DIE OFFER IN BEPROEWING MARK.15:34; JOH.19:30; LUK.23:46 JES.53:10-11; MATT.27

INLEIDING:

Wanneer ons na die Here Jesus se lewe kyk, en veral Sy laaste woorde voor Sy dood, want dit is mos die belangrikste, merk ons dat, tot in die laaste Woorde daar ‘n offer aan die Here gebring was.

Die doel van die Here is om ons op ‘n plek te bring waar ons totaal aan sonde gesterf het en so gebroke voor Hom kan wandel dat Hy in ons ‘n instrument kan vind wat deur die Here gebruik kan word.

Verskeie goddelose manne se laaste woorde was skokkend van aard:

Dawid Haum het o.a. in sy testament gesê dat hulle sy lyk moet veras en dan op die see uitvaar en sy as op die see uitgooi om te sien of die Heer sy as bymekaar sal kan kry.

‘n Ander aties het eens gesê dat hy sy graf moet toemessel  met beton om te sien of die Here Jesus hom daar sal uitkry. Die ironie was dat saad van ‘n boom by die graf ontkiem het en die wortels die blad van die graf gelig het.

Die eerste drie kruiswoorde was die offer van Sy liefde , terwyl 4-6 die offer was wat die Here Jesus vir sonde moes betaal het.

Daar word dikwels gedink dat ons net vir redding en heiligmaking ‘n offer moet bring om ‘n ge-offerde lewe te lei.

Die 4 de 6+7 de kruiswoorde beeld die ywer, en passie en liefde van die Here Jesus uit, vir die siele en vir die Vader.

i) DIE TYD VAN DIE HERE JESUS SE

   OFFER:

Dit gebeur feitlik altyd, dat die Here Jesus vir my in die mees onmoontlike stadium in my lewe van my ‘n offer vra, wanneer dit binne die gemaal van omstandighede is.

U sal Abraham met Isak onthou.

a) DIE VIERDE KRUISWOORD:

Mark.15:34 “Eloi, Eloi, lama Sabagtani (My God, My God waarom het U My verlaat)

Ons moet onthou dat die Here Jesus se hele lewe aan die Vader geoffer was. Hy was volkome God hoewel Hy ook mens was, maar sonder sonde.

Reeds op 12 jarige ouderdom vind ons hierdie “jong seun” besig om in die tempel te leer. Hy het reeds vanaf ‘n jong stadium in Sy lewe net een ding in gedagte gehad nl. “Om die wil van die Vader te doen.”

Toe Hy deur Johannes die doper gedoop was, (wat in daardie konteks wedergeboorte weer-spieël het), het Jesus deur die diepste vernedering gegaan. Hy, die volmaakte Seun van God sonder sonde, was bereid om die prys te betaal om die wil van Sy Vader te doen.

Ons onthou in Joh.4 toe Jesus by die put gesit het, waar Hy met die Samaritaanse vrou gepraat het, rakende die Water van die Ewige lewe, toe Sy dissipels terugkom om Hom kos te gee, was Sy antwoord Joh.4:34 ” My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het”.

In Getsemane: Waar die Here Jesus hierdie ge-weldige smarte moes deurstaan, en letterlik bloed gesweet het, t.w.v. die prys wat Hy geweet, wat Hy moes betaal: Na ‘n geweldige sielestryd, want Hy het geweet dat Hy sonde vir ons moes word, sodat ons geregtigheid in Hom kan verkry.

Jesus moes dit weet, dat om sonde op Hom te neem, gaan beteken dat Hy van God verlate gaan wees; daarom dat Jesus doelbewus Sy wil aan die Here oorgegee het.

In die ou dae, word ons vertel, was daar ‘n spele-tjie waar iemand ‘n sekere beeld in sy gedagte het. Sy opponente moes deur leidrade uit hom kry om ten einde die persoon uit te oorlê.

U weet, in sulke geweldige krissese kan die Heer na my toe kom met hierdie : “Sê nou maar, bv. U gaan deur ‘n geweldige finansiële krises en u weet dat u boeke nie die einde van die maand mensliker gesproke gaan klop nie. Nou kom die Here met respek gesê na my toe  en sê: Sê nou maar jou boeke gaan nie klop nie, wat gaan jy maak.

Weet u vriende, juis in hierdie krises uur verwag die Heer ‘n antwoord van my nl. Bring jou offer.

Joh.10:17-18

“Daarom het die Vader My lief omdat ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af…”

Vriende aanvanklik lyk dit vir my onredelik, te hoog, maar wanneer ek terugkyk, sien ek dat dit net ‘n redelike offer was.

