DIE OPSTANDING EN DIE HEMELVAART:1 Kor.15:13-21

INLEIDING:


Lukas 24:6-7 Herhinder ons daaraan dat Hy nie meer hier is nie, maar dat Hy opgestaan het, en dat Hy op die derde dag weer sal opstaan.


Hand.1:9  Sien ons hoe die Here Jesus opgeneem is na die hemel.


Die vyande van die Here Jesus wat Hom aan Pontius Pilatus oorge-gee het om gekruisig te word, en wat uitgeroep het dat Sy bloed op hulle en hulle kinders moet kom, hoe snaaks dit ookal mag klink, was die geestelike leiers van daardie tyd, en sedert Christus gekruisig is, en in ‘n goed verseëlde graf wegebêre is, was hulle dood seker dat hulle die “Misleider” van hulle tyd nl. die Man van Galilia verwyder het.


Vreemd dat selfs hulle het almal op een of ander stadium gegelo dat Hy die Seun van God was, en die Messias wat sou kom, maar om een of ander rede nie genoeg geloofwaardigheid daaraan gekoppel het nie, en bloot later maar net gegelo het dat Hy bloot net ‘n goeie mens was, en daardeur hulle hoop geskud het. Hulle moes terug-gedink het aan die woorde wat Hy o.a. geuiter het, dat hulle “hierdie tempel moet afbreek en dat Hy dit na drie dae weer sal oprig”


Hulle moes aan woorde soos “Daarom het die Vader My lief, omdat Ek My lewe afgelê het, sodat Ek dit weer kan opneem. Niemand neem dit van My nie, maar Ek le dit af  uit Myself. Ek het die mag om dit op te neem of om dit af te lê. Hierdie bevel het Ek van My Vader ontvang”. Hoewel hulle hierdie woorde gehoor het, kon hulle nie die mistieke daarvan verstaan nie. Hulle het gesien hoe Hy Laserus uit die dood opgewek het, en tog is Hy nou dood, wie sal Hom tog na die lewe terug kan bring.


Die opstanding van die Here Jesus uit die dood is die Nuwe Testamentiese standaard van krag. Dit is die voorbeeld van Sy belofte van dit wat die Here kan doen vir die mens. In die Ou Testament was die standaard wonderwerk, die uittog van die volk van die Here uit Egipte. Van Moses tot Maleagi was die uitnodiging die Rooi See as die volmaakte voorbeeld van die krag van die Here om hulle te help en te red. In die Nuwe Testament is die Rooi See voorafgegaan deur die leë graf, en die opstanding van die Here Jesus uit die dode wat as voorbeeld van die Christen staan, as die grootste bemiddeling van die Almagtigheid van die Here, en die standaard van dit wat die Here kan doen vir die wat glo.


Die gekroonde wonderwerk is insluitend vir enige iemand wat wil kom. Dit openbaar die oorwinning oor elke gesag wat die menslike lewe mag affekteer. Kragte wat natuurlik en geestelik is sowel as verstandelik, tydelik en ewig alles onder die krag wat die Here Jesus uit die dode opgewek het. Alle wonderwerke was gedoen onder die een handeling, nl. Christus se wonderwerke van genesing, waarin Hy sig aan mense gegee het, gehoor aan die wat doof was, spraak aan die wat stom was, en krag om die wat verlam is te genees, wat alles met die opstanding as een gawe van lewe beskou word. In hierdie een demonstrasie van krag was alle fasette herstel. Dit is waar van elke instansie dat die opstanding van die Here Jesus verskil van alle ander opstandings en dat Sy dood ook uniek in Sy aard was.


Drie keer het die Here Jesus iemand uit die dode opgewek:


1) Die dogtertjie van Jairus.


2) Die seun van die weduwee van Nain,


3) En Laserus van Betanië.


Almal is tot lewe teruggeroep op Sy bevel. Die Here Jesus was nie teruggeroep nie, maar Hy het uit die area van die dood gekom deur die proses van generasies. Hy is die Eersgeborene uit die dode, en sterf nie meer nie.


Wedergeboorte is die geestelik gelyke aan die opstanding. Dit is die geboorte uit die dode. Joh.5:24 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het sal lewe.”


Dit is die Christen se eerste opstanding, en hy weet dat hy uit die dode oorgebring is na die lewe. 1 Joh.3:14 “Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie bly in die dood”.


