DIE STRYD OM DIE GEDAGTEWêRELD:

“Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus”

Daaris vandag ‘n groot stryd aan die gang or die gebruik en beheer van die gedagtewêreld, nie net in die wêreld nie, maar ook onder die kinders van die Here. Die Apostel Paulus sê in 11 Kor.10:3-5 “Want hoewel ons in die vlees wandel voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, want die wapens van ons stryd is nie vleeslik ie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word, teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”

1) DIE FEIT VAN ‘N STRYD WAT DEUR PAULUS GEVOER

     WORD:

Merk in die eerste plek op dat die Apostel verklaar dat dar ‘n “stryd” is waarin hy betrokke is. “My stryd” sê hy “word nie gevoer volgens die vlees nie”. Dit stem ooreen met sy stellings in ander dele van die Skrif veral Efe.6:10-18 en in sy briewe aan Timotheus. Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, ooreenkomstig die profesië wat vroeër aangaande jou uit gespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry (1 Tim.1:18).

Stry die goeie stryd van die geloof (1 Tim.6:12). Niemand wat ‘n goeie krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie. “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou…” (11 Tim.4:7).

2) DIE BESKRYWING VAN DIE STRYD OP DIE GEDAGTE

     WêRELD:

Ons sien dat daar ‘n aspek van die oorlog beskryf word in die gedeelte wat handel oor die gdagtes. “Daardeur kan ek die redenasie van die aanklaer omverwerp”. In vs.4 lees ons van “neerwerp van vestings” Dit lyk asof die Apostel in vs.4 impliseer dat die gedagte-wêreld ‘n vesting is wat neergewerp moet word, en elke rebelse gedagte gevange geneem moet word. ‘n Vesting word gewoonlik deur ‘n vyand beset, en daar is voorwaar ‘n vyand wat die vesting van die gedagte wêreld beheers, n.a.v. 11 Kor.4:4 waar hy sê: “dat die god van hierdie wêreld die sinne van die ongelowiges verblind”

3) DIE TOESTAND VAN DIE GEDAGTEWêRELD IN SY

     NATUURLIKE STAAT:

Ons kan baie duidelik sien uit verskillende dele van Paulus se sendbriewe hoe die gedagtewêreld lyk as dit deur die vyand beheer word. Dit word in sommige gevalle beskryf as ‘n “slegte gesindheid” (Rom.1:28), ‘n bedekking oor hulle verstand (11 Kor.3:14), ‘n verduistere gemoed (Efe.4:17-19) indring in dinge wat die gedagtewêreld nie kan deurgrond nie “sonder oorsaak opgeblase” deur ‘n “vleeslike gesindheid” (Kol.2:18). In Rom.8:7 sê die Apostel Paulus “Wat die vlees bedink is vyandskap teen God, want dit onderwerp hom nie aan die wet van God ie, want dit kan ook nie”. Dit word bevestig in Kol.1:2 waar hulle wat onweergebore is beskryf word as “vyanddiggesind” in die “gemoed” en daarom vervreemd van God is.

Ons sien dus duidelik dat die gedagtes van die natuurlike mens “verduister” “opgeblase” deur die vlees, leeg en sinneloos in sy gedagtes, vleeslik is, omdat hy deur die vlees beheer word en in sy aktiwiteite – hoewel skynbaar “goed” of sigbaar “sleg” – in vyandskap met God is.

4) DIE ONWEERGEBORENE SE GEMOED DIE VESTING

     VAN SATAN:

           Die vesting van die mens se gedagtewêreld is daarom die strategiese punt van die “oorlog” met die “god” van hierdie “eeu” omdat dit hoofsaaklik deur die gedagtewêreld is dat hy sy gevange-nes in sy mag hou en deur die gedates van sy gevangenis dra hy (1) gif in die gedagtes van ander, en sy (2) planne en skemas vir aktiewe rebelle teen God op te wek in hierdie siele.

Die gedagtewêreld van die Christen is ook die startegiese veld van die “oorlog teen die heiliges” wat Satan voer met onophoudelike bose vernuf. En vir hierdie rede is die gedatewêreld die instrument vir die Gees van God wat kom woon het in die gees van die gelowige, om die waarhede van God aan andere oor te dra, wat alleenlik die misleiding van Satan, wat die gemoedere vul van hulle wat duister van natuur is, uit die weg te kan ruim. As die Heilige Gees in die weergeborene gees kom woon het,  het die vraag al by jou opgekom, hoe Hy dit deur jou gaan uitwerk of openbaar?

As dit net deur spraak gekom was dan sou jy ‘n profeet gewees het!  Maar daar is geen openbaring van God’s wil by wyse van profesie op aarde nie. “Die profesie va God” is SY Woord. Die Woord van God word misplaas, nie net deur die hoër kritiek nie, maar deur baie kin-ders van die Here, deurdat hulle bonatuurlike “openbaringe” gelyk-stel aan die outoriteit van die geskrewe Woord. Daar is oorals verwoeste lewens omdat hulle weggedraai het van die Woord van God no sogenaamde direkte openbaringe. Daar is ‘n direkte openbaring van God die Heilige Gees as Hy die Woord lewendig maak in ‘n mens se gees, alleenlik ooreenkomstig die Woord.

