DIE ROEPING VAN GOD: Joh.1:1-13 - Num.6:22-27

INLEIDING:

Binne die eerste 11 hoofstukke van die Bybel, Genesis word vir ons die omvang van alles wat in die res van die Woord van die Here aan ons gegee wil word verder omvou. Alles wat ons van hom wil weet word daarin opgeneem. Dit begin in die geskiedenis van Abraham, en omspan alles waarin die mens hom aangaande die Here wil weet.

Gen.1:1 Word die sentrale figuur van die Bybel aan ons bekend ge-maak, “In die begin het God”. Dit verwys nie net na die begin van tyd nie, maar ook die eerste beginsels van dinge, en word die konsep van die Here aan ons geopenbaar.

Die bestaan van God is van uiterste belang vir die ontvouing van al-les wat daarna moet volg. Om hier te faal beteken om in die res van my uitkyk aangaande geestelike dinge te faal.

Daar is geen poging om die bestaan van die Here te ondersoek nie, en het nooit by die Hebreeus opgekom nie. Om die Here nie te ken nie Ps.14:1 is om nie vir Hom om te gee nie.

DIE BELANGRIKHEID VAN SY NAAM:

Die Name van die Here is belangrik om te ken want daardeur kan ons Hom verstaan. Dit beklemtoon belangrike feite aangaande die Here, om ons begrip van Hom te verdiep en meer te verstaan.

Die Hebreeuse Name het betekenis en omskrywinge aan Hom gegee. Dit was nie maar net om persone van mekaar te onderskei nie, maar daar was ‘n karakter eienskap aan daardie Naam gekoppel.

Elohïm and El.

          Hierdie woorde beteken ‘God’.  Eloïm kom 2 550 keer in die Hebreeuse OT. voor.  Dit word bedoel om die ware en lewende God te beskryf meer as 2 2000; dit word 245 keer gebruik om die God van die hemel, anders as heidense afgode te beskryf.

          Elohïm is ‘n meervoudsvorm wat ook deurgee dat Wie hier in-gedrang is, adelik is.

          1) “El” se betekenis is ‘om eerste te wees’, ‘om sterk te wees’ of ‘die sterk een’ of ‘die leier’.  In Gen.31:29  word dit as ‘mag’ vertaal. 

          As “El” as eenvoud gebruik word, word dit dikwels verbind aan ‘n ander term, bv. “God die Allerhoogste” “El Elyon”  Beteken ook letterlik om op te gaan, en te erken as die Een wat Hoog en vehewe is. Gen.14:18-20, 22;  Num.24:16; Dan.3:26 Jes.14:14.  Dikwels vanuit die monde van heidene of nie-Jode. “God Almagtig” “El Shaddai” Gen.17:1 was dikwels gebruik deur die voorvaders in hulle geskrifte.  “God die Ewige”  “El Olam” Gen.21:33;  “God die Lewende” “El chay”  Deut.5:26;  “die God van genade”  El rahum”  Ex.34:6;  en “die God wat sien”  “El roi”  Gen.16:13.

          “El” het ook dikwels voorgekom in die name van persone en plekke.  Israel  “God bly”; Bethel “huis van God”;  Immauel “God met ons”; Joël  “Jehova is God” ens. “Eloah”, die enkelvoud word 41 keer gebruik in Job, maar selde op ander plekke.”

          2) ADONAI: Die naam is gekoppel aan die betekenis om te oordeel of te heers. En wys na die Here as die Magtige Heer-ser. Dit verwys na Sy absolute gesag en ons as die mens wat aan Hom onderworpe is. Dit was die gewone naam waarmee die volk van Israel die Here aangespreek het. Die woord was later vervang deur die woor Jehovah.

Al die name en hulle verbuigings tot dusver verwys na die Here in Sy verhewe vorm. Die volgende Name verwys Na Hom in die wyse waarin die mens tot die Here kan nader.

