DIE PLAN PATROON EN PROBLEEM VAN DIE HERE: HEBR.7:26; 10:10; 13:12 , 1 Pet.2:21-25
INLEIDING:
Toe die goddelose Moslem leier Agmay Didat gekonfronteer is oor die realiteit van sy god, was hy stom gewees en kon nie daarop antwoord nie want Alla is nie geopenbaar nie omdat hy nog nie op-gestaan het nie.
Dit is so belangrik dat ons ‘n regte perspektief rondom die Here moet hê. Wat ons van die Here ervaar of van Hom weet is wat ons in ons geestelike lewe is, of wie ons werklik is. As daar nie op beide die swarte en die wit note van die klavier gespeel word nie, sal ons nie ‘n volle musiekstuk kan waardeer nie. Ons moet die geregtelike en teerheid van die Here kan verstaan. ‘n Munstuk bestaan uit twee kante, die Kop wat die gereg weerspieël en die stert wat die waarde voorstel.
Die God wat ons aanbid word weerspieël in die wyse waarop ons die Here aanbid.
Petrus lei vir ons die mees algemeenste begrip van die Here in wanneer hy in 1 Pet.1:15-16 vir ons sê dat ons heilig moet wees, want die Here is heilig. Dit is die algemene beginsel waarin die Here Hom aan die mens sal openbaar.
Johannes sê weer: ”God is lig, en dan dat ons in die lig moet wandel.” 1 Joh.1:5+7. In Joh.14 sê hy verder dat God liefde is en dan sê hy dat ons as Sy kinders in liefde moet wandel. Ons moet nie skei wat die Here saamvoeg nie. Die opdrag en verklaring is onaf-wendbaar van mekaar.
Die stelling wat Petrus maak is so ernstig dat hy dit staaf deur die woorde: “omdat daar geskrywe” Waar is dit geskrywe in (Lev.11: 44; 19:2; 20:7; + 26; 21:8). Ons gaan verder sien dat daar ‘n sewe voudige openbaring van die Here as die heilige in die Bybel is.
Daar is drie hoofgedagtes wat die Bybel ons leer wat dit beteken om soos Hy te word of dan heilig te word: Afsondering, reiniging, en geregtigheid.
In Lev.1 kom hierdie aangrypende woorde: “En die Here het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: “
Die aanhaling uit die tent van samekoms in die midde van die volk is ‘n sleutel. Voor dit het die Here met Moses uit die berg ge-spreek en was daar ‘n verbod dat die volk nie nader kon kom nie. Nou is die tabernakel operig en is die sakramenetele sisteem opgerig en het die Here nou naby gekom om in hulle midde te kom woon, in Sy heerlikheid, in die allerheiligdom.
Hy is nie meer iemand wat daar ver is nie, maar in hulle midde en wil met hulle praat, met die wat nou in ‘n nuwe verhouding tot die Here staan, d.m.v. die offers. Die doel is om herstelde verhoudinge of om die Here op ‘n ware en lewende weg te aanbid.
Ons weet dat sonde die mens vernietig het, en die Here wil hierdie verhouding en gemeenskap met Hom herstel. Omdat Hy heilig is moet daar ‘n wyse wees waarop die Here Sy kind toerus om ook so te wees.
In Levitikus sien ons die beginsels waardeur dit kan gebeur. In die eerste 17 hoofstukke word die basis waardeur ons gemeenskap kan beoefen geopenbaar tussen ‘n heilige God en die sondige mens.
Daar is drie dinge wat van belang is nl. offer vir versoening, die priester wat vir ons moet intree, en die altaar waardeur die sondaar kan kom om versoen te word. Alles was in die Tabernakel te vinde, wat ‘n offer sisteem is wat die Israelliete voorsien vir die basis vir gemeenskap.
As ons na die N.T. gaan sal ons in Hebreers vind dat al hierdie aspekte in die Here Jesus vervul is. Hy is die ware Middelaar tussen God en die mens en word ons deur Sy dood verenig.