Verwysende na die Efeseieërs met betrekking tot die opstandings on-dervinding in hulle eie lewe, sê Paulus ‘Het Hy opgewek toe ons dood was in sonde en in misdade. Efe.2:1.


Redding is die standaard wonderwerk van die krag van God. Dit is die volmaakte werk van Sy almagtigheid. Die Here doen niks krag-tiger en heerliker as wanneer Hy ‘n siel red uit die dode nie, en wan-neer Hy die siel in ‘n lewende verhouding met Homself bring. Dit is die voorbeeld van Sy uitstaande grootheid van Sy sterkte en krag en niks anders kan ‘n dooie siel tot die lewe bring nie.


Die toegewyde vroutjies wat saam met die Here Jesus gekom het vanaf Galilia was ook die laastes by die kruis, of dan van die laastes, en was die laaste by die graf. Hulle was weer die eerste by die graf met die opkoms van die eerste dag van die week.


Dit is eindlik wonderlik dat hulle gereed gekom met gesalfde olie vir die liggaam, omdat hulle geweet dat die soldate die graf bewaak het. Tussen hulleself het hulle gvra wie vir hulle die grafsteen sal wegrol. Die Here verskyn eerste aan die wat die meeste na Sy teenwoordig-heid verlang. Dit was duidelik dat die Here Jesus aan die vrouens wondere aan hulle siele gedoen het, veral Maria Magdalena uit wie 7 duiwels uitgedrywe was. Hulle het na die graf gekom en ‘n boodskap gelaat dat die Here Jesus nie meer daar was nie. Johannes en Petrus het na die graf gehardloop en dit ook leeg gevind, en het dit gou gelos, terwyl Maria gebly het.


Twee engele het na haar gekom om uit te vind waarom sy gehuil het. Sy het toe die een se stem erken wat Hom as die tuinier vermom het, en toe sy Sy stem hoor het Sy aan Sy voete geval en wou Hom aanbid.Maria was die eerste wat die boodskap van Sy opstanding gaan verkondig het. Die dissipels was opgewonde tog ongelowig.


Maria Cleopas en Cleopas het teen skemer terug geloop huis toe ge-loop vanaf Jerusalem na Emmaus toe die Here Jesus neerslagtigheid gewaar het Hy hulle kom bemoedig deur as onherkenbaar aan hulle te verskyn, terwyl Hy hulle aangaande die kruisiging en die opstan-ding ondervra het. Luk.24:21-26. Hulle het toe aangedring dat Hy by hulle moes kom eet, nadat hy die hele geskiedenis aan hulle ver-duidelik het vanaf Moses en al die profete waarna Hy die brood ge-breek het en gedank het en toe onmiddelik uit hulle midde verdwyn het.


Geskiedkundiges se dat hulle hul kos vergeet het en teruggehardloop het om hierdie gebeure aan die dissipels te gaan vertel. Terwyl hulle nog gepraat het verskyn die Here Jesus aan al die dissipels in die bo-vertrek en sê “Vrede vir julle.” Hulle was verskrik en het gedink dat hulle ‘n spook gesien het.


Daar is minstens twaalf kere wat die Here Jesus in Sy verheerlikte staat aan mense verskyn het, en waarskynlik veel meer, omdat Hy 40 dae tussen hulle gebly het en 1 Kor.15 maak melding dat Hy aan 500 verskyn het.


Die grootste vrees vir die duiwel is die lewende getuienisse van kin-ders van die Here wat getuienis bring van Sy opstanding en die reali-teit daarvan in u en my lewe, wat Hom aangeneem het.


    


Die nag voor Sy kruisiging het die Here Jesus dikwels verwys na die feit dat Hy na Sy Vader moet gaan. Dit was reeds ‘n tydperk van 33 jaar wat Hy beperk was in Sy liggaam om die heerlikhied van die hemel te kon smaak. In ‘n sekere sin is Hy vir ewig beperk om nie meer as Gees nie maar in ‘n menslike gestalte in die hemel te wees. Dan die heerlike belofte dat Hy ons sal kom haal om ook te wees waar Hy is. Ons gaan ook eendag ons in die hemel bevind as ons ons lewens onvoorwaardelik aan die Here sal weggee.


Die opstandings realiteit van die navolgers van Christus het hulle oortuig dat Sy Messianskap was die Jode se lang verwagte Messias Hand.2:36.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00