DIE LEWE VAN DAWID: 15/5/99 DAWID SE ROEPING: 1 SAM.16:1-13
1) INLEIDING:
Saul se afwyking en mislukking is vir elkeen van die kinders van die Here ‘n waarskuwings teken om daardeur te leer en noukeurig op te let hoe ons wandel.
Dit is tervergeefs dat ons, ons huis bou as dit nie volgens die verordeninge van die Here Jesus is nie. “Die wysheid van die wêreld sal altyd dwaasheid by God wees”
U sien Saul was:
1) Deur God uitverkies: 1 Sam.9:27
2) ” ” gesalf: 1 Sam.10.
3) ” ” gebruik: 1 Sam.10:26
4) ” ” getoets: 1 Sam.13+15
5) ” ” verlaat: 1 Sam.16:14
2) DIE VASBERADE KEUSE: Vs.1
VOORBEREIDING:
” Hoe lank sal jy treur oor Saul, … Vul jou horing met olie en gaan heen,… want Ek het … vir My ‘n koning uitgesoek”.
Samuel was verbied om oor Saul te treur. Die wil van die Here behoort vir ons meer werd te wees as die voorspoed van ons vriende. ‘n Ander koning was voorberei vir Sy mense. Die Here het Dawid voorberei vir die troon van Israel deur sy getroue versorging en beskerming van sy vader se skape (Hfst. 17: 34-36)
As ons getrou is in die klein dingetjies kan God ons toevertrou om groot dinge vir Hom te doen.
Soos iemand per geleentheid gesê het:
” God begin sy voorbereiding vêr terug in die verlede. God mag miskien dit wat dwaas is in die wêreld se oë uitkies, maar hy kies nie iemand wat lui is nie…”
Ons doel moet nie promosie wees nie, maar getrouheid aan die Here self.
Ons persoonlike intieme verhouding met die Here Jesus en toegewydheid aan Sy wil en werk, dit is die pad na sukses en beloning.
Moenie bang wees dat u talente en gawes oorgesien word nie, omdat u in die agtergrond beweeg nie. Die Here Jesus weet waar sy instrumente is wat gereed is vir gebruik wanneer Hy daardie spesiale taak verrig wil hê. Kry jouself in gereedheid dat wanneer die Meester jou wil gebruik jy gereed is.
3) DIE VERSTOMMENDE BEVEL: Vs.1.
” Vul jou horing met olie en gaan heen”.
Siende dat Dawid die verkore een sou wees het God self die wyse voorsien waardeur hy aangewys moes word.
God se voorsienigheid sal nooit sy doel weerspreek nie. Hy wat ‘n goeie werk voordeel in ons begin het, sal dit voleindig.
Die olie vir die salwing van Dawid was in Samuel se horing deur God se bevel, daarom was dit nie tevergeefs nie. Ook is dit nie tervergeefs as God in Sy genade Sy salwing op iemand (sy dienskneg) se lewe plaas nie. God sal diegene gebruik wat Hy gesalf het volgens Sy doel.
Samuel het gegaan soos elke ambasadeur van God gaan. In die Naam van die Here Jesus, met God se boodskap, en dar saam met hulle die kosbare salwing.
Hoekom verwonder ons, ons daarin dat die oudstes van die stad hom “bewende tegemoet gekom het” Vs.4.
‘n Ware man en vrou van God sal altyd in outoriteit kom.
4) VERBYSTERENDE VERSOEK: Vs.11.
“Stuur en laat hom haal…”
Isai het met trots sy seuns voor Samuel laat paradeer en min ag geslaan op die skaapwagter seun, maar die Here kon nie deur mense se uiterlike skynheiligheid mislei word nie. God sien die hart aan. Dit is met die hart wat mens glo, Vs.7
” Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mens sien, sien God nie, want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan”.
Wat ‘n man in sy hart dink, so is hy. (A. Bishop).
“You are not what you think you are, but what you think you are”
Omdat Dawid maar die geringste van almal was, het hulle hul nie juis aan hom gesteur nie. Hy was maar die veragte skaap-wagtertjie. Was nie eintlik goed vir iets anders nie, daarom was hy nie eers deur sy pa oorweeg nie.
Maar die laaste sal eerste wees, want niks kon geskied voordat Dawid die veragte nie eers in hulle midde was nie.
2 Konings 10:18 “Want nie hy wat homself aanbeveel, die is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word”.
Hy wat die vorm van ‘n dienskneg aangeneem het, is verhewe vêr bo alles.
Self-verdediging is dikwels die belydenis van swakheid en selfmisleiding.
In die mens se oordeel is natuurlike gawes en uiterlike aan-sien en welsprekendheid van groot waarde, maar in God se skaal weeg ‘n nederige en opregte hart baie swaarder.
Eliab en Abnadab het verseker hulle borste uitgestoot en hulle-self in volle lengte en trots voor Samuel gestel, maar hulle kon nie die plek neem van die skaapherdertjie wie se hart onver-deeld op die Here gerig was nie.
” Be not decieved, God is not mocked” God laat Hom nie bespot nie.
Geen mate van voorgee of omkopery sal dit kry wat alleen kom deur om deur God geroep te word nie. Daarom is die Goddelike roeping kosbaar en heilig en moet teen alle koste bewaar word.
5) VERHOGING: Vs.13
“Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers”
Die oomblik toe Dawid uit die veld kom en sy verskyning maak:
Vs.12b “En die Here sê: Staan op, salf hom, want dit is hy”
Miskien deur afguns het sy broers geensins blydskap geewys met hulle boetie se bevordering nie. Maar die uitverkore een word God se geslafde een. Dit is God se bevel en voorreg.
Vs.13 “…die Gees van God het van die dag af en verder oor Dawid vaardig geword”.
Dit was ‘n defenitiewe en herdenkbare ondervinding in die lewe van Dawid en ek dink hy het menigde male teruggedink aan daardie dag toe Samuel hom gesalf het as koning.
Elke toegewyde en geheiligde lewe gaan nie noodwendig ge-paard met die vervulling en salwing van die Heilige Gees nie.
Ons word nie uitgestuur om in die worstelstryd toe te tree in ons eie krag nie, maar ons moet totaal oorgegee wees en on-berispelik voor God wandel om deur Hom bekragtig te word.
Vir elke spesifieke taak wat op ons gelê word ontvang ons be-kragtiging van die Heilige Gees en toerusting.
Dawid was ‘n man na God se hart voor hy die salwing ontvang het, maar omdat hy ‘n man was wat God gevrees het, was hy gesalf vir die spesifieke roeping (taak).
Jes.40:29 “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie…”
DAVID SE OORWINNING
1 SAM. 17 30/5/99
Goloof is die swaard wat oorwinning behaal bo menslike krag.
INLEIDING
Dawid het geleer om hierdie swaard dar in die veld te gebruik, terwyl hy sy vader se skaape opgepas het in die hooglande van Betlehem. Diegene wat openlike oorwinnings vir die Here behaal, is hulle wat oorwin het in die klein dingetjies en daar in die eensame plekke waar niemand ons sien nie en in die verskuiling van ons harte.
1) VEGLUSTIGE VYAND:
Goliate is vir ons ‘n duidelike tipe van die god van die wereld, (van die duiwel) wat openlik die kinders van God uitdaag en verkleineer.
Hy paradeer daar rond in sy gewaad, net soos die duiwel rondloop in sy moderne bekleedsels van filosofie of moderne opvoeding, veral die teorie dat mens in sy wese goed is. Hy moet net die regte opvoeding kry. (Education without Christ makes cleaver devils)
Satan Klee homself in die fulgere leesstof en die T.V. pro-gramme wat vir ons mense opgedis word. Daar staan hy die masiewe reus, gans te sterk vir enige iemand om aan te durf.
“Kies vir julle ‘n man uit, dat hy na my toe afkom.”v8 Hulle was nie in die vermoeë om so man na hom uit te stuur nie.
Teenoor die Filistryn staan die kerk, ‘n groot menigte in bloed-verbond verhouding met die Almagtige God deur die Kosbare Bloed van Christus vervul, met die derde persoon van die Drie Eerheid, die kosbare Heilige Gees. Maar net soos hulle kon hulle niks doen teen die magte van die Bose, en die magte van die duisternis. Die Kerk van ons dag is goed georganiseerd, en goed toegerus; die geveg is beplan maar wanneer dit daarop kom om die vyand van aangesig tot aangesig aan te vat krimp die kerk ineen.
Dit is interissant om op te merk dat die leer van Isael gelei was daardie stadium deur iemand wat die salwing van die Here verloor het, deur sy volgehoue ongehoorsaamheid. Hy het kontak verloor met die bron van sy geestelike outotiteit.
Omdat hy nie in kontak was met die Here nie, was die mense vreesbevange.
Waarom is dit, dat as ons die reus van ons dag moet aandurf, dat die kerk hulpeloos is om te handel met die basiese pro-bleem van sonde. Is dit omdat ons beroof is van Geestelike outoriteit?
Miskien het ons geestelike leiers deur ongehoorsaamheid en ongeloof en godeloose praktyke hulle geestelike krag verloor en die enigste manier om te oorleef is om georganieseerd (profesioneel) te raak en om nuwe metodes te implementeer.
WE ARE SO ORGENISED THAT THERE IS NO TIME FOR AGENIZING.
FANTA SUPERWONDERISTIESE OORWINNAAR
Ons moet onthou dat die worstelstryd nie tussen die kerk en die duiwel is nie, maar tussen die duiwel en die Godheid. Christus ons verteenwoordiger. Die lot van die prinse van die wêreld is die lot van almal wat hom volg, en dit wat gebeur met die Here Jesus, Dawid se groot seun, gebeur met almal wat hom volg.
Die oorwinnaar van Israel se vyand moet iemand wees deur God toegerus en bekragtig. ‘n Man na God se hart, wat dan ‘n tipe is van Hom wie die werke van die duiwel kom verbreek het, en wat die kop van die slang kom vermorsel het.
KOM ONS KYK NA DAWID IN DIE LIG.
2)VOLKOME TOEGERUS
Dawid was vervul met die Heilige Gees. Voordat hy die vyand aangedurf het in die Naam van die God van die Leerskare, het hy die salwing van die Heilige Gees deelagtig geword. 1 Sam.16:13 …en die Gees van die Here het van die dag af en verder oor David vaardig geword…”
Daar was ook ‘n dag in die lewe van die Here Jesus wat hy toegerus was vir die taak wat op hom gewag het, met sy doop, voor hy die geveg aangedurf het in ons plek. Hy was vervul met die Gees van God toe die duif op Hom neergedaal het.
3) VERLANGENDE BESORGDHEID
Dawid het van sy vader af gegaan, en sy broers gevra na hulle welstand. vs17-22 Dawid, net soos Christus het van die vader uitgegaan en die welstand van sy broers te verneem, en om vir hulle die liefdes geskenke te bring van die Vader.
Genade en waarheid het van Christus gekom. Toe hierdie jong seun op sy sending gegaan het, wie sou kon dink dat deur hier-die seun groot oorwinnings behaal sou word.
4)VERBASENDE OORDEEL
Vs.28 Eliab het baie kwaad geword vir David en gesê; “Waar-om het jy eintlik afgekom,…..Ek ken die vermetelheid …van jou hart…”
Hierdie ouer broer openbaar net soos die tydgenote van Jesus hulle onbegrip vir die ware karakter van die rein en onskuld van Dawid. Dawid se motiewe was so onskuldig en onself-sugtig dat die trotse en selfsugtige Eliab nie vir Dawid kom verstaan nie.
Wat Dawid in sy lyding deurgegaan het, was soortgelyk aan die van die Here Jesus, Joh. 1:11″Hy het na sy eiendom ge-kom, en sy eie mense het Hom nie geken nie.”
Die voorbeelde van hoe ons moet ly as ons getrou wil wees aan die wil van die Here.
Dawid roep uit: “Wat het ek gedoen? Is dit met ‘n rede nie?”
Baie diep in die situasie wil die Here Homself verheerlik.
5)VASBERADE GEDETERMINEERDHEID
“Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Fili-styne veg” Vs.32
Die plan van die Here om hom op hierdie stadium in die laer in te bring, het as ‘n verbasende openbaring na Dawid gekom. Die Gees van die Here het hom oortuig dat sy sending was om die verraaier van Israel te onttroon, en net soos die Here Jesus, Sy aangesig na Jerusalem gerig het om gekruisig te word.
As u deur die Gees van die Here gelei word om iets onver-wags te doen, tot die eer van die Here, moet dan nie deur wêreldse wysheid soos Saul sê: “Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie.” Vs.33. Soos Dawid in sy slingervel en staf in die hand staan om teen Goliat te veg, lyk hy voor Saul met sy gepanserde toerusting, totaal onbekwaam vir hierdie doel. Die Here het die eenvoudige dinge uitgekies om in Sy diens te gebruik.
6) VREESLOSE VERTROUE: Vs.34-37
“Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar ‘n leeu of ‘n beer kom en ‘n stuk kleinvee uit die trop wegdra, dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hem en maak hom dood. U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het. Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van die Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan en mag die Here met jou wees!”
Dawid se ervaringe in die verlede van die Lewende God het sy siel gestaal om die Filistyn nou aan te durf. Dawid se eintlik ( dit sal nie die eerste keer wees dat ek die krag van die Here beproef het om my te red nie) Dawid het geweet MY God is so big so strong and so mighty there is nothing my God cannot do.
Versterk deur ondervinding en ondersteun deur die Woord van God, het Dawid tot die geveg toegetree.
Die Here Jesus het na Golgota gegaan buite die stad en het daar oor die duiwel getriomfeer deur op te staan uit die dood en die leë graf agter te laat.
Is daar nie geheime oorwinnings in die lewe voordat daar op-enlike oorwinninge oor twyfel en vrees is nie?.
Die wat die Here in die openbaar verloën hoef nie deur die wat die Here in die binnekamer bewaar gevrees te word nie.
Die windmakers sal die wat met die vuur van God vervul is nie afskrik nie. Saul het miskien na Dawid gekyk as een wie se gees gewillig was, maar die vlees swak is, maar hy het sy wapenrusting aangetrek. Vs.38
Die wapens wat die man pas om in die vlees te veg sal nooit pas vir die een wat in die Gees veg nie. Dawid het dit uitgetrek en gesê: “want ek het dit nooit probeer nie”.
Die Here se gesalfde moet nie die vyand aandurf as ‘n soldaat nie maar as ‘n herder. Jesus het die vyaand in die sterkte van sy geloof aangedurf.
7) VERHEWE WAPENTOERUSTING
“Ek kom na jou in die Naam van die Here van die Leër-skare…” Dawid het die geheim geken waarvan ons lees in die woord “Nie deur krag of geweld, maar deur my Gees so spreek die Heer.”
Goliate kon net die herserstaf sien en die seun, maar hy kon nie die onsigbare teenwoordigheid van God sien wat sy be-skutting is nie. Spreuke 18:10 Die Naam van dieHere is ‘n sterk toring; …” Sy Naam beteken ales wat Hy is ter wille van ons en dit is die volle wapenrusting wat ons benodig. Efesie. 6:10-11: “Trek die volle wapenrusting van God aan sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.”
Ons wapens is nie vleeslik nie maar kragtig in die Here Jesus. Ons hulp is in die Naam van die Here Jesus.
8)VERSEKERDE OORWINNING
vs 50-51 ” So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ‘n slinger en ‘n klip…”. Dit was met die slinger van geloof en die klip van waarheid wat Dawid die oorwinning behaal het. Net soos Dawid die Filistyn met sy eie swaard verslaan het, so het Christus oorwinning oor die dood behaal deur vir ons aan die kruis te sterf, en hom oorwin wat mag gehad het oor die dood.
