DIE VERHOOR VAN JESUS BOODSKAP 1 VOOR DIE JODE: MATT.26:57-68
INLEIDING:
Donderdagnag 6 April.
Vs.57 + 58 “En die wat Jesusgevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas die hoë-
prietser, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het. En Petrus
het Hom van vêr af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het
ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.”
U sal onthou dat ons stilgestaan het by die die Here Jesus wat in Getsemane deur sowat 4000-5000 tempelwagte gearristeer is en toe in die spelonk of kuil wat bottelvormig was gegooi was, wat bedoel was vir iemand wat die doodstraf verdien het.
Die kuil was bottelvormig en het wyer na onder geloop wat dit onmoontlik gemaak het vir iemand om daaruit te klim. Dikwles was die vloer nat of modderig of klam, en was die persoon in uiterste ongerief gedompel.
Daar word ‘n harnas aan die persoon gebind en word dan in die kuil ingesak waar dit onder losgammk word, en verwys Ps.69 na die gebeurtenis in die Messiaanse profesie.
Op hierdie stadium het Judas na sy verraad besef dat hy gesondig het, en dat hy onskuldige bloed vergiet het. Daarmee wou Judas sy 30 silwerstukke terugbring en so rus vir sy gewete vind. (Judas het nog op hierdie stadium ‘n gewete gehad wat hom wou veroordeel het. Judas se plan van ‘n maklike pad na goedkoop gewetensrus blyk skielik ‘n skrikwekkende doodloopstraat te wees. Judas se gebaar van berou blyk heeltemal futiel te wees, en nie in staat om enige iets meer as wanhoop en vertwyfeling te baar nie!.
By die skrifgeleerdes en die Fariseërs – die mede samewerkers met hom, het Judas geen begrip of simpatie gevind nie – want hulle het immers die slagoffer wat hulle gesoek het, stewig in hulle hande vas.
“Wat gaan dit ons aan – jy kan toesien” So het hulle hom in sy angs en benoudheid gehelp. Hier is dit baie duidelik dat die eintlike moordenaars net so wreed en onmenslik is as die daad waarvoor hulle eintlik verantwoordelik was. Die mede samesweerders word genadeloos aan homself oorgelaat, as hy koue voete kry, en as hy in die kloue van sy eie gewete wat nie kan rus nie instorm.
Sy koue berekening is per slot van sake ook maar soos ‘n swaard wat hy uit sy skede trek sodat die een wat dit getrek het daardeur vergaan. Die een kwaaddoener vat nie die ander se hand om die dit einduit troostend vas te hou nie.
“Judas het 30 silwerstukke in die tempel neergegooi en hy het heengegaan en homself gaan ophang.”
Hoe ironies dat toe Judas verraad gepleeg het was die Sanhedrin bereid om die geld uit die skatkis uit te haal om die Here Jesus te veraai. Toe Judas dieselfde geld terugbring het die Sanhedrin besluit dat dit bleodgeld is en dat dit net vir ‘n begraafplaas vir vreemdelinge gebruik kan word. Kan u die valsheid in hulle oprtrede sien. So asof hulle hulleself in hierdie saak wil verotskuldig. Hulle sê hierdeur dat die Here Jesus vir hulle net so vreemd en dood is as wat hulle teologie is. Judas was in die skaal van die hemel geweeg en te lig bevind.
Jesus word gearristeer in die volgende volgorde.
Hy is gearristeer en na die Joodse Raad gebring en verskyn eerste aan Annas.
Joh.18:12-16
Jesus is vanaf die Olyfberg eerste na die Paleis van Annas gebring wat aan die voete van die berg Sion was
In Markus 14:51 lees ons van ‘n man met ‘n linnedoek wat moes vlug omdat hulle die klere van sy lyk afgeskeur het. Die rede hoekom dit genoem was, was omdat Markus die enigtse persoon was as seun van plus minus 17 jaar oud, wat in verwondering was oor die Here Jesus en al die gebeure dopgehou het, vanaf die bo-vertrek tot en met die kruisiging. Al die ander Evangelies het hulle verhale rondom die gebeure geskrywe na aanduiding van Markus se getuie, want almal het een of ander stadium gevlug.
Jesus was by die oospoort in en is uit die skaapspoort uitgelei vir kruisiging.
Jesus het voor ses verhore gestaan:
1) Die Sanhedrin 2) Annas 3) Kajafas
4) Pilatus 5) Herodus 6)Pilatus
WIE WAS DIE SANHEDRIN?
