DIE SONDIGE VROU(Liriek & musiek: M Grove-Rossouw - 2003
Die fariseers beroem hulle op Moses se wet
En leer al die mense om streng daarop te let
‘n Vrou word betrap waar sy owerspel pleeg
“Die kwaad moet ons uitroei” – heimlik was hul verheug!
Hulle bring haar toe na Jesus om Hom te versoek
“Egbrekers moet sterf volgens Moses se boek!
Maar U, wat sê U, moet ons doen met die vrou
U breek mos die Sabbat, as ons die wette hou.
Nou wag hul dat Jesus ‘n vonnis moet fel
“Laat die wat onskuldig is, die eerste klip optel
Bestraf deur gewetes, sluit almal verby
Net sy het bly staan en vergifnis verkry.
OU Simon nooi Jesus want hy was mos ryk
Die nuus op die markplein het haar ook bereik
Met kosbare nardus gaan sy ook daarheen
Want Hy’t aan ‘n sondaar vergifnis verleen.
Verergd was ou Simon toe Sy aan Jesus raak
Hy ken mos die vrou, wat wil sy daar kom maak?
“Simon, sê Jesus, Ek wil jou iets sê:
Die vrou is vergewe, daarom kan sy liefhê.
Is jy ook vergewe, is jou hart ook skoon?
Verwag jy die hemel, ‘n bloedgewaste se loon?
Maak gou as jy twyfel, – Sy koms is naby
Want kanse gaan elke dag by jou verby!