugteboom is by ‘n fontein, sy takke klim oor die muur. Gen.40:22
Wanneer die here Jesus van die wingerdstok praat sê Hy: vs.2 “Elke loot wat in My nie vrug dra nie neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoom sodat dit meer vrug kan dra…”
Vs.5 +8 Verwys hy na veel vrug.
Vs.16 Praat Hy van blywende vrug.
Ons moet in die loot gekoppel bly om aanhoudend sap vort te bring.
In Efe.3:20 sê die Here dat Hy aan ons sal gee ver bo wat ons bid of dink.
Efe.5:18 daag u en my uit om nie net gevul te word nie maar aanhoudend te bly vervul te word.
“n Vlienier sal graag ‘n vol tenk brandstof oor die oseaan wil vlieg. Die skip sal graag ‘n vol vrag mee wil vaar, en die trein ook vol pasasiers. Hoeveel te meer wil die Here nie aan ons Sy volheid kom bied nie.
Die volheid van die Heilige Gees het vele praktiese uitwerkinge, soos in Handelinge gesien kan word. Dit druk hulself in kragtige getuienisse uit, in vreugdevolle diens, in effektiewe gebed, en in ‘n diepe liefde vir die Here en mense.
Om met die volheid van die Heilige Gees vervul te wees dui op iets spesifieks aan. Dit mag gepaart gaan met ‘n geweldige emosie, of nie, maar die belangrike is die getuienis wat die Here kom bied van Sy volheid wat Hy skenk.
Om met die Gees van God vervul of gedoop te word beteken nie dat ek dit by wedergeboorte gaan ontvang nie, beide die Bybel en feite bewys dit dat ek nie alles by wedergeboorte ontvang nie.
Daar is aspekte wat die Bybel leer waarin ek volkome kan leef nl.
1) Matt.5:48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. Hierdie is beide ‘n opdrag en ‘n belofte. Dit dui op ‘n gesindheid en ‘n lewe wat toeglaat het dat die vrug van sonde uitgeban is en die vreugde van die Heilige Gees ons deel mag wees.
2) Joh.15:11+16:24 Vol vreugde
3) Vol van goeie werke Hand.9:36 Oorvloedig in geoeie werke.
4) Volle vreugde: Ps.16:11 Versadiging in vreugde.
5) Ons het die Volheid in Hom. Kol.2:9-11.
6) Ten volle toegerus Paul;us wat vir Timotues bid.
7) Volle vrede wat alle verstand te bowe gaan Fil.2:7-9
8) Vol van die Heilige Gees Stefanus.
9) Vol van wysheid Stefuns.