– Hulle het bekend gestaan as die groot raad of te wel “die stem van God”.
– Die Perse het die Jode toegelaat o oor hulle eie sake reg te spreek. Esra.7:25-26; 10:14
-Hulle het uit 71 lede bestaan (70) plus die hoë prietser wat die voorsitter was.
– Die lede was deels familie wat uit die hoëpriester gespruit het, en deels ouderlinge
(burgerlike owerheids persone) en deels skrifgeleerdes, daar was ook Fariseërs.
– Die meerderheid van die Sanhedrin was Sadduseërs.
– Die Sahedrin was die hoogste bestuur en regsliggaam en het mag oor lewe en dood.
Hand.7:54.
– Stephanus was op ‘n onwettige wyse doodgemaak.
– Hulle mag het tot by Damaskus getrek.
– Jesus en Paulus en Stephanus het voor die Sanhedrin verskyn.
– Handelinge 25:12 was ‘n Raad of Liggaam met wie die goewerneur Festus oorleg
gepleeg het.
– Hulle het vermoedelik uit hoë militêre en burgerlike persone bestaan.
Pertrus het ingegaan in die binneplaas van die hoëprietser se paleis, saam met die dissipel Johannes wat bekend was met die hoëprietser, wat met die deurwagter gepraat het en Petrus ingelaat het.
Johannes se pappie het ‘n visbedryf gehad wat die tegniek van gedroogde vis geken het en was dit ‘n uietrs populere produk onder die Sanhedrin. Hy het dikwels voor sy redding die produk gaan aflewer, daarom dat hulle met Johannes vertroud was. Petrus en Johannes was bloot net neskurig om te sien wat hier voor hulle gaan afspeel.
WIE WAS ANNAS?
– Dit was die Griekse verkorte naam van Hananja wat beteken “Die Here is genadig”
-Annas was die skoonvader van Kajafas die hoëpriester.
-Josephus, ‘n hoëpriester in die N.T. noem hom Ananos.
– Hy is ongeveer 6 n.C. deur Cirenius (die Romeinse goeweneur van Sirië aangetsel en
ontslaan ongveer 15 n.C. deur Valerius Gratus goewerneur van Judea.
Vs.19 Die hoëprietser vra Jesus uit aangaande Sy dissipels en Sy leer.
Annas probeer Jesus skuldig maak en Jesus antwoord hom.
Dit was die enigste persoon teenoor wie die Here Jesus gereageer het en antwoord Annas
“Ek het ronduit tot die wêreld gespreek, Ek het altyd in die Sinagoge geleer en in die Tempel waar die Jode van alle kante vergader het, en in die geheim het Ek niks gespreek nie, wat ondervra u My? Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek tot hulle gespreek het. Hulle weet tog wat Ek gesê het”
‘n Dienaar slaan Jesus toe in die gesig
-Omdat Jesus geweet het dat Annas alles beplan en bewerk het, en al die ander partye
betrokke bloot net pionne in die hand van Annas was.
-U sien Annas was die brein en die geldmagnaat agter hierdie hele veraard.
– Annas was woedend vir die Here Jesus omdat Jesus die tempel gereinig het en Annas ‘n
geweldige geldverlies tydens hierdie pasga ondergaan het.
-Hy was vanaf 6-15 n.C. hoëprietser in Jerusalem.
– Hy was baie invloedryk en het selfs Herodus beinvloed in besluitneminge.
– Hy was ‘n gemene en wrede hoëprieter.
– Die name van sy 5 seuns wat na hom almal ook hoëprietsers was was Elieser, Jonatan,
Mafia, Tofilus, Annas Jnr. wat Annas Snr. die geleentheid gebied het om deur al die
jare ‘n wurggreep op die hoëpriester amp te behou.
– Hy was van Alexandria (Egipte) en van die Saduseërs wat die konserwatiefste en
strenge wettiese onderhouers was.
– Annas was ‘n bedrieër en wette ingestel dat seuns van die ouderdom van 19 jaar oud
Temeplbelasting moes betaal van twee dae se selaris.
– Hy het geldwisselaars aangestel en die tempel en Pasga gebeure geneem om munt uit
almal te slaan.
– Hy het wet ingestel dat net Galiseëse geld by die tempelwyding gebruik mag word.
– Hy het inspekteurs aangestel wat diere wat buite aangekoop was af te keur en mense
moes diere binne in die tempel hof koop.
– Duiwe wat bv. buite teen 15 sent verkoop was, was binne teen R.1:05 verkoop en Annas
het die profeit geskep.