Dawid het uitgegaan om te veg, so het Christus na die kruis gegaan in die teenwoordigheid van hulle wat geglo het dat hulle hom nooit weet sou aanskou nie. Maar Hy het terug ge-kom, triomferend oor die vyand, en word die leerowerste oor duisend. Hierdie groot geveg was tussen die verteenwoor-digers van twee koningkryke; elke koningkryk sou val of oorwin deur hulle verteenwoordiger. Net so was dit met die Seun van God die gesalfde.
“Dank sy die Heer wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.” Ons is meer as oorwinaars deur Christus Jesus wat ons krag gee.
**********************************
DAWID DIE SOLDAAT
1 SAMUEL 15:11 + 17:1- 6/6/99
1) DIE VERVOLGER VAN DIE VOLGELING
Dit was ‘n verskriklike tyd van neerlaag teen die vyand en ‘n tyd van rampe wat die kinders van Israel getref het. Dit was die tyd wat Saul aan bewind was. Die mense was baie onte-vrede met hulle nuwe koning. Hy was ongehoorsaam aan die stem van die Here. Samuel het baie kwaad geword vir die toestand wat geheers het.
GOD SOEK MANNE EN VROUE WAT DIE MOET SAL Hê OM OP TE STAAN IN HIERDIE TYD VAN AFVAL-LIGHEID EN HULLE STAND SAL IN NEEM VIR DIE EER VAN DIE HERE. MANNE EN VROUE WAT BEREID SAL WEES OM OP TE STAAN TEEN DIT WAT VER-KEERD IS, AL KOS DIT OOK HUL REPUTASIE.
a) Vervolg maar nie verlate nie. Ps. 59:1-17
Nou was Saul op Dawid se spoor om hom dood te maak, om hom te vernietig, omdat God die koningskap van hom afge-neem het en dit vir Dawid gegee het.
Dit was tydens die tydperk in Dawid se lewe wat hy die Psalm geskryf het.
(i) die opkom van onweerswolke-
Ons kan die proses baie duidelik sien in die volgende verse
* 1Sam.16:21
* 1 Sam . 18:7-9
* 1 Sam.18:12
* 1 Sam. 18:29
* 1 Sam. 19:10-11
Kan u die geweldige druk sien wat toeneem in Dawid se lewe. Kan u sien hoe die onweerswolke saamdrom om hom te ver-nietig. As Saul maar net daardie eerste gewaarwording van jaloesie die nekslag toegedien het wonder mens of ons nie ‘n heel ander prentjie hier sou sien nie.
Daarom moet ons waak en ag gee dat ons die eerste aanslag wat op ons geloots word verdring in gebed. Dink net hoe ons gesindheid sal verander en wat ‘n getuie ons kan wees as daar-die versoeking van bitterheid ons wil oorweldig en ons dit dadelik in gebed na die kruis kan neem, en eerder die gesind-heid van Jesus openbaar.
U sal onthou hoe Saul daarop uit was om Dawid se lewe te neem. Dit was tye van stryd en wanhoop in die lewe van Dawid. Hy het onder geweldige druk van Saul se haat geleef en dit was nie Dawid se skuld nie, want hy het niks gedoen om dit te verdien nie. Hy was nie bewus van enige sinde in sy lewe wat dit kon voorbring nie. Ps. 59:4 “Want kyk hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant…”
Beleef u nie miskien iets soortgelyk nie. Jy ondervind miskien van een of ander oord ongelooflike druk tot dit voel of jy nie meer kan nie, jy is al op breekpunt. So ver as wat jou kennis strek is daar nie sonde in jou lewe en is jy nie skuldig nie. Jy het niks gedoen wat die aanval op jou regverdig nie, en tog is die onweerswolke besig om saam te pak.
Ons kry dit dikwels in geestelike werk; die druk van kretiek, die druk van finansiele noutes, en honderd en een dingetjies wat die druk net eenvoudig maak dat alles te veel word. Dit mag dalk in jou huislike omstandighede wees, swaarkry, ver-volging.
As ons, ons self in so situasie bevind moet ons die les van Dawid se lewe leer. Hoe het Dawid in die situasie getriomfeer.
Let op:
Die gebed van groeiende vertroue.
Kyk hoe het Dawid gereageer en kom ons leer van hom. Dit mag dalk net vir ons in die toekoms baie help as die onweers wolke ons pad kruis.
Dawid het hierdie Psalm begin deur honself totaal op die Here te werp. Hy bid homself uit die staat van hulpeloosheid uit tot volle vertroue en dan sit dit oor in volmaakte oorwinning. Alhoewel die situasie nog dieselfde was en sy vyand nog steeds daar was.
2) VYAND OF VRIEND
Mens kry die meeste teestand van diegene wat eenmaal die Here gedien het, diegene wat teruggevalle is en wat nie meer in kontak is met die Here nie. Diegene wat die vorm van god-saligheid het maar die krag daarvan verloën.
Daardie louwarm, geestelike dood predikante en instansies van hulle wat selfs die outoriteit van die Woord van God be-vraagteken. Die ware kinders van die Here kry die meeste teenkanting, van die-gene wat nie bereid is om die Here te dien in ware geregtigheid en heiligheid nie. Hulle wat nie be-ried is om die prys te betaal om die Here met hulle hele harte te dien nie.
Hulle wat met die wêreld kompromie maak, wat nie wil klaar kry met sonde nie. Hoekom, omdat die heilige kinders van God se lewens hulle aankla.
3) VERTROOSTING VAN DIE VADER
2 Sam.22:30 “Want met u loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur”
Dawid se toewyding het sy MOET geinspereer. Dawid het met moet en outoriteit in die vyand se kamp ingestap.
Saul, die een wat hom wou dood maak, met 3000 van die manskappe wat sy lewe soek by hom lê en slaap in hulle kamp. Nou sien ons David en Abigai wat in die hart van die vyandige kamp instap en vreesloos die slaapplek van Saul opsoek.
Sulke moet is alleen moontlik as jy met die Here wandel. “Ek stuur julle soos skape onder die wolwe” As ons deur die bloed van die Here Jesus bedek word, kan ons met vrymoedigheid in die vyand se gebied instap sonder om te vrees. “Een met die Here is ‘n meerderheid”
Moenie in jou eie krag ywerig wees nie, as jy omsien na die belange van die Here en Sy Koningkryk, sal Hy vir jou sorg, en in jou behoeftes voorsien.
4)DIE VERWAGTING VAN GELOOF:
Heb. 11:6 Sonder geloof is dit onmoontlik om die Here te be-haag, want hy wat tot God gaan moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” vs 1 Ampefied– “Die geloof is dan ‘n vaste vertroue (‘nbevestiging) op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge (in hulle realiteit) wat ons nie sien nie.”
Met hierdie soort geloof het gewaag om die Here te vertrou. Dawid het geweet dat die Here hom die koningskap beloof het Hy het volkome vertroue gehad dat die Here vir hom op die regte tyd op die troon sou plaas.
Dawid het die geheim geken van om op die Here te wag, daarom kon hy nie die gesalfde van die Here aanraak nie. In Ps. 40:2 “Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig, en my hulpgeroep gehoor” Dawid het ook die woord geken in Deut. 32:35″ My kom die wraak toe, en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van die ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is kom gou.” vs41 “…Ek sal wraak uitoefen op My teestanders..”vs 43…”Want hy sal die bloed van sy knegte wreek en Hy sal wraak oefen op Sy teestanders…”
Ons kom dikwels in die versoeking om die Here ‘n hand te wil gee in Sy beloftes. Om die hand van die vlees in te roep om die beloftes van die Here net bietjie gouer in vervulling te bring. (Abraham & Sarha)
Waak daarteen om u eie hand te slaan in God se aktiwiteite.
Dawid het nie eers nodig gehad om self vir Saul dood te maak nie. Net deur die knik van die kop en Dawid sou vir ewig ont-slae wees van sy vyand wat hom so getreiter het.
Ons moet versigtig wees dat ons net deur die knik van ons kop die werk van die Here kan skade aandoen. Dawid het besef dat hy ook eendag voor sie koning van die konings sal moet staan.
5)DIE VERGOEDING VAN DIE GETROUE.
1 Sam. 26:21″ Toe sê Saul: Ek het gesondig; kom terug my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie…ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.”
Deur Dawid se optrede van beleefdheid, deur weereens sy lewe te spaar, was Saul tot skande gebring. Dawid se toewy-ding aan Saul het hom oortuig.
Die vyande van die Here sal tot skande gebring word, en jou erken vir wie jy werklik is. Jou lewe sal aan hulle, hulle dwaasheid openbaar en bekend maak, as jy in kontak met die Here is. Dikwels gebeur dit dat die teenwoordigheid van ‘n kind van die Here wat met Hom wandel dat die ander onder oortuiging kom, net deur hulle wandel.
6) DIE VLUGTELING SE BEOORDELING.
1 Sam. 27:1″ En Dawid het by homself gesê, Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul…”
a) Dawid se vertwyfeling
Dawid het die Here nie geraadpleeg nie. Waar is hierdie self-de man wat sterk in die beloftes van die Here gestaan het. Dawid het sy ore vir die duiwel uitgeleen, die vyand van die Here, wat op dieselfde manier na Eva gekom het om twyfel in haar hart te saai.
As die duiwel dit kan regkry om vertwyfeling in die Woord van God te bring kan hy jou geloof ondermyn. As u ‘n belofte van die Here het, moet u vas daarop staan. YOU CANNOT BREAK GOD’S PROMISES BY LEANING ON THEM.
b) Dawid se kompromie
‘n GOEIE MAN IN SLEGTE GESELSKAP.
1 Sam. 27:1b “…daar is vir my niks goeds nie tensy ek dadelik ontsnap na die land van die Filistyne, dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van Israel te soek…”
Hier was Dawid, deur God uitverkies, bestem om te heers oor groot lande en weelde, maar nou lewe hy ‘n lewe van ‘n vlug-teling weggeskeur van vriend en familie.
So dikwels lyk die voorsienigheid van die Here teenstrydig teen die beloftes wat ons van die Here ontvang.
Dit is slegs om ons geloof te toets, slegs om Sy volmaakte doel in ons lewens te bereik wat Hy nooit kon deon sou ons pad glad verloop het nie. Dit is dikwels wanneer die probleme op ons reën, en dit voel vir ons of dit ons gaan oorweldig dat die man van God lesse leer wat hy nooit andersins kon leer nie
c) Vrees lei tot sonde.
Dawid het moeg geraak na sy soeke na die Here. Hy het moeg geraak vir die voortdurende druk van Saul se vervolg-ing, en het daarom gagaan en hom by die vyande van die Here se volk gaan wend. Hy wou rus vir sy siel gehad het en het dit op die verkeerde manier gesoek.
Vrees is altyd die vyand van geloof. ‘n Man groei en triomfeer soos sy geloof die vrees oorwin.
Ons moet waak dat ons nie na die wêreld vlug, in die hoop dat ons van die oorlog waarin ons gewikkel is, kan ontvlug nie. Die duiwel is nie besorg oor daardie louwarm, dooie, kompri-menteerende, sogenaamde Christene nie. Hy laat hulle met rus, omdat hulle skadeloos is.
VREDE TEN ALLE KOSTE. In die hitte van sy depressie skaar hy hom by die kragte van Agis, koning van Gad. Dit was die plek waar Goliate vandaan gekom het.
Depressie kon dikwels wanneer mens buite kontak met die Here is, wanneer die druk te veel word en ‘n maklike uitweg gesoek word.
EEN OOMBLIK UIT KONTAK MET DIE HERE EN U IS BY MAGTE OM IN DIE VREESLIKSTE SONDE TE VER-VAL EN SKADE TE DOEN AAN DIE WERK VAN DIE HERE.
Dawid gaan in hierdie staat na Agis vs 10.”Waar het hulle vandag ‘n inval gedoen…..teen die suidland van Juda..” Hierdie leun het na iets groters gelei want “geen vrou of man het Dawid laat lewe nie…” Hy het nie vertel waar hy was of wat hy gedoen het nie. Hy het almal om die lewe gebring omdat hy bang was dat die ware storie sou uitkom.
Een sonde lei dikwels na die volgende. In plaas van na die Here te vlug in hierdie staat van depressie, volg hy sy eie gedagtes.
U mag selfs in geestelike werk staan, of iets wil doen vir die Here, maar die duiwel sal sy uiterste bes doen om u te ont-moedig, sodat u nie bruikbaar vir die Here kan wees nie, en sodoende ook nie vir die mense iets kan beteken nie.
Dawid het afgegaan na sy ou vriend Agis om onder sy be-skerming te staan. Versoek die duiwel u om terug te gaan.
**********************************
‘n GOEIE MAN IN SLEGTE GESELSKAP
1 SAM. 27:1-12 13/6/99
Dawid het afgegaan na sy ou vriend Agis, om onder sy be-skerminig te staan. Versoek die duiwel u om terug te gaan?
1) DIE VERLAMMING VAN KOMPROMIE.
Omdat Dawid moeg geword het om op die vlug te wees en ge-durig aan die hardloop te wees vir sy lewe, het vrees hom oor-val. Dawid moes nie gevrees het nie, maar hy het. Ons moet nie vrees nie, maar soms oorweldig die vrees ons.
Nou kyk Dawid neer deur die dreigende onweerswolke van oposiesie en teenkanting instede van neer te kyk deur die voorsienigheid van God se genade.
Wat was die gevolg van Dawid se vrees
1 Sam. 21 Hier was Dawid op pad na die tabernakel. Daar het 83 priesters gedien (1Sam 22:18-19). Hier was nie baie ver-keer in en om die tabernakel nie, slegs enkele besoekers wat hulle geloftes kom betaal. Hulle het geen wapens gehad om hulleself te verdedig nie behalwe Goliate se swaard wat daar was as aandenking van Dawid se groot oorwinning. Dit was hier waar Dawid sy opwagting gemaak het op soek na kos en wapentuig en leiding om te weet waarheen hy nou moet gaan.
Ahimeleg het dadelik vermoed dat daar iets verkeerd was. 1 Sam. 21:1 “Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie.”
a) Dawid moes ‘n leun vertel.- Dawid was nou in ‘n hoek en het nie geweet hoe hy daaruit sou kom nie. Hy was bevrees dat Ahimeleg vir Saul van sy bewegings sou verwittig. vs 2 “Die koning het my ‘n opdrag gegee…….laat geem mens iets weet….nie.
Ek is seker Dawid se hart het ‘n slag gemis toe hy Doëg, Saul se veewagter daar opmerk. Nou het hy geweet dis gedane sake Doëg sou verseker vir Saul gaan sê waar Dawid homself be-vind, en dat die priesters vir hom Goliate se swaard gegee het.
b) Verloor vertroue.- Dawid het nou op ‘n plek gekom waar hy sy vertroue in God verloor het en in die doel wat God hom voor geroep het, en wat God aan hom openbaar het. Hy het na die tabernakel gegaan vir vertroosting hulp en om leiding te kry, maar hy was uitgevind dat sy hart nie opreg was nie. In plaas daarvan dat hy homself verootmoedig en erken het dat hy ‘n leun vertel het, vlug hy weereens vir sy lewe.
c) Verskriklike moord.- Soos Dawid vermoed het, het Doëg vir Saul gaan vertel van Dawid se doen en late, maar verswyg die feit dat die priesters onbewus was van die vyandskap tus-sen Saul en David. Hy kleur dit in asof Ahimeleg kant kies met Dawid teen die Koning. Saul het dadelik die 86 priesters met hulle vroue en kinders laat kom en hulle grusaam om die lewe gebring behalwe een wat ontvlug het.
