DIE OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS, 1Mark.16:1-8; Luk.24:1-12.
INLEIDING.
He had no servants – yet they called Him master,
No degrees – yet they called Him teacher,
No medicine – yet they called Him healer,
No army – yet the Kings feared Him,
He won no militry battles – yet He conquerd the world,
He comitted no crime – yet they crucified Him,
He was buried in a tomb- yet He lives today.
Do you not feel honoured to serve such a Man?
Daar was by die hele lewenswandel van die Here Jesus getuienisse wat elke detail van Sy lewe bestudeer en verslae daarvan geskrywe het, maar net die opstanding van die Here Jesus was daar geen mens-like getuie by betrokke nie, waarom nie:
Daar is genoegsame bewyse dat Hy opgestaan het. O.A. die 500 aan wie Hy verskyn het na Sy opstanding. Waarom was daar geen be-wyse gewees nie, deur die boodskap sal u hoor waarom.
Om en by 1980 jaar gelede, 30 n.C. was daar op die Sondag oggend ‘n geweldige geskarrel onder ‘n klompie vrouens gewees, om voor-bereiding vir hierdie dag te tref. Dit is aangrypend om te sien hoe wonderlik alles in mekaar geskakel het en wat werklik daardie oggend gebeur het.
Dit was die gebruik dat, nadat die lyk die Vrydag afgehaal is, want die Jode het die lyke van die kruis afgehaal, en die Romeine het dit nie gedoen nie. Hulle het die lyke gelos dat die voëls dit moes ver-teer. Nadat Hy die Vrydag afgehaal was, word die paar doeke wat aan Hom was afgehaal, en die liggaam gelyk gestryk, en dan word Hy gewas.
Die Torynse doek bevestig iets anders.
Dan word daar plus minus ‘n voet of 30 cm breë linne gebruik waar-mee hierdie liggaam vasgedraai word, vanaf die armholtes af onder toe.
Nou volg daar ‘n hele ritueël waar om en by 50 kg speserye gebruik word wat gemeng was en dan oor hierdie gestryke liggaam gesmeer word. Dit dien deels as ‘n gom om die linne aan mekaar te hou, en ook as ‘n geur middel dat die ontbindings reuk nie walglik moet wees nie.
Omdat die kruisiging van die Here Jesus tot drie uur die middag ge-duur het, was daar nie tyd om die hele ritueël af te handel nie, maar is die speserye deel wel afgehandel, die Vrydag. Die Saterdag is vol-gens die Joodse geskiedenis die Sondag en daarom was daar niks ge-doen nie.
Die derde dag indeling was vanaf ses uur die oggend tot die volgen-de dag en ‘n deel van ‘n dag was ook as ‘n vol dag gereken. Sondag oggend ses uur net toe die son uitkom, skarrel hierdie vroutjies na die graf.
WAAROM?
Volgens Markus moes daar nog ‘n mengsel van speserye en olie aan hierdie lyk aangewend word. Dit moet aan die nek en aan die kop gesmeer word. Dit was die hele rede vir die haas om by die graf uit te kom.
Beide Christus se geboorte en opstanding is deur die engel Gabriël aangekondig. Dit was ‘n hemelse aankondiging vir die hele wêreld omdat die Lewe in Christus is.
KOM ONS KYK EERS NA DIE GRAF.
Die woord graf kom 32 keer voor in die 4 Evangelies, waar daar in dieselfde verband oor die opstanding gepraat word.
Die Romeinse gebruik was om lyke aan die Kruis te hou vir die voëls Matt.28:1; Mark.16:2; Luk.24:1; Joh.20:1. Bevestig dat Jesus in ‘n graf was, m.a.w. dat Hy werklik dood was. Josef van Armatia het die liggaam van Jesus kom vra en was Nikodemus van Joh.3 ook saam met hom gewees, en na Pilatus gegaan en gevra of hulle die lyk kon kry.
Wanneer die liggaam nou gereed gemaak was en in die graf gesit word, word daar ‘n geweldige swaar steen voor die graf wat ‘n uitge-holde rots massa was, se opening gerol.
DIE STEEN
Die steen wat voor die graf gerol was, was geweldig swaar en ver-skeie persone moes help om dit te verwyder.
DIE SEëL: Matt.27:66
Sê “En hulle het gegaan om die graf te verseker deur die steen te verseël in die teenwoordigheid van die wag”.
Dit was nie die reël dat die grafte verseël was nie. Alleen wanneer die Sanhedrin opdrag gegee het, dat hierdie graf verseël moes word, het hulle in samewerking met die goeweneur, in hierdie geval Pilatus so ‘n graf verseël.
