DIE TWEE WEë. MATT.7:13-23.
INLEIDING:
In die eerste 12 verse praat die Here Jesus aangaande ons versigtige optrede teenoor andere. Vanaf vs.13-29 verwys Hy na ons optrede teenoor die Here.
As ons geweet het dat daar net een uur oor was voordat die Here Jesus sou kom, en Hy in Sy geweldige toorn ons sou kom besoek, wonder ek wat ons in hierdie laaste biduur op aarde sou doen, en waaruit gebede en u lewe sou bestaan het.
Sou ek haastig gemaak het om alle leuens en bedrog wat in my lewe bestaan reg te maak, ek is oortuig daarvan dat ons nie rustig agteroor sou gesit het nie.
Mense sou hulle haas om die dinge wat tussen my en die Here ge-staan het reg te maak, om die stem van die Here te gehoorsaam en met sonde te breek.
In Matt.7 praat die Here Jesus self met ons, en moet ons besef dat hierdie woorde dus ernstig is en dat ons daarop moet ag slaan. Die Here Jesus waarsku ons in hierdie gedeelte van ‘n paar dinge nl.
Dat daar net twee weë is, die een wat menslik aanvaarbaar is en die verbeelding stimuleer en die ander wat uit die hart van die Here kom en as openbaring dien.
In hierdie gedeelte sal ons twee poorte, twee groepe, twee weë en twee uiteindes sien.
1) Die twee poorte: Vs.13; Joh.10:9; Hand.4:12; Spreuke 1:20-31.
2) Die twee weë: Vs.13-14
Die breë en die noue pad. John.14:6; Spreuke 14:12; Jes.53:6.
3) Twee klasse: Vs.13-14
Baie en min Matt.5:22; Luk.13:23-27; 1Pet.4:18 en Fil.2:21.
4) Twee eind bestemmings. Vs.13-14
Lewe en vernietiging. Openb.21:1-6; Openb.20:15.
5) Twee bome: Vs.17
Die valse en goeie. Ps.37:35; Jud.12; Ps.1:3; 92:12-13.
6) Twee vrugte: Vs.17
Goeie en die slegte. Mark.7:21; Rom.3:12-18; Gal.5:22-23; Rom.6:
21-22.
7) Twee eindes: Vs.19 Afgesny en gelos. Matt.25:41+46.
8) Twee belydenisse: Vs.21-23; Valse en ware belydenis. Matt.25:1-
12.
I) DIE WEG NA DIE LEWE:
Waarna verwys hierdie lewe: Die poort stel ‘n stad voor, ‘n plek van veiligheid en gemeenskap en oorvloed. Die lewe in die Here Jesus is:
1) Veilig van sonde en oordeel;
2) Is daar gemeenskap met die Here en
3) Bevrediging in die volheid van die Here. Daar moet ‘n oorgaan van die dood tot die lewe wees.
1) DIT IS ‘N GEOPENDE WEG:
Die weg mag reguit wees, maar nie gesluit nie. Openb.3:8 “Kyk Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee…”
Die weg was gesluit weens sonde en die wet omhein hierdie hart. Die Here Jesus het dit geopen deur ons sondes op Hom te neem en gehoorsaam te word tot die dood toe. Dit is ‘n nuwe en lewende weg wat vir ons eenkant gesit is. Daar is geen agterdeure in die koninkryk van die Here nie. (Joh.14:6).
2) DIT IS ‘N SMAL WEG:
“Want die poort in nou en die pad is smal wat na die lewe lei…”
Hierdie poort is heel waarskynlik die smal poort waardeur die kamele deurgetrek word wanneer hulle van alles gestroop is om deur te kan kom. Die mens moet gestroop word om daardeur te kan gaan.
Eie geregtigheid word nie hier toegelaat nie. Die weg wat smal is lei na die groot en ewige Stad Jerusalem.