Dit was toe Dawid ‘n voortvlugtende was in die grot van Adullam dat die nuus hom bereik het. Dawid het uitgeroep Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van u familie.”
Sien u wat het vrees en twyfel in die Woord van God tot ge-volg gehad! Dawid het sy sonde probeer verberg in plaas van om dit te bely en dit na die lig te bring.
ONTHOU MENS BETAAL ‘N DUUR PRYS VIR SONDE-
God mag u dalk vergewe en herstel, maar die konsekwensies van jou sonde mag ander dalk raak wat onskuldig is.
Moenie jou voordoen wat jy nie is nie. Dit bring oneer op die Naam van die Here.
Hoekom het hierdie man van God by die Filistyne gaan bly. Kyk hoe die man gedaal het, dat hy homself voorgedoen het as iemand wat van sy verstand af is. Dit was so erg dat Agis net van hom ontslae wou raak. Wat ‘n tragiese prentjie. Wat ‘n prentjie van vernedering is dit nie vir die man wat deur God gesalf is, om te heers oor God se volk nie. Watter klad is dit nie op die Naam van die Here nie.
Laat ons Dawid nie te kras oordeel nie. Doen ons nie dieselfde as ons in situasies kom, en ons wil nou nie aanstoot gee nie. Dit is tog so maklik om maar ter wille van vrede ‘n ou glasie sherrie saam te drink, niemand sal tog weet nie. Die druk word te veel en ek kan nie meer my standpunt inneem nie.
2) DIE VREESLIKHEID VAN DEPRESIEWITYD
Dit was in ‘n staat van totaale moedeloosheid wat hy hom be-vind. Hierdie man het nou op breekpunt gekom.
Is dit op die punt in u lewe wat u nou gekom het. U gaan werk toe waarvoor God u geroep het maar diep in u wese ondervind u fristrasie en moedeloosheid, tot u op die plek kom waar u voel om totaal handdoek in te gooi.
As mens so na Dawid se lewe kyk, dan lyk dit of hy genoeg rede daartoe gehad het om so te voel. Saul se haat was so diep gewortel; jaloesie was besig om hom op te eet, en hy het sy uiterste gedoen om Dawid te vernietig. Saul het daagliks na Dawid gesoek.
Dit voel vir ons dikwels of ons in dieselfde situasie verkeer. Diegene wie se harte onverdeeld op die Here gerig is onder-vind daardie onophoudelike voortdurende treiterende aanslae van die siele vyand. Die toegewyde kind van God is teen sonde, en al die magte van die duiwel is teen hom gerig.
AANSLAE
Hierdie aanslae is onophoudelik want die duiwel gaan nooit met vakansie nie. Hy het ‘n eindeloose verskeidenheid van aanslae wat hy teen ons loots. Die duiwel mag miskien ge-kwes wees in een van sy aanslae teen ons en het hom onttrek om net weer met nuwe taktiet en vors op ons toe te slaan.
Hy is daarop uit om ons geestelik te ondermyn en te vernie-tig, almal wat die Here vrees. Hy haat dit wat in jou is, die verlossing wat bewerk is en die Heilige Gees wat in jou woon.
PEACE AT ANY PRICE
Aanvanklik lyk dit na die regte ding om te doen, om na die duiwel terug te gaan. I Sam. 27:4. “Toe Saul tyding kry dat Dawid na Gad gevlug het, het hy verder nie meer na hom gesoek nie.” Toe Dawid afgaan na die Filistyne, het Saul se soektog gestop. Dit lyk soms goed om toe te gee aan die duiwel sodat die druk kan verminder.
A) DIE RESULTAAT VAN KOMPROMIE
1) WORD MET VREDE VIR ‘N RUK GELAAT
Die duiwel is nie te bekommerd oor daardie lewelose, bid-delose, dooie, kompromiterende Christene nie. Het u moeg geword om die Here te dien? Het u weerstand verloor? Raak u moeg vir die voortdurende druk? WAAK
2) WORD VEREENSELWIG MET DIE HERE SE VYANDE
Dawid het sy oë van die beloftes van die Here afgeneem. As u buite kontak met die Here is, affekteer u nie net uself nie, maar ook die andere.
Dawid het 600 manne met hom saam geneem met hulle vrouens en kinders, na die vyande se kamp.
Daar mag ‘n area in u lewe wees waarin die Here kontrole oor u het, maar die duiwel het ‘n houvas in u lewe en u het ‘n begeerte om van hom ontslae te raak. Mense sien dat u begin moeg raak, vleeslike Christene begin hulle sondes te verskoon. As u toegee aan die duiwel, sal ander Christene jou as ‘n verskoning gebruik. Mense hou jou dop.
VII) DIE STRAF VIR MISLUKKING (VERLIES)
A)WAS GEFORSEER OM TEEN KINDERS VAN
DIE HERE TE VEG.
Dawid het nou sy laagtepunt bereik. Hy kon nie laer ge-gaan het nie. Die donkerste uur is altyd voor ondergang. Die verwydering van die hemelse krag.
I Sam 29. Agis het besluit om ‘n volskaalse oorlog teen Israel te voer. Die Filistyne word ook betrek, en Dawid word geforseer om in die oorlog betrokke te raak.
Wanneer jy buite die wil van die Here, of op enige manier verwyder van die Here raak, pasop, u sal uiteindelik in ‘n situasie kom waarin u nie twee Here sal kan dien nie.
Dawid sou op ‘n stadium dit nie gewaag het om die gesalf-de van die Here aan te raak nie, en is nou gedwing om teen die volk van die Here te veg, weens sy kompromie.
Petrus het hom by die vure van die wêreld probeer warm maak, en het deur ‘n eedswering ontken dat hy die Here Jesus ken. Ons kan nie die Here van ver af volg nie. Dawid was buite kontak met die Here.
B) DIE HERE GRYP IN.
Hoe het Hy dit gedoen?
1) HY WAS NIE AANVAARBAAR BY DIE WêRELD NIE (FILISTYNE)
Hfst. 29:4
Maar die owerste van die Filistyne het baie kwaad vir hom geword, en die owerstes van die Filistyne het aan hom gesê: “Stuur die man terug dat hy kan teruggaan na die plek wat u hom aangewys het.”
2) HY WAS NIE AANVAARBAAR DEUR DIE
KINDERS VAN DIE HERE NIE
Saul wil hom steeds doodgemaak het.
3) HY HET SY VROUE VERLOOR
Hfst. 30:3
“Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters was as gevanges weggestuur.”
4) NIE BY DIE HUIS AANVAARBAAR NIE:
HFST.30:6
Hy het sy aansien verloor. “Ek Dawid het dit baie benoud gehad want die manskappe het gepraat om hom te stenig.”
‘n Vleeslike Christen voel nie tuis by die wêreld of by die Christene nie, hy is die mislukte persoon, en hoort nêrens nie.
5) HY HET SY GETUIENIS VERLOOR
Versugting van die afvallige
VII) DIE UITROEP VAN DIE TERUG-GEVALLENE
a) DAWID SE BEROU: I SAM, 30:4
“Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie”. II Kor 7:10 sê: “Want die droefheid volgens die wil van God, werk ‘n onberoulike bekering tot redding….”
A.g.v. Dawid se depressie het al hierdie dinge op hom afgekom. Miskien is u depressief weens een of ander pro-bleem. Daar is dalk iets verkeerd tussen u en u man, u verlowing is dalk verbreek, of u huwelik op die rotse, natuurlike depressie.
Dawid kon by homself gedink het: As ek maar net nie na Sieklag gegaan het nie, en die Here gewantrou het nie, of dat ek dalk my humeur verloor het? As ek maar net nie dit gesê het nie, onverantwoordelik optrede het nie. Dit kan dikwels tot depressie lei.
Verborge sondes kan tot depressie lei. Eens het u met die Here gewandel, maar vandag is u ver van die Here af. Depressie kom dikwels wanneer u vervelig met die lewe raak. Sonde kan tot luiheid in u geestelike lewe lei, u dryf maar net voort, en het in ‘n groef beland, wat tot die graf lei.
Ps.51:19 sê: “Die offers van God is ‘n gebroke gees, ‘n gebroke en ‘n verslae hart sal U, o God, nie verag nie.”
B) DAWID SE BEMOEDIGING:
I SAM. 30:6
“…maar Dawid het homself versterk in die Here, Sy God.”
1) Dit beteken letterlik dat Dawid die Here herhinder het aan die goedheid van die Here, en Sy genade vir hom. Dawid moes Goliat onthou het, die beloftes van die Here, die gemeenskap wat hy met die Here gehad het.
U onthou die dag toe die Here u gered het, en vra of Hy weer genadig kan wees, omdat u sonde verskoon het. Het u u sonde lief, of haat u dit. As u u sonde liefhet wonder ek of u ooit gered was. U voel so skaam omdat u sonde toegelaat het, en begin het om onverantwoordelik op te tree, wat u lei tot waar u nou is. U roep uit dat u wens dat u tog hieruit kon opstaan, dat u vry kan wees. U voel so skaam, en vreeslik, dat u wil weghardloop. Is dit hoe u voel?
2) NIKS IS VIR DIE HERE ONMOONTLIK NIE.
Siklag is met vuur verbrand. Vroue met al hulle kinders is weggeneem na gevangenisskap. Dawid se eie mense wil hom doodmaak. Die Filistyne is teen hom.
Ons ken nie al die versoekinge en die probleme van die jongmene van vandag nie. Ons ken u probleme nie, maar weet dat daar werklik niks vir die Here onmoontlik is nie.
“Got any rivers you think uncrossable?
Got any mountains you can’t tunnel through?
God specializes in things thought impossible?
He can do just what none other can do.
Dawid het onthou dat die Here beloof het dat Hy hom veilig sal lei, tot die troon, daarom kon Dawid homself in die Here bemoedig. Wanneer die beloftes van die Here vir u ‘n werklikheid word, kan u met vrymoedigheid daarop staan. Het u beloftes u na u knieë gelei? Dank die Here daarvoor, onthou dat daar in die Here vir u hoop is.
Geseënde ontmoedigins wat u nader aan die Here trek. Ons verleentheid is die Here se geleentheid. Toe Dawid geween het totdat daar nie meer krag in hom was nie, was die Here daar, en toe hy om hulp geroep het, was die Here daar.
Wanneer u ophou om op mense te vertrou, en u na die Here keer, sal Hy u help. As u in die eerste plek na die Here gekom het, sou dit nie vir u nodig gewees het om nou so te kom nie.
Indien Dawid die Here geraadpleeg het sou hy die wil van die Here geken het. In elke situasie is die Here die getroue Leidsman, as ons maar net onsself aan Hom toevertrou het. My Heer ken die pad deur die duisternis, al wat ek moet doen is om Hom te volg. “Dawid het homself in die Here bemoedig.”
As jou omstandighede jou dryf om die Here te soek, of om na Hom terug te kom, of u bokant u omstandighede uit te lug, moet u die Here dank. As ons leer om van ons strui-kelblokke steunpilare te maak, en te leer om bokant ons omstandighede te leef, sal ons in heerlike hoogtes en dieptes met die Here ingelei word.
1) U sal geestelike krag ontvang. U sal weet waar die Here u uitgehaal het, en u swak plekke ken en u vyand ken.
2) U sal geestelik stabiel wees. Omdat ons van ons foute leer, sal ons sterk word in die swak areas, en versigting, en stabiel.
3) Geestlik helder wees.
IX) DIE BLYDSKAP VAN VREDE, OF TERUGKEER.
Dawid se eerste treë terug na die Here was toe hy by Siklag aangekom het, en ontdek dat hy die vrug van sy eie wil in son-de gedra het, en te sien watter skade dit veroorsaak het. Hy moes aan die einde van sy kragte gekom het.
1) DAWID WAS STERK
Toe hy homself in die Here versterk het, en die beloftes van die Here onthou het, kon; hy weer op oorwinning staan. Wan-neer daar nie meer doelbewuste sondes in ons lewens is nie, en ons verhouding met die Here herstel is, kan ons in die oor-winning van die Here staan.
2) DAWID SE STREWE OF NAVOLGING.
Met die Woord van die Here om op te staan, kan ons na die geveg weer gaan. Wanneer ons die opdrag van die Koning van Konings kry, en die Woord van die Here het om op te staan. Kan ons die goeie geveg van die geloof veg. I Tim. 6:12.
3) DAWID HET ALLES HERSTEL.
Die beloftes van die Here is so duidelik soos ons dit o.a. in Joël 2:12 vind: “..bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklaag” Vs. 16 “Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes,” vs.17 “Laat die priesters en die dienaars van die Here tussen die voorportaal en die altaar ween” v18 “Toe het die Here die ywer vir sy land en sy volk verskoon. “Dawid het nodig gehad om hom te bekeer, terug te keer, voordat blydskap gekom het. Die Here belowe dat hy die jare wat die sprikaan-vreter afgevreet het aan ons terug te gee, as ons met ons hele hart ons tot die Here sal bekeer.
4) DAWID HET SY VISIE TERUGGEKRY, HFST.27.
Dawid het sy visie verloor. In Hfst. 27 sê hy dat hy onder die hand van Saul sal sterwe. Omdat hy sy visie verloor het, het hy sy passie verloor. In dieselfde vers lees ons; “En Dawid het in sy hart gesê…” Hy het vergeet om die Here aan te roep, en weg van die troon van die Here beweeg.
Verder het Dawid ook die gees van onderskeiding verloor, en bevind hom in die verkeerde weermag, en veg teen sy eie mense.
Dawid het sy visie herstel, het u?
Ons het ‘n visie van die:
1) Heiligheid van die Here weer nodig.
2) Ons hemelse eindbestemming
3) Die wêreld se verlorenheid, sonder God en sonder hoop.
DAWID WORD GEKROON
2 Sam.5:17-25 2 Sam. 23:15-17
1)VERPLETTERENDE NUUS
Toe die nuus van Saul en Jonatan se dood David bereik het, moes hy besef het dat die troon nou uiteindelik syne sou wees. Na al die jare se wag, dat die beloftes wat die Hre aam hom gemaak het nou in vervulling sou kon kom.
Nogtans het hy selfs in die vooruitsig nie aan homself gedink nie. Die lang verwagte uitsien na die troon in verswelg in die ongelooflike en pragtige klaaglied wat vir ons opgeteken is in 2 Sam. 1:17-29 toe hy berouvol geween het oor die dood van koning Saul en sy geliefde vriend Jonatan.
2)VERBASENDE VERTROUE
Ons sien duidelik dat David weer terug is op die plek waar hy op God wag. Hy het geweet dat God hom die koningkryk sou gee op die regte tyd. Hy het geweier om weer sy hand te slaan en die koningkryk te neem in eie krag, selfs al het God hom dit beloof. Hy het die duur les geleer om op God te wag, dit is seker die moeilikste ding in enige kind van die Here se lewe om op die Here te wag.
Menslik gesproke het hy alle reg gehad om dadelik die koningkryk te neem aangesien die Filistyne Israel ingeval het. Per slot van sake het die Here hom die troon beloof en dit sou net reg wees on die inisiatief te neem om die troon te bestyg.
David het egter ‘n les geleer om op die Here te wag en watter duur les was dit nie gewees nie.
3)VERSUGTING VAN DIE HART
2 Sam.2:1″En daarna het David die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek opstrek in een van die stede van Juda? En die Here het hom geantwoord: Trek op. Toe sê David: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.”