5) DIE HEILIGE GEES EN DIE GEDAGTE WêRELD VAN

     DIE GEREDDE:

As die gedagtewêreld die draer van die Heilige Gees is, moet die Gees van God totale beheer hê, met elke “rebelse gedagte” oorgegee aan die beheer van Christus. Die Heilige Gees wat in ons woon, het die gedagtewêreld nodig as ‘n kanaal vir uiting, maar dit kan so verstop wees, en gevul met ander dinge, wat Hom verhinder om deur te laat wat Hy graag sou wou. ‘n “Verstopte” gemoed beteken dat die gees nie uitgedruk kan word nie, en ‘n gees wat nie uitdrukking vind nie, is ‘n blokkasie vir die uitvloei van die Gees van God na ander.

6) DIE GEES VAN DIE CHRISTEN WAT NIE TEN VOLLE

     VERLOS IS NIE:

Dit verklaar waarom soveel kinders van die Here nie instaat is om waarhede van God wat hulle hoor te behou, of toe te pas op hulle eie lewe, of oor te dra na ander. Die gedagtewêreld was nog nooit ten volle verlos van die greep van die vyande nie. Sal ek dit kras stel, baie kry nuwe “harte” maar behou hulle ou “koppe”. Hulle besef nie dat tensy die houvas van die vyand, wat hy deur die gevalle natuur van di emens, verwyder word, uit die gedagtewêreld nie, behou hy ‘n vastrapplek in die lewe van die gelowige, waarvandaan hy sy aanval-le kan loots om ‘n hindernis te wees in aktiewe diens van die Here. Hoe baie is daar wat nie hierdie gevaar en aanslag op die gedagtewê-reld kan raaksien nie.

Toegewyde kinders van die Here, met harte vol liefde maar gemen-gde gedagtes – gedagtes wat nie herskep en verlos is van die inmeng-ing van die vyand. Gevolglik het hulle ‘n vreemde gebrek aan gees-telike begrip. Hulle kry “flitse van lig” en volg die “flitse” wat dikwels ‘n dwaalling is wat hulle mislei, maar hulle het nie geesteli-ke insig nie. Hulle besef nie dat God instaat is om nie net die gemoed te bevry nie, maar dit ook te herskep en nuut te maak, sodat dit glashelder kan word en dat elke “rebelse” “gedagte gevange geneem moet word.” 

Ons het gesien dat een rede waarom die bevryder van die gedagte so belangrikis, is omdat dit die draer van die gees is. Het dit jou al ooit getref hoe buitengewoon dit is dat die kinders van die Here so baie kan hoor en so min kan itgee. As jy iemand vr om iets te herhaal van wat gehoor is, dankan hulle dit nie doen nie. Hulle het vir jare na massas waarhede geluister, en tog het hulle nie die vermoë om dit oor te dra en ‘n siel wat in nood is te help nie. En baie van hierdie hoorders sal dan nog vir jou sê dat hulle die doping met die Heilige Gees ontvang het. Die rede hiervoor lê in die onvernieunde gemoed. Hulle mag waarlik die Heilige Gees ontvang het by wedergeboorte, maar met eerbied gesê: Hy is “gebonde” in die gees, en kan nie deur die obstruksie in die kanaal van die gemoed kom nie.

Een rede daarvoor is dat baie kinders van die Here hulle nie deurweek in die gedagtes of Woord van God nie. Hulle dink dit is genoeg om ‘n teksie in die oggend te lees en so kry hulle nie die gemoed ten volle vernuwe nie. Al die werking van die ou gemoed is vyandskp teen God en daarom vind mens vooroordeel teenoor die waarheid by die mense. Indien jy vind dat iemand bevooroordeeld is teenoor die waarhede wat hy nie verstaan nie, kan dit beteken dat daar nog ‘n werking van die ou gemoed is. Die gemoed is soos ‘n saadbedding. Ons besef nie waarmee ons ons gemoedere mee vul nie Of die saad wat ons saai vir toekomstige gebruik nie.

As jy net ‘n aanmerking oor iemand maak het jy ‘n saad gesaai, en indien dit ‘n kritiese aanmerking is, kan dit uitbasyn word om by die eerste geleentheid vooroordeel te veroorsaak.

As jy na al hierdie waarhede kyk kan jy duidelik sien waarom die Apostel die gedatewêreld van die mens beskryf as ‘n vesting wat vir Christus verower moet word en onder Sy beheer moet kom. Ons besef nie dat baie wat vir ons lyk na “natuurlike” onvermoë in die gebruik van ons verstand, is gedeeltelik die werk van die vyand, wat sy eie sieninge, gedagtes, idees en planne in ons gemoed wil kom uitstort as ons die vesting nog nie ten volle verower het, uit die mag van die vyand nie.