– Die rede waarom Jesus voor Annas gebring moes word, was bloot dat hy neskurig was
om te sien wie die persoon was wat hom al die verlies laat ondergaan het.
– Annas het al die getuienisse uitgekoop om teen Jesus te getuig.
Vanaf Annas was Jesus na die Palies van Kajafas.
WIE WAS KAJAFAS?.
– Kajafas was die skoonseun van Annas en sy bynaam was Josef.
– Hy was reeds 18 n.C. as hoëpriester deur die Romeinse goeweneur Valerius Gratus
aangestel wat die onmiddelike voorganger van Potus Pilatus was.
– Hy was Annas se skoonseun en was hoëpriester toe Johannes die doper opgetree het.
– Hy het die voorstel gemaak dat Jesus doodgemaak moes word.
-Die Sanhedrin het in sy paleis bymekaar gekom vir die verhoor van Jesus en Kajafas
was die voorsitter.
-In Hand.4:6 word Kajafas weer genoem by die verhoor van die apostels Petrus en
Johannes.
-In 36 n.C. is hy deur Fitellius die Romeinse landvoog van Sirië afgesit.
– Sy woning was in die bo-stad van Jerusalem, naby aan die bo-vertrek waar die Here Jesus die Pasga gebruik het en die avondmaa ingestel het.
Aangaande die verhoor van die Here Jesus was daar nege wette verbreek in die regstelsel van die geskiedenis wat die Joodse gereg tot die uietrste moeilikhied kon gebring het.
Wat was die nege aspekte waarin hulle oortree het.
1) Jesus was in die nag verhoor. Geen wetstelsel laat toe dat u in die nag verhoor mag
geword het nie.
2) Hy moes in die tempel volgens Deut. (of te wel die deel waar hofsake beslis word
verhoor word) Jesus was in Kajafas se paleis verhoor.
3) Daar moes minstens twee of drie getuies gebruik het, dit was nie gedoen nie.
4) Die hoëpriester mag nie ‘n bekentenis afdwing nie, Kajafas vra die Here Jesus.
“Sê U dat U die Seun van God is”
5) Uitsprake na verhoor mag nie binne 24 uur gegee word nie.
6) Daar mag net ware en egte getuienisse gebruik word, valse getuienisse is gebruik.
7) Daar moes tee getuie geroep word om teeparty vir beskuldigde se saak moes ingeroep
word.
8) Die voorsitter mag nie ondervra nie. Kajafas het wel.
9) a) Daar mag nie dadelik ‘n uitspraak na verhoor plaasvind nie.
b) Die hoëpriester mag nie sy klere geskeur het nie, daar was nie godlastering in
hierdie saak betrokke nie.
Die feit dat Kajafas sy klere geskeur het, het meegebring dat hy nie daardie jaar die Pasga mag bedien het nie, want hy het homslef daardeur onrein verklaar.
Kajafas bulder uit dat die Here Jesus Godlasterlik gespreek het, en probeer daardeur die klem van hom af verskuif na die Here Jesus en nie hulle valsheid nie.
Nadat die Here jesus voor Kajafas verskyn het, het hulle Hom na Pilatus geneem wat die goewerneur in die omstreke van Judea was, en wou graag Pilatus beindruk het deur te sê dat hulle die oproerder gevange geneem het.
Omdat hulle dit probeer deurgee het dat Jesus ‘n burger konflik wou veroorsaak het moes Jesus nou voor Pilatus staan.
DIE VERHOOR II
VOOR DIE ROMEINSE MAGTE:
INLEIDING:
Die Jode word nou deur die Sanhedrin opgesweep en alles gebeur nou nog in die nag. Pilatus word vroeg die oggend wakker gemaak deur die gedreun van ‘n skare wat Jesus voor Pilatus bring.
WIE WAS PILATUS:
Pilatus het geen respek vir die Romeine gehad nie, maar was wel in hulle diens.
Herodus was ‘n sadus en wellustige en Pilatus het nie veel van hom gedink nie. Dit was ongehoord dat Pilatus herodus se hulp ingeroep het.
Hulle het goeie vriende geword a.g.v. gemeenskaplike belange.
– In die Lig van die Here Jesus het Pilatus se sonde hom week, gemaak, anders sou hy
Jesus bloot net weggejaag het.
– Die edelheid en nederigheid en teerheid van die Here Jesus het hom absoluut in
verwondering gehad.
– Die hele beweeg van die Here Jesus na die Romeinse gesag was vir die Jode ‘n
geweldige vernedering omdat hulle hierdeur hulle afhanklikhied van die Romeine
erken.