Dit was hier waar David uiteindelik gekroon was oor Juda.
a. Burgeroorlog wat vooraf gewoed het.
Die kinders van Israel was verdeeld. Hulle het teen mekaar geveg. Die huis van Saul, en sy volgelinge, teen Dawid, en sy volgelinge.
Op hierdie stadium was die Filistyne nie baie begaan oor Dawid nie. Solank daar innerlike stryd is in ‘n siel kan so persoon nie veel beteken vir die koningkryk van die hemel nie. Die Filistyne (die Duiwel) is nie bekom-merd oor daardie persoon wat met sonde speel nie. Hy is nie bekommerd oor daardie sogenaamde kind van die Here wat sit met wêreldgesindheid nie, daardie vleeslike, lewelose, kragtelose, hopelose, kind van die Here nie.
b) Gedeeltelike heerskapy
Daar is baie kinders van die Here wat wel die Here aangeneem het, en die versekering gekry het dat die Here hulle siele gered het, hulle het die Here as te ware gekroon in Hebron, maar daar is area’s in die lewe wat nog nie aan die Here behoort nie.
Dis wonderlik om te ondervind dat my sondes vergewe is, dis wonderlik om te weet die Here het iets in my lewe gedoen.
HY VRA NOU TE VEEL
Maar Here moet net nie van my vra om
(i) dinge wat vir my kosbaar is
(ii) vriende
(iii) seepies
(iv) T.V.
(v) duiwels venoot
(vi) materieele dinge
(vii) onderdanig wees aan man
(viii) trots – ek is darem van daardie Botha’s
(ix) te nougeset te wandel
Here u kan hierdie area in my lewe kry maar net nie hierdie heiligdommetjie van my nie. Ons het die Here toegelaat in deel van ons lewe wat nie sal inmeng met my idees en idiaale nie maar niks meer nie.
EK SE VIR U SO PERSOON IS MISRABEL EN KEN GEEN GELUK NIE.
4) VERNIETIGING VAN ISBOSET
Isboset was die seun van Saul en het oor Israel geheers. Isboset beteken: Man van smarte.
Die persoon wie se lewe nie aan die Here Jesus oorgegee is nie is voorwaar iemand wat in smarte leef. Hy is nie gelukkig onder die kinders van die Here nie, maar ook nie in die wêreld nie.
Isboset het oor Israel geheers ( wat die grootste gedeelte van die landgebied Israel was) en het dit gekos dat hy dood gemaak moes word alvorens die volle heerskappy aan Dawid toevertrou kon word.
U kan nie met sondes in u lewe sit wat u wil verskoon en dink dat u die Here gaan behaag nie. “Ons kan nie God en Mammon dien nie” Wat is daar in u lewe wat die Here mishaag en uself tot skaamte bring?
U sal by ‘n plek moet kom waar u alles aan die Here moet oorgee en selfs hierdie area wat u so koester en beskerm moet weggee voordat u ‘n bruikbare instrument in die hande van die Here kan wees.
5) VOLKOME HEERSKAPPY VAN DAWID OOR ISRAEL. 5:3c
“En hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.”
Die geheim van ‘n oorvloedige, oor-winnende, vrugbare, lewe is om die Here Jesus koning oor jou hele lewe te hê. Dawid was oor die hele Israel gekroon as koning. Burgeroorlog was nou op ‘n end en Israel was vereenig.
Daar is oorwinning vir die kind van God. As die Here Jesus koning oor ons hele lewe is (wat na regte moet geskied by wedergeboorte) moes ons al daar by die kruis klaargekry het met sonde. Dawid het gevorder van skaapwagter tot koning.
a) Oorwinning oor die Bergvesting v6, 7
“… Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem.”
Dawid wou meer as enige iets plek gehad het waar hy die tempel van die Here kon bou. Sion sou die perfekte plek wees, maar die Jebesiete het die plek beheer. Jos. 15:63. Met die inval van Israel kon die Israeliete hulle nie verdryf nie en het hulle saam met hulle gebly.
Miskien is daar ‘n bergvesting in u lewe, wat u vertroetel, wat nie onder beheer van die Heilige Gees is nie.
Daardie iets wat u nie bereid is om mee te breek nie. Daardie iets wat u weet wat u al vir jare mee worstel.
Daardie iets wat net jy van weet. Of daardie iets wat jou getuienis skend, wat jou van jou vrymoedigheid beroof en jou mond snoer as jy wil getuig. Jy is besig om jou vrymoedigheid te ver-loor as gevolg van hierdie ding in jou lewe.
Dawid het die bergvesting geneem en nou is hy koning oor die hele Israel.
AANVAARBARE DINGE:
Bergvestings in u lewe is aanvaarbare dinge binne die normale godsdiens beoefening maar onaanvaarbar indien ek ‘n dienskneg van die Here wil wees.
Kom ek verduidelik: Patriotisme is nie verkeerd nie, maar sodra dit tussen my en die bereidwilligheid om andere na die Here Jesus toe te lei staan, word dit sonde.
Die vermoeë om te organiseer, en dit so te doen dat ek nooit betrokke moet wees by die reëling om my hande vuil te maak nie.
Die onwilligheid om myself onvoor-waardelik te gee vir ‘n siel wat in nood is nie. Ek sal geduld hê met ‘n persoon in my lewe tot op ‘n punt, maar moet nie verwag om ‘n tweede myl met die persoon te stap nie.
6)VERRASSENDEOMGEKEERDEOMSTANDIGHEDE
Het u al ondervind dat alles goed ver-loop, al die beloftes van die Here kom in vervullling, dan skielik verander jou omstandighede.
a) Die ontwaking van die vyand
5:17: “Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het die Filistyne opgetrek om Dawid te soek.”
Toe die burgeroorlog gewoed het, was die Filistyne nie begaan oor Dawid nie. Nou egter wil hulle Dawid dood maak. Toe daar ver-deeltheid in Israel was, was die Filistyne tevrede.
Die oomblik toe Dawid Israel vereenig as ‘n magsblok het die Filistyne bekommerd geword.
Wanneer die kinders van die Here met hulle verlaagde standaarde worstel met sonde en wêreldse begeertes is die duiwel nie besorgd oor hulle nie, want vir die Here beteken ons niks in hierdie wêreld nie.
Die vyand word eers wakker wanneer daar met sonde gehandel word in die lewe en wanneer ons kaar kry met godsdiens speel en begin erns maak met die Here.
Wanneer die Heilige Gees in volle beheer van ons lewens sal kom is dit die tyd wat die vyand van ons siele met woede ons sal probeer vernietig.
Ps. 133 sê vir ons “Kyk, (aanskou, neem ag) hoe goed en heerlik is dit dat die broeders ook saamwoon!…. want daar gebied die Here die seën…”
7) DIE VERSTEKING IN DIE SPELONK VAN ADULLAM.
2 Sam.23. Hierdie grot was wel bekend vir Dawid want hy het dikwels in daardie omgewing sy pa se skape opgepas en dikwels sy dors gaan les by die put by Betlehem.
a) DAWID SE VERSUGTING II SAM. 23:15
“Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?”
Skielik het Dawid, tewyl hy gewag het om teen die Filistyne te veg, ‘n ontsettende lus gekry vir die heer-like koel water van die poel van Betlehem. Dit was asof Dawid die dae van sy jeug onthou, en die tye onthou waar hy onverstoord sy dors kon les.
Dit is soos u op ‘n baie warm dag sou sê: “Ek wens ek kon ‘n heerlike koue roomys van die Burger Fair in Constantia, Kaap koop”. Iets kan gebeur wat u herhinder aan een of ander vreugdevolle gebeurtenis in u lewe.
Daar is baie mense, veral ou mense wat verlang na die dae toe hulle meer onskuldig was as nou. U verlang terug na die dae, toe u nog nie van die verbode vrugte geëet het nie. Toe u nog net vir die Here uitverkoop was. U verlang terug na die water van u kinderdae. Geen kragtige persoon sal hierdie dae vir u kan terugbring nie. Daardie dae is vergete, u bly uitroep, “as u maar net daardie dae kan terugroep”, maar u kan nie. U siel roep uit na die lieflike onskuldige dae, van reinheid en skoonheid. Die jare wat die sprinkaan-vreter opgevreet het sal Hy aan u terug gee.
Die Here kan u
1) herstel,
11) reinig,
III) vul,
IV) u magtiglik gebruik as u:
1) u bekeer, 2) terugkeer 3) jou aan Homself sal wei nadat u vertrou het dat die Here u hart diep en heerlik gereinig het. Kom by die Here uit!
As u nog nooit gered was nie, roep die Here jou tot redding, om van die waters van die lewe te drink. Joh.4:13 en 14: “Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.”
Jesus versadig volmaak. U kan die verlore jare nie weer terug kry nie, maar Hy kan aan u nuwe lewe gee.
“I tried the broken cisterns, Lord,
But, oh! the waters failed!
E’en as I stooped to drink they fled
and mocked me as I wailed.
Now non but Christ can satisfy
None other name for me…
There’s love, and life, and lasting joy
Lord Jesus found in Thee.
Robert Murray Mc Cheyne het gesê: “Make us so Godly, as possible, for a saved sinner to be.”
8) DIE VERWERPLIKHIED VAN EIE BEVREDIGING
a) Die Herhindering:
Dawid het skielik ‘n oorweldigende begeerte gehad vir daardie heerlike koel water van die put daar by Betlehem. Dit is asof hy die water onthou van toe hy ‘n kind was, hoe hy dikwels daar sy dors gaan les het. Dit was selfs ‘n versugting wat van sy hart gekom het. Dawid het nie eers gedink dat iemand hom gehoor het nie.
b) Dapper krygsmanne
Daar was egter hierdie drie dapper helde van Dawid wat die versugting van sy hart gehoor het en dadelik tot aksie oorgegaan het. AG, AS ONS MAAR IN SO KONTAK WAS MET ONS HEMELSE DAWID DAT ONS DIE VERSUGTING VAN SY HART KON KEN.
Hierdie drie dapper helde het, deur die verdediging van die Filistyne gebreek, na Betlehem, dit was die bergvesting van die vyand, om daar vir hulle leier van die water van Betlehem te gaan haal. Hulle het hulle lewens gewaag om vir hom van daardie water te gaan haal. Hulle moes vir Dawid innig lief gehad het. Hulle het Dawid die lig van Israel genoem.
c) Die invloed:
IS DIT NIE AANGRYPEND WAT SE INSPIRASIE EEN SE LEWE OP ‘N ANDER KAN Hê NIE. WATTER SOORT MENSE INSPIREER JY? WATTER INVLOED OEFEN JOU LEWE UIT OP DIEGENE RONDOM JOU?
Dawid was so aangegryp in sy hart dat hy uitroep in II Sam. 23:17: “Dit is ver van my, Here, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie.” Toe het Dawid dit “tot eer van die Here uitge-giet”. As hulle hom voorheen liefgehad het, soveel te meer nou na hierdie daad, om aan hulle te dink.
d) DAWID SE SELFBEHEERSING.
Wat hierdie manne vir Dawid gedoen het, het vir hulle ver te duur gekos, om nou homself te verlusting aan daardie luuksheid. Toe Dawid sien wat dit hierdie man-ne gekos het, om hulle lewens in gevaar te stel, kon hy nie selfbevredigend wees nie.
Kan jongmense hulleself verlustig in die teater, ten kos-te van die akteurs en duisende toeskouers wie se siele in die ewige swaelbrand hel sal land.
Wat van die T.V. in u huis. Daar is soveel gemors wat daaroor geuiter word. Al die akteurs betrokke, huwe-like wat opgebreek word omdat edelheid verlore gaan.
Hierdie mense is uiters ongelukkig en tragiese dinge gebeur onder hulle. Hulle betaal ‘n duur prys vir populariteit.
Wat nie alles onder die dekmantel van plesier gedoen word nie? Is u besig met hierdie dinge, terwyl ons sê dat ons gekant teen immoraliteit en owerspel, tog word ons deur hierdie dinge vermaak. Is ons nie Fariseërs nie. IETS IS ERENS VERKEERD.
Ons is teen die gedagte van vermaaklikheid, en tog laat ons dit in ons lewens toe. As u besef dat dit die vreug-de, en lewens van vele geëis het, die ewige welstand van miljoene, kan u bekostig om hierdie sosiale beker te drink. Die oomblik van eie plesier sluit altyd ‘n dure prys in. Dit sal u beroof van ‘n geleentheid om te getuig, net omdat die wagter nie gewaak het nie. Dawid kon hierdie water nie gedrink het nie, omdat dit teen ‘n te hoë prys geoffer is.
9) DIE VORMINGS PROSES VAN DIE HERE.
II SAM.5.
Alhoewel Dawid nie meer vir Saul gevlug het nie, en koning was, soos die Here beloof het nie, het die Fili-styne skielik op hom afgekom. Die vorige dag was alles nog reg, maar nou het dinge verander.
Skielike aanslae kom ook na ons. Dinge soos om on-verwags my werk te verloor, my huwelik wat verbrok-kel, ‘n ouer en ‘n kind wat van mekaar verwyder is, my gesondheid wat ernstige afmetings aanneem en my werk vermoeë drasties beëinvloed, ens. Waarom laat die Here toe dat ons sekuriteit, daardie dinge waarop ons leun, van ons weggeneem word. Die Here laat soms omstandighede oor ons pad toe wat ons stroop van die moontlikheid om ons vertroue in mense of omstan-dighede te stel. God wil hê dat ons in Hom gewortel en gegrond moet wees. Hy wil ons vertroue alleen wees. Deut. 32:1 “Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels…”
Dikwels is teëspoed en lyding die toetse van die Here, om ons te leer om ons vlerke te gebruik. Gebruik u ge-leenthede om op u geestelike vleuels te vaar.
10) DIE BEVESTIGING VAN DAWID SE VERTROUE OP DIE HERE.
Dit was op hierdie stadium dat dit nodig was vir Dawid om te leer dat hy nog net so afhanklik van God was, noudat hy koning geword het, net soos toe hy sy pa se skape opgepas het daar in die veld, of toe hy voor Saul moes uitvlug. Daardie tyd toe hy die beer moes aandurf en die leeu, toe hy die reus Goliat moes aandurf. Nou dat hy die Filistyn moet beveg.
DIE TYE WANNEER ONS DINK ONS IS STERK, WANNEER ONS DINK ONS KAN OP ONS EIE VOETE STAAN, IS DIT DIE TYD WAT ONS WAAKSAAM MOET WEES. ONS KOM NOOIT OP ‘N PLEK IN ONS CHRISTEN LEWE WAAR ONS SONDER DIE HERE KAN OF DURF FUNKSIO-NEER NIE. ONS SAL NIE OORLEEF GEESTELIK NIE, GEEN LOOT KAN VRUG DRA SONDER DAT DIT IN DIE WYNSTOK BLY NIE.
Joh. 15:4: “Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.”
Dawid het geweet dat hy net so afhanklik van die Here is, as koning, as toe hy ‘n skaapherder was.
God is die bron van die lewe, die instandhouer van die lewe. Hy is die lewe. In onsself is ons niks en het ons niks. Alles wat ons het, is en sal wees, kom van die Vader. Daarom kan ons in niks roem nie. God het ons gawes gegee, maar kan dit op enige stadium van ons wegneem.
Dikwels in die grootste oorwinning van ons lewe kom die Here en verander ons omstandighede om ons te her-hinder dat dit Hy is wat ons daar gebring het.