7) DIE NOODSAAKLIHEID VAN DIE VERNUWING VAN DIE GEMOED:

Die vraag is dus, hoe kan die gemoed ten volle vernuwe word, want as ons kinders van God is, was daar ‘n gedeeltelike vernuwing toe die waarheid van God vir ons deurgebreek het. Bekering word in die Bybel in die eerste plek beskryf as ‘n “verandering in die gemoed”. Dit beteken “kom tot inkeer”. Om tot inkeer te kom word beskryf as “om tot jou sinne te kom” en tot ‘n “regte verstand-houding” te kom. Bekering word dus beskryf as eerstens n “veran-dering van die gemoed” wat saamloop met die verandering van die hart.

8)  DIE KRUIS DIE PLEK VAN VERLOSSING

           Vir volle vernuwing van die gemoed het ons nodig om na die kruis toe te gaan en die boodskap te leer dat

”die ou mens met Christus gekruisig is.”  Die verduisterde, vleeslike gemoed is hierby ingesluit.  Dit is duidelik uit die woorde in Efe.4:22, 23:  “Dat julle wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle “gemoed” en om Paulus se voorskrif in verse 17, en 18 te volg i.v.m. die verduisterde en onkundige gemoed.  Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie – mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart.  Daar word beveel dat die “ou mens” gekruisig en afgelê moet word deur die gelowige sodat hy “vernuwe kan word in die gees van sy gemoed”.  Daarom loop die weg van vernuwing deur Golgota.  Ons moet eerstens ‘n kennis hê van die toestand van die natuurlike gemoed, en dat die “verandering in die gemoed nie diep genoeg gegaan het by bekering om die siel te verlos van die mag van die vyand in sy gedagtewêreld en verstandelike en geestelike aktiwiteite nie.  Dan moet daar ‘n doelbewuste en definitiewe “aflê” van die “ou mens” wees in die aspek van die ou vleeslike gemoed, om elke gedagte gevange te neem vir God.  Wat dan verlang word is om te erken dat die onvernieude gemoed deel is van die ou natuur is wat by die Kruis afgelê moet word.  Onthou God doen net wat jy Hom voor vertrou.  Dit is nodig om te besef dat wat God wil hê is selfs ‘n ‘koelbloedige’ geloof, as die gelowige sê “ek vertrou U om dit te doen.”  Ons verwag dat Hy die hele werk in een oomblik sal doen, maar Sy plan is dat ons Hom stap vir stap sal vertrou vir elke tree van die pad. Sommige mense verstaan wat dit betekenom met Christus gekruisig te wees.  Die Heilige Gees sal jou in die besonderhede van wat  dit beteken in lei.  Hy sal die lig laat val op die omvang daarvan om vir jou te wys waar die ou lewe gesetel is, sodat daarmee gehandel kan word.  AS Christus jou lewe is, is Hy gekroon as die middelpunt van jou lewe.  Die nuwe lewe met Christus in die senter en “ek gekruisig” moet voortdurend die uitgangpunt van my lewe wees.  Die Heilige Gees sal die lig laat val op die gebiede wat tot nog toe nie mee gehandel is nie.  Vandag kyk ons na die gedagtewêreld.  Hier is dit nodig dat jy al sê:  “Here ek vertrou U om vir my ‘n nuutgemakte gemoed te gee, ek is gewillig om met die oue te breek.”

           As iemand teenoor jou van iemand anders praat op ‘n wyse dat dit jou in die gemoed bevooroordeeld mak teenoor daardie persoon, sê dan “Moet asseblief nie, ek het die persoon nog nie ontmoet nie.  Ek sal hom graag wil ontmoet sonder enige vooropgestelde idees omtrent hom.”  Indien jy vandag ou ou gemoed by die Kruis kom aflê, en die Here vertrou om jou ‘n nuwe te gee, dink jy dat elke “rebelse gedagte” maklik onderwerp gaan word?  Dit bring ons by die vraagstuk van:

9)        DIE PRAKTIESE BEVRYDING VAN DIE GEMOED

           Ons moet besef dat die “gedagtewêreld nog altyd die gevegsterrein van die vyand sal wees, selfs al het ons die Verlossing van Golgota vir ons toegeëien.  Ons moet weet hoe die bevryding van die gedagtewêreld in der waarheid moet uitwerk, en hiervoor het die Gees van God ons aktiewe samewerking nodig.  Die gelowige moet besef dat die aanvalle van die handlangers van die Satan hoofsaaklik gerig is op die gedagtewêreld.  Let op hoe Paulus hierdie feit besef, en beskryf die gedagtewêreld van die christen as die strategiese slagveld van die vyand.  “Ek vrees” skryf hy aan die Korinthiërs “net soos… julle sinne so miskien bedorwe kan raak…”  En dan sê hy vir hulle hoe dit sal gebeur.  “As iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig… of as julle ‘n ‘ander gees’ ontvang of ’n ander evangelie’  II Kor.11:3, 4.  Dit is die gevaar vir die christen dat valse leringe aanvaar word en hy weggelei word van die eenvoudige evangelie van Jesus Christus.  Dit is op hierdie tydstip wat satan hom verander in ‘n engel van die lig.  Hoe min besef die satan valse lig gee in die gedagtewêreld, selfs lig omtrent ‘n “Jesus” wat nie die Here Jesus Christus is nie, en verkondig  ‘n ander gees” wat nie die Heilige Gees is nie, en deur sy dienaars verkondig hy ‘n ander “evangelie” wat nie die evangelie van die genade van God is nie.  Die gevare waarvoor Paulus aan die Korinthiërs geskryf het is vandag duisend keer erger, a.g.v. die spiritistiese magte wat vandag in die wêreld aan die werk is.