– Die feit dat ‘n heidense regter nou oor ie volk van die Here ‘n oordeel moet vel.
– In die uittog van die volk uit Egipte het die volk die lente van hulle geskiedenis ervaar
en was die blomtyd toe hulle in volle ere herstel is, maar met hierdie insident het die
volk hulle in die herfs van hulle geskiedenis gedwing om sowat 40 jaar later in die
Winter van hulle geskiedenis te kom, met die opstand van die Romeine en die uitmoor
van duisende Jode, en die verstrooining van die volk, 70 n.C.
– Vir die Here Jesus was heirdie ook ‘n diepe vernedering.
– Die Jode verruil die Lewe vir die dood, waaruit hulle gekom het.
– Daar was nooit ‘n behoorlike aanklag of veroodeling teen die Here Jesus nie.
– Pilatus het alle nie Joodse sake hanteer.
– Pilatus wou niks met die Joodse godsiens te doene gehad het nie, maar was net besorgd
oor die welstand van die omgewing.
– Hy het bekend daarvoor gestaan dat hy een van die wreedste heersers van sy tyd was.
– ‘n Tydgenoot van hom Philo van Alexandria het hom omskrywe as val van omkopery,
geweld, roof, ‘n geweldenaar, uitgelate ens. Hy was voorwaar ‘n slegte mens gewees.
– Pilatus was vroeg wakker gemaak enm uietrs onsteld gewees.
– Hulle verklaar dat Jesus lasterlik spreek deur te sê dat “Hy die Koning van die Jode is”
– Pilatus vra Jesus die vraag waarop die Here Jesus antwoord “U sê dit”
– Pilatus neem Jesus na binne en was verbysterd en ondervra Hom vir plus minus ‘n uur
uit, en was in verwondering oor hierdie man.
– Johannes se vir ons dat hierdie dialoog aangegaan het waarop Pilatus die vraag aan
Jesus vra: “Wat is waarheid”
– Hy wou uitvind wie Jesus was, en die Here Jesus het hom nie gantwoord nie.
– Pilatus was in groot moeilikheid by die Keiser Alexandria omdat hy baie probleme
teenoor die Jode veroorsaak het.
– Daar was in die reels ‘n goeie verhouding tussen die goewerneurs en die Jode.
– Pilatus was om en by 30 jaar oud en ‘n tipiese persoon wat nie geweet het hoe om met
gesag te handel nie.
– Hy het o.a. die dag voor die Pasga vlae in die omgewing van die tempel laat dra om die
gemoedere van die Jode te ontstel. Die Jode het geglo dat geen vlae in die direkte
omgewing van die Tempel mag wapper nie aangesien dit afgods aanbidding is.
– Hy het ook by een geleentheid die die Jode se watervore laat herlei sodat daar nie water
na die tempel kon deurvloei nie.
– Dan het hy by geleentheid die Jode vorseer om voor hom te buig en het hy sodate
aangetsel om met hulle voete bo-op die agterkant van die Jode se nekke te staan.
– Al hierdie oortredeinge het meegebring dat Pilatus net die vorige dag ‘n brief van
Alexandria ontvang het waarin hy gewaarsku is dat indien hy nog een oortreding sou
begaan hy van sy pos onthef sal word.
– Pilatus wou baie graag hierdie saak van hom wegskuif, want hy het
– Toe jesus in die paleis was wou die Jode nie inkom nie, omdat dit die tyd van die Pasga
was en hulle hul nie wil verontreinig nie.
– Toe Pilatus hoor dat hierdie saak in Galelia afspeel het hy dadelik opdrag gegee dat
hulle Jesus na Herodus moes neem om deur hom veroordeel te moes word.
– Dit was ongehoord dat Pilatus Herodus se hulp ingeroep het. Luk23:12 sê dat hulle van
die dag af “goeie vriende geword het”.
WIE WAS HERODUS?. Beteken Heldeseun
– Hy het die Joodse agtergrond nie geken nie.
– Hy was ‘n Idomeer of ‘n afstammeling van Esau.
– Herodus het uietrs gevlei gevoel dat hy hierdie onverwagse erkenning van die Romeine
gekry het.
– Herodus was baie bly dat Jesus voor hom gebring was. Hy het baie kwellinge en
bygelowe en angste gehad.
-Hy het Jesus absoluut gespot en van Hom wonderwerke verwag. Jesus het geweier om te
praat, waarop Herodus sy sodate opdrag gee om die Here Jesus te bespot.