3) SHADDAI EN EL-SHADDAI: Die woord shaddai is van die woord Shadad of kragtig afgelei, wat wys na die Here wat alle mag besit in die hemel en op aarde. Elohim is die Skepper en aard is die dat alles deur Hom geskape en voltooi is, terwyl Shaddai die groot-heid van die Here beklemtoon as die onderwerp vir wie gevrees en gegeer moet word. Dit is die naam waarin die Here aan Abaraham verskyn het, as die Vader van die getroues. Ex.6:2

4) YAWEH en YAWEH TSEBHAOTH: Hierin openbaar die Here Homself as die Heer van genade. Dit word as die mees eerbaarste en uitsonderlike naam van die Here onderskei. Die Naam waarmee daar nie gekomunikeer kon word nie.

Dit is waarna Lev.24:16 verwys: “En wie die Naam van die Here laster moet sekerlik gedood word”.

Hulle sou die naam wanneer hulle sou lees eerder verander het na Adonai, of Eloim. Die naam het verwysing na die Derde persoon van die Drie–Eenheid. Die betekenis word in Ex.3:14 verduidelik. “Ek is wat Ek is.” Dit verwys na die onveranderlike Naam van die Here.

DIE NUWE TESAMENTIESE NAME VAN DIE HERE:

1)      THEOS: Vir die Hebreeus is daar in die Grieks ekwavilente Name. Vir Eloim is daar die woord Theos. Wat die mees algemene Naam was waarin die Here genoem was. Sien Mark.5:7; Luk.1:32;35;75. Hand.7:43; 16:17 Hebr.7:1.

Die naam Shaddai: en El Shaddai: is van die woorde in die N.T. Pentokrator en Theos afgelei 11 Kor.6:18; Openb.1:8; 4:8; 11:17; 15:3; 16:7+14.  In die O.T. was die woord op Nasionale vlak gebruik terwyl in die N.T. meer op individuele vlak.

2)      KURIOS: Die woorde “die Alfa en die Omega” word ook o.a. van hierdie woord afgelei. “Hy wat is en wat was en wat sal wees” “Die begin en die einde” “Die eerste en die laaste” Open.1:4;8;17; 21:6; 22:13. 

Kurios beteken krag, en het nie dieselfde verbintenis met Yehowa nie maar verwys na die Here as die Magtige Een, die Here, Die Besitter, Die Heerser, wat wetlike krag en outoriteit het. Dit word nie net na die Here verwys nie maar ook na Christus.

3)      PATER:  Die Naam Vader is al reeds deur die oudste afgode diens gebruik, en het die verhouding tussen die Here en Israel omskrywe. Deut.32:6; Ps.103:13; Jes.63:16; Jer.3:4+19, terwyl Israel ook as die kinders van God genoem was. Ex.4:22; Deut.14:1; Jes.1:2; Jer.31:20; Hos.1:10+11:1.

Dit was teoreties gebruik in die verband waarin die Here die volk wil sien. As Skepper en die inisieerder staan dit in 1 Kor.8:6; Efe.3:15; Hebr.12:9 en Jak.1:12.

In al die ander gevalle staan die woord i.v.m. die verhouding waarin die Here tot Sy Seun staan.  

Die Name van die Here sal nooit die omvang van wie Hy is om-skrywe nie. Hoewel die Name vir ons beperk is omskrywe dit God-delike geestelike waardes vir ons.

Die naam van die Here is in effek die somtotaal van Sy openbaar making van wie Hy is.

Dit word in Ps.8:2 “O, Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op

               die ganse aarde U wat u majesteit gelê het op die hemele.”

Die Levitiese seën van Num.6:22-27 is bedoel om die Naam van die Here oor die volk te bring sodat Sy seën en teenwoordigheid op hulle kon rus.

Die Naam van die Here word ook gebruik om die teenwoordigheid van die Here uit te beeld. Die volk moes op die plek wat Hy vir hulle aangedui het, gaan aanbid in die volgorde van die stamme, en Hy wil Sy woning onder hulle maak, daar moes offers gebring word, en moes die Naam van die Here aangeroep word.

Vanaf Enos in Gen.4:26 het hulle die Naam van die Here aangeroep, en het Abraham ‘n altaar gebou, naby Betel, met sy eerste besoek in Palistina, en het daar die Naam van die Here aangeroep. Gen.12:8 …

Sy Naam is heilig Lev.20:3 en mag nie ligtelik opgeneem word nie, en om Sy naam aan te roep is om te sê hoe Hy is Ex.33:19. Om te praat, om te seën, om te handel, met outoriteit en krag.

