DIE NAGMAAL:1 KOR.11:17-34 VS.29.

INLEIDING:


Die nagmaal is ‘n heilige sakrament wat die eerste keer deur die Here Jesus ingetsel is. Matt.26:26-29.


Die nagmaal self is nie ‘n letterlike eet en drink van die liggaam van die Here Jesus nie, maar ‘n versinne beelding van die vernederde sowel as verlossende werk van die Here Jesus vir ons lewens.


A)      DIE WAARSKYNLIKE VOLGORDE WAARIN DIE GEBEURTENISSE TYDENS DIE HERE JESUS PLAASGEVIND HET:


1) VOLGORDE BESKRYF:


1)       Die disippels het bymekaar gekom vir die nagmaal maar die geleentheid was versuur deur die argument wat daar tussen die dissipels plaasgevind het oor wie die grootste onder hulle was. Luk.22:24-30.


2)       Om hulle te bestraf het die Here Jesus Sy dissipels se voete gewas. Joh.13:1-20.


3)       Jesus het aan hulle bekend gemaak dat een van hulle Hom gaan verraai. Matt.26:21-25.


4)       Dit het baie opspraak verwek en het elkeen die vraag gevra: Joh.13:23-25. “Here is dit ek”


5)       Jesus antwoord dat hy met hulle saam eet.. Joh.13:21-22.


6)       Petrus het aan Johannes ‘n teken gegee om aan die Here Jesus die vraag te vra of dit hy is. Joh.13:23-25.


7)       Jesus antwoord deur te sê dat dit die een sal wees wat sy hand saam met Hom in die skottel sal steek dit hy sal wees. Matt.26:23.


8)       Judas verras hulle almal om die Here Jesus te gaan verraai. Joh.13:26-30.


9)       Jesus het die brood gebreek en dit geseën en aan hulle gegee om te eet. Luk.22:19.


10)    Jesus het die beker geneem en dit gedank en aan hulle gegee om te drink. Luk.22:20.


11)    Hulle het ‘n lied gesing en uitgegaan na die tuin van Getsemane. Matt.26:30-36. Halel


2) DIE PROFETIESE BOODSKAP VIR ONS OPGETEKEN:


Die Here Jesus het deur Sy eie lewe bevestig deur dit vooruit te voorspel dat hulle die Pasga moes vier. Luk.22:11-13.


Hy het geweet dat die boodskap van die Kruisiging en opstanding alles binne die agtergrond van die Pasga afspeel.


Dat in die O.T. reeds verwys word na die verbond wat gesluit sal word.


Ex.24:8 “ TOE NEEM MOSES DIE BLOED EN GOOI DIT OP DIE VOLK UIT EN SE: DIT IS DIE BLOED VAN DIE VERBOND WAT DIE HERE MET JULLE GESLUIT HET OP GROND VAN AL HIERDIE WOORDE”.


JER.31:31-34. Verwys reeds na die nuwe verbond wat in die hart van die mens opgeskrywe sal word, om die Here te ken.


3) DIE EVANGELIES BEVESTIG HIERDIE VERBOND.


Die Here Jesus het daarom gewys dat dit: “Sy liggaam is” Die beker van die N.T. in Sy bloed. Luk.22:18; Matt 14:25;   26:29;  1 Kor.11:26.


Hierdie beker was nooit in die O.T. gebruik nie. Dit was die Here Jesus alleen wat waardig was om deur Sy offer eens en vir altyd versoening te bewerk..


Die Here Jesus het net een keer heirdie beker gebruik en beloof dat: Matt.26:29 “HY IN DIE HEMELE EENDAG  NUUT SAL DRINK, saam met die Bruid.


Dit wil voorkom asof die Beker van die bloed praat van die eenmaal volledige offer, en die brood van die lewe of groei en het Jesus dit dikwels gebruik.


  


B)      DIE NOODSAAKLIKHEID VAN SELF ONDERSOEK VOOR DIE NAGMAAL AS KWALIFIKASIE OM NAGMAAL TE GEBRUIK.


1)       WAARIN MOET EK MYSELF ONDERSOEK:


1 Kor.11:28 “Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.”  Vermaan ons dat ‘n man homself moet ondersoek om seker te maak dat hy die nagmaal op ‘n waardige wyse moet gebruik.  


11 Kor.13:5 “Ondersoek julleself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie – as julle ten minste nie verwerplik is nie.” Waarsku ons dat ons onsself moet ondersoek of ons in die geloof is, en dat jy jouself daarin moet bewys.


Psalm 26:2 “Toets my, Here, en beproef my, ken my niere en my hart.”


Psalm.139:23 “Deurgrond my o God, en ken my hart; toets my en ken my gedag-


        tes en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!.”


As kandidaat van die nagmaal moet my gebed wees dat die Here Sy soeklig van Sy Woord op my lewe moet skyn om my te ondersoek en versigtig vas te stel of daar niks is wat my verhinder om die nagmaal te gebruik nie.


1) WIE MOET EK ONDERSOEK: Net myself?


2) WAAROM MOET EK MYSELF ONDERSOEK?


a) Omdat dit ‘n direkte opdrag van die Woord is.


b) Om op ‘n onwaardige wyse te eet of te drink bring ‘n oordeel of swakheid of


siektes oor my lewe.


Dit moet ‘n ondersoek wees waarin ek sonde vind wat van my weggewerp moet word.