Ook a.g.v. die geweldige klad op die ontwikkeling van die geestelike lewe in ons tyd, ook omdat die vyand aktief aan die werk is om die geestelike kragte van die kinders van die Here af te breek deur die stremming wat die konflik van die lewe op hulle plaas.  Daar is ernstige gevare wat ons bedreig.  Valse leiding, valse gesigte, valse planne, wat alles voortspruit uit die werk van die vyand in die gedagtewêreld.  Daar was nog nooit ‘n tyd dat die gelowiges die ‘helm van verlossing’ so nodig gehad  het om hulle hart te bedek teen die aanslae van die vaynd nie.  Die atmosfeer is gevul met suggesties van die prins van die “bose magte in die lug wat die gedagtes en idees flits in die gedagtewêreld van die mens.  Neem wat genoem word die “hoër kritiek”. 

Stel jou voor ‘n man wat geen kennis het van sy studeerkamer.  Wonderlike “gedagtes” wat in sy gemoed opkom, wat beskou word as die resultaat van sy eie denke en die wêreld is in ekstase oor sy ‘briljantheid’.  Helaas die ‘briljantheid’ van ‘n gemoed waarvan die Bybel verklaar ‘verblind is deur die god van hierdie eeu’ en opgewek deur die ’gees’ wat nou werk in die kinders van die ongehoorsaam-heid’, is geheel en al duisternis in die oog van God. Wat die verduis-terde gemoed instaat is om te produseer onder die opwekking van die geeste van satan kan gesien word, bv. in die geskrifte van ‘christian science’ waar woorde gebruik word soos ‘n ‘spinnekop en sy web spin’.

Die gevaarlike effek wat deur die prins van die magte in die lug op ‘gemoedsere’ uitgeoefen word, sal toeneem namate die einde van die dispensasie nader kom en die kinders van die Here sal gevang word in die strikke van hierdie ‘fantasie’ tensy hulle ‘n vernuwing in die gemoed ondergaan het, en nugter gehou word deur die waarheid van God.  Hulle het nodig om in die lig van hierdie gevare te waak teen oorwerktheid, wat ooreising van die verstand kan meebring, wat hulle onbevoeg maak om nugter te oordeel.

10)      DIE PRAKTIESE WEG TOT OORWINNING:

Hoe moet ‘n kind van God se gemoed werklik vrygemaak word van die vyand se beheer en vernuwe word deur die Gees van God?  Ons het gesien dat daar bevryding is deur die kruis, maar daar is ook ‘n praktiese deelname van die gelowige se kant   Die eerste vraag waarop gelet moet word is die een aangaande beheer.  Daar mag ‘n verkeerde gedagte hieromtrent wees wat nie oor die hoof gesien kan word nie.  Jy is volkome bewus daarvan dat jou gedagtewêreld buite jou beheer is, en jy het gebid dat God dit sal ‘beheer’ onafhanklik van jou.  Maar tevergeefs.  Somtyds is jou gemoed vol dwalende gedagtes en jou verbeelding oploop, of dit is swaar, passief of lui en onbruikbaar.

Praktiese gesproke is dit buite jou beheer, en ook nie onder God se beheer nie.  Wat is die rede?  Dit mag wees dat hy nooit jou ‘ge-moed’ onder die beheer van die vyand uitgeneem het nie nl.  ‘die on-gelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie II Kor. 4:4 en dit vrywillig aan die dood van die kruis oorgegee het en God vertrou het om jou ‘n nuwe geoed te gee. 

Menige kinders van die Here weet dat hulle gemoedere nie onder God se beheer is nie en ook nie onder hulle eie nie   En dit is dikwels omdat die vyand ‘n gedagte in hulle gemoed geplant het wat van hulle gemoed besit geneem het totdat hulle daardeur beheer is.  Wanneer jy ‘n persoon vind wat net oor ‘een ding’ kan praat is dit die beste om hom te vermy. Dit sê altyd dat daardie persoon se gemoed nie onder beheer is nie.  As God in beheer vn jou gedagte en gemoed is kan jy kies waaroor jy wil dink en wanneer jy wil praat.  Maar as jy sê ‘as ek nie sê wat in my gedagtes is nie sal ek dit vergeet’ dan beter jy dit ‘vergeet’.  Hoevele besoedel jou nie met wat in hulle ‘gedagtes’ is nie, en dink nooit daaran wat die effek daarvan op jou sal wees nie.  Hoe nodig het ons almal nie om met nugterheid te let op ons gedagtes nie.  Onlangs het ek ‘n brief ontvang waarin vir my vertel is van ‘n christenman wat gesê het: 

“My vrou was ‘n lieflike christen, maar skielik is die suggestie een nag deur die vyand in haar gemoed geplant dat sy die onvergeeflike sonde gedoen het en nou is sy in ‘n seunuwee-kliniek opgeneem en ek kan niks doen nie, en my klein kindertjies is sonder ‘n moeder.  Die predikant het die wysheid gehad om vir die arme man te sê dat dit heelwaarskynlik van die vyand af kom en neergekniel en vir die Here gevra dat as die satan die gedagte in haar gemoed geplant het Hy dit deur die oorwinning van die kruis aan haar sal openbaar.  Prys die Here, binne 14 dae was sy terug by haar huis.

