DIE NAGMAAL: JAKOB PRASH
Die nagmaal is ‘n herhindering. Dit het bekend gestaan as die Agape maaltyd.
Die maand Nissan was die maand toe die volk uit Egipte getrek het toe die Here Jesus gekruisig was.
Die Jode kyk terug en voorentoe wanneer hulle Pasga hou.
Hulle kyk terug na wat die Here in Egipte gedoen het, en kyk voorentoe om te sien wat die Here Jesus gaan doen. So moet ons terugkyk en voorentoe kyk.
1 Kor.11:26 Sê dat ons die nagmaal so dikwels as julle die brood eet en die beker drink dat ons die dood van die Here Jesus verkondig.
Ons verkondig Sy dood toe Hy vir ons sondes gesterf het, totdat Hy kom en kyk dan voorentoe na Sy verlossing.
Die Jode hou elke Vrydagaand die “Seën van die Sabbat”. Ons be-hoort ook ‘n weeklikse fees te hou soos die nagmaal vandie vroeëre kerk.
HOE WAS NAGMAAL GEHOU:
Die Pasga was begin deur die soeke na suurdeeg. Die Joodse vrou sou die huis skoonmaak om suurdeeg te soek. Hulle sou met die kinder-tjies ‘n speletjie speel wanneer hulle klein is en die kinders vind die suurdeeg dikwels in die vorm van brood en kry dan ‘n beloning.
Dan gaan die hele familie buite die huis en verbrand die suurdeeg. Soos die brood gebrand word, word ‘n gebed gebid van berou oor sonde in die familie, wat o.a. sê: Mag die suurdeeg in alles wat nie in die huis gekry is as nutteloos beskou word.
Daar mag geen suurdeeg wees wanneer die Pasga gevier word nie.
WAT IS DIE SUURDEEG?
Om dit te verstaan kom ons kyk na 1 Kor. Dit is die boek in die Bybel wat die meeste oor nagmaal praat. 1 Kor.5:6-9 waar Paulus melding maak van ‘n bietjie suurdeeg wat die hele deeg suur maak.
Suurdeeg het met trots te doen. Dit is die sonde wat alles sondes onderlangs met mekaar verbind. Die eerste sonde was trots. Jes.14 toe die duiwel homself wou verhef om bokant God te wees.
Die duiwel plaas hierdie selfde saad in die hart van die mens in Adam en Eva se gemoed deur te sê: dat hulle soos God sal wees.
Suurdeeg blaas op. Onbeheerste toorn, is trots. Trots is die basis van alle sonde en is die wortel sonde waaruit alle sonde bestaan.
Die Pasgabrood is die simbool van die vlees van die lam. Die Matsu het strepe en gate en beeld Onse Here Jesus uit wat volgens Raboniese oorleweringe Ps.22 weerspieël. In die begin van die Pasga moet die Matsoe weggesteek word, en moet dit in ‘n wit tafeldoek opgerol wees
Teen die einde van die maaltyd word die Matsoes weer ontdek. Die Here Jesus was geslaan, deurboor, gebreek, begrawe en het opgestaan.
WATTER VERDERE ASPEK WAS
DAAR AAN DIE SUURDEEG:
Ons kan net op die Here Jesus trots wees. Hy was God wat mens ge-word het. Ons het niks goeds in ons wat ons kan ontvang nie. Hy was God en het vlees geword sodat ons niks het waarop ons kan roem nie.
Daar was geen trots in ons Heiland gewees nie. Hy wat kon kies waar Hy sou wou gewees het deur wie Hy gebore kon word, wie Sy ouers gewees het, en alles vir Homself aanvaarbaar kon maak het die teen-oorgestelde gekies. Hy was die enigste een wat op iets maklik kon ge-roem het. Hy het ‘n arm familie gekies, en in moeilike omstandighede en het die mees veragte stam gekies. Hy het Hom by die nederiges geskaar.
Suurdeeg is ‘n simbool van trots, wat weer tot ander sondes aandui-ding sal gee. Sondes wat van een geslag tot die volgende oorgaan. Die Here Jesus het geen trots of suurdeeg gehad nie, Hy het teen die suur-deeg van die Fariseërs weerstand gebied en van Herodes.
VALSE LERINGE SLUIT TROTS IN:
Mense wat leerstellinge verkondig wat teenstrydig teen die Woord van God is verkondig suurdeeg.
Hy wat geen trots gehad het nie, het geen suurdeeg gehad nie. Onge-suurde brood stem ooreen met die vlees van die lam. Die Sanhedrin toets die lam vir sowat 73-74 skades wat die lam kan hê.