Wat jy is, is net ‘n gawe van God. MOENIE VER-BAAS WEES AS GOD JOU TROON BIETJIE LAAT WANKEL NIE. Soos iemand eenmaal gesê het:
“IT DOES NOT REST ON SOME INHERITED NESSESITY BUT ON HIS DETERMINATION OF HIS WILL AND THE FORTH-PUTTING OF HIS MIGHT. THE BRIGHT LIGHT OF POPULARITY IS TOO STRONG AND SEARCHING FOR THE PER-FECT DEVELOPMENT OF THE DIVINE LIFE.”
Populariteit is gevaarlik vir diegene wat waarlik wil deurgaan met die Here.
DIE PLEK WAAR MENS VOLKOME ONTWIKKEL WORD VIR BRUIKBAARHEID IS EENSAAMHEID, AFSONDERING, VERSOEKING, EN KONFLIK. DIT IS DIE VUUR WAT KARAKTER IN DIE MENS BOU. MOOI WEER HET NOG NOOIT ‘N GOEIE MATROOS GEMAAK NIE.
God laat omstandighede toe oor ons lewe sodat ons ander in dieselfde situasie kan help. Dikwels het ek al gewonder hoekom die Here toegelaat het dat ek ‘n senuwee-ineenstoring moes hê, al antwoord wat ek kon kry is sodat ek diegene kan verstaan en bystaan wat die-selfde deurgaan. Sodat ek hulle kan adviseer met help waar ek kan. Mens kan nie saam met jou medemens ween oor hulle kinders as jy nie self kinders het en die liefde van ouers verstaan nie.
11) DIE VERSKIL (GEDRAGS-PATROON) VAN ‘N MAN WAT IN KONTAK IS MET GOD
II Sam.5:19: “Toe het Dawid die Here geraad-pleeg…” Nou was Dawid nie van plan om dwaas op te tree nie, hy was nou in kontak met die Here. Hy het geweet om op God te wag. Toe Dawid die Filistyne sien het hy nie paniekerig geraak nie.
WANNEER ONS WAARLIK IN KONTAK MET DIE HERE IS EN IN NOU GEMEENSKAP MET HOM LEWE, IS DIT NIE NODIG DAT ONS PANIEKERIG WORD NIE, WANT ONS WEET DAT ONS LEWE IN SY HANDE IS. ONS WEET DAT ONS ONS LEWENS KAN TOEVERTROU AAN DIE EEN WAT DIE HEMELRUIM IN STAND HOU.
ONS KAN ONSSELF TOEVERTROU AAN DIE EEN WAT ALLES IN STAND HOU DEUR DIE KRAG VAN SY WOORD. IS HY DAN NIE BY MAGTE OM ONS TE BEWAAR NIE?
Die Here het vir Dawid verlos.
12) VOORTDURENDE KONTAK MET DIE HERE IS
NOODSAAKLIK.
II Sam. 5:22 “Maar die Filistyne het nog weer opgetrek…”
AS ONS VOORTDUREND DIE SEëN VAN DIE HERE WIL ERVAAR MOET ONS GEDURIG IN KONTAK MET DIE HERE LEEF.
God se woord aan Dawid die tweede keer was anders as die eerste keer. “Trek op… Ek sal die Filistyne in jou hande gee”. Sy voorspoed het nie die gesindheid van sy hart ver-ander nie. Hy was steeds net so afhanklik van die Here soos voorheen. Hy het nie die tweede keer, vol van hom-self, uitgegaan nie, hy het die Here geraadpleeg. Saul se fout het tot sy ondergang gely. So ook sy voorspoed.
Dawid het nie gedink dat hy die oorwinning het nie, die Woord van die Here vir hom vir die tweede keer was,
v23: “Jy moet nie optrek nie; trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.”
Ons ken die hulp wat ek van die Here ontvang, in een vorm uit die verlede, wat my ‘n totale ander vorm in die toekoms kan gee.
As ons na die klein skooltjie kyk in Ulster, waar die her-lewing in die 59’s uitgebreek het, weet ons dat dit nie die skooltjie was nie. Daar mag dalk nooit weer ‘n herlewing daar uitbreek nie.
Die Here verander nie, maar die manier hoe Hy werk en die omstandighede wat Hy gebruik verander, omdat Hy sowerein in Sy werking is. Soms moet u voorwaarts vir die Here gaan, soms moet u wag. Soms moet u tot aksie oor-gaan, soms moet u onttrek. Fillipus was uit ‘n herlewing geroep om aan een man die Evangelie te verduidelik.
Soms moet u vooruit beweeg, en soms by die balsembos wag.
Daarom is dit so belangrik dat ons in kontak met die Here moet leef. Wees sensitief vir die leiding van die Heilige Gees. Hou voortdurend rekening met die Here en u sal die volgende stap ken.
***********
DIE WEGVOERING VAN DIE ARK
2 SAM. 6:1 + 1 KRON.15:2
1) DIE AFWESIGHEID VAN DIE ARK
Dit was nou al 70 jaar wat die ark van die Here weg was. Meer as enige iets anders wou David, siende dat hy nou uiteindelik in die posisie is waar die Here hom wou hê, die voortdurende teenwoordigheid van God by hom. Hy het besef dat hy onder geen omstandighede kon heers in outori-teit en krag en oorwinning sonder die leiding van die Here nie. Dit was esensieël vir oorlog, vir regsake en vir enige aksie.
Daarom was dit vir hom noodsaaklik om die ark van die Here terug te bring in Jerusalem, wat die hart van die koninkryk is. Die ark van die Here in die Ou Testament was ‘n simbool van die teenwoordigheid van God. Die Here het beloof (daar sal Ek met jou ontmoet, en daar met jou gemeenskap hê) Eksodus 25:22
DIE ARK VAN DIE Here praat met ons van die teen-woordigheid van die Here. Dit praat met ons van Christus.
Daar mag sommige van u hier sit vanmore en u weet dat u nie die teenwoordigheid van die Here ervaar nie. U is nie in kontak met die Here Jesus nie. Miskien is dit omdat daar sonde in u lewe is, wat nie daar moet wees nie. Daar is miskien daardie ding wat net u en die Here Jesus van weet. Daardie ding wat u nie wil prysgee nie.
Daardie ding wat die teenwoordigheid van die Here verhinder in u lewe.
Heb. 12:1″..Laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring..”
MENS WORD SIEK VAN DIE DOODSHEID, DIE ANTAGONISME, DIE AFWESIGHEID VAN OPREGT-HEID, EN DIE AFGEMETE ORGANISASIE VAN DIE KERKE, WAAR DAAR GEEN LEWE IN IS NIE.
Hoekom is dit asof die Gees van God nie meer so werksaam is in ons dag soos vroeër nie. Ons het soveel goeie organi-sasie in ons kerke, alles verloop eersteklas maar dit ver-seker nie die teenwoordigheid van die Here nie.
2) DIE ORGANIESASIE VS 1-5
Hy het 30 000 uitgesoekte manne gehad wat hy versamel het. Al die mense het instrumente gespeel. Vir David het alles perfek afgeloop, alles het afgeloop net soos hy beplan het.
In vandag se kerke loop alles volgens planne. Alles is goed georganieseerd, al die aktiewieteite verloop goed, maar is dikwels sonder die teenwoordigheid van die Here. Die Here Jesus is nie in hulle midde nie. (Luk 2:43-46) Die Gees van God het lankal van hulle onttrek net soos ons die kerk vind in die laaste dae wat ons van lees in Openbaaring 3:16-20 “Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. Want jy sê:
Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaens-waardig en arm en bind en naak is nie…… v20 Kyk, Ek staan by die deur en klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
AS DIE GEES VAN DIE HERE, VAN DIE KERK WEG-GENEEM WORD SAL 80% VAN KERKLIKE AKTIWI-TEITE NORMAAL AANGAAN SONDER DAT DIE MENSE AGTERKOM DAT DAAR ‘N VERSKIL IS. “THERE IS SO MUCH ORGANIZING THAT THERE IS NO TIME FOR AGONIZING”
3) DIE TOORN VAN GOD
Dawid het ‘n nuwe wa gebruik om die ark van die Here te vervoer. Omtrent 70 jaar voor dit, het die Filistyne dieself-de metode gebruik om die Ark van God terug te stuur na Israel na die huis van Abinadab. Dawid het die metode van die wêreld nagemaak.
VERSKEIDENHEID WAENS
a) Christuslose. Nuwe waens. Soms lyk dit soos ‘n nuwe evangelie wat verkondig word. ‘n Kruislose evangelie. Jy moet net ‘n besluit neem vir die Here. God is mos ‘n God van liefde, Hy sal nooit iemand in die hel werp nie. Jy hoef nie jammer te wees oor jou sonde nie, inteendeel jy kan maar aangaan met jou sonde, die Here verstaan dat ‘n mens maar behoeftes het. Wat ‘n leun uit die hel.
b) Kruislose evangelie,
c) Sondeverskonende, maklike,
d) Toronto blessing- Rodney Howard Brown sê in een van sy dienste, jare terug as mense so gereageer het in dienste sou hulle gesê het dat so persoon van die duiwel besete was, maar vandag het hulle meer lig. Jare terug sou hulle die duiwel uit so persoon gedryf het maar vandag weet hulle dat dit die gees van god is.
Daar is talle “christene” vandag wat wil vlerk sleep by die wêreld. Hulle wil die Here Jesus volg maar is nie gewillig om die wêreld en sy dinge prys te gee nie.
PANEEL-BESPREKING-VRAE WAT GEVRA WORD IS O.A.: IS DANS SONDE, IS LANGBROEK-DRA SONDE ENS. MAAR NOOIT WORD GEVRA HOE NA AAN DIE HERE KAN EK LEWE NIE. EK WIL SO NA AS MOONTLIK AAN DIE WêRELD LEWE, MAAR DEURGAAN AS “GERED”.
Baie mense vandag soek die teenwoordigheid van God op die verkeerde manier, hulle wil die wêreldse metodes ge-bruik. Die duiwel het talle christene, wat nie na pop-musiek wou luister nie, gevang met die sogenaamde “christian rock”.
Hy het daarvoor net ‘n christen baadjie aangetrek en nou hardloop die kinders van die Here hulle bene af na die gemors.
Hoe dikwels het ons nie gevind dat as mense nie bereid is om God se standaard aan te neem nie, hulle betrokke raak in die charismatiese beweging nie. In ons tyd het dit mos gewoonte geword om bietjie rond te kyk waar mens die artikers die goedkoopste kan kry. Nou het die christene dieselfde tendens gevolg om te kyk waar hulle Geesver-vulling kan kry wat vir hulle niks gaan kos nie. Daar waar hulle kan voortgaan met hulle sonde en waar hulle nie af-gesonder hoef te leef van die wêreld nie.
Die Woord van die Here is tog duidelik oor hierdie aspekte in 1 Joh. 2:15: “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie, as iemand die wêreld liefhet is die liefde van die Vader nie in hom nie.”
IN AMERIKA IS DAAR OP EEN PLEK ‘N GROOT STANDBEELD. TYDENS DIE MIGRASIE VAN DIE VoëLS NA WARMER KLIMAAT, IS HONDERDE DOOIE VoëLS AAN DIE VOET VAN DIE STAND-BEELD GEKRY. JY SIEN, HULLE HET BIETJIE TE LAAG GEVLIEG EN HET IN DIE STANDBEELD VAS GEVLIEG.
Daar is talle christene wat te laag vlieg. Bietjie te na aan die wêreld en sonde. Hulle einde sal die ewige verdoeme-nis wees.
Evangelie prediking behels: om oor sonde te preek, ware berou oor sonde en die volle raadsplan van God en die kruis te verkondig.
4) SKIELIK HET ALLES PLATGEVAL.
Ons kan onsself net indink, wat ‘n vreugde daar was soos die optog aan die gang was. Hulle moes seker oor bietjie bergagtige grond gegaan het, want ons lees dat die osse gestuikel het.
II Sam. 6:6 “En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.” v7 “Daarom het die toorn van die Here teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.”
Dawid was bedroef en het die Here gevrees. 2Sam 6:8-9 Wel natuurlik Dawid het in sy eerste ywer die teenwoor-digheid van die Here probeer soek, en dit blyk ‘n musliking te wees. As Dawid net toe reeds die Here geraadpleeg het soos sy gewoonte was, kon die tragedie voorkom word.
Dit is gevaarlik om jou hand uit te steek na die heerlikheid van God.
Nou was Dawid bang om die Ark van God na die stad te bring.
5) ANNALISERING VAN DIE PROBLEEM
Dawid het seker gewonder waar die probleem lê. Hoek-om het die tragedie nou eintlik plaasgevind.
AS DAAR IETS VERKEERD, IN DIE MENS SE LEWE IS, SAL DIE HEILIGE GEES DAAR WEES OM ONS TE OORTUIG.
Vir drie maande het Dawid eers die skrifte gaan bestudeer om uit te vind waar die probleem is. Met ander woorde Dawid het sy Bybel gaan lees en ontdek waar hy gefouteer het. I Kron. 15:2 “Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die Here het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.”
Lees u, u Bybel? Nie net om u gewete te sus nie, maar om God se wil te ken?
Dawid het die teenwoordigheid van die Here gesoek, maar op die verkeerde manier.
Dawid het die ark van die Here op ‘n wa geplaas. Dit moes deur die Leviete gedra word. Die oomlik toe Dawid besef wat hy verkeerd gedoen het, het hy God se orde gevolg. Die punt is dit dat die ark van die Here nooit op die wa moes gewees het nie. In die konstruksie van die Ark van God, was dit duidelik dat daar ringe aan die Ark aange-bring moes word en dat dit deur die Leviete gedra moes word op hulle skouers.
Num.4:15 Die Ark van die Here is nooit iets anders as die las van die Here wat gedra moes word op die harte van die Leviete nie.
Dikwels wil ons, ons hande aan die werk van die Here slaan in plaas van ons harte. Ons raak betrokke by die dinge van die Here terwyl ons harte nie die las daarvan dra nie.
Die werk van die Here behoort en moet gedra word deur die kinders van die Here. Finansieël en in gebed. Het ons ‘n las vir die werk van die Here. Nie meganiese organisasie nie. Daar is baie nuwe dinge wat die lig sien vandag
Wanneer ons, ons hand uitsteek om God se werk te doen, moet ons dit op God se manier doen. ONS MOET ‘N LAS Hê. Robert Murry McCheyne sê: “…can you not hear the tramp, tramp, tramp of people going to a lost eternity?”
Wanneer laas het u geween oor verloregaande siele? Paulus kon sê, in Rom. 9:2 en 3 “…dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, ….”
Ons kan nie dink om die werk van die Here te doen sonder die bekragtiging van die Heilige Gees nie. Die Here Jesus het dit nodig geag om vir sy dissipels te sê om in Jerusalem te wag totdat hulle vervul is met krag uit die hoogte. (Hand. 1:8).
Hulle het die Heilige Gees nodig gehad om God se werk te doen, hoeveel te meer nie ons nie. (dit moet seker ‘n fout wees want vandag doen hulle dit sonder die Heilige Gees).
Ek dink as Dawid iets in daardie stadium van sy lewe geleer het was dit DIE REINHEID VAN GOD SE TEENWOOR-DIGHEID EN DIE ONAANTASBAARHEID VAN SY HEILIGHEID.
Mens kan God nie stoot of voortdryf nie.
‘n Groot les wat Dawid geleer het in hierdie tyd was dat hy die situasie verkeerdeliks probeer benader het. Hy het God se teenwoordigheid probeer bekom sonder om God se heiligheid te besef.