METODE:
Waarskynlik is hierdie steen verseël deur ‘n koord wat regoor die steen getrek is, en aan beide kante geseël deur die Romeinse ryk en is soos in Dan.6:18. vir ons beskrywe. Dit is in die teenwoordigheid van die Romeinse soldate gedoen, wat ook daar wag gehou het.
Daar word ook ‘n stempel van Romeinse outoriteit met was daarop afgedruk. Dit het dan as ‘n bevestiging gedien dat die graf verseël is.
Ook hier het ‘n paar wonderwerke plaas gevind.
WAGTE BY DIE GRAF. Matt.27:62-66
Streng en getrou is die graf bewaak deur soldate vir wie die seël meer beteken het as die gebeure self.
Nooit voorheen op rekord was ‘n wag of ‘n groep soldate aangesê om ‘n gekruisigde se lyk te bewaak nie, om ‘n opstanding te voorkom, wat hierdie mense verwag het. M.a.w. dit is duidelik dat selfs die Romeinse mag was maar self in twyfel oor hierdie persoon.
‘n Geweldige aardbewing het hierdie Sondagmôre plaasgevind en die klip was weggerol en twee engele (waarskynlik Migael en Gabriël) het daarop gaan sit. Sy voorkoms was soos weerlig, en sy kleed so wit soos sneeu.
Die wagte het soos dooies geword, en sê die woord dat die soldate letterlik geval het van skrik. Matt.28:2-4; 11-15.
Die een Migael was die aardsengel, en was betrokke met geestelike konflikte, het waggehou buite op die klip, en die ander engel was binne.
Die tweede keer wat hulle by die graf kom was dit weer dieselfde engele, maar een sit by die voet en die ander engel by Sy kop. Hy was die engel wat altyd boodskappe, of tydings moes aankondig was waarskynlik binne.
Toe Maria daar kom vra Gabriel vir haar wie sy soek. Wat soek jy die lewende by die dooie.
DIE LEë GRAF.
Die leë graf was nie vir die dissipels ‘n bewys van die opstanding nie. Sy verskyning aan hulle na Sy opstanding was die bewys.
Die leë graf is ‘n historiese feit. Daarom is die verwysing bv. in Hand.2:32 na die opstanding van Christus en nie na die leë graf nie.
Die dissipels verwys nie na die graf nie maar na die opstanding om-dat die heerlikheid daaraan verbonde so kosbaar was, dat die leë graf net blote geskiedkundige feite was.
DIE BEGRAFNIS.
Die kruis is laat sak totdat dit op die grond lê, die spykers is uitgetrek en die lappe losgemaak. Josef van Armatea het die liggaam in ‘n skoon doek toegdraai en dit weggedra na die tuin graf daar naby. Vir vername persone was groot hoeveelhede speserye gebruik.
DIE JOODSE GEBRUIK.
Geurige speserye wat ‘n bietjie gomerig was is gebruik, wat linne ook aan mekaar verbind het. Luk.23:53.
Die Romeinse manier was om iemand te balsem.
Die eerste dag van die week was die liggaam weg, maar die graf-doeke was nog daar. Interresant dat daar 28 soorte (spesies) plante aan die kleed gevind was wat in ‘n radius van om en by 20 km. Rondom Jerusaelm alleen gevind was. Daarw as ook in hulle gebruik heelwat blomme op die graf gegooi as deel van versiering, wat ook deel van die 28 spesies kon gewees het.
Die speserye was in poeier vorm, en die salwing van die liggaam is met ‘n semi-vloeistof gedoen, wat die speserye laat bind het.
A.g.v. die naderende Sabbat, na sonsondergang, is die liggaam van Jesus net in speserye neergelê. Sondag oggend het hulle met ‘n duur salf/olie gekom om die proses af te rond.
Lukas praat van die speserye en olie wat die vroue voorberei het, waarskynlik was dit bedoel vir die kop en die nek. Jesus was dus dood Mark.15:15-20.
Terwyl die vroutjies na die graf toe gaan het hulle met mekaar gesêls en gewonder wie vir hulle die grafsteen sal kom wegrol. Toe hule daar kom was hy weggerol.
SY GRAFKLERE AS BEWYS VAN DIE OPSTANDING.
Na alle waarskynlikheid is die Toryn kleed die ware kleed van die Here Jesus. Vanaand sal ons n.a.v. die D.V.D. meer daaromtrent weet.
