DIE VERWANTSKAP TUSSEN GENISIS EN OPENBARING
Dit was na die koue van omstandighede dat die dissipels gedurende hulle lente tyd vol verwagting was dat die Heiliand hier vanaand in hulle midde iets gaan verklaar waarin Hy Homself as die Verlosser of Koning van Israel gaan bekend maak, net aan Sy binnekring.
Terwyl hulle vooruit gestuur was en verblind was om in te sien wat Hy aan hulle bekend wou maak is die Here jesus besig om die geskiedenis van die O.T. wat by Genesis begin waarin ons deur ‘n spreekwoordelike kelder vernster inkyk in die wonderlike skatte of te wel die saad geplant is waarin hierdie verstommende boom ontwik-kel het van gebeurtenisse in die Bybel.
Vir die dissipels het dit gegaan oor hulle eie sekuriteit, vir die Here Jesus het dit gegaan oor die tuiste wat Hy wou bied vir die Bloed gekoopte bruid.
Dit hierom dat Hy aan hulle sê dat hulle nie onsteld moet word nie, want in die huis van SY Vader is daar baie woninge. Die oomblik breek aan waarin Hy die skokkende nuus bekend maak dat Hy hulle gaan verlaat. Dat Hy na Sy Vader moet gaan en dat dit vir hulle meer voordelig sal wees.
Waarom: Omdat Genesis sien p.2
DIT IS DIE WOORD VAN DIE HERE:
IN GENESIS
EX.20:1 “EN DIE HERE HET AL
HIERDIE WOORDE GESPREEK”
Beide in die Hebreeus en die Grieks beteken die woord “Begin of Oorsprong”.
Dit gee aan u en my die doel van die boek in sy beperkinge, nl. dat dit na die dinge van die begin verwys.
Genesis vertel vir ons van die begin van alle dinge behalwe van die Here self. Dit verwys na die begin van die Skepping, van lewe, van die mens, van die Sabbat, van verbonde, van benaminge, van troue, van sonde, van verlossing, van dood, van familie lewe, van offers, van nasies, van regeringe, van musiek, van literatuur, van kuns, van landbou, van handearbeid, van stede, van tale, letterlik van alles wat ons weet was dit die begin, behalwe van God.
Dit was alles net die begin, en word geen finaliteit in die boek bereik nie. Dit is ‘n soort van ‘n dagbreek boek en wonderlike sons opkoms, ‘n uur van openbaring en visie.
Dit is die saadmantjie waarin die oes van die res of verdere openba-ringe plaasvind. Dit is die fondasie waarvan die rivier van God vloei, wat vol water is. Dit is die magtige wortel waaruit die res van lewe voortspruit. Wie se blare vir die heling van nasies dien. Dit is soos ‘n kelder venster waarin daar na oneidige dieptes ingesien kan word. Dit is die fondasie waarvan die hele superstruktuur van Goddelike openbaring rus.
Alles wat gesê word, toe Moses by die doringbos op die berg Horeb met die Here ontmoet het was toe reeds verlede, en alles wat daarna aan ons opgeteken was, was geskrywe om op te beweeg na die won-derlike openbaringe wat nou in Genesis vir ons gegee is.
Genesis moet histories, profeties despesasioneel, in tipologië en geestelik bestudeer word.
Die uistaande karakters is Abel, Noag, Abraham, Jakob, Josef.
Die uitstaande gebeurtenisse is: Die skepping, die sondeval, die vloed, die roeping van Abraham, die uittog uit Egipte. Die uitstaande profesie is Gen.3:15.
ABRAHAM: DIE GETROUE:
Interresant dat die eerste elf hoofstukke ‘n tydperk van meer as 2500 jaar omsluit terwyl die res van die boek Genesis vier persone wat ‘n tydperk van om en by 250 jaar beslaan.
Die eerste gebeure vind plaas in Ur van die Chrladeërs, wat aan oewers van die Efraat rivier was, in Suid Mesopotamië, naby die Persiese Golf. Dit was ‘n groot stad van heidense aanbidding en natuur aanbidding. Hulle het baie gode aanbid, o.a. die son, maan en ander hemelse wesens.