– Herodus se verhoor was ‘n klug en het niks postiefs opgelewer nie. Luk.23:9 Herodus
het baie vrae gehad, maar Jesus het hom nie gantwoord nie.
– Sy naam was Herodus antipas.
– Hy was ‘n sedelose en goddelose persoon.
– Hy het sy ouers se voorbeeld gevolg.
– Sy pa was ‘n kindermoordenaar wat o.a.
– Herodus het oor Galilea regeer. Luk23
-Herodus die Grote het in sy laaste testament bepaal dat sy seun Archelaus hom sou opvolg, en dat Antipas viervors van Galilea en Perea sou wes en Fillipus, die stigter van Cesarea – Fillipi, viervors van Betanea, Trachonitus en Auranitus sal wees.
– Keiser Augustus het die testament bekragtig.
-Herodus Antipas was net Herodus genoem. Herodus is met sy broer Archelaus en sy
halfbroer Fillippus in Rome opgevoed. Hy het met ‘n dogter van Aretas van Nabatea
getrou. Later het hy opHerodias, die vou van sy broer Fillipus verlief geraak en toe sy
eerste vrou verstoot. Die gevolg was ‘n oorlog met Aretas, ‘n oorlog wat Herodus
verloor het.
– Herodias was sy broer Phillipus se vrou en neem haar vir hom omdat Phillipus oor
Judea regeer het wat ‘n baie kleiner landstreek was, het Herodias nie omgegee om by
Herodus in te trek nie, want hy het baie meer geld verdien.
– Herodias was Herodus se bose gees, en sy het hom onder meer tot die moord van
Johannes die Doper gedryf. Toe die here jesus se invloed gegroei het, het Herodus
gevrees dat die Doper weer opgestaan het Matt.14:12. Tydens die verhoor van Jesus het
Herodus en Pilatus vriende geword.
– Dit was hulle wat Johannes die Doper se stem stilgemaak het, nadat Herodias se dogetr
Salome voor Herodus gedaans het.
– Johannes die Doper het reg onderkant die paleis van Herdus gebly en kon deur die
plankvloere sien waarmee hulle besig was, en hulle telkemale gewaarsku teen hulle
sonde.
– Luk.23:7 Sê dat Herodus verskeie stede gebou het o.m. Tiberias.
– Toe Herodus Agrippa I die broer van Herodias, koning sou word, terwyl Antipas net
viervors bly, het Antipas en Herodias na Rome gegaan.
– Agrippa het Antipas daarvan beskuldig dat hy met die Parthe geheul het; daarom is
Antipas na Lugdunum (Lyon) verban, waarhy gesterf het.
– Herodus was bang vir Johannes en was dikwels geraak deur die booskap, maar niks
omtrent sy lewe gedoen om dit reg te maak nie.
– Toe Jesus voor Herodus verskyn het, het die Here Jesus hom niks geantwoord nie, want
-Herodus het reeds die stem van die Here in sy lewe stilgemaak toe Johannes onthoof
was.
– Herodus stuur die Here Jesus weer terug na Pilatus, nadat hy hom laat slaan het deur sy
dronk soldate wat Jesus mishandel het.
– Hulle werp toe ‘n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus
– Nêrens is aangeteken dat Herodus ‘n bevinding gegee het nie.
– Teen hierdie tyd was Jesus reeds gehawend gewees, en ook deur die soldate van
Herodus gegesel en het gehoop dat dit deurnis by die skare sou wek.
– Die duiwel het gesorg dat daar nie ‘n gevoel van menslikhied by die skare was nie, maar
dat hulle eerder deur bloedorstigheid aangespoor moes word, en roep uit “Kruisig Hom,
Kruisig Hom”
– Die kreed het van die owerpriesters en die dienaars gekom.Joh.19:6.
TERUG NA PILATUS.
– Op hierdie stadium was die Here Jesus reeds by Annas en Herodus geslaan.
– Sy gesig was al reeds deur vuishoue byna onherkenbaar geslaan en was so deur die
soldate van Herodus gespuug dat Sy gesig daardeur bedek was.
– Pilatus was nou meer besorgd oor sy eie toekoms as enige iets anders en wou by Jode
weet wat hulle wil hê wat hy moes doen.
– Hulle het goed geweet dat hy in ‘n uiters moeilike situasie is, en dat sy pos in gedrang is
en beveel Pilatus dat Jesus gekruisig moes word.