Hierdie kleed wat hulle gebruik het was spreekwoordeliker wys 5 meter lank, en 1 m. breed. Hulle het dan die persoon in die kleed oorgevou en was dit waarskynlik die kleed van Jesef van Armetia wat hy vir sy graf beplan het.
Die kunswerk van die weef van so ‘n kleed was uniek vir die tyd van die Here Jesus se lewenswandel op aarde. Die kleed was geweef met ‘n linne wat om en by ‘n tiende van ‘n mens se haar dikte was.
Daar word gereken dat met die opstanding van die Here Jesus daar soveel glans en krag deurgebreek het dat die beeld van ons Here Jesus op die kleed afgeets is. Alles wil dit hê dat dit die klinkklare bewys is dat dit die kleed van die Here Jesus was.
Indien dit nie was nie, sal dit geen verskil maak aan die realiteit dat ons Heiliand opgestaan het nie. Dit laat net die wat nie glo nie, die swye lig waarom hierdie kleed deur al die eeue bewaar gebly het en selfs letterlike bloeddruppels op dit gevind was.
Johannes het geglo na aanduiding van die kleed. Die doek om die kop het eenkant gelê in ‘n ronde vorm, leeg van inhoud. Die kleed asof die liggaam daaruit onttrek is. Toe het Johannes geglo.
Petrus het nie net die afwesigheid van die liggaam gesien nie maar ook die teenwoordigheid van die doeke wat deurweek was met plus minus 50 kg. Speserye.
DIE OPSTANDING
Die Here het hierdie verskillende aspekte gebruik om geloof in die dissipels se harte te werk dat hulle kon weet dat Hy opgestaan het. Die opstanding is die sleutel in die geheim van die Evangelie. Geen ander evangelie het ‘n opstanding nie.
Nadat Maria Magdelena die boodskap na Petrus en Johannes ge-bring het, is sy terug na die graf en het ingekyk en het 2 engele in wit sien sit, waar die liggaam was. Een by die voet en een by die kop.
Nie net was dit ‘n hemelse aankondiging nie, maar ook in die O.T. was daar reeds profesieë wat spesifiek na die opstanding van die Here Jesus verwys het. Die Messiaanse Ps.16:8-11 wys daarop dat die Here self Sy Seun uit die dode sal opwek.
In die N.T. verwys die boek Petrus dikwels na die opstanding. Later meer hier omtrent. Ook word hierdie selfde gedeelte herhaal in Hand.2:24-28.
In geen een van enige ander geloofs groepe is daar ‘n opstanding van die persoon ter sprake nie. Die vier grootse dwaling wat nie net filo-sofies is nie, maar wat ‘n werklike persoon aanbid is die Budistiese, Mohamedane en die Konfusios, en die Brahaamse geloof. Al 4 hierdie persone is nog in die graf.
Die Christendom se persoon het opgestaan, en is nie meer daar nie. Die ironie is dat die wetenskap so hard probeer om dit te ontken.
Met die opgrawings wat gedoen word, ontdek hulle net meer en meer bewyse dat die Here Jesus opgestaan het. Groot atieste kom kragdadig tot redding net a.g.v. hierdie getuienisse. Openb.1:17 Sê die Here Jesus self dat Hy die opstanding is.
Die begrip “Ek is” verwys na die Here Jesus self in die O.T. en hier sê Hy weer “Ek is die eerste en die laaste, die Lewende (en getuig hier van Homself) en Ek was dood, en kyk Ek leef tot in alle ewig-heid, Amen. Ek het die sleutels van die doderyk.”
Die opstanding kan drieledig volgens Ps.16 in Sy oorwinning gesien word. nl.
1) vs.8 “Ek stel die Here altyddeur voor my”
Die oorwinning oor die aanvanklike bose. Vir ‘n oomblik was die Here Jesus in ‘n posisie teenoor die Vader gestel soos die Engele be-klee het, wat baie soos die mens geskape was. Deur Homself te ont-ledig van die heerlikheid van die Vader, en die gestalte van ‘n diens-kneg aan te neem.
Dit beteken dat dit ‘n dieper vernedering was as bloot die gestalte van ‘n mens aan te neem. Hy het van ‘n staat van heerlikheid tot on-derdaanskap gelykgestel. Wat dit in werklikheid beteken, is dat Hy in ‘n staat was waar Hy blootgestel was aan sonde deur Sy vrye wil, hoewel Hy dit nooit gedoen het nie. Hy was vlekkeloos.
