DIE LIEFLIKE SNEEU.

In die begin van die vorige eeu, terwyl ons voorouers verbete geveg het teen die Engelse inval op die twee Boere Republieke, lê ‘n meisie van 21 jaar sterwend in die Commercial hospitaal in Cincinnati, Amerika. Haar lewe was verwoes weens ‘n onsedelike seksuele lewe vanaf haar dertiende jaar (Agt jaar van sonde en die ewigheid wag op haar). Terwyl sy op haar hospitaal bed lê en wag dat die einde moet aanbreek, kyk sy by die hospitaal venster na buite en sien hoe pragtig wit die sneeu op die strate en sypaadjies van haar dorp lê. Die stad kry stadig lewe, mense loop oor die sneeu en perd wat sleës sleep en perdekarre trek, trap diep modderige spore en die sneeu verloor spoedig sy skoonheid. Sy neem ‘n pen op en skryf die volgende gedig. Die gedig van ‘n sterwende verlore siel. Na sy gesterwe het kom die verpleegsters op die stukkie papier af wat in die hospitaal kassie lê. Ek noem die gedig: Die Lieflike Sneeu.”

Die Lieflike Sneeu.

O, die sneeu, die lieflike sneeu

Daal saggies neer soos ‘n kinder geskreeu.

Bo oor die dakke, bo oor die straat,

Bo oor die koppe van mense wat praat.

Dansend, winkend, lonkend geduldig,

Lieflike sneeu, tog so onskuldig.

Vlietend op pad na ‘n meisie se wang,

Voorbarig, vasklouend aan ‘n snorbaard so lang.

Lieflike sneeu van die hemel daarbo,

Rein soos ‘n engel, teerheid van bo.

O! Die sneeu, die lieflike sneeu,

Vallende vlokkies op kinders wat skreeu.

Warrelend rond in sy vrolike pret,

Spelend met almal wat opstraat verskyn het,

Jaagend, swewend, bringend genoeë,

Net laggende gesigte en stralende oë.

Spelende honde, met geblaf en gehuppel,

Hap na die vlokkies en vang selfs ‘n druppel.

Die dorp is vol lewe en sy hart is vol gloed,

Om die sneeu vlokkies se koms met vreugde te groet.

En die malende skare in die dorpsraad gebied,

Roep na mekaar met ‘n lag en ‘n lied.

Haastige sneeusleës soos blitse van omhoog,

Spoed snel verby en verdwyn uit die oog.

Blinkend, swaaiend, met wilde geskreeu,

Bo-oor die kruin van die lieflike sneeu.

Sneeu so rein as dit val deur die lug,

As dit lê op straat, ontlok dit ‘n gesig.

Want die sneeu word vertrap en sy skoonheid verwond,

Tot dit saam smelt en meng met die smerige grond.

Ek was eens so rein soos die die sneeu.

Laat my vertel van my sneeuvlokkie val,

Van die hemel tot in die hel.

Geval om vertrap te word op die straat,

Geval om skande te ken bowe maat.

Smekend, vloekend, ooral geloop,

Met ‘n bot op my siel vir enige een wat koop.

Delend in skande net vir ‘n krieseltjie brood.

Met ‘n haat vir die lewe, en vrees vir die dood.

Genadige God! Was my val dan so ver?

Ek, eens ‘n sneeuvlokkie en lonkende ster?

Eers was ek mooi soos die sneeu van omhoog,

Met ‘n hart, soos sy reinheid en vonkelende oog.

Eens was ek bemind vir my onskuld so mooi,

Gevlei, geliefd in my skoonheid getooi,

Vader!? Moeder!? Suster!? Almal;

God en myself het ek verloor deur my vreeslike val.

Die vuilste ellendeling loop verlangs verby,

Met afsku en vrees vir kontak met my.

Want van alles aan my, bly ek bewus,

Is die enigste reinheid, net die sneeu wat my kus.

Hoe vreemd dat die sneeu, soos ‘n vallende traan,

Sou val op ‘n sondaar, met geen plek om te gaan.

Hoe vreemd as die nag die sonstraal uitdoof

En die sneeu neerdaal op my koorsige hoof.

Sinkend, verkluimend, sterwend alleen―te sleg vir gebed―

Te swak, dat my geween gehoor sal word in die lawaai rondom my.

Van die skare deur die koms van die sneeu verbly,

Om te lê, om te sterf in my bittere lot,

Met as bed en as kleed, net die sneeu van God!

Hierdie gedig het ‘n Christen so aangegryp nadat hy dit gelees het, hy nog tien reëltjies bygevoeg het:

Hulpeloos en vuil soos die sneeu op die straat,

Sondaar, hou moed, dis Jesus wat praat;

Ek bring redding vir ‘n sondaar wat in sonde nag bewe

En vergifnis, en skoonheid en die ewige lewe.

Biddend―Bloeiend―Sterwend vir jou,

Hang die gekruisige daar in Sy liefde so trou,

Sy aanbod met woorde val saggies op jou oor:

“Genade vir jou! Jou geroep is gehoor!”

O, God!―in die stroom wat sondaars genees,

Was my en witter as sneeu sal ek wees!

Sê my dierbare mens―is jý gewas in die bloed van die Lam? “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie.” Heb. 4:7.

AMEN!!

0:00
0:00