DIE MOOI VROU!
’n Groot, suksesvolle, skoonheidsproduk maatskappy het ’n advertensie in ’n groot stad geplaas. Die advertensie het gevra dat die mense die mooiste vrou wat hulle ken se foto sal stuur te same met ’n kort brief.
Dit was net ’n paar dae toe het hierdie maatskappy duisende briewe en foto’s ontvang.
Daar was een brief wat die oog van die werkers gevang het en nie lank daarna nie, is die brief en foto aan die president van die maatskappy oorhandig. Die brief was geskryf deur ’n jong seun wat, wil dit voorkom , uit ’n gebroke huis kom en in ’n baie arm – krot – woonbuurt woon. Die brief was vol spel foute maar ’n gedeelte daarvan was as volg:- “ ’n Baie mooi vrou woon aan die onderkant van my straat. Ek besoek haar elke dag. Sy laat my voel soos die mees belangrikste kind in die buurt. Ons speel elke dag speletjies en sy luister na my probleme. Sy verstaan my en wanneer ek loop dan skreeu sy vir my dat sy baie trots is op my.”
Die seun het sy brief afgesluit :- “ Hierdie foto bewys dat sy die mooiste vrou is wat daar is en ek hoop om eendag ook so ’n vrou te kan kry.”
Die president was beindruk met die brief en het toe aangedring daarop om die foto te sien. Sy sekretaresse het vir hom ’n foto gegee van ‘n glimlaggende, tandlose vrou wat in ’n rolstoel sit en al ver in haar jare is. Die grys hare is agter in ’n poniestert vasgemaak en die diep plooie op haar gesig van die jare se stryd, word deur die liefde in haar oë verbloem.
Die president het geglimlag en toe gesê:- “ Ons kan hierdie vrou nie gebruik nie, want sy sal die wêreld wys dat ons produkte is nie nodig om mooi te wees nie!”
SPREUKE 31:30 Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
Vir elkeen van ons is dit belangrik om seker te maak dat ons skoonheid van binne is. Verder wat beteken jy vir ander? Gee jy ’n lieflike geur , ’n aangename geur tot eer van die Here?
GEBED
Here, dit is net U wat die skoonheid in my kan laat vore kom! Word U verheerlik in en deur my? AMEN