DIE ONWAARDIGE BRUID.
Joni Eareckson Tada het ’n kwadrupleeg geword tydens ’n duik ongeluk as ’n jong meisie en het haar gevoelens uitgespreek omtrent haar troue.
“Ek voel so lomp en ongemaklik toe my vriendinne my liggaam in die trourok moet inpas. Hulle het probeer om my liggaam die perfekte bou te gee , maar niks het gehelp nie. Die rok het eenvoudig net nie reg gepas nie. Toe ek die kerk inkom, het ek oor ’n gedeelte van my rok gery met die rolstoel en ’n lelike olierige merk gelaat op my rok. My slap hande kon nie die pragtige blomme op my skoot vashou nie. My rolstoel, al was dit versier vir die troue, was nogsteeds die ou lelike grys stoel met die bande en al die ou parte. Verseker het ek nie gevoel soos die volmaakte bruid in die tydskrif nie. Ek het maar die stoel voort gerol om net ’n blik te kry van Ken, my bruidegom. Daar staan hy, regop en ferm in sy pragtige pak klere. Ek sien hoe hy sy nek rek om na my te kyk en hoe ek in die paadjie van die kerk, stadig na hom aankom. Ek het gebloos en dadelik was daar geen keer by my om net by Ken te wees nie. Ken se gesig en die vreugde en blydskap wat daarop was, het my onwaardigheid laat verdwyn. Ek was sy rein en volmaakte bruid vir hom.”
Hoe maklik dink ons nie, dat ons onwaardig is, veral vir iemand soos die Here Jesus Christus? Hy het ons lief met die helder en blink oë van ’n bruidegom, en kan nie wag dat ons, Sy bruid, met Hom verenig kan word nie.
Ons is onooglik, onvolmaak, bang en onwaardig, tog gevul met hoop om na die bruilofsmaal te gaan. Ons oë is op Christus en emosie oorweldig ons , wanneer ons daaraan dink dat ons bemin en aanvaar word net soos ons is. Dit is die kruiswerk van Christus , wat ons verlos het van al ons sondebande, ons genees van siekte en ons die vryheid in Christus verskaf.
OPENB. 21:2 “En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.”
:3 “En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.”
:4 “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”
:5 “En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”
GEBED
Dankie Here dat ek aanvaarbaar vir U is, en dat U my bemin. Baie dankie vir die werk aan die kruis en dat U dit ook vir my beskikbaar stel. AMEN