Hy het altyd Sy begeerte gestel om die Here te behaag. Die eerste oorwinning het dus in die oorwinning oor sonde en sy mag plaas-gevind.
2) vs.”…omdat Hy aan My regterhand is…”
Is die wonder van die Bybel nie heerlik nie. Eers word daar verwys na die oorwinning in die diepste put van sonde nl. die doderyk wat Christus vir ons gaan bewerk het, hier word die hoogtse vlak van heerlikheid geopenbaar nl. Jesus as die Seun van God wat die hoog-ste vorm van heerlikheid aanneem, gaan sit aan die regterhand van die Vader. Hy was ten volle in beheer.
3) vs.9 “Daarom is my hart bly…”
Dit openbaar vir ons as indiwidu dat deur ons oë op Hom te hou, ons volmaakte oorwinning oor die moontlikheid van sonde kan ervaar. Dit weerspieël die werk wat die Here vir ons kom doen nl. verlossing uit die diepste poel van sonde, en oorwinning in die heerlikste staat van reinheid. Weens die soendood van Christus, is sonde en sy mag verbreek.
Die opstanding en Christendom is een eenheid, daarom dat die Kerk op aarde rein en heilig moet wees.
Niemand kan die Christendom weerlê nie, omdat dit beide bewys en bevestig is deur die wat glo.
Hierdie ander 4 is die geloof op persone gebou. Net Chistendom kan aanspraak maak op die opstanding en daarom is Jesus die Saligmaker
Buddha, Brahma, Mohamed, Marx, Confesius se grafte is almal nog vol, die persoon het nog nie opgestaan nie.
Christus se graf is leeg. Aan die kruis het Jesus uitgeroep dat dit vol-bring was, en die Vader bevestig dit deur die opstanding. Matt.16:21 Het Jesus self bevestig dat Hy die derde dag weer sal opstaan. ‘n Duidelike bewys dat Hy die Seun van God is.
Beide die Bybel en die geskiedenis bewys dit. Nie minder as 104 keer in die N.T. word die opstanding beskrywe nie. Jesus sê self dat Hy die weg en die waarheid en die LEWE is. Net Christendom het ‘n boodskap van Lewe om aan te bied.
In Openbaring 1:17b-18 Verklaar Jesus “Ek is die eerste en die laaste, die lewende; en Ek was dood, en kyk Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. Ek het die sleutels van die doderyk, en van die dood”.
WAT HET ALLES TYDENS DIE OPSTAN-
DING WERKLIK GEBEUR?
1) Deur die kruisiging en die opstanding is die mag van die dood self
oorwin. Mense in die O.T. was in plek van bewaring tot met kruisiging en opstanding waartydens hulle grafte geopen is en hulle na die Paradys geneem is. Matt.27:52-54.
2) Die mag oor sonde is verbreek. Hebr.9:22 sê “Sonder bloedvergie-
ting vind daar geen vergifnis plaas nie”
3) Hy het oor die magte en owerhede van hierdie wêreld kom triom-
feer. Kol.2:15 “Nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en
hulle in die openbaar tentoon gestel en daardeur oor hulle
getriomfeer het”.
4) Die sleutels van die doderyk oorgeneem het. 1 Kor 15 word die
vraag duidelik gestel waar die oorwinning van die dood in lê. Dan
bevestig Paulus dit dat dit in Christus is.
5) Hy het aan ons nuwe Lewe kom bied wat sal voortduur tot in alle
ewigheid, en dat ander ook sal opstaan. Het sy regverdig of gered
of onregverdig in u lewe of ongered. U gaan opstaan.
6) Dit gee aan ons die blye wete dat soos Hy self bevestig het dat Hy
sal opstaan so sal Hy weer kom. Joh.14. Hy het vir ons ‘n nuwe
plek kom berei het.
Daarom sê Joh.8:36 “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”
BEWYSE VIR DIE OPSTANDING:
1) Die leë graf. Matt.28:6 “Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan,
soos Hy gesê het”.
Luk.24:3 “En toe hulle ingaan het hulle nie die liggaam van die
Here Jesus gekry nie”.
2) Die getuienis van Engele. Matt.28:6 & Luk.24:5-7 “Waarom soek
julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, Hy het opge-
staan”
3) Mense wat met Hom gepraat het na die opstanding: Petrus,
Maria, Cleopas, en Thomas ens. Luk.24:36-43.
4) Jesus het geëet en gedrink en het Sy wonde gewys, na die opstan-
ding
5) Die 500 wat Hom gesien het. 1 Kor.15:6.