In hierdie geweldige tyd van die Here Jesus se lewe aan die kruis, waar Hy worstel met die dood, is die toneel so geweldig dat selfs die Vader die sluier daaroor trek en die hele gebeur-tenis, waar Jesus sonde op Hom geneem het, vir die eerste keer van God verlate. Vir die eerste keer in Sy lewe ervaar hy dit, wat ‘n geweldige belewenis, en nou kom die volgende stap nl.:

b) DIE TOTALITEIT VAN JESUS SE OFFER:

In Ps.69 lees ons dat daar ‘n belofte rakende die Here Jesus vervul moet word. Hy moes uitroep dat Hy dors is sodat elke profesie in die O.T. wat  oor die Here Jesus gehandel het, vervul moes word.

Selfs op die kruis, het die duiwel probeer om die smaad wat Jesus moes deurgaan te verlig: Matt. 27 Beskryf vir ons dat hulle twee maal aan die Here Jesus asyn aangebied het. Die eerste keer wou Jesus dit nie drink nie, want die asyn was met gal vermeng gewees, wat ‘n tipe verdowings middel was, en wat verligting aan die pyn kon bring, en sou die duiwel dan kon sê dat die Here Jesus nie die volle prys betaal het nie.

Nee vriende, dit was aan Hom aangebied, sonder dat Hy die profesie spesifiek genoem het, daarom eers toe Hy dit uitgespreek het, en dit suiwer asyn was, kom Hy dit drink, want die offer moes in Sy totaliteit gebring gewees het.

Sê Jes.53:10 nie:

Maar dit het die Here behaag om Hom te ver-brysel, Hy het Hom krank gemaak, as Sy siel ‘n skuldoffer aangebied het;

Vriende, ons is geroep om ons lewens as ‘n offer aan te bied, en nie ‘n “happy go lucky” lewe te lei nie.

Paulus sê dat hy as ‘n dankoffer uitgegiet is en 11 Kor.4:10 “Om die doding van die Here Jesus in die liggaam om te dra, sodat ook die lewe van Christus in ons geopenbaar kan word.”

Ons word geroep om ons lewens te offer, selfs verby die punt waar ons dink dit menslik on-moontlik is. Elke man van God wat ‘n instrument in Sy hande was, was tot hierdie punt gebring, en daar alleen buite die laer met Jesus geworstel en geleef.

Dikwels in die mees moeilikste tyd in hulle lewens is hulle voor hierdie uitdaging gebring om dan die offer te bring. Dit is dikwels hier waar die meeste van ons vaal, om geestelik ‘n merk vir die Here te maak.

Joh.12:24

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly dit alleen, maar as dit sterf, dra dit veel vrug”.

Hierdie krises het tot die volgende stap in die Here Jesus se lewe gelei nl.

Joh.19:30

Waar Sy liefde die klimaks gekry het, toe die prys betaal is.

c) DIT IS VOLBRING: (TETELESTAI)

Vir ons is dit onmoontlik om die volle omvang van hierdie woorde te begryp. Hierin lê juis die bevestiging dat ons ‘n oorvloedige lewe kan lei.

Christus die volmaakte Lam van God het die volle prys betaal, dat ons in die oorvloedige lewe kan en moet leef.

1 Joh.2:6

” Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het”.

Toe Jesus uitgeroep het dat dit volbring was, het Hy volkome redding en Verlossing uitgewerk.

Galasieërs sê vir ons dat Hy ons losgekoop het van die vloek van die wet.

Kol. sê dat Jesus Hom in die openbaar uitgeklee het en oor hom getriomfeer het.

Romeine sê dat Jesus gekom het om ons te verlos van die beginsel sowel as die mag van sonde.

Efesieërs leer ons hoe ons hierdie lewe kan behou, deur in Hom te bly.

Filipense bevestig dit  dat ons blydskap volkome kan wees.

Die laaste kruiswoord:

d) VADER IN U HANDE GEE EK MY GEES

OOR:

Hierdie was een van die mees wonderlikste stel-linge. Dit bewys dat Jesus in volle beheer was van Sy lewe. Selfs op sterfte was Jesus gewillig om die Vader te gehoorsaam en die offer te bring deur Sy Gees doelbewus aan die Vader oor te gee

Volgens die Bybel was dit op dieselfde oomblik, dat die voorhangsel van bo na onder geskeur het. Die Here het die weg vir ons oopgemaak na Sy heilige teenwoordigheid.

***************************************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00