3) DIT IS DIE WEG VAN ‘N PAAR WAT DIT VOLG:
“…en daar is min wat dit vind…”
Omdat daar min is wat dit soek. Daar is min wat bereid is om hierdie pad te bewandel want die mens wil nie van sy verkeerde weg hom bekeer nie. “Stry hard om in te gaan deur die nou poort.”
Matt 6:33 Soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
II) DIE WEG VAN VERNIETIGING:
Die woord vernietiging beteken verlies. Dit is die verlies van dit wat alleen bevrediging en satisfaksie kan gee. Dit is soos ‘n horlosie wat sy hoof veer verloor het of ‘n plant wonder sy wortels.
I) DIE BREë WEG:
Dit pas die wat vleeslike lewe. Daar is baie plek vir al die sondaars se plesiere. Die wêreld die vlees en die duiwel. Dit is breed genoeg vir die struikelende dronkaard, vir die oneerlike onreine, vir die hoogmoedige en die geestelike formaliteite.
2) DIT IS ‘N BESIGE PAD:
“en daar is baie wat daardeur ingaan…”
Dit is so maklik om aftraend te gaan. Die mens se eerste keuse is die breë weg. Bedrieglik is die hart bo alle dinge ja verdorwe is dit, wie kan dit ken.
Dit verkies die plesiere van hierdie wêreld, eerder dan gemeenskap met die Here. Sommige word daarin gestoot sonder om erns te neem met wat met hulle gebeur. Almal is sonder God en sonder hoop.
3) DIT IS ‘N FUTALE PAD:
Daar is maar net een eindbestemming op hierdie pad nl. Vernietig-ing. So seker as wat ‘n klip in die see sal sink, so seker sal die mens vergaan wat sonde liefhet. “Die loon van die sonde is die dood.” Rom.6:23
Eseg. 33:11 Roep dit uit: “Bekeer julle, bekeer julle, van julle ver-keerde weë.”
Jer.21:8 “Kyk Ek hou julle die weg van die lewe voor en die weg van die dood.”
Die Here Jesus se vir ons dringend en spesifiek dat ons moet ingaan.
HOEKOM.
Omdat hier van drie valse fondamente gepraat word:
1) Die valse weg.
2) Die valse vrug.
3) Die valse fondasie.
Elkeen van ons is in sonde gebore en ontvang. Ons beweeg dus elke oomblik nader en nader na ‘n ewige swael brand hel, met die toorn van die Here wat op ons lewens rus.
Indien daar nie ‘n omkeer in my lewe plaasvind nie bly ek buitekant en is ek vir ewig verlore.
Daar is ‘n lied wat sê:
“Julle moet kies, julle moet kies want die paaie is twee,
Julle moet kies, julle moet kies, want die paaie is twee.
Die een lui na die hemel, die ander na die hel.
Julle moet kies, julle moet kies, want die paaie is twee”.
1) KOM ONS KYK NA DIE WEG
VAN DIE LEWE EERSTENS:
Wat beteken hierdie lewe. Die poort stel die idee van ‘n stad of ‘n plek van veiligheid, gemeenskap van eeners soortiges, en oorvloed voor. Die lewe in die Here Jesus is ‘n lewe van:
1) Veiligheid van sonde en oordeel.
2) Gemeenskap met die Here.
3) Bevrediging in die volheid van die Here self.
Daar moet ‘n oorgang van dood tot lewe wees.
A) DIT IS ‘N OOP WEG:
Dit mag reguit wees maar nie gesluit nie. Openb.3:8 se: ” Kyk ek het voor jou ‘n oop deur gegee…”.
Die weg was deur sonde gesluit en omhein deur wette. Die Here Jesus het dit vir ons oopgemaak deur sonde vir ons te word, en tot die dood toe gehoorsaam aan die vader te wees.
Dit is ‘n nuwe en ‘n lewende weg wat vir ons eenkant gesit of toege-wy is. Daar is geen agter deure in die koningryk van die hemele nie. Joh.14:6.