3) HOE MOET EK MYSELF ONDERSOEK?


    Deur myself sekere pertinente vrae te vra.


a) Glo ek werklik en sekerlik in die Here Jesus Christus.


    Hand.16:31 “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word, jy en jou hele huis-


   gesin”.


b) Is ek waarlik weergebore in die familie van die Here Jesus.


    Joh.3:3-7 “Jesus antwoord en se vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek se vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koningryk van God nie sien nie. Nikodemus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar, Ek se vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy die koninryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwoder dat ek vir jou gese het, julle moet weer gebore word nie”


c) Is daar enige onbelede sonde in my lewe? Dinge soos ‘n gesindheid wat ek teenoor iemand koester, self bejamering, trots, laksheid, skinder, ongehoorsaam-heid, liefde vir sonde, liefde vir die wêreld, en is ek ‘n konstante getuie vir die Here Jesus in my lewe en lippe. Is ek getrou in my binnekamer met my stilte tyd, en bid ek vir individue.


d) Is ek bereid om heelhartiglik met my sonde te breek? Belydenis sonder ‘n skoon breek is ‘n getergery.


e) Streef ek werklik daarna om meer en meer ‘n heilige lewe te leef.


f) Het ek die Here met my hele hart, siel sterkte, en gedagtes lief. Luk. 10:27a.


g) Het ek my naaste net so leif soos myself. Luk.10:27b.


h) Het ek die van harte vergewe wat teen my gesondig het? Matt.6:14-15;  5:23-24.


I) Is ek aan die opdragte van die Here gehoorsaam vir my persoonlik lewe? Om te getuig, en te leef en te doen net dit wat die Here van my verwag om te doen.


j) Sal ek die week gehoorsaam om myself voor te berei vir die komende nagmaal. 


  


In kort kan ek sê dat my lewe op datum is met die Here? Ek sal ‘n oordeel oor my lewe eet indien ek met doelbewuste sonde speel in my lewe.


2) EIESKAPPE VAN ‘N TERUG GEVALLE CHRISTEN:


a) Uiterlik kan ek aan die brand vir die Here voorkom. Gereeld by die kerk wees, en atief wees in Christelike aktiwiteite, maar innerlik allerhande sondes verskoon en myself regverdig vir my omstandighede.


b) Daardie eerste liefde van Openb.2:4 is net nie meer daar nie. Die ywer van Jes.63:15 het verflou.


c) Sonde word nou verskonend of verduidelikend hanteer.


d) Dit wat ek aan die Here gewy het begin ek nou stadig maar seker terug te neem.


3) WAT IS DIE SIMPTOME VAN ‘N TERUG GEVALLE CHRISTEN?


a) Biddeloosheid: Daar is maar dieselfde gebed wat elke keer gebid word. Is traag om vir geleenthede waar die Here gesoek word  by te woon, soos bidure. Dit is juis die kragstasie van ons gemeente. Daar is nie meer ‘n siele las nie. Voorheen sou jy die persoon nie kon keer om vir die Here te getuig nie. Nou is daardie ywer vaag.


b) Verval in ‘n groef: Die verskil tussen ‘n groef en ‘n graf is bloot die diepte.


c) ‘n Traagheid om sonde te bely. Sal sonde so in die algemeen bely en nie spesifiek nie. Is moeilik om my sonde te erken.


Was ‘n man Oom Combrink wat ‘n geestelike reus was. Na ‘n diens sou hy gereeld uitkom om die Here te soek ingeval daar daalk ‘n “wolk” tussen hom en die Here ingekom het.


d) Nie meer varsheid in die Here nie. Matt.12:34-35.


As iemand vars in die Here is is sy woorde tot stigting en soos salf op wonde.


e) Wêreld gelyvormigheid. Jak.4:4 “Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God”.


Die dinge van die wêreld raak belangrik. Raak alhoemeer op uiterlike dinge getseld en raak alhoemeer liefdeloser teenoor andere.


f) Raak krities. Daar word allerhande dinge in ander se lewens opgesoek waarin ek hulle kan beskuldig sodat die toestand warin ek is net nie raakgesien moet word nie.


g) Verloor belang in heiligmaking. Begin te sê dat die standaard te hoog is.


h) Die Woord is nie meer lewend en kragtig nie. Raak gerus as die Here met my praat en begin myself met andere te vergelyk en nie meer met die standaard van die Woord nie.


C)      WAT IS DIE GEVOLGE VAN ONBEREIDWILLIGHEID


OM VOOR DIE HERE TE BUIG?


a) Sal de oordele van die Here in my lewe begin ervaar. Bv. dinge waarin ek sal weet dat die Here my straf omdat ek ongehoorsaam is. En sal weet dat die toorn van die Here oor my sonde nou heers. Efe.2:3.


b) Indien ek wel voor die Here buig en regmaak sal:


 Daar die heerlike gemeenskap terugkom. Ek met die Here maaltyd hou. Open.3:20.


Sal ek weer die vreugde ervaar om met ander aan die brand Christene te wil deel, en die onderlinge gemeenskap van die Heiliges nie wil versium nie. Hebr.10:25.


Sal die Woord vir my weer kosbaar word, en sal my mond weer oopgan om te getuig.


Gaan ons hierdie geleentheid gebruik om my lewe werklik te ondersoek en Hom toe te laat om te doen ver bo wat ek dink of verwag. Die Here seen u as u Hom met u hele hart soek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00