11)      DIE KARAKTERTREKKE VAN DIE NUWE GEMOED

As die gemoed vernuwe is, dan vervul die Gees van God die belofte van God wat sê:  “Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.”  Heb.10:16.  Sodoende verkry ons die “sin” van Christus I Kor.2:16.  Wat hierdie “sin” is lees ons in Fil. 2:5-8.  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.  Die praktiese lewe is slegs veranderd in soverre as wat ons “verander” word deur die “vernuwing van die gemoed”.  Christus se “gesindheid” was om God te gehoorsaam, selfs tot die dood van die kruis.  Daardie “gesindheid” in ons word ‘n wapen-rusting.  “Moet julle julleself bewapen met dieselfde gedagte.”  I Pet.4:1  bv. Jesus Christus se gesindheid teenoor die kruis.  On sê Jesus het gely en as ons in ons gedagtes  peins oor Sy lyding, en die Heilige Gees ons wys dat gemeenskap met Hom keer ons weg van die sonde, kies ons ook om te ly, en ons “bewapen” ons deur Sy gesindheid te hê.  Sodoende word die nuwe gemoed “geanker in God” instede van om deur dwalende gedagtes rondgeslinger te word.  En ‘n gemoed geanker in die Here beteken volmaakte vrede.

12)      DIE “NUWE GEMOED” AS DIE DRAER VAN DIE HEILIGE GEES

In Efe.1:18 lees ons “verligte oë van die verstand”.  Hier is die gemoed verlig deur die Gees.  Dit is die draer van lig.  Jy sien met die gemoed en jy voel met die gees.  Die gemoed is gevul met lig in die gees, wat die verstand verlig.  Dit bring die waarnemingsvermoë van die verstand in werking waardeur die gelowige in staat is om geestelike dinge geestelik te beoordeel.  Die afleidinge wat gemaak kan word (sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk – I Kor.2:13 wys dit die nuwe gemoed in werking.)

Dit is instaat om geestelike dinge te “onderskei”, “toets” “saam te vat” te “vergelyk” en “verduidelik” wat die “natuurlike” mens niks van weet nie.

Die waarnemingsvermoë van die verstand wat deur die Gees van God vernuwe is, stel ons in staat om te beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.  Die Here Jesus sê:  As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie.  In die helder daglig hoef mens nie te val oor klippe voor jy hulle sien nie.  Net so is dit in die geestelike lewe.  Met ‘n nuwe gemoed gevul met die lig van die Gees, sien die gelowige die weg waarin hy moet wandel en onderskei die wil van God helder en duidelik in teenstelling met die verwarring en verleentheid van die gemoed wat nie ten volle vernuwe is nie.

13)      DIE BESKERMING VAN DIE NUWE GEMOED

Daar is geen deeltjie van die nuutgemaakte gelowige wat nie besker-ming nodig het nie.  Dit is in die besonder waar van die gemoed wat vernuwe is:  In die eerste plek is ‘n voortdurende “omgord” van die lendene van julle verstand nodig.  Dit beteken dat jy nooit moet toe-laat dat jou verstand verslap nie, of nalatig word in jou denke, want dan sal dit ‘n prooi word vir die duiwel wat jou dophou.  Die gedagtes moet nooit ledig wees nie, sonder “graan vir die meul/” Onder normale omstandighede oet dit aktief wees.  Die apostel Paulus smeek die gelowige om nie ‘n “gedagte van angs” toe te laat nie – wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word, dan sal die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan jou hart en sinne bewaar in Christus Jesus Fil. 4:6, 7. 

Hy moet meer doen, hy moet die gedagtewêreld werk gee om te doen, laat dit bedink “alles wat waar is, wat eerbaar is, wat regverdig is, wat rein is, wat lieflik is wat loflik is, watter deug en watter lof daar ook mag wees bedink dit.”  Fil.4:8.  Dan weer moet die gelowige met die nuwe gemoed “nugter dink.”  Dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie, maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.  Rom.12:3.  Hy moet dit vekry om na hoë dinge te streef .

Moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige, moet nie eiewys wees nie Rom.12:16 en op die weg van nugter-heid neem geen stap wat nie geneem is na weloorwoë oordeel en besluitneming. Elke “gedagte gevange geneem” beteken die doel-bewuste oorweging van elke woord en aksie in die lig van God.  Op hierdie manier sal ons in staat wees om met God te wandel in hierdie dae van misleiding, en nugter wees terwyl ander weggesleep word deur die listige werke van die vyand.  Moenie volg of vertrou op wat beskryf kan word as “flitse” van lig in die gemoed nie omdat die werking van die Heilgie Gees in die mens se gemoed uitting vind deur kalm, intelligente, wel oorwoë, verligting vanuit die hart. 