B) DIT IS ‘N SMAL WEG:
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei…”.
Hierdie poort mag verwys na die ingang van die kamele waar hulle van alles gestroop moes word voordat hulle kon ingaan. Ons moet ook van al ons dinge gestroop word voordat ons kan ingaan.
Eie geregtigheid is nie toelaatbaar om in te gaan nie.
Die weg is so smal soos wedergeboorte alleen is.
C) DIT IS ‘N WEG VAN DIE MINDERHEID:
“…en daar is min wat dit vind…”.
Omdat daar net ‘n paar is wat daarna soek. “Soek en jy sal vind”.
Die rede hoekom daar min is, is omdat die Bybel se dat die “mense die duisternis liewer gehad het as die Lig omdat hulle werke boos was”.
“Julle sal My vind as julle My sal soek met julle hele hart”. Matt.6:33.
II) KOM ONS KYK NA DIE WEG VAN
VERNIETIGING:
Spreuke: 14:12 Sê: “Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk,maar
die einde daarvan is die weë van die dood”
A) HIERDIE WEG IS BREED:
Dit beteken om ‘n houding in te slaan waar ek se dat ek tog net nie die Here te ernstig moet navolg nie. Hier word beweer dat alle sie-nige en opinies net bloot aanvaar moet word, om by geleentheid ‘n drankie te gebruik is nie verkeerd nie, maar ek moet net matigheid voor oë hou.
B) HIERDIE PAD IS WYD: BAIE MENSE OP DIE PAD.
Dit is hierdie persoon wat redeneer dat ek net een lewe hier op aarde het om te geniet en dat ek dit ten volle moet gebruik in die wêreld.
Hoe geweldig sal die persoon se ontnugtering wees, wanneer hy voor die Here gaan verskyn en sy lewe voor volke nasies en tale sal af-speel en dit sal wees ‘n geween en ‘n gekners van die tande wanneer daardie vreeslike en deurdigte dag van die Here gaan aanbreek. Wat so vreeslik is, is dat daardie persoon sal moet aanhoor, “Gaan weg van My, jou vervloekte, Ek het jou nooit geken nie”.
In Luk.13:24-27 kom daar ‘n sekere jong man na die Here Jesus met die vraag in die hart om te weet of die wat gered word min is.
Die Here Jesus antwoord hierdie man op ‘n snaakse manier en ons gaan sien waarom:
“Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie se Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie instaat wees nie”.
C) DIE VERNIETIGENDE PAD OMDAT:
1) HULLE OP ‘N VERKEERDE MANIER NA DIE HERE SOEK: Vs.24 HULLE HET PROBEER.
Hulle het probeer: Baie mense se vir jou dat hulle so probeer om die Here na te volg. Leef ‘n goeie lewe, doen goed aan andere, gaan kerk toe, bid gereeld ens.
Dit is soos ‘n aangenome kind: ILLUSTRASIE:
2) HULLE HET OP ‘N VERKEERDE TYD GESOEK:
Vs.25 DIE DEUR WAS TOE.
Mense soek die Here in tye om hulle net uit krissese uit te haal en nie om werklik met sonde te wil breek nie.
Mense soek die Here, of wil tot bekering kom, maar nie nou nie.
Gen.7:14+16 Noag en die ark, die deur was te vroeg vir die mense gesluit.
ILLUSTRASIE VAN MAN BY ROBERSTON.
3) HULLE HET OP ‘N VERKEERDE PLEK GESOEK: VS.25 HULLE HET BUITE GESTAAN. OPENB.3:20.
Hulle het redding gesoek buite hulle sonde. O, ons het allerhande verskonings hoekom ek nie nodig het om gered te word nie, ek meen ek is nie so ‘n slegte mens nie.
Ek sal eerder ‘n ondervinding wil hê as die waarheid.
Dan is dit tale, of agertoor val in die gees of duiwels wat nou uitge-dryf moet word en wat nie nog alles nie.