As ons hierdie basis kan sien tussen ‘n heilige God en die sondige mens, gaan die skywer voort om die voorwaardes vir gemeenskap uit te spel. Hier vind ons die vereistes vir praktiese heiligheid. Ook hier is daar drie beginsels wat tel:
1) Die idee van afsondering, dit kom ooral in die Bybel asook in Lev. voor. Die Here wil hê dat Sy kinders ‘n anderste lewe moet lei. Hulle mag hulle standaarde nie van die Egiptenare neem nie, ook nie van die Kanaaniete in die land waarheen hulle moet gaan nie Lev.18: 1-5. Die opdragte wat die Here aan hulle gegee het sou elke aspek van hulle lewens dek.
2) Dan is daar die aspek van reinheid: daar is baie aspekte van toe-wyding en reiniging in die konteks van hulle verhouding.
3) Dan is daar die aspek van geregtigheid. Dit vind ons in Lev.19 wat begin met die stelling dat die Here heilig is, en gaan dan aan om daarop aan te dring dat Sy kinders ook heilig moet wees. Die soort heiligheid word in die res van die hoofstuk uitgespel in hulle per-soonlike, en sosiale en huishoudelike en besigheids areas.
Uit die O.T. stellinge word die N.T. vir ons uitgespel. Dit is hieruit dat Paulus gesê het dat die Here ons nie tot onreinheid geroep het nie, maar tot heiligheid. 1Thes.4:7 en dan 1 Thes.4:3 dit is die wil van God julle heiligmaking.
Heligheid is die duidelike geopenbaarde wil van die Here vir Sy kinders. Die hele verlossingsplan se doel is om ons heilig te kry. Die doel van die Here is nie net om ons van die hel te spaar en in die hemel te kry nie, maar om ons soos die Here Jesus te kry.
Paulus skryf in Thess. dat die Here van die begin af in 11 Thess.2: 13 “…dat God van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid.”
Beide briewe aan Thess het hy op die wederkoms van die Here klem gelê maar in beide het Hy op persoonlike heiligheid klem gelê.
In Efe. skryf hy van die kerk as die bruid van Christus, en gaan dan verder om te sê dat Christus ook die kerk liefgehad het, en Homself daarvoor oorgegee het, dat Hy die kerk mag was en reinig deur die wassing van die waterbad van die Woord, dat Hy ‘n rein kerk voor Hom mag stel. Efe.5:25-27.
In Efe.1:3 sê hy dat die kerk geseën is met al die geestelike seënige in die hemel, soos Hy ons voor die grondleging van die wêreld uit-verkies het. Ook hier is die uitroep van die Here dat Hy die kerk heilig wil maak. Verlossing fokus op persoonlike heiligheid.
Hebr.10:10 Lees ons: “Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus net een maal“ Dan ook in 13:12 “Daarom het Jesus ook om die volk deur Sy eie bleod te heilig buitekant die poort gely.”
In beide hierdie gevalle sien ons die doel van verlossing. Dit is nie net in die Woord van die Here vir ons genoem nie maar ook in die doel van die Here met ons.
Ook in die gebed van onse Here Jesus. Die Evangelies openbaar die Here Jesus se gebede in die privaat maar die gebed in Joh.17 was in die teenwoordigheid van Sy dissipels. In die kern van Sy gebed vind ons hierdie woorde: “Heilig hulle.” Hy het nie vir die wêreld gebid nie, maar vir die wat die vader Hom gegee het.
Hy sê dat hulle aan Sy Woord gehoorsaam was, en dat die Here in Hom verheerlik moet word. En dat hulle nie van hierdie wêreld is nie. Sy grootste besorgdheid is dat hulle waarlik geheilig sal wees. Dan in vs.19 sê Hy: “Vir hulle ontwil het Hy Homself geoffer sodat hulle waarlik geheilig kan word.” Die Heilige God het vir Sy kinders gesterf sodat ons heilig kan wees.