A.g.v. die gevare kan ons niks vertrou wat van buite kom nie. Dit is nie dat hierdie ‘flitse’ nood-wendig verkeerd is nie, maar net dat jy dit nie kan vertrou nie.  Net min kan enigiets wat op die ingewing van die oomblik gesê word vertrou word. Veronderstel ‘n gedagte kom, moet dit eers deur en deur en deur bedink word in die teenwoordigheid van God. “As hierdie gedagte van U af kom, bring dit weer en weer en weer na my toe en openbaar dit aan my.” Op hierdie manier sal jy leer om versigtig en akkuraat in God se wil te wandel.  Ons het nodig om omhul te wees met die wapenrusting van God.  God wat in ons gees woon, wat die lig in ons gemoed werp, oorreenkomstig Sy Woord sal ons instaat stel, om versigtig en biddende met Hom te wandel.

*************************************

DIE GEDAGTE WêRELD IN DIE KERK:

MARK.12:28-34 + 1 PET.1:15-16

INLEIDING:

Ons het verlede week gekyk na die wonder van die brein hoedat hy uit 14 biljoen senuselle bestaan en hoedat elkeen vanhierdie selle weer tot ‘n minumim van 5000 tot 50 000 selle in die liggaam verbind is. Verder het ons gesien dat die brein telkemale foto’s neem van dinge wat hy waarneem wat soms ongekende letsels in die gemoed van die persoon laat.

Dinge wat ‘n blywende letsel laat is konflik in die huishouding, een of ander vorm van mollestasie, krissese waarin ek voel die Here het my nie verhoor nie, en liefdes teleurstellinge ens.

Ons wil so graag die Here behaag en Hom volkome dien, maar daar is dikwels soveel probleme en optredes wat die Here nie behaag nie, weens soveel fatore. Vandag wil ons kyk wat die Bybel leer aangaande die gedagte van die mens.

Daar is drie verhoudinge betrokke in ons verhouding tot die Here:

1)   Die van die skepping teenoor die Skepper.

2)   Die van die dienskneg teenoor sy heer,

3)   Dan onderdaanskap teenoor die die Soewereine.

Die laaste vereis ‘n onselfsugtige liefde en oorgawe. Dit gee ons verder die genade om te leef soos Hy leef in heiligheid en geregtigheid.

Hierdie verhoudinge is kardinaal en nie opsioneel nie.  Om nie aan hierdie outoriteite oor te gee nie veroorsaak stryde en dubbelhartig-heid.

Die vraag wat ek myself moet vra is Waar is die Here in my lewe: Hoe reageer ek t.o.v. Sy wette, Sy eise, Sy dissipline en vir Sy wil vir my.

Ons kry die spreuke waar iemand sê: Ek is moeg om deur die Here beheer te wees , ek is oeg vir my kerk, en familie, ek wil vry wees…

Gevaarlik. Hierdeur verklaar hierdie persoon sy uiterste gebonden-heid. Ons kom by die plek dat ons wil uitbeweeg uit die magtigste invloed in ons lewens nl. die here en wil inbeweeg onder die heersakppy van die duiwel. Daar is geen middeweg nie.

Gebed en gehoorsaamheid aan die Here is pligte wat ons moet nakom, dit is nie keuses nie, dit is pligte.

DEFENISIE VIR GEDAGTE OF MIND:

Om hierdie defenisie te verstaan is dit belangrik dat ons ‘n onderskeid moet tref tussen:

1)   Die sondige natuur,

2)   Persoonlike laste en dinge in my lewe wat opsigself nie sondig is nie maar korreksie nodig het.

3)   Die menslike natuur soos die Here dit bedoel het, en die genade om die herstel te kan ondervind.

Ons gaan nie vanoogend oor die verskillende tempramente praat nie, hulle is nie sondig of heilig nie.

I) Die Griekse woord dianoia mind word in drie gevalle gebruik nl.

a) Matt.22:17 “sê dan vir ons wat dink U; Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal…”

b) Mark.12:30 “uit jou hele verstand” die Here jou God liefhê.

c) Luk.10:37 “Wie dan van hierdie drie dink jy…” Barmhartige Samaritaan.

Dit verwys ook na die vermoeë om te dink. Dit is om te dink met rede, te onthou, kennis, oordeel, verbeelding, ondersoek in te stel, om vooruit te dink.

Dit is in hierdie deel wat ons meer soos die Here is as diere. Dit is die vermoeë om ‘n begrip te verstaan, wat aan ‘n geestelike waarde gekoppel is.

Weens die sondeval het die gedagte wêreld nou die setel van bose begeertes geword. Efe.2:3 Onder wie ons almal ook vroeër gewandel het onder die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van ons sinne gedoen het…”

Dit is ook vyandskap Kol.1:21 “Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandiggesind deur die bose werke, het Hy nou versoen.”