Mense wil vandag op die Handelsmark van die Evangelie gaan bie op die goedkoopste manier waarop dit hom die minste sou kos om gered te word en dan die geweldige ontnugtering eendag hê dat daar net een manier was waarop iemand gered kan word en alle ander is vals.
4) HULLE HET ‘N VERKERDE PLEIDOOI GEHAD:
VS.26 ONS HET U BEDIEN.
Hulle het gedink dat hulle deur allerhande kerk aktiwiteite op te noem hulle tog ‘n goeie lewe het en daarom in die hemel toegelaat moet word. Mense dink dat deur goeie werke ek gered sal word.
5) HULLE HET DIE HERE GESOEK MET HULLE LIPPE, MAAR NIE MET DIE HART NIE. Vs.26 Matt.15:8
Hulle het nie ‘n ware berou oor hulle toestand nie.
Spreuke 28:13 Sê: “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoe-dig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind”.
“Nie elkeen wat vir my se Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is”.
“Die loon van die sonde is die dood”. Rom.6:23
III) KOM ONS KYK NA DIE TWEE UITERSTES:
a) DIE TWEE POORTE:
In Joh.10:2 Sê die Here Jesus dat net hy wat deur die deur ingaan sal die wagter oopmaak sodat hy kan ingaan. Ons kan nie deur die venster wil inklim en verwag dat ons binne sal wees nie.
Die Here Jesus vertel van ‘n man wat by die hemel gekom het met ‘n spier wit kleed. Hy het alles gedoen wat van hom verwag was, maar hy het deur sy eie poort wou gaan. Hy was uitgewerp in die buitenste duisternis. Daar is net een hek of poort en nie twee nie. Daar is net een ondervinding wat reg is en nie twee nie. Net wedergeboorte sal my in die hemel toelaat.
b) DIE TWEE WEE:
Dit praat daarvan dat ek nou my lewe aan die Here gewy het, ek is nou ‘n kind van die Here en nou het ek die keuse wat ek met my lewe gaan maak.
Gaan ek op die smal pad agter die Here Jesus aan, of gaan ek nou weer terug in sonde en die duiwel weer begin te dien.
c) DIE TWEE GROEPE:
As ek die meerderheid wil navolg kan u verseker wees dat u op ‘n verkeerde pad is.
Die wat die Here Jesus met hulle hele hart wil dien is min.
Die Here sê dat net die wat oorwin sal ek gee, die ander sal agter bly.
d) DIE TWEE BESTEMMINGE.
As u vanoggend absoluut eerlik met uself moet wees, hoe lyk u lewe. Na watter bestemming is u besig om voort te spoed. Is u gereed om die Here te ontmoet, en wanneer u Hom gaan ontmoet, wat gaan u vir die Here se waarom Hy u moet toelaat.
e) DIE TWEE BOME:
As ons by ‘n perske boom kom verwag ek perskes. As ek daar kom en hy dra dorings kan hy verseker nie ‘n perske boom wees nie. As u sê dat u gered is, watter soort boom is u. Is u daardie doring boom wat as iemand naby u kom u hom steek met die tong? Ons het die reg om ander se lewens te beoordeel en te bepaal of daardie persoon gewortel is in die Here Jesus of dan in die duiwel of sonde.
f) DIE TWEE VRUGTES:
‘n Boom word aan sy vrug geken. Dit help nie ek se vir mense dat ek ‘n Christen is nie, maar ek leef nie soos een nie. My lewe moet vir ander bewys dat die Here van my lewe besit geneem het.
Vrug is ‘n natuurlike uitspruitsel van lewe. Of slegte vrugte of goeie vrugte.
g) DAN TWEE SOORTE BELYDENISSE:
Of ek is gered of ongered. Ek kan nie iets tussen in wees nie. Mag die Here ons help dat ek my lewe so sal weggee dat andere sal kan sien wat Hy vir my kom doen het.