Uit die nageslag van Sem het Tera die skaapherder in die agtste geslag na Noag drie seuns gehad. Abraham, Nehor, en Haran. Haran is vroeg oorlede, maar Abraham was die jongste.
Abraham het handeldrywing toegepas. Hy het sy neef Lot, wat die enigste seun van die nageslag van Haran was saamgeneem, en het sy halfsuster Sara getrou (20:12). Dit was sy eie pa maar nie sy ma nie. Hy het ‘n groot aantal diensknegte gehad. Abraham was die Here se keuse om die pelgrim vader te word van die Hebreeuse mense, waar-in al die volke van die aarde geseën sal word.
Daar vind die Goddelike beginsel plaas waar die jongste telkemale oor die oudste heers.
Gen.25:23 Die rede daarvoor is die wonderlike beginsel dat die Here Jesus as die latere in die wêreld gekom het om die duiwel wat op die aarde geheers het te oorwin.
Om ‘n oorsig oor die Bybel te hê is seker een van die mees uitdagen-ste take om te doen aangesien die Bybel die Woord van die Here is. Hierdie boek hou meer as blote geskiedkundige feite in, dit is omdat die Bybel die ewige rekord van die Here se Verlossings doel vir die menslike geslag inhou. Dit is die self openbaring van die Here in die soekende mens ooral. Dit is die Woord van God.
ISAK: DIE NEDERIGE:
Die verhaal van Isak is die agtste in die ry van 10 geslagte, vanaf Adam. Die verhaal van Isak is ineengevleg met die van Abraham wat vir 60 jaar deel van sy lewe was en ‘n verdere 120 jaar met sy seun Jakob. Ons admireer hierdie vredeliewende vertrouende seun wat homself beskikbaar gestel het dat sy pa hom kon offer.
Ons respekteer ook sy ma se invloed terwyl sy nog geleef het, wat so ‘n band met sy vrou Rebekka gehad het. Ons sien dat hy in die voet-spore van sy vader Abrham gewandel het deur die Here te vrees, en is die Abrahamiese verbond dikwels met hom bevestig.
19 Jaar na sy troue met Rebekka het Isak gebid vir ‘n seun, waarin die Here gebed beantwoord het deur aan hom ‘n tweeling te gee, nl. Esau en Jakob.
JAKOB: DIE GETRANSFORMEERDE:
Jakob se vroeëre lewe was nou geskakel met die van sy pa, Isak, en sy moeder Rebekka. Deur geboorte het Jakob nie geboortereg, seën of erfnalatingskap gehad nie. Sy motief was goed maar sy metodes was verkeerd. Dit was deel van God se goedheid en oorheersende doel dat Jakob die seën ontvang het.
JOSEF: DIE OPREGTE:
Met ‘n kortlikse verwysing na die geslagsregister van Jakob, is die tiende en die laaste geslag van Genesis die van Josef, die mees uit-staande van die seuns van Jakob.
Josef was in Haran gebore, die eerste seun van die geliefde Ragel. Hy het die geloof en geduld van Abraham gehad, die teerheid van Isak en die oorleg van Jakob. Hy was omskrywe as ‘n persoon met ‘n geduldige en liefdevolle temprament. Hy was by uitstek die tipe van die Here Jesus in sy lewens wandel.
1) WAAROM MOET ONS DIE WOORD BESTUDEER:
Daar is verskillende benaderinge van die mens rondom die Woord van die Here. Die een sal sê: Ek wonder of ek ooit die betekenis van hierdie wonderboek sal kan verstaan. Hy mag gehoor het van pro-bleme met die verklaringe van skrif gedeeltes in die Bybel. Iemand anders sou die Bybel deurgelees het, net om ontmoedig te wees, deur al die detail omskrywinge van offers in Levitikus, of die eindelose geslags registers van Kronieke, en mag die persoon dink dat dit net vervelig is om te lees, en dat die Boek net vir ‘n sekere klas bedoel is
Dan kan daar die groep wees wat sê dat ek al soveel jare met die Bybel saamkom in die kerk en daaglikse lees daarvan dat hulle nie ‘n behoefte het om meer te weet aangaande die Bybel nie. Daar is die wat altyd ‘n sekere respek vir die Bybel het en nooit moeite doen om verder en dieper in die Woord van die Here te delf nie. Dit bly vir baie ‘n verassing om te hoor dat die Bybel ‘n Boek is om te verstaan, en wat absoluut geinspireerd is
Die meeste mense sal waarskynlik die Bybel met opgewondenheid bestudeer. Die bietjie wat hulle geleer het sal hulle harte vervul met groter opgewondenheid. Hulle het die wonderlike skatte van begrip en toewyding wat dit die Grootste Boek in die wêreld maak.