DIE REDE VIR DIE BESPREKING

VAN DIE ONDERWERP:

Die bespreking van die orde van roeping en die wedergeboorte is reeds dikwels bespreek.

In die Bybel vind ons die roeping van die Here op ‘n paar plekke. Daar was die gesig van die droë beendere, in Eseg.37:1-14 terwyl Esegiël oor die beendere geprofeteer het as beeld van die volk van Israel, het die asem van die Here of lewe in hulle ingekom.

Die gedeelte verwys na die siviele sowel as die geestelike herstel van die volk van Israel, en kan self na die wederkoms verwys. Dit wys op die Nuwe lewe van die Here.

In Hand. 16:14 kry ons ‘n baie interresante gedeelte met die bekering van Lydia. Tydens die prediking van Paulus, het die Here die hart van Lydia geopen, om ag te gee op die dinge wat Paulus gespreek het. Dit het gepaart gegaan met die roeping van die Here.

In Rom.4:17 verwys na die skeppende krag van die Here waardeur dinge tot stand gebring is wat eens nie daar gewees het nie. “Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak – voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.”

Ook in Jak.1:18 “Volgens Sy wil het Hy ons voortgebring deur die

woord van die waarheid, sodat ons as eerstelimnge 

van Sy skepsele kan wees.”

Die woord van waarheid is die Evangelie, wat nuwe lewe bied, en wat volgens.1 Pet.1:23 “want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onver-ganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.”

Die saad is die evangelie wat aan hoorders gepreek word waardeur mense gered kan word.  

Telkemale wanneer die Here roep is daar ‘n erns in Sy roepstem om vir u en my op een of ander manier uit iets te haal of om ons tot iets te roep.

Merkwaardig wat die Woord van die Here leer aangaande die roep-ing of roepstem van die Here.

Daar word soveel verskillende woorde gebruik in die oorspronklike taal om dit te verduidelik dat ons daarna gaan kyk.

Kom ons kyk na die eerste woord:

1KALOE:

Die woord is afgelei van die woord call, en word binne ‘n persoon-like verband gebruik. Om iemand te roep, of om uit te nooi.

Matt.20:8 “En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd

vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul 

loon; en begin van die laastes af tot by die eerstens.”

Matt.25:14 “Want dit is soos wat op reis wou gaan en sy diensknegte

roep en aan hulle besittings toevertrou.”

Hierdie woord word spesifiek na Goddelike roeping verwys, wat deel moet hê aan die seëninge van verlossing.

Rom.8:30 “en die wat Hy vantevore verordineer het, die het Hy ook

 geroep; en wat Hy geroep het, die het Hy ook gereg ver-

dig; en die wat Hy geregverdig het, het Hy ook verheerlik.”

1 Kor.1:9 “God die getroue deur wie julle geroep is tot die gemeen-

skap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.”

1 Thess.2:12 “en betuig dat julle waardiglik moet wandel voor God

wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.”

Hebr.9:15 “En daarom is Hy Middelaar van ‘n Nuwe Testament, so-

dat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlos-

sing van die oortredinge onder die eerste testament, die

wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.”

Dan is daar die roeping deur ‘n spesifieke naam:

Rom.9:25-26 “Soos Hy in Hosea sê: Ek sal die wat nie My volk is

 nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; en in die plek waar aan hulle gesê is: julle is nie my volk nie! – daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.”

Die roeping vind deur die Drie-eenheid plaas.

Eerstens lees ons van God die Vader wat roep.

1 Kor.1:9      “God is getrou deur wie julle geroep is.”

1 Thess.2:12 “en betuig dat julle waardiglik mag wandel voor God

wat julle tot Sy koninkryk roep.” 

Die Vader het dit deur SY Seun bewerk:

Matt.11:28 “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek

 sal julle rus gee.”

Luk.5:32 “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar son-

daars tot bekering”

Joh.7:37 “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus

gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat

 hom na My toe kom en drink. Hy wat in My glo soos die

Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei”

Die Here Jesus roep deur Sy Woord, en Gees.