Die spreek woord sê: “Waarvan die hart vol is loop die mond van oor.” Waarvan loop u oor?
SLOT:
WAT SAL MY VERSKONINGS WEES WAT EK
VANDAG GAAN VOORHOU WAAROM EK NIE
MY SAAK MET DIE HERE WIL REGMAAK NIE?
1) GAAN EK Sê DAT EK TE JONK IS?
Pred.12:1 se: ” En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en jare aan-breek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie”.
2) GAAN U SE DAT U NIE GEWEET HET NIE?
Hand.17:30-31 se: “God het dan die tye van onkunde oor-gesien en verkondig nou aan al die mense ooral dat hulle hul moet bekeer, omdat hy ‘n dag bepaal het waarin Hy die mens in geregtigheid gaan oordeel deur ‘n Man”.
3) GAAN U SE NIE NOU NIE:
Jes.1:18 sê: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak se die Here, al was julle sondes soos skarlaken (vuil) dit sal word soos sneeu, al was dit rooi soos purper (koninklikheid) dit sal word soos wol”.
Hebr.3:15 Sê: “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie”.
4) Gaan u sê dat u te sondig is:
As die Here Jesus vir die man aan die kruis, wat ‘n moord gepleeg vergifnis kon bied, het u al ‘n moord gepleeg, kan hy vir u dit ook bied.
Waarom dan uitstel wyl die Heiland nog pleit, Hy pleit vir u en vir my.
WAT GAAN U MET JESUS MAAK?
*******************
DIE TWEE Weë
MATT.7:13-23 + Luk.13:22-30
INLEIDING:
Toe ons nou vir die twee dae in die berge gaan rus het, was daar ‘n pad wat ons gery het, wat waarsku dat die pad gesluit is. Ons het nie ag gegee op die padtekens nie, want die ompad sou ons ure later by ons bestemming gebring het. Ek weet van ‘n geval waar iemand wel die padtekens verontagsaam het en die uitende daarvan was dat die persoon in ‘n diep sloot geval het. Die moeite en verdriet wat dit veroorsaak het was so onnodig.
Op ons lewens is daar ook padtekens wat ons waarsku dat ons, ons lewens met die Here Jesus moet regmaak en dat ek ag moet slaan op Sy roepstem. Indien ek nie gehoorsaam is nie is my pad gevaarlik styl en bevind ek my op ‘n pad wat tot my verderf kan lei.
Waanneer die Here Jesus geestelike waarhede na ons toe wil bring, het Hy dikwels d.m.v. prentjies met ons gepraat. Hier het die Here Jesus drie prentjies gebruik om die waarheid uit te beeld nl. ‘n Ware en verkeerde weg, vlse en regte vrugte, en ‘n vaste of los fondasie.
So het Hy bv. Matt 7 vir ons die waarskuwing gerig dat ons moet “In Gaan “. Dit sê vir ons dat ons buite staan en dat die Here Jesus nog nie in ons lewens ingekom het nie.
Hy staan buite en klop aan die deur van ons hart. Daar is verskillende maniere waarop Hy in ons harte klop nl.
1) Omstandighede: Ek vind dat in my lewe alles verkeerd loop, en dat iemand bv. in my familie sterf. Ek staan by daardie graf en vrees pak my hart beet as ek moet dink wat met my sal gebeur as my lewe nie met die Here reg is nie.
2) Deur Sy Woord: Hoe dikwels gebeur dit nie, dat die Here deur Sy woord met my kom praat en vir my wys dat daar ‘n weg is wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is die weë van die dood. Ek lees hoe Hebr. bv. my waarsku dat “net soos dit vir die mens bestem is om eenmaal te sterwe, daarna die dood”
3) Dan gebruik die Here kinders van die Here se getuienisse om met my te praat. Die een ondervinding verskil van die ander sin, maar die resultaat is dieselfde, nl dat ons weergebore moet word anders is ons verlore.