1) Die Bybel is wonderlike leteratuur:
Dit is waar dat die Bybel om verskeie redes bestudeer word. Dit mag vir sy liturere waardes bestudeer word. Dit kan gesien word deur die verstommende hoeveelheid Bybels wat geserkuleer word. Dit bly die beste verkoper vir eeue. W.A. Smart het gesê: dat die Bybel het elke boek se verkope oortref en die meeste sirkulasie sedert die drukkuns begin het behou.
GENESIS EN DIE HELE BYBEL:
Dit was duidelik dat die eerste mense tot voor die vloed deur open-baringe met die Here gewandel het. In Genesis het ons die opsom-ming van al die vroëre tipes openbaringe, wat voldoende was om vir ons verder in die Bybel in te lei, op die wyse waarop die Here met die mens gehandel het.
Hoewel Genesis inleidend is, is dit ook verduidelikend. Dit is die oorspronklike en aanvanklike verduidelikinge van alles wat hierna gaan volg.
Die hoof temas van die Bybel kan as riviere omskrywe word, wat net breër en groter word, soos hulle verder gaan. Al hierdie riviere het hulle oorsprong in Genesis. Dit kan ook as ‘n boom gesien word wat sy eindelose vertakkings het waaraan uiteindelik die vrug hang. M.a.w. die verwagting van alles in die Bybel begin by Genises.
GENESIS EN DIE EERSTE VYF BOEKE:
Die Bybel begin by Genesis en die eerste vyf boeke of Pentateug. Nie net gee hierdie eerste vyf boeke vir ons die geskiedenis van die eerste 2500 jare van die mens se bestaan nie, maar gee ook aan ons die toenemende geestelike eenheid, uiteensetting in hulle hoof ge-beure wat beskywe kan word as die volgorde van ondervindinge van die mense van die Here oor al die eeue.
In Genesis sien ons die vernietinging van die mens deur sonde. In Eksodus het ons die verlossing deur die bloed van die Lam, en die Gees se krag. In Levitikus het ons gemeenskap op grond van die ver-soening. In Numerie het ons die leiding deur hulle pelgrims tog, deur die oorheersing van die wil van die Here. In Deuternomium het ons die dubble waarheid van vernuwe en herstel van instruksies, en die pelgrim se mense wat na ‘n bestemming gelei word. Is dit nie die ondervindinge van mense wat met die Here wandel deur al die eeue nie.
Die eerste vyf boeke van die O.T gee aan ons die vyfvoudige open-baring van van die Here in Sy verhouding met SY volk.
In Genesis sien ons hoe wonderlik bo-natuurlik die Here gelei het, vanaf die skepping tot Sy roeping van mense soos Abraham, Isak, Jakob en hulle naageslagte. Die belofte wat die Here deur ‘n verbond aan hulle die land Kanaan beloof het.
In Eksodus sien ons die verlossende krag in Sy verlossing van Israel uit Egipte wat deur ‘n magtige hand en Sy uitgestrekte arm gebeur het.
In Levitikus sien ons die heiligheid van die Here in Sy opdrag dat Sy volk hulle moet heilig en reinig.
In Numerie sien ons die goedheid en voorsienigheid van die Here. Sy goedheid teenoor die heidense nasies wat ook opkom uit Egipte en hulle kinders wat nooit die verbonds belofte nagekom het nie. Die Here het Sy goedheid en beskerming en verdraagsaamheid tot Kanaan ingeneem is geopenbaar.
