DIE OPENBARING VAN DIE HERE JESUS AAN DIE MENS: HEBR.4:14-16.

INLEIDNG:

Die Bybel is in Joh.1; Kol.1; Efe.1; en Hebr.1 baie duidelik dat dit die Here Jesus was wat ons geskape het. Uit Matt.17 toe die Here Jesus Homself geopenbaar het, het Hy geskyn van glans en heerlik-heid was dit iets wat ons gesien het hoe Adam en Eva gelyk het.

Ons weet dat Adam en Eva gesondig het en dat hulle naak was, en Gen.3:8 het die Here hulle in die aandwind opgesoek. Toe Hy met hulle praat het hulle reken dat hulle naak was en dat hulle kennis opgedoen het van dinge wat hulle nie moes geweet het nie.

Die dood het in die mens ingetree en is elkeen van u en my in sonde gebore en ontvang. Omdat die Here ons geskape het, het Hy die reg op ons lewens, maar sal Hy nie inmeng met u en my vrye wil nie. Dit is nie Sy wil dat een verlore mag gaan nie, maar dat almal die koninkryk moet beërwe.

Reeds in die O.T het die Here Jesus aan mense verskyn. Dit was by Abaraham wat die Here ‘n verbond met hom gesluit het en gesê het dat Hy hom wil seën, maar dat Abaraham voor die Here sal moet wandel. Toe kry Jakob die gesig van die Here wat soos op ‘n leer op en af klim.

Josef ken die stem van die Here so goed dat hy die droom van Faroa geheel kan uitlê, en dan breek daar ‘n stilte van om en by 430 jaar aan totdat Moses met die Here ontmoet, by die doringbos. Daarna lees ons toe die volk uit Egipte uitgetrek het, het hulle voortdurend openbaringe van die Here gehad,

Die Here het dikwels in die wolk en vuurkolom Homself in hulle midde geopenbaar en was Hy sigbaar in hulle midde.

Moses het ‘n tent buite die laer gehad waar hy dikwels met die Here gepraat het, en advies van die Here ontvang het. Nadat hulle in Kanaan gekom het, was dit Joshua wat weer met die man met die ontblote swaard ontmoet het. So kan ons dwarsdeur die O.T. gaan en sien hoedat Hy dikwels Homself kom openbaar het.

Ons ontneem onsself van soveel voorregte wat nie eens waar is nie. Hy wil met u ‘n verhouding hê en gebruik verskillende maniere om met u te kommunikeer maar ek besef nie dat Hy met my wil praat nie.

Rom.1:18 “Want die toorn van God word van die hemel af geopen-baar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk.”

Hy wil my verlos van hierdie geweldige band en toorn, want die Here haat sonde en daarom rus Sy toorn oor ons lewens.

HOE MOET EK MAAK OM VAN SY

TOORN ONTSLAE TE RAAK:

Deur net hartsdeurgrondelik eerlik te raak oor my toestand voor die Here. Dat ek Hom toelaat om die band van sonde oor my lewe te breek. Dat ek verlos kan word en die Here met ‘n volkome hart te dien. Hy wil Sy toorn oor my verbreek maar ek moet Hom toelaat.

Efe,1:4 Se dat Hy ons voor die grondlegging van die aarde uitverkies het om heilig te leef. As ek nie heilig leef nie, m.a.w. met sonde in my lewe klaar gekry het nie, dinge wat die Here mishaag, dan kan ek nie in die plan wat die here vir my in gedagte het val nie. Dan is ek besig om my eie pad te loop en die ongeregtigheid van sonde op my lewe toe te laat.

Om weg te draai van my sonde beteken om my te bekeer, Hy het gedagte van hoop en ‘n troosvolle toekoms vir u en my ingedagte. Hy kan dit nie doen as ek nie gewillig gaan wees nie.

Daar is ‘n plek op punt in my lewe waar ek moet besluit, en ek kies dat ek nie meer so wil voortgaan nie, en dan dat ek kies om klaar te kry met sonde, want die ewigheid wag vir my of vir ewig met die Here of vir ewig sonder Hom, in ‘n ewige verdoemenis.

Waar die mens misluk het, het die Seun van die mens geslaag.

O, laat die Heer nie van jou gaan, waarom wil jy Hom laat buite staan, Hy staan so lank en roep vir jou, o laat Hom is, waarom nie nou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00