6) By die steniging van Stefanus in Hand.7:56.
7) Deur Johannes op Patmos Openb.1:10-19.
8) Vir Paulus op die Damaskus pad. Hand.9:5.
9) Deur die getuie van Miljoene deur die geskiedenis wat Hom as die
opgestane Heiland oor sonde ervaar het.
10) Deur baie kentekens. o.a, die hemelvaart. Hand.1:3.
HOE HET JESUS VAN DIE DODE OPGESTAAN.
1) Deur die krag van die Vader Hand.2:23-24 “….Hom het God
opgewek…”
2) Deur die krag van Christus self. Joh.2:19 “En Jesus sê vir hulle:
Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig”.
3) Deur die krag van die Heilige Gees. 1 Pet.3:18 “… maar lewend
gemaak is deur die Gees”.
WAAROM:
Sodat ons Hom kan ken, en die krag van Sy opstanding.
As bewys van al hierdie waarhede kom Jesus in Joh.6:47 waarin Hy bevestig met ‘n dubbele eedswering om te sê dat: “Wie in Hom glo, het die Ewige lewe”.
Hier is ‘n verborgenheid. Joh.20:14-17 Kry ons hierdie waarheid. Maria kom by die graf en in verbasing en verwondering, merk sy dat die Here Jesus nie daar is nie, en dink dat hulle Hom gesteel het, want dit het in daardie dae wel gebeur.
Hier kom hierdie Man nadat sy die tweede keer daar was, kom sy in die graf, en kom uit en dink dat dit die tuinier was, wat skielik met haar begin praat het, en Hy sê vir haar die woorde, Maria: Toe sy Sy stem hoor, het sy geweet dat dit Hy was. Die Woord sê dat sy op haar aangesig geval het, en uitgeroep het, Raboni.
Maria wou Hom aanraak en Jesus sê aan haar dat sy Hom nie mag aanraak nie.
HOEKOM:
Die versoenings werk was nou vir ons reeds op aarde afgehandel, die bevestiging is aan ons gegee, voordat Hy na Sy Vader kon gaan, om hierdie versoeningsplan in die hemel voor die Vader te kon gaan bring. Toe Hy dit voor die Vader gaan neerlê het, het die engele en die Godelike Drie Eenheid nl. die Vader en die Seun en die Heilige Gees, getuig saam dat dit waarlik ‘n volmaakte werk was.
Net na die gebeurtenis kon die ongelowige Thomas nie die opstan-ding glo nie en Jesus laat hom toe om, sy hande fisies is Sy sy en hande te druk, want die raadsplan was reeds afgehandel, nou ook in die hemel.
HOE SAL DIT ONS AFFEKTEER.
WAT IS ONS NALATINGSKAP IN DIE HERE JESUS. JOH.13-16
Voeg Joh.6:47 by Fil.3:10 “sodat julle Hom kan ken en die krag van Sy opstanding”
Dus sal u waarlik vry wees as u Hom ken en die krag van Sy opstanding.
Jesus laat aan ons hier ‘n wonderlike nalatingskap na wat nie soos ons dit gewoonlik verstaan gedoen word nie. Sommige van ons ont-vang miskien groot bedraë geld na die afsterwe van ‘n persoon. Erf latingskap kan ook in ‘n mistieke vorm plaasvind waar iemand deur sy lewe andere aanspreek en dit ‘n blywende indruk op u lewe laat.
In Matt.16 lees ons dat die Here Jesus die dissipels vra wie die mense sê Hy is. Dan die woorde “sommige sê U is Elia” U sien sy lewe het sowat 800 jaar later nog tot mense gespreek en het hulle in die Here Jesus iets gesien wat hulle van Elia gehoor het.
Dink bv. aan Dr Andrew Murray se lewe en boeke is nog alom bekend by ons.
Jesus se bediening onder die mense is nou verby, en spandeer nou vanaf hfst.13-16 met Sy dissipels. Nou spreek Hy Sy laaste woorde voordat Hy nou gaan sterf en verduidelik nou aan hulle wat Hy hulle nalaat. Dit kan kortliks gesien word as die nalatingskap en rykdom wat ons van Hom ontvang.
Onthou Jesus het op verskeie maniere aan die volk gesê dat Hy gaan sterwe. bv. hfst.12:24. In hfst.11 sê Hy ook dat Hy gaan sterwe.
In Joh.13:31 sê die Here Jesus, nadat Judas uit hulle midde pad ge-gee het, dat die Here Jesus verheerlik gaan word en ook die Vader in Hom. Van hier verwys Hy nou na die dood en die opstanding en Sy terugkeer na die Vader.
