Die regte advies
Roy Daniel, Sendeling en Evangelis van Suid Afrika, het ‘n rukkie gelede sommer baie olik gevoel met erge pyn in die bors, kop, hart, arms en bene. Hy het dit goed gevind om maar op die bank te slaap sodat hy kon verhoed dat sy vroutjie wat swanger is, nie ook dié virus opdoen nie. Die volgende môre het hy met ‘n “eina, eina, eina!” orent gekom. Klein Glen, sy 3 jarige seuntjie, het die ge-eina gehoor en kom toe met pleisters, anti-bakteriese salf en ‘n middel teen parasiete om pappa se eina te dokter. Smeer dadelik ‘n bietjie room aan pappa se voet en plak ‘n pleister daarop. Toe hy die ander medisyne wou oopmaak het pappa gou gekeer. Die kind se goedheid was eintlik op sy eie ervaring van “einas” gegrond as hy self seergekry het. Hy het maar net gereken dat sy pappa dieselfde probleem het. Hierdie is ‘n oulike storie maar hou ook ‘n dieper les in. Moenie dink en glo dat iemand wat vir jou omgee juis altyd die regte antwoord in jou lewe se gebeure het nie. As Christen moet ons voortdurend na die Skrif terugkeer om seker te maak dat selfs die advies van ‘n goeie persoon, waarlik uit omgee en eg is.