DIE OORSPRONG VAN “TAPS”.
Die verhaal begin in 1862 toe daar Burgeroorlog was in Amerika. Kaptein Robert Ellicombe het met sy manne by ’n heuwel stelling ingeneem en aan die anderkant van die vallei was die Konfederasie troepe. Deur die dag was daar ’n geveg.
Kaptein Robert het deur die nag gehoor dat ’n soldaat hewig kreun en steun van die pyn en besef dat hy tussen die twee magte lê. Die kaptein het nie geweet of dit een van sy troepe is en of dit een van die ander was nie, maar die besluit geneem om sy lewe te waag en die soldaat te gaan haal. Hy het gekruip tot by die man en hom toe in die donker terug getrek na sy stelling toe.
Die Kaptein het eers toe hy by sy stelling kom gesien dat dit een van die Konfederasie soldate was maar ook besef dat die soldaat dood is. Die Kaptein het ’n lantern aangesteek en in die flou lig die gesig van die soldaat gesien. Die Kaptein was geskok met die besef dat dit sy eie seun is.
Die seun het musiek studeer en met die uitbreek van die oorlog – sonder om sy pa te vertel – by die Konfederasie Weermag aangesluit.
Die Kaptein het die volgende oggend toestemming gevra om sy seun – ten spyte daarvan dat hy aan die teenoorgestelde kant geveg het – ‘n volle Militêre begrafnis te gee. Hulle het dit nie toegelaat nie maar toegelaat dat dit ’n semi- Militêre begrafnis mag wees. Die Kaptein het ook gevra dat ’n Militêre orkes by die begrafnis sal speel wat hulle ook nie toegelaat het nie maar dat daar wel een by die begrafnis ’n lied mag speel.
Die Kaptein het ’n persoon wat die beuel blaas gekies en toe vir die man gevra om ’n paar note wat hy in sy seun se sak gekry het te speel. Dit is die lied wat nou bekend staan as “TAPS”.
“Taps” word gespeel met die streik van ’n vlag, begrafnisse en by die aankondiging van die laaste dag. Geskryf deur:- Diane O’Sides
( Google TAPS en dan kan u hoor hoe die lied klink)
Dit laat my dink aan die Woord van die Here:- HEBR. 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
Het jy al oor jou eie dood gedink? Besef jy dat daar gaan ‘n dag aanbreek dat jy in ‘n kis gaan lê en in ‘n lykswa jou laaste rit gaan neem? Waar maak jy in die ewigheid jou oë oop? Jy het sulke mooi eienskappe – jaa, foute ook – en wat sal die mense op jou begrafnis van jou sê? Meer belangrik – wat sal God sê? “ Kom gaan in My heerlikheid in!” of “Gaan weg van my ek het jou nooit geken nie!”
Ons elkeen gaan nie vir ewig op aarde lewe nie! Ons gaan NIE 200jaar oud word nie! Ons sal sterwe!
IS JY GEREED OM TE STERF?
GEBED
Vader, dankie dat U ons waarsku en ons trek om met U die belangrike saak uit te maak! AMEN