In Joh.17 bid Jesus en sê dat Hy die Vader verheerlik het, en dat die Vader Hom nou moet verheerlik soos voor die grondlegging van die aarde.
Die grootste gebeurtenisse waarin die Vader verheerlik kan word, is die opstanding, en die opvaar na die hemel. Joh.13:33 Sê Jesus baie duidelik dat Hy nie meer met hulle sal wees nie. Hy was altyd daar om in al hulle behoeftes te voorsien, en nou skielik maak Hy mel-ding dat Hy nie meer by hulle sal wees nie.
In vs.36 Sê Jesus vir Petus dat Hy nie met Hom sal wees nie.
Hfst.14:1 Sê Jesus Stop… Laat jou hart nie ontsteld wees nie.
Hfst.14:27 Sê Jesus weer vir hulle dat hulle nie onsteld en bang hoef te wees nie.
Joh.16:5-6 Sê Jesus dat niemand Hom gevra het waarheen Hy gaan nie, hulle was net besorgd oor die feit waarheen Hy oppad is.
Hy wys hulle dat hulle gesindheid dit was wat met droefheid gevul is. Die woord beteken dat hulle letterlik geween het.
Omdat die dissipels in hierdie uiterste droefheid was, en omdat Jesus geweet het dat hulle as te ware geen hoop gehad het nie, begin Hy om vir hulle te vertel wat nou verder gaan gebeur, maar gee ook aan hulle die heerlike nalatingskap soos ons nou gaan sien.
Jesus wys hulle daarop dat dit beter is dat Hy moet gaan anders kan hierdie heerlike rykdomme nooit hulle deel word nie.
WAT HET DIE HERE JESUS AAN ONS NAGELAAT.
1) HY BEWYS SY LIEFDE VIR ONS AS NALATINGSKAP.
Hy begin in Joh.13:1 om te sê dat Hy Sy dissipels tot volkomenheid (volmaaktheid) liefhet. Hier in vs. 5 toon Hy Sy liefde teenoor hulle. Joh.13:7 Sê Jesus vir Petrus dat hy nie geheim van absolute verne-dering ken nie.
Hy gaan dit demonstreer in die voete was, maar ook in die kruisiging
Joh.13:13-17 Gee die Here Jesus vir hulle ‘n voorbeeld van liefde deur die was van die voete. Dan in vs.34 verwys die Here Jesus weer na die voete was, waar Hy die voorbeeld van liefde aan hulle gestel het. Hoe wonderlik dat selfs die persoon wat Hom gaan verraai het die Here Jesus Sy voete vir hom gewas.
Joh.15:12 Weer gee die Here Jesus die opdrag dat hulle mekaar moet liefhê, soos Hy aan hulle die voorbeeld gestel het. Groter liefde bestaan daar nie as dat ‘n man sy lewe vir iemand aflê, en dan sê Hy, en julle is My vriende. Jesus gee aan hulle ‘n praktiese les. Dit was nie net ‘n boodskap nie, maar ‘n praktiese demonstrasie van liefde.
2) Joh.14:1-3. DIE HOOP OP DIE HEMEL.
U moet onthou dat hierdie dissipels plat geslaan en in verslaenheid dat Hy nou nie meer met hulle gaan wees nie, en nou sê Jesus in Joh.14:2 dat in Sy Vader se huis is daar baie wonings, nie huise nie, die huis is die Vader sin.
Families in daardie dae het om die pa gebly. Hy het sy huis gehad, en wanneer een van die seuns sou trou word daar net bloot aan die huis uitgebrei, en so het hulle dan ‘n kumine gevorm. Almal het dan saam geëet. Almal was dus in die vader se huis gewees.
Jesus het geen geheim daarvan gemaak nie, Hy het hulle die ver-sekering gegee dat Hy gaan om vir hulle plek te berei. Hy is oomblik vir oomblik besig om plekke te berei sodat ons kan wees waar Hy is.
Hemel word met ‘n land vergelyk omdat dit so geweldig groot is, en ook as ‘n stad omskrywe weens die hoeveelheid van die populasie, en ‘n koningryk weens die struktuur en orde, en ‘n Paradys weens die skoonheid van die hemel. Die bestemming vir elkeen wat die Here Jesus aanneem is in die Vader se huis.
In vs.3 van Joh.14 gee die Here Jesus aan hulle hierdie wonderlike versekering dat Hy gaan kom en dat Hy gaan kom om ons te kom haal en dat Hy ons na Hom toe sal neem.