In Deuterneumium sien ons die getrouheid van die Here, getrou teen-oor Sy doel, Sy beloftes, Sy mense om die verlosde na die beloofde posisie of plek te bring.
GENESIS TEENOOR OPENBARING:
Dit is so belangrik om die verhouding tussen Genesis en Openbaring te sien. Dit is ‘n bewys van en ‘n produk van die feit dat die Bybel ‘n volledige Openbaring is. Daar is geen bygevoegde begrip nodig nie van enige van die boeke in die Bybel nie.
Daar is nie geskiedenis wat voor en dinge wat na Genesis en Open-baring sal plaasvind nie, en daar is ook geen behoefte om dit te doen nie.
In die breëre beantwoord Genesis die vraag hoe alles onstaan het, en Openbaring antwoord die vraag hoe alles sal afsluit. Alles tussenin is die ontwikkeling van die een tot die ander.
Dit is belangrik om die ooreenkomste tussen Genesis en Open-baring op te merk. In beide het ons ‘n nuwe begin, en ‘n nuwe orde. In beide boeke kry ons die Boom van die lewe die rivier, die bruid, die wandel van die Here met die mens. In beide die tuine wat ge-noem word: Eden en die Paradys het ons dieselfde morele en gees-telike ideale. Die Here het nooit die Eden gedagte van die mens verban nie. Hoewel die tuin aan die einde plek gemaak het vir die stad bly die Eden ideaal van heiligheid die absolute.
KONTRASTE:
Kom ons kyk na die kontraste tussen die twee boeke. In Genesis sien ons die tuin gesluit (3:23) in Openbaring sien ons die Nuwe Paradys geopen. (21:25)
In Genesis sien ons die misplaasting van die mens weens sonde (3:24) in Openbaring sien ons die herstel van die mens deur genade (21:24)
In Genesis sien ons die vloek toegepas (3:17) In Openbaring sien ons die vloek verwyder (22:3)
In Genesis sien ons die toegang tot die boom van die lewe versteur in Adam (3:24) In Openbaring sien ons die toegang tot die boom van die lewe heringestel in Christus (22:14)
In Genesis sien ons die begin van smarte en dood (3:16-19) In Open-baring sien ons “dat daar nie meer smarte en dood sal wees nie” (21:4)
In Genesis sien ons ‘n tuin wat deur vernietiging plaasgevind het (3: 6-7) In Openbaring sien ons ‘n stad waarvan geskrywe is “dat niks wat onrein is daardeur sal ingaan nie” (21:27).
In Genesis sien ons die mens se heerskappy gebroke in die sondeval van die eerste mens, Adam (3:19) In Openbaring sien ons die mens se heerskappy herstel in die heerskappy van die Nuwe Man Christus (22:5).
In Genesis sien ons die bose oorwinning in die slang (3:13) in Open-baring sien ons die uiterste oorwinning van die Lam (20:10+ 22:3).
In Genesis sien ons die wandel van die Here met die mens versteur, (3:8-10) in Openbaring sien ons die wandel van die mens on-onder broke en ‘n stem wat uit die hemel sê: “ Die Tabernakel van die Here met die mens , en Hy sal met ons wandel” (21:3).
LET OP NA DIE VOLTOOIDHEID VAN DIE
TWEE BOEKE IN EEN TOT DIE ANDER:
Die tuin in Genesis gee plek vir ‘n stad. Die een mens het ‘n volk of nasie geword. In Genesis sien ons menslike sonde in die begin staat en in Openbaring sien ons dit vol en afgehandel in die Hoer en die valse profeet en die Bees en die Draak.
In Genesis sien ons dat sonde tot fisiese dood lei hier op aarde, in Openbaring sien ons die afhandeling van die dood en sonde.
In Genesis sien ons die straf op die duiwel oorgedra, en in Open-baring sien ons die straf is uitgedien.
In Genesis sien ons die eerste belofte van ‘n komende Verlosser en redding. In Openbaring sien ons die belofte in sy finale heerlike vervulling.
Genesis skep verwagting en Openbaring die realiteit daarvan.
Genesis is die hoeksteen van die Bybel terwyl Openbaring die bedekte (Vervulde) steen is.