Ook rakende verlossing lees ons: Hebr.8:10 “Ek sal My wette in julle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

Hebr.10:16 “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit na die dae; spreek die Here verder Ek sal My wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.”

II) Die tweede woord vir verstand is nous.

Van die 24 keer wat dit in die N.T. voorkom gebruik Paulus dit 21 keer.

Daar is ‘n baie klein verskil tussen die twee woorde hoewel daar tog ‘n effense verskil is nl.:

Nous verwys meer na die plan of bewerking of inisieëring

Rom.11:34 “Want wie het die gedagte van die Here geken…”

1 Kor.2:16. “Want wie het die sin van die Here geken…”

Hier het dit met ‘n afgehandelde opinie te doen: Rom.14:5 “ Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees”

Die vervalle gedagtes van die mens kan herstel word tot die heiligheid van die Here. Rom.12:2 Efe.4:23 “dat julle vernuwe moet word na die gees van julle gemoed”

III) Phronema Dit verwys na ‘n gesindheid. Dit het met ‘n vaste patroon of mind set te doene. Sien Fil.2:5 Hierdie gesindheid, verwys na die woord. Ons moet volmaak wees, Fil.3:15 as ons anders gesind is sal die Here ons oortuig.

In Kotinthe het ons ‘n vleeslike mind teenoor die geestelike mind.

In Fillipense het ons die gesindheid van die Here Jesus, en die menslike gedagte.

Die gesindheid waarna hy hier verwys is die van: onselfsugtige toewyding, tot die roeping van verlossing.  Dit wys ook om gehoorsaam te wees tot die dood toe. Gal.2:20 Bevestig Paulus hierdie selfde gesindheid in sy lewe.

Die woord gedagte word hier nie aan intellegensie gekoppel nie, maar meer oorgawe en gewilligheid. 

Weens al hierdie ervaringe wat ek gehad het, is daar basies 6 maniere waarop ek myself tot die Here verbind:

1)   MENSE PROBEER OM DIE HERE TE ONTKEN.

Ps.14:1 Sê: “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie”

Daar bestaan nie, so iets soos ‘n aties nie. Dit is onmoontlik om die feit van die Skepping en die Godheid te ontken. Meestal was dit persone wat elders geestelik seergekry het wat dan aan die Here die skuld wil gee.

2)   SOMMIGE VERLOëN NIE DIE HERE NIE, MAAR

ONTKEN DIE HERE.

Die mens leef asof die here nie bestaan nie, en ook asof daar nie ‘n dag gaan aanbreek waarin Hy die mens in geregtigheid gaan oordeel nie. Die mens leef asof hierdie realiteite nie saakmaak nie.

3)   HULLE WEERSTAAN HOM:

Hulle erken Sy bestaan en verstaan Sy eise, maar keer doelbewus hulle rug op die eise van die Woord, en is daarom doelbewus in rebellie teen God.

Mense wil die Here dien op hulle voorwaardes, en nie volgens die eise van die Woord van God nie.

4) HULLE NEEM DIE HERE KWALIK:

Soveel mense leef in rebellie teenoor God omdat hulle glo dat die Here hulle benadeel het, soos ‘n finansiële verlies, of een of ander terugslag wat hulle ervaar het.

Hulle hou die Here aanspreeklik vir alles sleg wat met hulle gebeur het, terwyl Hy nie daarvoor aanspreeklik gehou kan word nie.

5) DIE HERE WORD BLOOT NET GEBRUIK.

Dit mag die gewone gemiddelde kerk mens wees wat die Here verbaal erken en Hom graag binne bereik wil behou, sodat hulle op Sy knoppie kan druk wanneer hulle in die moeilikheid is.

Hulle beweer dat hulle die Here liefhet maar die werklikheid is is dat hulle self gesentreerd leef en bloot net die liefde van die Here ge-bruik. Hulle mag vreeslik godsdienstig wees en selfs bid, en verwys na die Here as hulle Verheerlikte dienskneg wat daar is om aan hulle vereistes te voldoen.

Die Here word bloot ‘n 4 letter simbool wat ondersteun wat ons ookal kies. Sy doel is om ons te genees, voorspoedig te maak, en ons gebede te verhoor, en ons van alle vorme van onheil te bewaar, maar moet die meeste van die tyd uit die pad bly.

Sy plek in ons lewens is beperk. Hy sal graag Sy wil wil doen indien dit inval by my wil. Die Here is erens in my lewe en nie alles in my lewe nie. ‘n Gerief en nie my lewe nie.

Dit is die tipiese besigheidsman wat by tye kerk toe gaan , om bllot in te klok, en wil daardeur aan die Here te erkenning gee dat hy darem nog in Hom glo, en hoop dat Hy geduldig sal wees met my self gesentreerde lewe, en materieële styl van lewe.

Hierdie persone gryp nie die ware beginsel van vertroue in die Here vas nie. In die vraag wat die uitsluitlike doel van di emens is, nl. om die Here te verheerlik, en om Hom vir ewig te geniet. Omdat hierdie soort persoon nie leef met die doel om die Here te verheerlik nie, ge-niet hulle nie die teenwoordigheid van die Here nie.