3) DIE WAARBORG VAN KRAG WAT HY VIR ONS GEE.
U moet hulle situasie onthou, tot op hede het die Here Jesus wonders verrig en het die dissipels nooit nodig gehad om iets te doen nie, want Hy was daar. Hfst.14:11 Glo dat ek net soos die Here is, en ook die werke. Dan vs.12 sê Jesus aan hulle dat dit wat Hy gedoen het sal hulle doen en nog groter en meer.
Die dissipels het alles gedoen wat die Here Jesus in wonders ge-doen het, maar geestelik het Jesus wedergeboorte krag gegun wat hulle ontvang het, om ander uit die dode op te wek.
Groter beteken hier, groter in omvang as wat Jesus kon bereik het. Johannes die dissipel van liefde het meer mense bereik as die Here Jesus self.
Nou die vraag as dit alles waar is hoekom laat u nie toe dat die Here u verlos nie.
Wat maak dat u terughou?
Is dit wat u terughou, is u bereid om dit na die Bloed van Golgota te bring en Hom te vertrou om met die sonde te handel Paulus het die Woord van die Here versprei meer as wat die Here Jesus gedoen het.
Die kerk het so finominaal gegroei na die uitstorting van die Heilige Gees dat feitlik die hele Asia van daardie tyd vir die Here gewen was Geen wonder dat die Here Jesus gesê het dat hulle groter werke sal doen as wat Hy kon doen.
Nie groter in krag of in die werke self nie, maar groter in omvang. Ons sien in vandag se tyd groter dinge gebeur as wat die Here Jesus in Sy lewe gesien het. Soos wat mense gered word, letterlik elke dag van ons lewens. Dit is voorwaar geestelike wonderwerke wat kon-stant besig is om plaas te vind.
Kan u sien wat ‘n wondere het nie plaasgevind nie. Binne een week was die hele Jerusalem geskud deur die wondere wat a.g.v Pinkster plaasgevind het. Iets wat nooit voorheen in die geskiedenis van Jeru-salem ooit plaasgevind het nie. Soos die Here Jesus belowe het, sal die Evangelie in Jerusalem, Judea, Samaria en tot an die uiterste van die aarde uitgebrei word.
Hierdie krag het hulle ontvang a.g.v. die uitstorting van die Heili-ge Gees wat die Here hulle in Hand.1:8 beloof het.
4) DIE SEKERHEID VAN VOORSIENING:
U moet onthou dat in elke behoefte wat die dissipels gehad het, was die Here Jesus daar om aan hulle te voorsien. Was dit fisies van aard, geestelik, of selfs emosioneël, Jesus het in elke behoefte voorsien na die rykdom van Sy genade.
Nou besef hulle dat die Here Jesus opgeneem gaan word, en wil nou die sekerheid verkry dat hulle na iemand sal kan gaan met hulle be-hoeftes, en daarom dat Hy vir hulle die sekerheid bied dat daar voor-siening gemaak is.
Joh.14:13 Gee die Here Jesus die versekering: “En wat julle ook al in My naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun ver-heerlik kan word”. Vs. 14 Gaan verder deur te sê: “As julle (enige) iets in My Naam vra, sal Ek dit doen”.
Hoe heerlik dat ons aan die Lewe gewende Woord van die Here ver-bind is. Hoewel Ek weggaan gee Hy aan julle die voorsiening dat julle kan weet dat julle enige iets in My Naam mag vra.
Hierdie woord in Sy Naam te vra beteken letterlik om met die Here Jesus te identifiseer, in Sy wese en karakter soos Hy in die vlees was, deur die waarde van ons gemeenskap met die Here Jesus kan ons ware versoeke rig. Dit beteken dat ek soek waarna die Here Jesus sou soek, en die begeerte te hê dat ek aan die Here daardeur eer wil bring. Dit sal u geweldig help om u gebede te kwalifiseer of dit volgens die wil van die Vader is. As dit is, sê die Here Jesus dat Hy dit sal doen.
Die rede vir sulke gebede word vir ons in vs. 13 uitgelig: “Sodat die Vader verheerlik mag word”.
Die Here gee ons die bewys van Sy liefde, die hoop van die hemel, die versekering van krag, die versekering van voorsiening.
5) HY GEE ONS DIE GAWE VAN DIE HEILIGE GEES.