Kom ons kyk na Vs.13
1) DIE BREë PAD:
A) “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort…”
In daardie dae was daar in die stadsmure poorte of hekke gewees waardeur die mense die stad moes ingaan. Indien dit donker geword het, moes die mense deur ‘n baie klein en smal poort deurgaan. Dit was so moeilik om daardeur te gaan dat al die goedere van die kamele afgehaal moes word en dan is die diere met moeite deur die poort getrek. Dit was verwys na die naald se oog of die nou poort.
Hierdie woord breed verwys na ‘n maklike pad of ‘n pad van eie begeertes. U weet mos die mense wat sê dat ek net een lewe hier op aarde het om te geniet, en ek moet ten volle gebruiik maak van hierdie genietinge. Ek moet drink, en dobbel, en rook, en vloek, en steel en maak net wat ek wil. Ek is mos vry om te doen net wat ek wil, wie gaan my keer.
B) “…EN WYD IS DIE PAD…”
Die woord wyd wat hier gebruik word is die begrip dat dit darem onderperke is. U weet mos die gedagte van sondig maar so ‘n bietjie deur woorde gedagte en dade. Dat ons tog maar mense is en daarom so ‘n bietjie sonde moet doen, want ons leef tog in ‘n sondige wêreld. Hierdie mense wat sê dat ons alles mag doen maar net nie met ‘n -te- daaraan gekoppel nie. U moet versigtig wees dat u nie die Here te gaan dien nie.
Ons stel aan onsself normes en waardes wat die Woord van die Here ons nooit geleer het nie. Matt.7:22 sê duidelik dat: Baie in daardie dag aan die Here sal sê dat ek tog kerk aktiwiteite beoefen het, en die Here sal sê, dat ek jou nooit geken het nie.
Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde van daardie weg is die weë van die dood of hel.
Rom.3:23 Sê dat almal gesondig het en dat dit ons ontbreek aan die heerlikheid van die die Vader. Hebr.3 Waarsku die Woord van die Here ons nie minder as drie maal dat ons Vandag terwyl Sy roepstem na ons kom moet reageer.
11 Kor.5:17 sê die Here vir ons “as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verby gegaan, kyk alles het nuut geword”.
Openb.19 se aan ons dat niks wat onrein is sal in die koningryk van die hemele kan ingaan nie.
u sal u sonde nog regverdig, en dan sal die here kom en u in die verdoemenis veroordeel.
DIE SMAL PAD
a) Min volg die pad:
In Luk.13:22-30 kom daar ‘n sekere man na die Here Jesus en vra Hom ‘n vraag nl.
“Is die wat gered word min”
Die Here Jesus antwoord hom deur te sê: “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want min se ek vir jou sal ingaan”.
Die Griekse woord vir stry hard is “Stenosis” wat beteken om met moeite en inspanning te pars om alles in jou vermoë te doen.
Dit laat ‘n mens aan die Kango grotte dink waar ‘n mens by die duiwelse skoorsteen met inspanning daardie noue gangetjie moet deur worstel. Dit is ‘n vreeslike ondervinding, die tonnel is smal en jy moet letterlik alles in jou vermoë doen om daardeur te kruip. Dit naastenby so iets wat die Here van ons vra, dat ek nie met allerhande sondes so lag, lag kom om my hart vir die Here te gee nie.
In daardie dag sal baie nie gered word nie omdat hulle:
1) Op verkeerde maniere soek: Hulle stry nie: vs.24 hulle probeer.
so dikwels as ons met siele praat en vir hulle die vraag vra, of u seker is dat u gered is, kom die antwoord: ons probeer maar. U sien dit klink so nederig maar in werklikheid sê die persoon vir u dat hy nie veel moeite doen nie, want die Here Jesus sê dat die wat my soek, sal my vind.