Ons moet die punt baie goed besef. As ons die teenwoor-digheid van God verlang in al Sy Heerlikheid en Heiligheid, dan beteken dit oordeel oor sonde en heerlikheid vir hulle wat God vrees.
“Whenever God comes into our lives by the power of His Holy Spirit, He comes either to blast or to bless, either to condemn or to comfort, either to destroy or to deliver, either to judge or to save.”
6) ERKENDE METODE
I Sam. 6:12 “En toe aan koning Dawid meegedeel is: Die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die Ark van God, het Dawid gegaan en die Ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.”
Die tweede keer wat Dawid die Ark van God gaan haal het was hy vol vreugde want die gebroke gemeenskap was herstel. Dawid het gehuppel van vreugde voor die Here.
Die eerste keer toe David die teenwoordigheid van God ge-soek het, was dit sonder offers. Hierdie keer het hulle skaars die ark van die Here beweeg of hulle het offers aan die Here gebring.
Wat bring meer vreugde in die siel as om te besef dat die teen-woordigheid van God slegs ervaar en verkry kan word deur die ewige offer wat in die Here Jesus vir ons gemaak is. Dit bring vreugde in die siel, ‘n lied in die hart, ‘n huppel in jou stap, ‘n glans op jou gesig, die teenwoordigheid van God.
Te dikwels word die emosionele deel oorbeklemtoon om so die teenwoordigheid van God op te werk of om dit te probeer skep, maar soos ons so dikwels sien is die teenwoordigheid van God nie daarin nie. As mens eers eenmaal die ware teen-woordigheid van God gesmaak het, kan jy met niks anders tevrede wees nie.
So dikwels was ek al in dienste waar die mense gaande is oor wat daar gebeur en sê hulle: “Waarlik die Here was vanmore in ons midde…” Sulke tye voel ek of ek wil ween omdat dit so dikwels is dat daardie persone niks van die teenwoordig-heid van die Here weet nie. God was nie in hulle midde nie. Baie aksies getuig, maar God was nie daar nie.
Dawid se vreugde was iets wat tot uitbarsting gekom het en hy het van vreugde gehuppel. Dit het al met my gebeur dat my hart so vol vreugde was dat ek gevoel het dat my hart uit sal spring as ek my mond oopmaak.
7) DIE SMART VAN ‘N EENSAME HART
Toe Dawid so vol vreugde in die teenwoordigheid van die Here was, het daar skielik ‘n wolk oor die toneel gekom. Migal, Saul se dogter het gesê in haar hart: “Jy het ‘n gek van jouself gemaak.”
8) BESKULDIGING TEEN DAWID
II Sam. 6:20 “.. Hoe het die koning van Israel homself geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die salvinne, van sy dienaars ontbloot het, soos een van die ligsinninge mense hom ontbloot.”
Migal, was met Dawid getroud voor Dawid sy vlugteling-lewe begin het. Sy was aan Dawid as vrou gegee deur Saul, om vir hom ‘n beproewing te wees. Nadat Dawid sy vlugteling-lewe begin het, is Migal aan iemand anders as vrou gegee, maar nadat Dawid weer koning geword, het Dawid haar gaan haal. Sy het vir Dawid in haar hart verag, miskien sou dit vir Dawid beter gewees het om haar daar te los.
Ons sal weldra kyk na Dawid se groot sonde met Batseba. Kon hierdie insedent nie miskien die ding gewees het wat hom aangevuur het om vir ‘n ander vrou te kyk nie. NIE DAT DIT ‘N VERSKONING IS NIE. Miskien het die feit dat hy vir ‘n ander man se vrou gekyk het juis hier begin, in die bitterheid van sy siel wat begin het toe hy terug gekom het van die heerlike oorwinning om die vrou van sy hart te vind in sy huis wat nie in dieselfde vreugde as hy kon deel nie, maar wat hom verag het vir sy toewy-ding. HOE VERSIGTIG MOET ONS NIE WANDEL NIE.
Hoeveel huweliks probleme begin nie juis hier waar die een die Here wil dien en die ander een hom later verag nie.
Miskien is u in die eg verbind deur iemand wat nie u toe-wyding verstaan nie
Miskien is daar iemand in jou lewe wat vir jou ‘n beproe-wing is. Hulle kritiseer jou en sê allerhande dinge van jou. Hulle het jou beskinder.
Dawid het gesê v21 “Dit was voor die Here”. Onthou ons leef voor die Here. Dit maak nie saak wat ander sê of doen nie. Hulle sal self voor die Here staan en rekenskap gee. Daar is mense wat behae daarin skep om van ander te praat en daar word skade aan die werk van die Here gedoen. Laat ons waak voordat ons praat.
PAULUS OP DIE PAD NA DAMASKUS: “WIE IS U HERE, Ek IS JESUS, WAT JY VERVOLG.” WAS HY BESIG OM JESUS TE VERVOLG? NEE, HY HET DIE-GENE VERVOLG WAT DIE HERE JESUS GEDIEN HET.
AS ONS ‘N GESALFDE VAN GOD AANRAAK, DAN RAAK ONS DIE HERE JESUS AAN.
Laat ons versigtig wees om die gesalfdes van God nie aan te raak nie.
**********************************
WANNEER GOD NEE Sê
II Sam. 7
II Sam. 8:1, 2. 5 en 14
I Kron. 6:8
I Kron. 17:1-4
I Kron. 28:1 en 2
1) DAWID SE BEGEERTE
I Sam. 7:3 en “Kyk tog ek woon in ‘n huis van sederhout, maar die Ark van God woon binnekant ‘n tentdoek. Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u.”
Dawid het van ‘n vlugtelings-bestaan gevorder tot ‘n paleis van sederhout. Terwyl Dawid sy prag en praal bewonder, sien hy skielik die Tent van Samekoms, waar die Ark van die Here in is. Skielik het die begeerte by hom opgekom om ‘n huis vir die Here te bou. Dawid was so opgewonde oor die idee dat hy dadelik die profeet gaan raadpleeg het.
Dawid se koningkryk was nou gevestig, sy vyande was nou verslaan, met die Ark van God in Sion gevestig. Dit was op hierdie stadium wat Dawid met Natan die profeet ge-praat het oor die droom van sy hart. Daar openbaar hy die grootste begeerte van sy hart om vir die Here ‘n huis te bou waar die Ark van God in kan staan.
Dawid het die Here so liefgehad en sy hele wese het ver-lang om iets vir die Here te doen. So hier was ‘n jong man onder veertig wat ‘n visie het en in wie se lewe ‘n heilige doel gekom het.
2)HEMELSE VERWERPING VAN IN GROOT BEGEERTE
KEN DIE WILL VAN GOD
Miskien is hier iemand en jy wil graag iets vir die saak van die Here doen. Dit is die begeerte van jou hart. Dit is jou grootste ambisie. Dawid was ‘n man van God. ‘n Man na God se hart, ‘n geestelike man. Dit was nie die begeerte van ‘n vleeslike man nie.
Daar kan sommige vleeslike kinders van die Here wees wat abmisies het van wat hulle wil doen vir die Here. Maar dit is hulleself wat dit wil doen. DIT IS NIE WAT ONS VIR DIE HERE DOEN NIE, MAAR OF ONS BESKIKBAAR IS EN HY DEUR ONS KAN WERK. OM VIR DIE HERE TE WERK IN DIE VLEES, DOEN MEER KWAAD AS GOED.
Dawid was ‘n geestelike man, wat sy beste vir die Here wou gee. Dawid het net een begeerte in sy hart gehad en dit was om die wil van God te doen, daarom dat hy dadelik na die profeet gegaan het.
Daar is baie kinders van die Here wat die wil van God wil doen solank dit hulle nie iets gaan kos nie. Solank dit nie gaan beteken dat dit hulle ongerief of ongemak gaan ver-oorsaak nie. Dit was nie die geval met Dawid nie. Die belangrikste is dat ons in die wil van die Here is. Die tragedie is dat so min mense weet hoe om die wil van God te ken.
Daar is drie eenvoudige riglyne om die wil van God te ken.
1) Skrif
2) Die Gees van God
3) Smeekgebede
Wat beteken dit?
1) Dit moet volgens die Woord van God wees. Jy moet ge-noegsame skrif hê as bevestiging om staande te kan bly wanneer die aanslae kom.
2) Dit moet direkte leiding van die Heilige Gees wees en nie die invloed van mense nie.
3) Dit moet geweek wees in intense smeekgebede.
F.B. MEYER, TERWYL HY OORVAAR VAN DUN-LERE NA NOORD-WALLIS, HET HY WEER NA ‘N GOEIE ILLUSTRASIE GESOEK. NABY HOLLY-HEAD, VRA MEYER DIE SKEEPS-KAPTEIN HOE HY SY PAD VIND TUSSEN AL DIE GEVAARLIKE ROT-SE DEUR. “MAKLIK” HET DIE SKEEPSKAPTEIN GESê. IN DIE VERTE IS ‘N LIG, BIETJIE NADER NOG EEN EN SOMMER BY HULLE DIE DERDE EEN.
AS DIE STIER IN LYN IS MET AL DRIE DIE LIGTE, SAL ONS DIE HAWE VEILIG BINNEVAAR.
Vir F.B. Meyer het dit ‘n boodskap ingehou nl. dat die eer-ste lig die Woord van God is, die tweede die Gees van God en die derde die smeek gebede van die kinders van die Here. As hierdie drie in ooreen kom, kan ek aanvaar dat ek God se “groenlig” het. Advies van ‘n ander kind van God, nadat ek die wil van die Here ken, sal vir my net dien as bevestiging van wat ek reeds van Hom ontvang het.
Moet nooit advies van ander kinders van die Here aan-neem, wat teenstrydig is met dit wat die Here vir jou gesê het nie, al is hulle hoe in aansien. (Dit het my byna my roeping gekos). Dit laat my dink aan die ou profeet waar-van ons lees in 1 Konings 13:7.
Somige mense sal advies neem bo die woord van die Here. Dit is tragies. Ons moet verseker wees van die wil van die Here.
2) DAWID SE TELEURSTELLING
1 Kron.17:4 “Gaan se vir Dawid, my kneg; So spreek die Here; Jy mag nie vir My die huis bou om in te woon nie.”
GOD HET NEE GESê
Miskien is hier iemand, en jy het jou beskikbaar gestel vir voltydse diens maar jy het God se NEE ontvang. Dit het as ‘n skok vir jou gekom en jy voel dalk heel mismoedig.
God het nee gesê vir Dawid se groot ambisie. Jy sien Dawid het alles mooi agter mekaar gehad. Al sy planne-tjies was agtermekaar. Al sy plannetjies was reg hoe hy die ding sou doen. Maar God het net hier ingetree en gesê tot hier toe en nie verder nie. Dit moes ‘n geweldige teleur-stelling gewees het vir Dawid.
Miskien sit u hier en u hart wil breek. U wil so graag die Here dien in voltydse werk maar die Here het gesê nee.
Miskien is u in sekulêre werk en u hart brand om vir die Here te werk maar die antwoord is nee.
Miskien het u ‘n begeerte vir u huis en familie maar God het nee gesê, dit is nie vir jou nie. U voel miskien dat die hele wêreld in duie stort maar onthou GOD SE WIL IS VOLMAAK. God se weiering strek tot jou geestelike voor-deel, en jou toekoms.
Soms is dit moeilik om God se wil te aanvaar, in jou ge-moed stry jy daarteen en jy is net besig om jouself oneidige hartseer te veroorsaak.
3) GOD SE REDE VIR WEIERING
1 Kron.28:3 “Maar God het aan my gesê; Jy mag vir My Naam nie ‘n huis bou nie, want jy is ‘n man van oorlog, en jy het bloed vergiet,”
Dawid was ‘n man van oorlog. Van die dag af dat hy vir Goliat verslaan het, was hy onbevoeg om die huis van die Here te bou, maar toe het Dawid dit nie geweet nie.
Sommige mense roep God om ‘n soldaat te wees, ‘n stryder, om die vyande te verdryf en om oor hulle te triomfeer. (in ‘n sin is ons geroep om teen die magte van die bose en die magte van die duisterniss te veg). Sommige van ons is ge-roep om die tempel van God te bou (om die kinders van die Here te onderrig)
Die oomblik toe Dawid Goliat verslaan het, het God nie vir hom gesê dat hy nou nooit die tempel sal kan bou nie, hy het baie jare gewag voor dit vir hom geopenbaar was.
Miskien sal ons nog jare wag voor ons weet waarom God vir ons nee gesê het.
God het vir Dawid op ‘n mooi manier gesê: Ek het jou ver-hef van skaapwagter tot koning, Ek die Here was verant-woordelik vir die ryke seën wat jy nou beleef, en Ek het nog soveel seën vir jou.
Miskien is u teleurgesteld? Maar dink aan wat die Here Jesus alles vir jou gedoen het. Hy het jou verlos van jou sonde, van die ewige verdoemenis. Hy het u voete op ‘n rots geplaas. Hy het u gange vasgemaak, ‘n nuwe lied in u mond gesit. God het u uit die kuil van vernietiging uit ge-haal deur Sy groot genade.
4) DAWID SE TELEURSTELLING VERANDER IN VREUGDE.
Nou het God vir Dawid gesê “Moet nou nie teleurgesteld wees nie. Kyk waaruit Ek jou gehaal het.” God het hom die belofte gegee in 1 Kron. 28:6 “En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as ‘n seun verkies, en Ek sal vir hom ‘n Vader wees.”
Ek sê as Dawid nog daaraan gedink het om opstandig of teleurgesteld te wees, was alles nou tot niet. Watter vreugde het nie sy hart deurspoel met die aanhoor van die belofte nie.
Wanneer die teleurstellings kom, begin jou seëninge tel, dink aan alles wat die Here alles vir jou gedoen het. Dink aan die beloftes wat die Here aan jou gemaak het.
Daarna het God vir Dawid nog grootliks kom bemoedig
2 Kron.6:8 “Dat dit in jou hart was om vir My Naam ‘n huis te bou- daarin het jy goed gehandel dat dit in jou hart was.” Wat die Here eintlik vir Dawid hier gesê het was dat dit ‘n mooi gedagte was. Dawid het God se nee geredelik aanvaar. Daar was geen bitterheid, geen onge-lukigheid, in Dawid se hart nie. Dawid was spraakloos want die Here het vir Dawid talle redes gegee tot dank-baarheid.
Toe Jesus in Getsemane was, in smarte en angs vir ons sondes, het die sweet soos druppels bloed van sy gesig geval, terwyl hy in benoudheid bid. Matt. 26:39 “My Vader as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos u wil.”
5)DAWID AANVAAR DIE WIL VAN DIE HERE.
Dawid het die materiaal van die tempel bymekaar gemaak. Dit mag wees dat die Here vir ons nee se. Miskien wil die Here hê u moet die materiaal voorsien. Dit was in die hart van Dawid om die tempel te bou en die Here het gesê dat daarin hy goed gedoen het.
6) DAWID MEER AS OORWINNAAR
Die kroning van David as koning oor die hele Israel, was opgevolg deur ‘n volskaalse aanval op die vyande van God se volk. Dawid kon nie tevrede wees met enige iets anders as die vervulling van God se volmaakte wil vir hom nie.
a) Die veld van Dawid se oorwinning:
(i) Dawid se oorwinning was volkome. Aan die weste kant het Dawid die Filistyne verslaan wat naas die Medeteri-aanse see was.