Joh.14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:”
Hierdie is ‘n duidelike voorbeeld van die Here Jesus in Sy menslike gestalte, waar Hy sê dat Hy tot die Vader sal bid, wat ‘n ander Trooster sal stuur.
Die woord Trooster is van die Grieks hier beteken “Coletto” wat beteken “om te roep”. Om eenkant geroep te wees, met die doel om te help. M.a.w. ‘n bo-natuurlike helper.
Wat die Here Jesus vir hulle hier sê, is dat Hy die Vader sal bid om vir hulle ‘n Bo-natuurlike helper te stuur, wat met julle en in julle sal wees.
Die woord ander is van twee Griekse woorde afgelei nl. “Halos” wat beteken een wat presies van dieselfde soort is en “hederos” wat beteken ‘n ander van verskillende (ander) soort Jesus het die woord Halos gebruik, iemand wat net soos Hy is.
Geen wonder dat Paulus na die Heilige Gees soms verwys as die Gees van Christus nie. Dit is Hy wat die bo-natuurlike Helper sal wees wat net soos Ek is. Kan u besef wat u besit as u die Gees van waarheid in u het.
Hy gaan verder in vs. 17 deur te identifiseer dat die wêreld nie kan ontvang nie. Dit is iets buite die menslike bestaan, en daarom kan die wêreld Hom nie sien nie. En kan Hom ook nie ken nie, omdat hulle Hom nie kan ondervind nie, en gaan die Here Jesus verder om te sê dat Hy in jou sal wees. Hy wat met julle was sal nou ook in jou wees.
Hierdie tempel is dus ‘n tempel van die Heilige Gees, en nie maar bloot ‘n persoonlikheid van ‘n persoon nie.
Kyk ‘n bietjie na Joh.16:7 sê Jesus dat dit beter is dat Ek gaan sodat die Heilige Gees sal kan kom. Die Vader stuur as te ware die Heilige Gees as ‘n vergoeding vir die voltooide werk van Christus. Dit is beter dat die Heilige Gees in u sal woon as Ek wat by julle leef. Baie beter is dit om die inwoning van die Heilige Gees te ervaar as maar net bloot My hier by julle.
Vs. 8 Sê iets interressant. Wanneer ek sal preek of Christus met andere sal deel, sal die Heilige Gees die oortuigingswerk in ander se lewens kom bring om hulle by Christus uit te bring, in oortuiging en sonde.
Hy rus my toe en oortuig die skuldige.
1) Sonde: Omdat hulle Christus verwerp het, moet ons met Hom
versoen word.
2) Geregtigheid: Ek gaan na die Vader en julle sal My nie meer kan
sien nie, m.a.w. oortuig hulle van die feit dat die Here Jesus ge-
regtig is, en die bron en standaard van geregtigheid is.
3) Oordeel: Omdat die prins van hierdie wêreld die duiwel geoordeel
gaan word, en wat gee ons die rede dat ons kan dink dat ons dit sal
ontvlug as ons lewens nie met die Here reg is nie.
Ondervind wat dit beteken dat die Seun van God u waarlik sal vrymaak. Alleenlik hy wat gekom het en aanvaar het dat Jesus u vrymaak sal Sy opstanding tot die lewe ervaar.
Wanneer die Here ‘n mens vrymaak wil u nie vir die Heilige Gees bedroef, lieg, of in u lewe uitblus nie, maar eerder aan die Gees van God gehoorsaam wees.
Hy het opgevaar na die hemel en is nou ons Advokaat en Mid-delaar, om vir ons ‘n plek te berei. U sien die geestelike lewe kan met ‘n huwelik vergelyk word.
As man leef ek volgens my eie belange en begeertes tot die dag wat ek besef dat daar ‘n lewensmaat in my lewe moet kom. Na gebed en soeke kom daardie een oor my lewe wat ek sien die keuse van die Here vir my is.
Voor die dag wat ons in die huwelik bevestig word kan ek my ver-beel dat ons getroud is net soos ek wil, maar sal nie realiseer nie.
Op een Saterdag 3 uur die middag is ons getroud en het ek haar in die geloof as my vrou geneem. Van hierdie oomblik af het my lewe radikaal verander. Ek was ‘n jong man en het binne ‘n oomblik ‘n getroude man geword.
Nou is dit nie meer net my belange nie. Alles in my lewe maak nou ruimte vir die persoon wat my lewe kom verander het.
Kommunikasie is van uiterste belang en spandeer ons nou tyd saam. Haar belange is net so belangrik as myne.
Pas huwelik toe op geestelike verhouding.
Is u gereed vir daardie dag?