2) Hulle op die verkeerde tyd gesoek: Toe die deur reeds gesluit was vs.25. “en die deur gesluit is”
Gen.7:14 Verwys hier na die vloed wat gaan plaasvind en waar ons dan lees dat Noag en sy gesin in die ark is. Almal het gesien dat die diere die vorige week twee twee die ark instap en vir hulle was die skrif teen die muur, hier gaan ‘n oordeel kom, en tog doen hulle nie moeite om hulle saak met die Here reg te maak nie. Kan u die pren-tjie sien: die reën begin te val en die Here het die deur van die ark gesluit en mense begin aanvanklik nie bekommerd raak nie, maar later, swem hulle met mening en klop desperaat aan die ark se deur en roep tot Noag en pleit dat hy die deur moet oopmaak en al wat Noag kan antwoord is ek kan nie, want die Here het die deur gesluit.
Openb.3:20 Sê dat: “die Here aan die deur van ons harte staan en klop, as iemand die deur oopmaak sal Hy ingaan.” Daar kom ‘n tyd dat die mens aan die deur van die ewige lew met meining sal klop, en homself net te laat vind om in te gaan.
Matt.25 Lees van van die 10 maagde en vyf van hulle was net te laat en die deur word vir hulle voor hulle neuse toegemaak.
Hulle het op ‘n verkeerde plek gesoek. Hulle het buite gestaan vs.25.
Ironies dat beide in hierdie gedeelte en Matt.25 maak hierdie mense aanspraak daarop dat die Here Jesus hulle geleer het. Weet u wat gebeur het.
Hulle het geluister na die woord wat na hulle gekom het en soos Herodes van ouds ook gesê: warklik die man preek darem vir ons, maar niks aangaande hulle lewe gedoen om eerlik genoeg te raak om voor die Here te erken dat hulle verlore is nie. Baie mense luister na die woord van die Here, en stap daaruit en weet dat hulle lewe nie reg is nie, maar gaan dan net weer aan om maar net uit te stel.
4) Hulle soek die Here op ‘n verkeerde pleidooi: Ons het vs.26 “ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink”
Mense sal allerhande gelleenthede voor die Here bring waarin hulle so besig was met kerk aktiwiteite en self vir die Here vertel hoeveel koekies hulle vir die kerk gebak het, ons het dan vir die Here gekeiter. Hoe vreeslik sal die onverbiddelike woord van die Here Jesus wees in daardie dag: “gaan weg van my, ek het julle nooit geken nie”.
5) Hulle het met hulle monde die Here Jesus gesoek, maar hulle harte is ver van die Here af.vs.26
Hoe baie word daar nie oor die Here gepraat nie, en tog gebeur daar niks in ‘n persoon se hart nie. Dikwels is mense in beroering en selfs getuig hoedat die Here gebed beantwoord het. Net gister vertel ‘n man my hoe sy dogter in antwoord op gebed verplaas was van een plek na ‘n ander, en roem dat dit sy gebede was, en tog het die man nie sekerheid nie. ‘n Dood goeie man, maar ‘n goed dooie man.
Spreuke 28:13 sê vir ons: “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartighied vind.”
U sal moet ingaan om gered te wil word, anders sal u die ewige lewe mis.
Wat is verskonings wat u opper in hierdie oggend:
1) Miskien sê u dat u nie nou kan kom nie, eers nog so ‘n bietjie wag eers more:
Jes.1:18 sê die Here “Kom nou en laat ons die saak uitmaak. sê die here: al was jou sondes soos skarlaken dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol”.
2) Dalk se u dat u nie geweet het wat die Here van u verwag nie:
Hand.17:30-31 “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense ooral, dat hulle hul moet bekeer, omdat hy ‘n dag bepaal het waarop hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n man.”
3) U sê dat u te sondig is:
As die Here Jesus vir die man aan die kruis, wat ‘n moord gepleeg vergifnis kon bied, het u al ‘n moord gepleeg, kan hy vir u dit ook bied.
Waarom dan uitstel wyl die Heiland nog pleit, Hy pleit vir u en vir my.
Maak u saak vandag met hom reg.
*************************