(ii) Dawid verslaan die Moabiete wat die land beset het aan die oostelike kant. Hulle was afstammelinge van Lot. Hul-le oorsprong betaam nie om op in te gaan nie. Hulle begin en voortbestaan was om korup te wees en hulle was dikwels die oorsaak van Isreal se ondergang. Dikwels ge-beur dit dat as die duiwel mense op geen ander manier kon onderkry nie, hy hulle op die metode geinflitreer het, deur hulle morele standaarde te korup.
(iii) Syria was ‘n heidense nasie noord van hulle wat in twee groepe verdeel was.
(iv) Edon wat ‘n afstammeling van Esau is, mense wat bereid is om hulle geboortereg te verruil om die flees te bevredig.
Dit is nou belangrik om op te merk dat Dawid, God se ge-salfde koning van die hele landgebied verover het, wat God aan sy volk belowe het. Hy het alles uit hulle hande ge-neem om dit in diens van die Here te gebruik.
**********************************
DIE BLOED VERBOND
INLEIDING
Dikwels as ons deur die Skrif lees word ons bewus van verskeie gewoontes, gebruike, rituele, wat vir ons heeltemal vreemd is. Daardeur verloor ons kosbare geeste-like lesse en waarhede. Een van hierdie gebruike is die Bloed Verbond.
Verskeie sendelinge wat in Afrika gearbei het (Living-stone) vertel van hulle ondervindinge waar hulle by ‘n vyandige stam gekom het. Na baie oorweginge is ‘n bloed verbond met die kaptein van daardie stam gesluit en reg deur Afrika was hulle geëer en gerespekteer. Met die aan-sien van die litteken het ander stamme hulle met ope arms ontvang. Livingstone erken dat nog nooit na sy kennis, so ‘n bloed verbond verbreek nie.
Die woord verbond in die Hebreeus beteken letterlik “Om die verbond te sny, deur die vergieting van bloed.” As ons die Skrif op die regte manier sou benader sou ons dit noem: “Die Ou Verbond en die Nuwe Verbond.” “Die Ou Testament en die Nuwe Testament.”
Dit is van uiterste belang om hierdie verbond van naderby te beskou en te sien wat gebeur met die sluit van so ‘n Bloed Verbond.
II DIE VERBOND
Wanneer twee partye of persone in so ‘n verbond sou gaan is dit gesien as die heiligste, kosbaarste, bindendste (tot die dood) ooreenkoms. Mens sal nooit in so ‘n ooreen-koms ligtelik gaan nie en ook nie met enige iemand nie. Sal enige twee persone saamloop en nie ooreenkom nie. Dit gaan jou alles kos, aangesien jy jouself volkome aan daardie persoon oorgee. Jy het geen reg op jouself van daardie oomblik af nie.
1. Trek jou baadjie uit.
Daardie baadjie of jas simboliseer wie jy is. Ek gee alles wat ek is, elke deel van my, gee ek nou aan jou. Alles wat aan myself behoort gee ek nou aan jou. Paulus… ou mens af te lê… en beklee te word met die nuwe. Dit sou beteken dat ek my lewe, wat ek tot op daardie stadium gehad het, moet aflê en ‘n nuwe lewe saam met my verbondsmaat moet begin.
2. Haal jou belt af.
In die ou Joodse tradisie was ‘n belt nie gebruik om jou langbroek op te hou nie. Dit het jou swaard, mes en jou beskermingswapens aan gehad. Dit simboliseer jou krag, jou hulp, jou verdediging. Al my krag en krygsvernuf is tot jou beskikking as jy dit sou nodig kry. As iemand aan jou raak, raak hulle aan my. Jou gevegte is myne en myne is van hierdie oomlblik af joune. Ons is nou soos een.
3. Slagting van die Verbondsoffer.
‘n Slagdier word in die lengte deur gesny en die twee bebloede gedeetes word oor mekaar neergesit. Slegs in so ‘n Bloed Verbond word die dier op so ‘n manier verdeel. Ons staan met ons rue na mekaar toe en begin in ‘n groot vorm van ‘n agt deur die bebloede halftes te loop totdat ons van aangesig tot aangesig teenoor mekaar staan.
Daardeur sê ons twee dinge vir mekaar:
a. Ek sterf selfs soos hierdie dier gesterf het aan al die reg op myself. Ek gee my lewe, elke aspek daarvan oor aan jou. Van nou af is ek totaal joune, jy kan elke deel van my lewe deel.
Nou begin ‘n nuwe lewe saam met jou, my verbondsmaat, wat slegs deurdie die dood be-eindig kan word.
b. Die Joode het ‘n vreeslike gewoonte gehad om na die dier te wys en te sê: “Mag God dit weer aan my doen as ek die verbond verbreek.” Sterf aan jou ou lewe en begin lewe in ‘n nuwe ver-houding met jou verbondsmaat.
4. Sny onsself.
Nou sal ons ons regter hand oplig en ‘n sny af maak in die handpalm of in die gewrig. Dan sal ons die twee saam bring sodat die bloed kan vermeng terwyl ons trou sweer aan mekaar. Die lewe is in die bloed. Nou vloei my lewe in joune en joune in my. (Vandag skud ons hande).
5. Maak ‘n Litteken
Ons neem nou’n middel wat ons in die wond smeer(gewoonlik as) om ‘n permanente litteken te laat. Dit is dan die seël van hulle verbond en is daar om hulle voortdurend te her-inder aan die plegtige eed en die groot verantwoordelikheid wat hulle teenoor mekaar het.
Wat ookal met daardie persoon gebeur, gebeur met jou. As hy in vreeslike skuld beland en nie kan betaal nie, moet jy instaan. As jy ‘n??? kry, deel jy daarin. Dit is ook ‘n geweldige vertroosing. As daar enige moeiliheid na my kant toe kom, is hy daar om my by te staan. As enige iemand my bedreig dan wys ek my litteken aan my regterhand en my teëparty trek dadelik terug. Daardeur sê jy aan die persoon. Daar is meer van “ek” as wat jy kan sien. Die ander “ek” kan dalk groter wees as ek, en as jy my aanval wees verseker van dubbele terugslae.
6. Omruil van name.
Nou ruil ons name om. Die huwelik, wat ook ‘n verbond is, is ‘n pragtige voorbeeld, alhoewel in die westerse beskawing, die man nie die vrou se naam aanneem nie. Volgens die bloedverbond sal ek, Lintie Pretorius Botha wees en Sarel sal, Sarel Botha Pretorius wees.
7. TERME VAN DIE VERBOND (LEES DIE KONTRAK).
Voor getuienisse sal ons nou die terme van die Verbond lees. Ek sal vir hom al my bankrekeninge uitstip. Ek sal hom verwittig van al my besittings en skulde. Indien hy enige iets van my benodig, kan hy dit gebruik. Net so is ek, syne. As jy ‘n goeie vriend het en jy hom geld skuld, kan jy hom nader om vir jou met jou skuld te help.
In ‘n verbondsverhouding het jy nie nodig om te vra nie, dit is reeds afgehandel as deel van die oor- eenkoms. Alle deugde van beide kante word voorgelê vir wedersydse “gebruik”.
8. Die Gedenkteken
Reg deur die Skrif het die gedenk-tekens verskil van situasie tot situasie. Soms was ‘n boom geplant, soms ‘n hoop klippe gepak en met bloed be-sprinkel, soms was daar uitruil van geskenke.
Gen. 31:48: “Laban … Hierdie hoop is vandag getuie tussen my en jou …. Daarom het hulle dit … ook Mispa … genoem, omdat hy gesê het: Mag die Here wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie weer sien nie.
9. Verbondsmaaltyd.
‘n Eenvaoudige maaltyd volg. Hulle neem ‘n brood en breek dit in twee. Nou voer jy die brood vir jou verbondsmaat. Dit beteken eenvoudig dat wie ek is aan jou behoort en wie jy is aan my behoort. Die brood is simbolies van my liggaam. Dan neem hulle wyn en die een bedien die ander daarmee. Die wyn is simbolies van die bloed wat die een vir die ander stort. Na ‘n verbondsluiting is die twee partye een.
10. Familie betrokkenheid.
Die seremonie is nou voltrek. Dit is egter baie, baie belangrik om te onthou dat al jou kinders, gebore of ongebore, ingesluit is in hierdie verbaond. As hulle op ‘n ouder-dom kom waar hulle kan besluit vir hulle self moet hulle ‘n keuse maak of hulle deel wil uitmaak van die verbond of nie.
III. DAWID EN JONATAN
Om ons te help om dit beter te verstaan gaan ons van nader kyk na die verhaal van Dawid en Jona-tan in I Sam. 18 en 19 en II Sam. 9:1-8.
A – Saul
(i) Wil nie die wil van God doen nie.
(ii) Rebelleer teen God en Sy gebod.
(iii) Haat Dawid en wil hom van kant maak .
(iv) Versprei stories oor Dawid
(v) Is jaloers op Dawid
B – Dawid
(i) ‘n Man na God se hart
(ii) Doen die wil van die Here
(iii) Respekteer die geslafde van God
(iv) Verootmoedig hom voor God – sonde
C – Jonatan
(i) Soek die wil van God
(ii) Nie soos deel van Saul
(iii) Verdedig God se man
D – Mefiboset
(i) Verlamde seun van Jonatan
(ii) Vlug na wildernis Lodebar (plek van geen weiding, onvrugbaar)
(iii) Word groot met haat en vrees vir Dawid
(iv) Bly in gorila, kwartier in wildernis
IV. DAWID SE REGERING
Die nuus van Saul en Jonatan is verbysterend en skokkend. Vrees gryp die harte aan van Saul se familie en almal slaan op die vlug. Saul het valslik vir hulle gesê dat as Dawid hulle in die hande kry hulle sal sterf.
V. DAWID SE SOEKTOG – II Sam. 9
Elke keer as Dawid die litteken op sy gewrig sien onthou hy die verbond wat hy met Jonatan gemaak het. Tevergeefs probeer hy uitvind of daar enige oorbly-wende nageslag van Saul of Jonatan bestaan. Die mense onthou mos wat Saul gesê het. Uiteindelik kom hy af op ‘n ou dienskneg van Saul, Seba. II Sam. 9:3 “Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Seba aan die koning. Daar is nog ‘n seun van Jonatan, wat lam is aan altwee sy voete… hy is in Lobebar. (Plek van dorheid)
(a) Dawid kom in beweging.
Hy het dadelik sy stydwaens en perde gestuur na die gorila fort in die wildernis. Hulle het in’n boog om die fort getrek. Mefiboset het sy lam bene oor die rand van sy bed gesit en sy hande uitgesteek na die kurke, wat sy bene geword het. Nou is dit verby. Dawid het my gevind.. dit is net ‘n kwessie van tyd. Geen vrae is gevra, geen redes gegee nie. In stilte spoed hulle terug na Hebron. Voor Dawid gooi hy sy kurke neer en val opsy gesig. Bewend wag hy vir die woorde “Weg met hom.” Hy kan sy ore nie glo nie.
“Moenie vrees nie Mefiboset.” II Sam. 9:7 “Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jonatan en al die grond van jou vader Saul al ek aan jou terug-gee. Jy sal self altyddeur aan my tafel brood eet.”
(b) Mefiboset se reaksie II Sam 9:8
“Wat is u dienaar dat u aan ‘n dooie hond soos ek is, omsien?” Wag ‘n bietjie Dawid jy kan dit nie doen nie. Ek verdien dit nie. Weet jy wat ek al alles teen jou gedoen het en van jou gesê het. Ek is net werd om op die ashoop, tussen die rommel gegooi te word. Ek weet jy verdien dit nie Mefi-boset, maar sien jy die merk. Ek was in Bloedverbond met Jonatan jou vader en as jy wil, kan jy van nou af een van my seuns wees. Die dag toe ek en Jonatan in verbond gegaan het was jy inge-sluit in daardie verbond.
c) Mefiboset se keuse
Ek glo dat Mefiboset daardie oomblik stomgeslaan was. Verbysterd by alles wat hy aangehoor het en NOU?? Of hy kan terug gaan na sy rampokker vriende en toelaat dat die haat teen Dawild voortsmeul OF hy wat Mefiboset is, kan bloedbroers word met koning Dawid, die man wat hy al sy hele lewe gevrees het. Dit is geen maklike keuse nie.
(d) Sy aanvaading
Met ‘n dankbare hart besef Mefiboset dat die stories wat hy van Dawid gehoor het, nie waar was nie en hy van sy kant, stem in om met die verbond voort te gaan.
1) Koninklike kleed word hom aangtrek.
2) “Heer Mefiboset sal ek u vergesel na u suite”
3) Diensknegte om hom te bedien
4) “Heer Mefiboset, u badwater is ingetap”
5) Die rystoel vir u bestel, het gekom
6) Aandete sal om 6 uur bedien word in die koning se kwartiere ONGELOOFLIK!!!!!
IV) DIE NUWE VERBOND
Dit alles klink amper soos ‘n sprokiesverhaal. “And all lived happily ever after.” Maar wat was die betekenis van dit alles vir my? Wat het dit met my ver-houding met God te doen?
a) Dawid verteenwoord God
God verlang om met ons, Sy skepsele gemeenskap te hê.
Gen. 3:8 “En hulle het die stem van die Here gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aand-windjie.” Deur die eeue heen verlang God nog om met die mens te komunikeer. God wil ons uit die wildenis van die wêreld en sonde en dorheid uithaal en ons die kindskap bied in die teen-woordigheid van God en wil ons voed met die verborge manna.
b) Ons is verteenwoordigers van Saul se huis.
Ons rebelleer teen die wil van God. Dit is nie God se wil dat enige iemand verlore sal gaan nie, maar dat almal gered sal word. Dit is die wil van God, julle heiligmaking. Maar nee, ons wil nie voorgesê word nie. Ons is hardkoppig en glo die Here wil ons straf en pret bederf. Ons sit in die wildernis van Lodebar. Ons glo dat die Here net vir my ‘n klomp moets en moenies het en dis uit daarmee.
c) Jonatan – so anders
Hy is deel van Saul se familie en tog nie soos hulle nie. Hy is meer soos Dawid wat die wil van God wil doen. Soos Christus: Hy is die Woord wat vlees geword het en onder ons kom woon het. Hy is God, die Seun van God en ook die seun van die mens. Jesus was nie regtig tuis in hierdie wêreld nie, alhoewel hy mens geword het, volkome mens net soos ons. Hy is die Skepper.
Joh. 1:3 “Alle dinge het deur Hom ontstaan en sonder Hom het geen ding ontstaan wat ontstaan het nie,” Hy was steeds die heiligste, reinste, nederigste mens wat die aarde bewandel het – DAAROM – kon Hy ‘n verbond met Homself sluit en ons ver teenwoordig.
VII. DIE VERBONDS-MAALTYD.
Luk. 22:19 “Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is My liggaam wat vir julle gegee word, doen dit tot my gedagtenis. Net so neem Hy ook die beker, na die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe Testament (Nuwe Verbond) in my bloed, wat vir julle uitgestort word.” Hulle het nie nodig gehad om te vra waarom Hy dan nou so optree nie. Hulle het die gebruik geken en het besef dat Jesus met hulle ‘n verbond sluit.
VIII DIE VERBONDS GEDENK-
TEKEN
Jesus self het die gedenksboom gedra teen daardie ruwe heuwel van Golgota uit. Daaardie gedenkboom staan vir alle ewigheid en herinner ons gedurig aan die verbond wat gesluit is
IX. DIE VERBONDSOFFER
Hierdie gedenksboom was nie besprinkel met die bloed van die dier nie, MAAR Sy eie kosbare bloed. I Pet.1:18 en 19 “omdat julle weet dat julle nie deur ver-ganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgeleweris nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.” Jeusus se hande en voete was deurboor, sy eie bloed het daardie kurishout besrpinkel. Hierdie Verbondsoffer van die Nuwe Bloedverbond.