Matt.10:20 “want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van

 julle Vader wat in julle spreek”

Joh.15:26 “Maar as die Trooster gekom het, wat Ek vir julle van die

Vader sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die

Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.”

Hand.5:31-32 “Hom het God as Leidsman en Verlosser deur Sy reg- 

ter-hand verhoog om aan Israel bekering en vergif-                

nis van sonde te skenk. En ons is sy getuiens van hier-

die dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het

aan die wat Hom gehoorsaam is…”  

**************************

VOLGORDE VAN SY ROEPING:

Die eerste 11 hoofstukke van die Bybel is die fondament waarvan-daan die hele Bybel vir omvou word.

Rom.4:17 Hy roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle wel bestaan.

Gen.1:1 Geen twyfel aan die bestaan van God nie.

Hy spreek en die skepping met al sy omvangrykheid kom  tot stand.

Hy blaas in Adam Gen.2:7 Sy lewe in nadat hy van stof gevormeer is en Adam word ‘n “lewende siel”

Die begin van die mensdom.

Kain word deur die Here geroep nadat hy soos Adam en Eva gesondig het en die Here sê aan Kain: Gen.4:7“Die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou…”

Gen.4:26 lees ons van Enos wat die Naam van die Here begin aanroep het.

Gen.17 Lees ons hoedat Abaraham geroep word om uit Ur van die Galdieërs uit te kom na die land wat Hy sal beloof.

Abaraham as die begin van SY volk, was die beeld van die individu wat soos 450 jaar later die volk sou verteenwoordig wat uit Egipte sou uitbeweeg.

Num.6:22 Roep die Here die volk bymekaar en die hoë priester moes die seën van die Here oor die volk uitspreek en daardeur die teenwoordigheid van die Here bring oor die volk.

Ons weet van die sigbare teenwoordigheid van die Here deur die wolk en vuur kolom.

In Eseg. 37 lees ons van die roeping van die Here waar Eseg. Oor die doodsbeendere moes roep en so die N.T. bedeling tot stand moes kom eerstens in die volk wat op Pinksterdag saamgeroep is en dan as die begin van die kerk despensasie dat Sy kerk oor die aarde heen in Hom verenig sal word.

Matt.27:49-54 lees ons van die Here Jesus wat met ‘n sterk stem geroep het en die O.T. bedeling se heiliges hulle in Jerusalem kom toon het en hulle vertipieerend van die O.T. bedeling moes opstaan die ons Heiliand hulle roep.

Dan lees ons in Joh.11 hoedat die Here Jesus vir Lasrus uit die dode uitroep as ‘n beeld van die N.T. bedeling wat uit hulle grafte geroep sal word en los gemaak sal word van die aardse lewenswandel om oor te gaan na die hemelse lewenswandel.

1 Thess.4:16 lees ons van die AardsEngel wat met die besuin sal roep om ons vir ewig weg te neem om saam met die Here Jesus te wees.

Die Vader,  die Seun en die Heilige Gees roep u.

Eerstens lees ons van God die Vader wat roep.

1 Kor.1:9“God is getrou deur wie julle geroep is.”

1 Thess.2:12 “en betuig dat julle waardiglik mag wandel voor God

wat julle tot Sy koninkryk roep.” 

Die Vader het dit deur SY Seun bewerk:

Matt.11:28 “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek

sal julle rus gee.”

Luk.5:32 “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar son-

daars tot bekering”

Joh.7:37 “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus

gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat

hom na My toe kom en drink. Hy wat in My glo soos die

Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei”

Die Here Jesus roep deur Sy Woord, en Gees.

Matt.10:20 “want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van

 julle Vader wat in julle spreek”

Joh.15:26 “Maar as die Trooster gekom het, wat Ek vir julle van die

Vader sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die

Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.”

Hand.5:31-32 “Hom het God as Leidsman en Verlosser deur Sy reg- 

ter-hand verhoog om aan Israel bekering en vergif-                

nis van sonde te skenk. En ons is sy getuiens van hier-

die dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het

aan die wat Hom gehoorsaam is…”  

**************************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00