– Vir die Jode was die straf van Godlastering die steniging gewees. Joh.12:32-33 Jesus se
voorspelling vir Sy dood was die kruisiging en nie steniging nie.
– “Verhoging” aan die kruis sou vir almal moontlik maak om Sy doodsworteling te sien.
– Terwyl hierdie verhoor besig is om af te speel ontvang hy ‘n boodskap van sy vrou
Clodia, wat na alle waarskynlikheid gered was, om niks met hierdie man te doene te hê
wat ontskuldig was nie.
– Die waarskuwing het tot hom gekom sodat hy nie in onskuld hierdie daad moes pleeg
nie.
– Saam met heirdie waarskuwing is die droom aan Pilatus se vrou so intens dat sy
moontlik ‘n gesig gehad het van Sy nederende dood.
– Die droom het haar so aangegryp dat sy ‘n boodskapper gestuur het om te sê dat Pilatus
niks te doene moet hê met die “Regverdige Man nie”.
-Dit was vir haar ‘n uiters dringende boodskap dat sy selfs die “hofsaak’ versteur om dit
oorgedra te kry.
– Sy het gepleit dat as iemand Hom moet oordeel dat hy geen aandeel daaraan moet hê
nie.
– Die Romiene het geglo dat drome wat in die oggend gedroom word waarheid is.
– Die waarskuwing het presies op die regte tyd gekom, toe Pilatus sy plek ingeneem het
in die regsbank om ‘n oordeel te vel.
– Pilatus het ‘n sensitiewe en ‘n liefdevolle vrou gehad en die feit dat die boodskap deur
haar gekom het in die teenwoordigheid van ander, hom baie persoonlik geraak.
– Tradisie verklaar dat Clodia ‘n Christen was en die Griekse kalender eer haar as ‘n
“saint.”
– Pilatus dink dat indien hy sy hande in onskuld was, hy daardeur die onskuldige bloed
van hom kan afweer, as Jesus voor hom gebring word.
– Pilatus probeer ‘n ander opsie en vra wie hulle losgalat wil hê: “Die koning van die Jode
of Barnabas, wat ‘n geiekte krimineel en vir moord gearresteer was.
– Pilatus sê aan hulle dat Jesus onskuldig is, maar plaas Barnabas op dieselfde vlak as
Jesus.
-Die skare skree dat Barnabas vrygelaat moet wordwat ‘n rower was.
Pilatus probeer nou die simpatie van die Jode te wen deur opdrag te gee dat Jesus gegesel moes word.
HOE VIND GESELING PLAAS:
Die beskuldigde word met mening nakend uitgetrek en opgehang aan die plose en aan voete vasgespalk. ‘n Krimenele oortreding soos met Jesus word die persoon van voor en agter gegesel.
Volgens Deut.35 mag 40 slae toegelaat vir die Jode. 11 Kor.1 was 39 houe toegedien.
Daar word met ‘n sweep wat 12 toiings aan het wat geroesde ysters, bene en vishoeke aan het geslaan.
39 houe * 12 = 468 houe die Vrydag more.
Die Romeinse owerhede het geen beperking gehad nie. Die owerste oor honderd moes bepaal wanneer die persoon byna sterwend was. Die straf word deur die “byldraers” gedoen.
Die geseling vind vanaf die skouers tot agter onder die kuite gedoen met rieme van verskillende lentes. Die stukke bene en metale aan die gesels het veroordeelde oopgeskeur. Die eerste paar houe breek deur die vel, dan later word persoon bebloed en elke spier en sening en ingewande van veroordeelde word uitgegesel. Daarna word die persoon omgedraai en aan die voorkant op dieselfe wyse gegesel. Hy was so gegesel dat geen persoon die geseling ooit deurstaan het nie, bahalwe die Here Jesus tot op rekord.
Jesus was deur die soldate bekend as “spiros” gegesel wat wreder was as die gewone straftoedienaars.
Joh.19:2 Na die geseling gee hulle Hom ‘n doringkroon van ‘n palistynse doring wat geweldig gebrand het, en trek aan Hom ‘n purperkleed aan, wat as ‘n koninklike keed moes dien om Hom tot die uietrste toe te bespot.
Daarna het hulle Hom met die palm van die hand begin slaan, wat die mees vernederste vorm van straf was.
Pilatus het gehoop dat hy die guns van die Jode se simaptie sou wen en dat hulle tevrede sou wees nadat hulle Jesus gesie
n het en bring Jesus nou na buite.
–
“Hy het na eiendom gekom, en Sy eiendom wou Hom nie aaneem nie”