X. DIE GROOT KEUSE
Julle is ingesluit in daardie verbond. Ons verdien nie sy genade nie. Efe. 2: “Want uit genade is julle gered deur die geloof, nie uit julleself nie sodat niemand mag roem nie.” Jy het egter die keuse OF GAAN TERUG na die wildernis van jou sondige lewe sonder God en weet dan Rom.6:23 “Want die loon van die sonde is die dood”
Spr. 14:12 “Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” OF Bely en laat staan jou sonde en word ingesluit in hierdie Bloedverbond. Jy het altyd gedink dat God jou wil straf en jou pret wil bederf omdat Hy jou vra om jou sondige lewe te laat staan. Wat is dan verkeerd met rondslaap, rook, drink ens. Daardeur kom die Toorn van God oor jou. Jy het nooit besef dat dit nie is soos jy gedink het nie. Dat Hy juis jou liefhet en jou wil seën. Efe. 1:3 “… met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.” Jy het soos ‘n bedelaar, “tramp” geleef nou offer Hy jou die heerlikheid van Sy teenwoordigheid en ge-meenskap met Koning van Konings, asook al die rykdom in Christus Jesus. Jy kan nooit droom dat die christelike lewe so opwindend kan wees en dat dit heerlike vryheid is nie. Die Heilige Gees pleit by jou. Jy hoor die soet woorde: “moenie bevrees wees nie – die prys is betaal – Ek is in verbond met jou, nie omdat jy dit verdien nie.” NOU IS DIE KEUSE JOUNE.
XI. DIE TERME VAN DIE NUWE BLOEDVERBOND
Jer. 31:31-34: “Kyk daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – my verbond wat hulle verbreek het, alhoewel Ek Gebieder oor hulle was, spreek die Here. Maar dit is die verbond wat Ek na die dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees… Want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” Jesus het na regte gesê dat Hy ons sonde skuld sal dra, Hy sal al ons laste dra. Ek sal al jou ongeregtigheid dra en jou my karakter gee, my natuur en my geregtigheid. Eseg. 36:25 : “Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word, van al julle onreinheid en van al julle drekgode sal Ek julle reinig.” Ek sal daardie vuil kleed van jou wegneem en jou beklee met my geregtigheid (koninklike kleed) v27 “En Ek sal My Gees in julle binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.” Nou kan jy deel van My word en Ek sal in en deur julle lewe. WAT IS JOU KEUSE???
XII. DIE SEëL VAN DIE VERBOND
Joh. 20:22 “En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.” Die Heilige Gees is dan die seël dat hulle deel van die verbond is. Hy is altyd daar om ons te herinner aan die heerlike verbond in die Boed van ons Here Jesus Chritus. Efe. 1:3 “in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte.” Rom. 8:16 “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” Daarom is dit so ‘n vertroosting om te weet dat ons nie in vrees en bewing hoef te leef, omdat die duiwel en sy helse magte daar is nie. Ons toon aan hom net die seël van die Heilige Gees en hy sidder en vlug, want “Hy wat in ons is, is groter as hy wat in die wêreld is.”
XIII VERANDERING VAN NAAM
As jy deel het aan hierdie heerlike verbond kom plaas Christus Sy Naam op jou en almal ken jou as Christen. Toe God met Abraham ‘n verbond gesluit het, was God bekend as die “God van Abraham…”
WAT IS JOU KEUSE VANNAAND???
**********************************
HOE HET DIE HELDE
GEVAL
2 Samuel 11
1) PLESIER VIR PLIG
David was nalaatig op sy pos te wees. 2 Sam. 11:1 “En na verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur David Joab en sy dienaars saam met hom uit.….terwyl David in Jerusalem gebly het.”
Dit was die gebruik in daardie dae dat die koning voor sy manskappe uittrek om die gevag te lei. Vandag sit die Generaals in hulle kantore en veg die oorlog van daar, en monitor alles van daar af.
David moes op die slagveld wees, aktief betrokke in die geveg, waar hy die leiding kon gee. David het egter in Jerusalem agter gebly. David het moeg geword vir oorlogvoering en het sy plig versuim. Hy was nie op die plek waar God hom voor geroep het nie.
Miskien is daar iemand hier en u het moeg geword vir die stryd. Ja, eens was u aan die brand vir die Here, hart en siel in ie stryd, van oorwinning tot oorwinning. U het die seën van die Here geken in u lewe, maar vandag weet u dat u moeg geword het vir die voortduurende stryd. U is nie waar u behoort te wees nie. U is buite die wil van God. U weet dat u ‘n roeping het en dat u vir die Here moet werk maar u is nie daar nie. U weet die Here het Sy hant op u lewe.
WEES OP U HOEDE
2) PLAASVERVANGER VAN DAVID
2 Sam. 11:1″…stuur David vir Joab….”
In plaas daarvan dat David self na die slagveld gaan stuur hy vir Joab. Dit is maklik om in die biduur te bid en vir die Here te vra om arbeiders in die oesveld te stuur (Mnr Peckham- You will have to answer your own prayer)
Miskie het ander al die roepstem van die Here gehoor en jy het agter gebly. Die veiligste plek op aarde in in die senter van God se volmaakte will.
David was nie daar waar hy moes wees nie. Is u?
3) PLESIER-TOEGEGEE AAN LEDIGHEID
WEES VERSIGTIG VIR YDELE OOMBLIKE
David het verveeld geword, hy het nie gedoen wat hy veronderstel was om te doen nie. David was nie daar waar God hom wou gehad het nie. Daarom het hy toegegee aan slegtigheid en het homself oopgestel vir versoeking.
Die duiwel vind ‘n kwaad on te doen, vir hande wat ledig is.
Spurgeon het gesê: Ledige persone is die duiwel se speelmaat en selfs hy voel skaam vir hulle ledigheid dat hy hulle aan die werk steek. Ledigheid is die moeder van alle begeertes. Dit prodiseer ‘n staat in die gedartes wat gunstig is vir elke vorm van boosheid. Ledigheid gee baie voordeel aan die versoeker. Staande water vergeder vuilgoed.
As David op sy pos was in die voorste front van die geveg, sou hy buite die pad van die versoeking gewees het. Wanneer ons buite ons verpligting is, staan ons in die pad van versoeking.
In Amerika is daar ‘n klein diertjie bekend as ‘n (Ermine) hermelyn wat ‘n duursame pels het, en baie moeilik bekombaar is. Die enigste manier om hierdie diertjie te vang is om uit te vind waar sy nes is, en dit dan met pik te besmeer. Dan laat hulle die jaghonde los en jaag die dietjie wat dan na sy nessie hardloop. As hy vind dat die nessie besmeer is sal hy eerder omdraai en die honde trotseer as om sy pels vuil te smeer. Hy sal eerder toelaat dat die honde hom doodmaak as om daardie vuil nes in te gaan.
In Heb. 12:4 lees ons” Julle het nog nie ten dloede toe weestand gebied teen die sonde nie.” Toe Josef versoek was het hy letterlik vir versoeking weggehardloop (gevlug). Ons moet ons nie by plekke laat vind of gaan waar ons deur die duiwel versoek kan word nie.
4) PAD VAN VERSOEKING
Versoeking kom na ons deur ons vyf sintuie. Dis die vyf poorte waardeur versoeking na ons kom.
1) Oë (sien),
2) ore (gehoor),
3) neus (reuk),
4) voel (tas),
5) reuk
Die versoeker het na David gekom soos hy dikwels na die kind van die Here kom nl.
1) Die begeerlikheid van die oë
-Om te besit.
2) Die begeerlikheid van die vlees
– Om te geniet
3) Die grootheid van die lewe
– Om te wees
Net die kyk soos in Eva se geval het die deur vir die duiwel oopgemaak. Die wat nie van die verbode vrugte mag eet nie, moet nie naby die verbode boom kom nie.
In Heb. 12:4 sê die Woord: “Dat ons nog nie ten bloede weerstand teen die sonde gebied het nie.” Toe Josef versoek was het hy letterlik vir die versoeking gevlug. Ons moet ons nie by plekke begewe waar ons deur die duiwel versoek kan word nie.
Daar is sewe stappe wat tot Dawid se ondergang gelei het
1) Hy het van sy bed opgestaan vs.2
2) Hy het op die dak van sy huis rondgeloop.
3) Sien die vrou wat haar bad
4) Hy het haar begeer.
5) Stuur iemand om navraag te doen oor haar vs.3
6) Stuur iemand om haar te gaan haal vs.4
Die versoeker het na die duiwel gekom soos hy dikwels na die kinders van die Here kom.
Die begeerlikheid van die oë – om te besit
Die begeerlikheid van die vlees – om te geniet
Grootsheid van die lewe – om te wees
Net die kyk, soos in Eva se geval het die deur vir die duiwel oop gemaak. Die wat nie van die verbode vrugte mag eet nie, moet nie naby die verbode boom kom nie.
Jak. 1:13-15: “Laat niemand as hy in versoeking kom, sê: “Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bing dit die dood voort.
Mark 7:21-22: “Want van binne, uit die hart van die mense, kom slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns lastering hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie boodshede kom van binne en maak die mense onrein.
Hierdie sonde met Batseba was nie die begin van sy val nie, dit was die gevolg van sy teruggevalle toestand. Die uiterlike sonde is altyd die teken van ‘n lang geleidelike terugval van God, en die verbreking van daardie intieme gemeenskap met die Here Jesus.
Die opdrag van die Here wat Hy neergelê het vir een wat ‘n koning is was as volgens Deut. 17
a) dat hulle nie perde sal vermeerder vir hulself nie
b) dat hulle nie silver en goud vir hulle self sal vermeerder nie
c) en hy mag nie baie vroue vir homself neem, dat sy hart daardeur weggedryf word nie.
In 2 Sam. 5:13 lees ons dat David “En David het uit Jerusalem meer byvrou en vroue geneem….”
Hoekom het God hierdie standaard gegee. Want dit kos ‘n prys om met God te wandel. You cannot live wrong and die right. Dit kos ‘n prys om deursigtig rein voor God te wandel. Dit was op die kwessie wat David muslik het. David het toegegee aan vleeslike begeerte en dit het sy ondergang beteken.
Sonde beïnvloed nie net ons nie, maar diegene rondom ons, en ons sonde gee die wêreldling rede om te laster.
II Sam. 12:14: “Maar omdat u die vyande van die Here deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster.” PASOP – hoe versigtig moet ons as kinders van die Here nie voor die wêreld wandel nie. Hoeveel skade is nie al gedoen deur sogenaamde Christene van die konkingkryk van God nie. Soos bv. wat ons van lees in Titus 2:4 en 5 dat die vrou moet weet om haar te gedra sodat die Naam van die Here nie gelaster word nie. F.B. Meyer het gesê: “However great our attainment and however high our standing, we are all liable to attack and failure, but when we abide in Christ no weapon that hell can forge can hurt us.”
David was or vyftig jaar out toe die insident gebeur het. Ons moet waak dat ons nie dink ons is al so ver op die pad dat die duiwel ons nie kan versoek nie.
4) DAWID OPENBAAR V5 “En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet” ‘Ek is swanger’. Dit is na regte wat die woord van die Here vir ons sê in Matt.10:26 “… want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en niks verborge wat nie bekend sal word nie.” Ons sal geoordeel word vir:
1) Ons woorde: Matt.12:36 en 37 :”Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mens praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.”
2) Ons werke: I Kor. 3:13 “elkeen se werke sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur opbenbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.”.
3) Verborde dinge: I Kor.4:5 “…wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die hart openbaar sal maak.”
Dit moes ‘n geweldige skok vir Dawid gewees het toe hy die nuus kry dat Batseba swanger was, maar in stede dat hy in berou na die Here kom het hy onmiddelik dinge probeer toesmeer. Die feit dat Dawid met Baseba getrou het voordat die kind gebore is, het nie sy skuld voor God weggeneem nie.
Een sonde lei dikwels tot ‘n ander en kort voor lank is jy ‘n slaaf van die sonde. Daar is baie mense vandag wat nie jammer is vir hulle sonde nie, maar jammer dat hulle uitgevind is. Die skade wat aangerig word aan die Naam van die Here is soms onherstelbaar, omdat die vyand met reg beskuldiginge kan inbring teen daardie kinders van God.
5) DAWID SE SIELEWROEGING
a) Fisiese uitmergeling
Ps. 32:3 “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; …”
b) Sielewroeging, se gewete het hom vervolg
c) Geestelike dorheid. Ps. 51:13 “Verwerp my nie van u aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg nie.”
6) DAWID SE BEROU. Ps. 51
Dit is ‘n baie kosbare psalm hierdie, want dit maak vir ons die deur oop na iemand se binnekamer waar hy besig is om te bid. Dit is ‘n uitroep van iemand in die benoudheid van sy siel. Dawid wat besig is met ‘n ernstige saak waarin hy beland het. Dit kan met enige kind van God gebeur as hy nie op die voorste linies is en met die Gees van God vervul is nie. I Kor.10:12 “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” ‘n Persoon wat terugval se val begin in die verborgenheid van sy eie hart. Oortuiging vir so ‘n persoon kom nie so maklik nie, dit kos dat die persoon “diep in die hart getref moet word”, soos ons lees in Hand.2:37. Dawid se geheime sonde was oop en bloot voor God.
Ps. 51 is ‘n tragiese gebed, want dit is van iemand wat beter geweet het, iemand waarna ander opgesien het, wat ‘n voorbeeld moes gewees het vir ander. Soos die woord van die Here sê: “Soos ‘n vuile bron en ‘n troebel fontein, so is die regverdige wat struikel voor die goddelose.” Toe Dawid met sy sonde na die Here kom het hy homself in geen opsig verskoon nie. Hy het niemand blameer nie, hy het geen verskonings aangevoer nie, maar sy hart, soos dit is, voor die Here uitgestort. Hoe tragies dat kinders van die Here by die vuil bronne van die wêreld gaan drink, wat nie versadig nie. Ons is die verteenwoordigers van God op aarde. Uit ons lewe moet vars fontein-water vloei, nie troebel water nie.
Hoe kosbaar die uitroep van Dawid se hart in v3: “Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortreding uit na die grootheid van U barmhartigheid.” Tragies dat daar so min ware berou in ons dag bestaan. Die klimaks van sy uitroep kom in v9, waar hy besef dat hy ‘n diep reiniging nodig het: “ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.” Lees gerus Ps. 32 waarin Dawid die oorvloedige genade van God besing nadat hy vergewe is.
7) DAVID SE VERGIFNIS
1. Dit was onmiddellik
So gou as wat Dawid se sonde bely het, was die vergifnis daar en het hy weer in ‘n regte verhouding met die Here gekom.
2. Dit was volledig
Dit wat bely is, is weggewerp in die dieptes van die see. Joh.1:29 “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.”
3. Dit het gepaard gegaan met ‘n belofte
Saam met die vergifnis van die Here kom ook die lewe wat Hy vir ons het. John Bunyan het ‘n stem gehoor wat gesê het: “Wil jy aan jou sonde vashou en hel toe gaan of wil jy jou sonde laat vaar en hemel toe gaan?”
8) DIE GEVOLG VAN DAVID SE SONDE
Sy sonde was vergewe maar die gevolg daarvan moes hy dra. Die kind wat gebore was sou sterf. Alhoewel ons vergifnis ontvang is dit so dat ons dikwels maai wat ons gesaai het.
9) DAWID SE HERSTEL
**********************************