Hulle benadering t.o.v. die Here is suspisie, vrees, vreemdhede in gedrag, ontrekking, en gerief. Enige iets behalwe dieliefde wat my dring en om die Here te geniet in ‘n warme vertroulike en intieme wyse bestaan nie.

6) DIT IS BLOOT OM DIE HERE LIEF TE Hê:

Rom.12:1

Ons eerste plig wat die Here van ons vra of beveel is om die Here lief te hê met ons hele hart, en siel en verstand. Mark.12:29-30 ‘Jy moet die Here jou liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand, en uit jou hele krag.”

As die Here ons beveel om Hom lief te hê met ons hele krag dan moet ons dit doen. Dit is nie met my emosie as sulks nie, maar met ‘n beslisde keuse. Die Bybel is deurspek van teksverse wat ons bemoedig om dit te doen. Ons moet kies om hierdie genade te beoefen.

Alle pligte of werke moet vir die Here wees, alles wat ek doen moet die uitsluitlike doel hê om die Here Jesus te vereer. In alle fassette van die samelewing.

Ons kan onsself afsloof in wat ons doen en tog vaal omdat ons dit nie vir dieHere doen nie. Daarom dat Matt.6:33 sê: “Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid,…”

WAT DIT BETEKEN OM DIE HERE LIEF TE Hê:

Om die Here lief te hê is om tot Hom aangetrokke te voel, as die sentrale deel van ons wese. Dit is om in ‘n persoonlike verhouding met Hom ingebring te word, deur Sy Seun Jesus Christus, wat ‘n dag tot dagwandel met die Here behels.

Dit beteken ‘n – onafgebroke verhouding met die Here.

–       ‘n verhouding waarin daar nie ‘n skaduwee is nie.

–       ‘n onvoorwaardelike lojaliteit teenoor die Here.

–       ‘n onvoorwaardelike vertroue.

–       ‘n onbeperkte onderwerping aan Sy wil, soos in die Byble geopenbaar.

Om die Here lief te hê is om Sy weë, Sy werk, en Sy Woord lief te hê. Wanneer ek Hom onvoorwaardelik liefhet sal ek nie Sy weë in my lewe betwyfel nie, en sal nie vervelig raak in Sy handelinge nie. Hy verlang om Sy Woord te gehoorsaam. Dit is die hoogste bevrediging wat ons kan ervaar.

WAT DOEN WARE LIEFDE:

Die verskillende vorme van liefde:

1)   Dit sal die praktiese aspekte van my daaglikse lewe beheer. Die persoon wat die Here liefhet sal konsensieus wees, want hy weet dat hy die blled van die Here in sy lewe dra.

2)   Dit sal ons dissipelskap opskerp. Gehoorsaamheid aan die Here sal ‘n handeling verwag wat vir ander as ‘n plig sal lyk.

Luk.9:59-62 Verwys na die persoon wat sy hand aan die ploeg slaan en nie sal omkyk nie.

Gehoorsaamheid mag baie van ons verg. Dit mag beteken dat ek in ‘n situasie sal moet uitstap en die veragting van die mense om my sal moet in die gesig staar t.w.v. die Here Jesus.

Stanley Jones na Indië.

3)   Liefde vir God is ‘n sterk teëmiddel vir versoekings.

Die alles oorweldigende liefde is die middel wat alle aantuigings van die wêreld sal stilmaak. Mense in die wêreld beleef ergerlike aanslae, soveel so, dat net een ding ons sal kan deurdra en dit is ons liefde vir die Here.

4)   ‘n Volmaakte liefde vir die Here voorsien genoegsame toerusting vir Christen diens.

Die werk van die Here word dikwels met valse motiewe gekoppel. Dit kan ‘n liefde vir gesag wees, die aanhang van mense, trots, ens wees. Die vlees is nog op die senter van so ‘n persoon.

Daar word vertel van ‘n perdiker wat ‘n pernt uitgeloot het vir die persoon wat die meeste persone na die reeks sou bring. Een vrou wat die prent wou gehad het, het 62 persone gebring. Sy het die prent verwerf.

Die volgende reeks dienste was daar nie ‘n prys aan gekoppel nie en het sy niemand genooi nie. Haar lojaliteit was nie in die Here nie, maar in die prys. Luk.14:12-14 Gaan in die strate en nooi almal.

‘n Amerikaanse sendeling in Suid Amerika verwys na ‘n heiden wat ‘n vrag dra vir sy god, en ag dit nie te veel nie. Dit het hom uitgedryf om te sê: Here dat ek die lading wat u op my plaas met blymoedigheid dra. Daar het kort daarna ‘n herlewing uitgebreek.

Wanneer ons ons begeertes op die Here plaas, en ons tot SY volle diens toewy, en wanneer ons gereinig is van alle struwelinge in ons harte, en van die kroniese skop teen die prikkels wat die Here oor ons pad stuur ophou, en liefde in die plek van bitterheid in ons lewens toelaat, waar liefde afwesig is, is dit nie ‘n huis nie, maar ‘n tronk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00