As daar niks verkeerds gevind word nie, word die lam vir die Pasga voorberei. Op dieselfde dag wat die lam ondersoek is, was die Here Jesus ondersoek. Dit was dieselfde Sanhedrin wat die here Jesus ge-offer het.
Met Palm Sondag toe die Here Jesus vir die Pasga gekom het, het hul-le ‘n lied gesing bekend as die Halel Ps.113-118. Volgens die lied moes Hy ‘n wonderwerk doen maar het ingegaan en die tempel ge-reinig. Hulle wou wins maak uit die Lam en daardeur die kinders van die Here ruineer. Die Here Jesus het hulle uit die Vader se huis gegooi
Hulle wou gehad het dat Hy hulle van die Romeinse juk moes verlos, maar Hy het van hulle ontslae geraak. Die Here Jesus is altyd besorgd oor die sonde aspek, en Sy volk red wat die Naam van die Here aan-roep. Hy was oor Sy eie mense besorgd en nie oor die Israelliete as sulks nie. Die oordeel begin by die huis van die Here.
Ons het weer ‘n reiniging van (trots) sonde nodig, van die valse leer-inge wat kerke infiltreer. Die Here is baie meer besorgd oor die sondes van die kinders van die Here as oor enige iets anders.
Voor ons aan tafel kan kom sit om nagmaal te gebruik moet ons ook kom ons harte te deursoek en ‘n ware bekering van harte te ondervind.
1 Kor.11:20 Sê: As ons die nagmaal op ‘n onwaardige wyse gebruik siektes en oordele wat tot die dood kan beteken oor jou mag bring. As jy nie weergebore is nie, mag jy nie deel aan die nagmaal van die Here nie. As jy ‘n Christen is en met onbelede sondes in jou lewe sit, mag jy nie nagmaal gebruik nie.
WAT Sê JOH.13
Die Here Jesus het die dissipels se voete gewas en hulle voete met die doek afgedroog. Dit is nodig om te verstaan wat hier gebeur het, met die was van voete. As ons gewas word, is dit altyd binne die konteks van wedergeboorte gebruik in die Bybel. My sondes word weggewas, en die doop is ‘n teken daarvan.
Buite die kerk is ons in die wêreld en is dit ons voete wat gewas moet word. Christene behoort mekaar se voete te was voordat hulle nagmaal gebruik. Dit beteken dat ons mekaar verfris in ons getuienisse terwyl ons deur die loop van die week met die wêreld in kontak was.
Dit is nie net ‘n terugkyk nie, maar ‘n voorentoe kyk, waarin ons, ons herhinder aandie dood van die Here Jesus tot Hy weerkom. Die nag-maal is ‘n tipe van die Bruilofmaal van die Lam Open.19.
Om brood te breek moet die sentrale tema van ons aanbidding wees. Buite is die wêreld, wat ons gelos het, ons reinig mekaar van die kon-tak van die wêreld. Deur wedergeboorte en doop word ons as Chris-tene gedoop. Vra mekaar uit hoe jou week was, en dan mekaar met die Woord bedien en verfris.
Ons behoort mekaar se voete te was voor ons bymekaar kom.
WAT LEER MATT.26 ONS:
Hebr. Sê 4x vir ons dat die offer eens en vir altyd betaal is. Petrus sê ook dat Sy dood eens en vir altyd voldoende was. Wat leer die N.T. Hebr.9:12 Dat nie deur die bloed van bokke en stiere nie, maar deur Sy eie bloed Hy eenmaal vir ons gesterf het.
Hebr.9:28 Hy eenmaal betaal het.
Hebr.10:14 Hy eenmaal gesterf het.
Hebr.10:11 Priesters daagliks geoffer het maar Hy eenmaal eens en vir altyd.
Golgota moet nie herhaal word nie. Matt.26. Die Pasga is nie net ‘n herhindering nie, maar ‘n vooruit beskouing van nog ‘n maaltyd wat vir ons wag. Dit gaan ook wat Hy in die toekoms gaan doen.
Die Here Jesus gaan sterf en dan praat so ‘n persoon oor dit wat die mees belangrikste is. Dit is wat die Here Jesus kom doen het, toe Hy weet dat Hy vir ons sondes gesterf het.
Ek verlang om die Pasga met julle te eet, maar sal die beker eers weer drink met die bruilofsmaal. Dit is hoe ons die fisiese dood moet han-teer van ‘n geredde. By die sterfbed van ‘n geredde hou ‘n mens nag-maal.
Soos ons brood breek en die beker drink sal ons dien in die hierna-maals. Niks kan ons skei van die liefde van die vader nie.
****************************