Heiligheid is nie iets onpersoonliks nie, en idealisties nie, maar is ver persoonlik in ons Here Jesus en openbaar Homselff in ‘n menslike gestalte. Die Here Jesus word omskrywe as Een wat heilig is, Hebr.7 :26 “een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars.”
By verskeie geleenthede was Hy die heilige van die Here genoem. In Sy lewe en karakter het ons heiligheid gesien ten spyte van die bitter-ste aanvalle. Ons sien Sy heiligheid t.o.v. menslike behoeftes en sonde, en smarte en siektes en in lyding.
Dit is ‘n heiligheid wat intens betrokke is by die mens en dit is in ons aardse lewens, wat dit die standaard waarin ons ons lewens moet meet. Dit is die soort heiligheid waarna die Here soek.
DIE PLAN IN DIE PERSOON:
Hebr.8:5 “…Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.” Die Here het Sy eie planne om aan die mens te verduidelik hoe Hy aanbid moet word, en het nie aan die mens dit oorgelaat om te bepaal hoe Hy aanbid moet word nie.
Daarom het Hy Moses in ‘n berg geroep om Sy plan aan Hom te verduidelik. Dit is ook waar aangaande die persoonlike heiligheid van die Here as ‘n patroon Hy openbaar dit aan almal wat Hom soek.
Wat ‘n belangrike plek het die berge nie in die diensknegte van die Here gehad nie. Dit was op Moria dat Abraham die presiese opdragte van die Here ontvang het aangaande sy seun Isak.
Dit was op Karmel dat Elia die volk uitgedaag het en die profete en waar die Here Sy heerlikheid in vuur openbaar het.
In die lewe van die Here Jesus was berge ook besonders belangrik. Sy gebede in die eensaamheid, Sy verheerliking, Sy kruisiging, sy hemelvaart, was alles met berge geassiseër. Dit was ook op die berge waar Hy Sy bergrede gegee het, waarin Hy die patroon van Christe-like gedrag kom openbaar het.
Toe die Here gesê het dat Sy volk hom in heiligheid moet aanbid het Hy die afdruk gegee van hoe dit moes gewees het. Niks was aan die verbeelding van Moses oorgelaat nie, maar al die detail was aan hom gegee.
Die Here gee die standaard van hoe Hy aanbid moet word, en gee dit as ‘n norm om ansself mee te meet. Hy het nie aan een generasie dit oorgelaat om hulle eie normes neer te lê nie. Dit lei ons tot twee belangrike beginsels.
1) Daar is verantwoordelikheid aan openbaring gekoppel.
As ‘n bouer ‘n gebou wil oprig, moet hy dit doen volgens die argitek se vereistes. As hy die plan in sy hande het kan hy die plan verstaan en produksie lewer volgens die plan.
Is daar ‘n goddelike plan en ‘n patroon wat ons moet volg vir heilig-heid? Hoe sal ons dit kan verstaan en watter materiaal moet gebruik word.
Daar is geen reëls in die N.T neergelê nie, dit is verkeerd om daar-voor te soek. Die Here het nie vir ons sulke koue en onpersoonlike reëls in die N.T. neergelê nie. Hy het nie iets neergelê wat ons eie standaarde gaan pas nie, dit sou tot gaos lei.
Wat het die Here gedoen?
Hy het die mees uitdagende konsep gebruik deur Sy Seun na die aarde te stuur, om hierdie voorbeeld op aarde uit te leef.
Die persoon is die Here Jesus Homself. Hy het die lewe kom, leef sodat ons in Sy voetstappe kan navolg.
Waar kry ons bewyse hiervan in die N.T. Daar is drie uitstaande skrywers van die N.T. Paulus, Johannes en Petrus.
Petrus wat aan die Christene skrywe wat verstrooid is sê hy: 1 Pet.2 :21-25 Hy het vir ons gely om ons ‘n voorbeeld na te laat.
Daar is riglyne neergelê in ‘n Persoon: Geen sonde, valsheid, terug houdendheid, ‘n opgewonde uitgaande self opofferende lewe, en liefde.
