DIE VERBOND SOOS OP KAART: Efe.5:22-28

INLEIDING:

Die huwelik is ‘n verbond. ‘n Verbond beteken ‘n ooreenkoms wat a.g.v. toewyding en vertroue teenoor mekaar gesluuit word. Toe die Here met die volk van Israel ‘n verbond wou sluit by Sinai wou Hy met hulle ‘n ooreenkoms aangaan. Van SY kant is die ooreenkoms so ersntig en diep dat Hy die woord om iets met gom wat nie losge-trek kan word vergelyk het nie.

Dawid en Jonatan het ook eens ‘n verbond met mekaar gesluit, dit was ‘n beeld van daardie kamaraatskap of vertroue wat daar tussen twee persone bestaan. Hulle het ooreengekom soos die gebruik was om ‘n verbond dan aan te gaan.

Toe die Here die mens gemaak het het Hy Adam en Eve en nie Adam and Steve met mekaar verenig. Wat behels so ‘n verbond.

1) DIE UITRUIL VAN KLERE: UITRUIL VAN IDENTITEIT.

Elke stam van Israel soos met die Ire dra spesifieke kleure. Daardeur word ek aan ‘n spesifieke stam geidentifiseer. Wanneer ek met iemand ‘n verbond aangaan ruil ek my klere met die persoon om daardeur te bevestig dat ek my idntiteit met daardie persoon uitruil.   

2) DIE UITRUIL VAN BELDE: WAARIN VEILIGHEID EN SEKURITEIT IS:

Deel van die verbond is dat ek soveel vertroue in my toekomstige lewensmaat stel datek bereid is om my hele lewe op die spel te plass. Dit is nie ‘n 50% 50% nie dit is 100% 100% oorgegewenheid aan mekaar. Dat ek sensitief met my lewensmaatr sal saamleef om haar en hom nie te bendaeel nie, maar om metaak te eer en te respekteer.

3)      SLAGTING VAN DIE VERBONDSOFER.

‘N EEDSWERING: HIER VERKLAAR EK DAT EK TOT DIE DOOD TOE AAN MY LEWENSMAAT GETROU SAL WEES.

Daar word ‘n slagtdier in die lente deurgesny en die twee bebloede gedeeltes word oor mekaar neergesit. Net met ‘n bloedverbond word die dier so verdeel. Nou staan ons met ons rue na mekaar en begin in ‘n agt vorm deur te loop totdat ons met ons gesigte weer na mekaar staan: Hierdeur word twee dinge verklaar;

a)      Ek sterf soos hierdie dier gesterf het aan my regte en gee elke aspek van my lewe aan jou oor. Nou begin ‘n nuwe lewe saam met my verbondsmaat wat slegs deur die dood beindig kan word.

b)      Dan wys die Jood na die dier met die Woorde Mag aan my gedoen word soos met hierdie dier indien ek die verbond verbreek. Ek begin ‘n nuwe lewe met my verbondsmaat.

Dit is so belangrik dat beide partye sal onthou dat liefde nie net vir die oomblik is nie, maar ‘n besluit wat ek gekeis het om trou teenoor my lewensmaat te wees, waar hy of sy my sien of nie. Dat ek selfs nie eens in my hart ‘n gedagte sal koester om iemand met my lewensmaat te deel nie.  Dat dit my selfs die dood mag kos.

Feitlik elke huwelik ervaar een of ander staduim krisisse. Daar kom tye wanneer iemand oor my pad kan kom wat my voete onder my uitvee en ek net vind dat ek aanklank vind by iemand anders meer as my maat, wees op u hoede, moet dit nie toelaat in u lewe nie. Laat die Here toe om hierdie eedswering u deel te maak.

4) DIE LITTEKEN IN DIE HAND:

Nou word die regterhand gesny om ‘n litteken te maak Dan word die twee se bloed geneem en met mekaar vermeng en trou teenoor mekaar te sweer. Die lewe is in die bloed. Nou vloei die twee persone se bloed inmekaar deur te sê dat jou lewe in haar en haar lewe in jou invloei.

In so ‘n verbond word daar ‘n litteken in die polse gemaak. Hulle sny hulle regterhande en laat die bloed dan bymekaar inloop. Dan neem hulle as om die merk te verseël. 

5)      RUIL VAN NAME:

Die name word omgeruil en vind dit ook in die huwelik plaas. Soms in Amerika ruil die man en vrou hulle name met mekaar uit. Die man kry sy vrou se van in sy naam en sy by haar van ook die man se van by.

6)      BESKERMING

As iemand sou waag om iets aan jou te doen moet hy besef deur my regterhand wat ek ophou sal hy weet dat hy nie moet waag om my tee te gaan nie, want hy weet nie, met wie ek in verbond staan nie.

7)      TERME VAN DIE VERBOND: (LEES DIE KONTRAK)

Voor getuienisse sal ons noudie terme van die verbond lees. Ek sal aan hom my bankrekening uitstip, en ook van al my besittings, en skulde. Indien hy enige iets van my benodig kan hy dit gebruik, net soos hy van my en ek van hom.

In ‘n verbondsverhouding is dit nie nodig om iets te vra nie, dit is reeds deel van die ooreenkoms. Alle deugdes word van beide kante voorgelê vir wedersydse gebruik.

8) DIE VERBONDS MAALTYD:

Dan volg daar ‘n eenvoudige maaltyd. Hulle neem die brood en breek dit in twee. Nou voer jy die brood vir jou verbondsmaat. Dit simboliseer dat wie ek is, ek aan jou behoort, en wie jy is aan jou behoort. Die brood is simbolies van my liggaam. Dan neem huylle druiwesap en bedien die een met die ander. Dit wys op die bloed wat gestort is. Na die verbonds sluiting is die twee een.

9)      GEDENKTEKEN VOLG:

Deur die Skrif het die gedenktekens verskil van situasie tot situasie. Soms was dit ‘n boom, soms ‘n hoop klippe wat gepak word en met bloed besprinkel word, en soms was daard ie uitruil van geskenke.

Gen.31:48 ”Laban…hierdie hoop is vandag getuie tussen my en jou… Daarom het hulle dit…ook Mispa…genoem, omdat hy gesê het: Mag die Here wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie weer sien nie.”

10) FAMILIE BETROKKENHEID:

Na die seremonie voltrek is is dit belangrik om te onthou dat die kinders gebore of ongebore ook in hierdie verbond nou deel. As hulle oud genoeg is kan hulle self besluit of hulle deel van hierdie verbomnd wil wees of nie.

11) DAWID EN JONATAN:

1 Sam 18 + 11 Sam.9

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00