DIE VERLORE SKAAP: LUK.15:1-7 +JES.53:6
INLEIDING:
Die murmirering van die self regverdigende Fariseërs, die voor-oordeel van die wat sien dat Hy met die tollenaars en die sondaars meng noop die Here Jesus om iets in die midde van hierdie gehoor te laat, om hulle velies aan betrokkenheid in die koninkryk van die hemele uit te lig. Deur die die opeenvolgende gelykeniise bring Hy genesing aan soveel stukkend geslane lewens en bied Hy hoop in hulle harte. Die gelykenis van die Verlore skaap, vand ie verlore penning en dan van die verlore seun.
Hulle reaksie was “hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle”.
Daar was vanaf vs.1-3 sekere gebeure wat gelei het dat die Here Jesus hierdie verhaal vertel het. In dit wat Hy vertel is Hy besig om hulle ‘n wonderlike les te leer.
1) DIE TOLLENAARS EN DIE SONDAARS: Vs.1-3
Hy wys op die pynlike ontdekking: Die Here Jesus het die sondaar solief dat hy die wêreld of die individu op die soketog sal wees om metodes te vind om die soekende siel te vind. Die verlorene bring die begeerte by die Heiland om die sulkes na Hom te bring.
A) Die tollenaars en die sondaars het nader gekom. Vs.1
Jes.46:12 “Luister na My, julle wat hart is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid. Ek bring My geregtigheid naby, dit is nie ver nie, en My heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel My heerlikheid.”
Matt.11:28 “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee.”
B) Hulle het na Hom geluister Rom.10:17
“Die geloof is uit die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God.”
2) DIE FARISEëRS EN DIE TOLLENAARS: VS.1
A) Hulle was self regverdigend: Luk.18:11 “En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie- rowers onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie Tollenaars nie”
B) Trots: Matt.23:6-7 “En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die vorste banke by die sinagoges en die begroetingeop die markte en om deur die mense genoem te word:Rabbi; Rabbi.”
C) Geveinsdheid: Matt.23:13 “Fariseërs en geveinsdes want jull sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense, want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.”
D) Murmirering: Vs.2 Watter klas verteenwoordig jy.
11) DIE VERDWAALDE SKAPE:
Hy wil ‘n veranderde doel in die hart van die mens bewerk:
Hy het die nege en negentig verlaat en die een gaan soek. Vs.4 Om buit berekening te wees beteken om buite te wees. Die nege en negentig mag die Joodese volk wees, en een wat nog in die wildernis is wat sonder die Herder is. Hy het die skaap nie vir sy waarde gesoek nie maar vir sy liefde. Gevalle engele mag miskien meer waarde as duie mens hê, maar Hy het na Sy eie mense gekom.
Dit is ‘n grafiese beskrywing van ons almal:
A) Gedwaal: Die mees natuurlike ding vir ‘n skaap is om te dwaal: Jes.53:6 Ps.58:4 Dwaal van geboorte af. Ps.119:176 “Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap…”
B) Was verlore: Vs.6 “Luk.19:10 “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”
C) In gevaar van die leeu, – 1) die duiwel.1 Pet.5:8 “Wees waaksaam en bid want die duiwel julle teenstander loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek die wie hy kan verlsind.”
2) Die wolwe, valse leeraers: Hand.20:29 “want ek weet dit na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde ni sal spaar nie;”
3) Die strom: Die oordeel van die Here 11 Thess.1:8-9 “in vuur en vlam wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie ongehoorsaam is nie.”
4) Hopeloos om onsself te red: Rom.5:6 “Want toe ons nog swak was het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.”
5) Verlore: 1 Kor.1:18 “Want die Woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”
Is die prediking van die kruis vir jou dwaasheid, dan sluit jy in by die wat 1 Kor.1 na verwys.
DIE SOEKENDE HEILAND:Vs.4
1) Hy het Sy skape lief:
Dit was liefde wat Hom die hemel laat verlaat het Joh.3:16 ens.
2) Hy het die skape kom soek: Vs.1
a) Sy doel om die hemel te verlaat was om doe verlore skape te soek.
b) Die prys daaraan verbonde was verskriklik Golgota se diepste smart waaraan die duiwel oorwin moes word. Daar was die nege en negentig, Jes.53:5 Joh.10:11 “Ek is die goeie Herder. Die goeie Herder lê sy lewe af vir die skape.”
c) Die voltooide werk: Hy is die Groot herder van die skape wat by Sy wederkoms ons kom haal.
3) Hy het die skape gevind: Hy het gesoek todat Hy hulle gevind het. Soos die sterwende dief aan die kruis. Luk23. Saulus is in hand.9 gevind. Is jy al gevind.
4) Hy sorg vir die skape:
a) Dra ons op Sy skouers: Vs.5 Dit is di plek van sterkte en sekuriteit. Joh.10:27-30 Hy laat nie ‘n skaap verlore gaan nie. Joh.17:12
DIE BLYDSKAP: Vs.6-7.
Vs.5 Toe hy die verlore gevind het, het Hy hom opgetel. Kyk net na die teerheid van hierdie Herder, wat alles doen om ons te vind. Daar was geen blaam of verwyt gewees nie, wat ‘n wonder dat hierdie verdwaald skaap wat soveel ontberinge deurgegaan het die sekere hand van die Herde voel wat hom uitlig uit hierdie omstan-dighede.
Op hierdie oomblik was die Herder alles vir die skaap en die skaap alles waaroor dit vir die Herder gaan. Elkeen verbly hom in mekaar se teenwoordigheid. Wat ‘n prntjie wat redding beteken. Todat die verlore die Herder vind, leef hulle vir hulleself, blind, selgesentreerd, en hopeloos.
Die hele hemelruim is geintriseerd in die redding van siele. Let op wie almal bly is wanneer ‘n siel gered wor:
1) Die vreugde van die Vader Sef.3:17 “Hy verjeufg Hom oor jou met blydskap, Hy swyg in Sy liefde, Hy juig oor jou met gejubel.”
2) Die Seun se vreugde: Luk.15:6 Hebr.12:1-2.
3) Die Heilige Gees se vreugde: Rom.14;17 “Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.”
4) Die sondaar se vreugde: Rom.15:13 “En mag die God van die hoop julle vervul met die blydskap en die vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees.”
5) Die vreugde van die Christen: Elke Christen juig wanneer hy hoor vaneen sondaar watgered word. Hand.11;33
6) Die engele juig or een siel wat gered word.
Die doellose dwaler word deur die Herder opgetel en aan Sy boesem gedruk, Die Here sal niemand dryf of druk om gered te moet word nie, maar Hy onderneem en dra ons deur tot die plek van besoeking.
Die Vreugdevolle huis:
Toe Hy by die huis gekom het, het Hy Sy vriende genooi, om saam met Hom bly te wees. Vs.6. So seker as wat die Herder huistoe gaan so seker neem Hy die wat Hy bymekaar gemaak het saam met Hom. Joh.14:3.
Die vriende en die bure verteenwoordig die mede gereddes.