Johannes gee soortgelyke riglyne: Met sy nabye verhouding wat hy met die Here Jesus gehad het: Hy gebruik die woorde Net soos Hy: 1 Joh.2:6; 3:3; 4:17.
Ons daaglikse lewe moet gemeet word aan die norm van die Here Jesus se oorvloed. Hy wil ons nie net regverdig verklaar nie, maar Hy wil hê dat ons regverdig sal lewe.
Paulus is lief om die begrip om soos die Here Jesus te wees te gebruik: Gebruik hy die woorde om verander te word.
Rom.8:29 “Want die wat Hy van tevore geken het, die het Hy van tevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.”
Die Here wil hê dat ons familie trekke sal hê wat Christus gelyk vormigheid beteken. Hy sê in 1 Joh dat ons nie soos die wêreld moet word nie maar dat ons verander moet word in die vernuwing van ons gemoed. In Fillipense moedig hy die gemeente aan om die hart van die Here te hê. Dat die Here se lewe ‘n lewe van reinheid is wat ons moet najaag.
Die Bergperdikasie is meer ‘n spieël as ‘n boodskap gewees, waarin die Here Jesus Sy eie lewe uitspel, en die beginsels wat dit bestuur, die Gees wat by ons sal staan, en die oorsaak waaruit dit gemotiver word. Dit is ‘n standaard vir hier en nou, in ons huidige lewens.
In die 9 Saligsprekinge begin Hy om vir ons te vertel hoe ‘n dissipel behoort te lyk, in sy innerlike lewe. Hy wys op die noodsaaklikheid om arm te wees, om nederig en genadig te wees, om rein te wees, en iemand wat vrede uitstraal.
Dan gaan Hy voort om te verduidelik hoe die Christen moet optree teenoor die wêreld rondom hom. Dat ons ‘n reinegende en ‘n ver-lossende invloed soos sout wat verborge en geurige invloed, en soos lig: wat in hierdie wêreld skyn. Hier is ‘n perfekte balans tussen die verskuilde invloed en die ope getuienis van die Christen in die wêreld van vandag.
Baie is geskoei op menslike verhoudinge, en ons verhouding tot die matrerieële wêreld. Ons moet weet die die Here Jesus beginsels neergelê het waardeur ons lewens beset moet wees, in ons verhou-dinge die patroon is opdie berg neergelê.
Die gevare is dat ons ons voorbeelde van die valleie neem en nie van die berge af nie. Dit is so maklik om ons standaarde te verlaag, deur die gees van die tyd waarin ons leef, met die verskoning dat die standaarde nie vir vandag is nie.
Die Here Jesus het die duiwel met reinheid ontmoet, en die Vader met gehoorsaamheid, en die wêreld met liefde en die kruis met ‘n self opofferende liefde. Dit is die vier elemente waaruit ons lewens wandel moet bestaan. Dit is ‘n konstante voorbeeld vir ons.
Daar is geen verantwoordelikheid sonder openbaring nie. Daar is ook geen openbaring sonder verantwoordelikheid nie. Die oomblik toe Moses die openbaring van die Tabernakel gehad het het die veant-woordelikheid begin, en moes hy begin te handel het.
Hy het nie met die Here geredeneer en gesê dat die taak te moeilik was nie, hy het die verantwoordelikheid in realiteit opgeneem en begin te werk.
Daar word vertel van ‘n ou man wat in die bosse gewoon het en ‘n groot liefde vir musiek gehad het veral die fiool. Hy was lief om na die musiek radio programe te luister en dan na die fiool te luister. Op ‘n dag besluit hy dat hy na die omroeper gaan skrywe en hom te vra om ‘n goeie A noot te speel sodat hy weer sy fiool kan instel.
Tot sy verbasing het die omroeper dit uitgesaai en die A noot vir hom gegee om in te stel. Net so moet ons ook ingestel word op die hemelse A sodat die melodie harmonieeus gespeel kan word.