DIE KRUISIGING DEEL 1- PSALM. 22:15-18; MATT. 27:33-34+ 48-50

INLEIDING:

Net om ons geheue te verfris is dit nodig dat ons net ‘n paar van die belangrike aspekte van dit wat ons reeds behandel het sal uitlig.

U sal onthou dat ons vir u gewys het dat die Here Jesus van die oomblik af dat Hy aan Sy dissipels gese het dat Hy gekruisig word in Sy menslikheid soveel Goddelike profetiese waarhede uitgelig het. Een daarvan was o.a. die presiese volgorde wat Sy verhoor sou plaasvind soos ons dit in Matt.27 vind.

Ons het ook gesien dat Hy tydens die nagmaal saam met Sy dissipels Judas se hart verberg het en hom drie keer die geleentheid gebied het om sy saak met die Here Jesus reg te maak.

a) Toe Jesus die dissiepelse se voete gewas het het die Here Jesus die klem op Petrus laat val.

b) Toe  Judas sy hand in dieselfde skottel gesit het waarin die sous mengsel was en die dissiepels dit nooit  kon dink dat dit Judas kon gewees het nie.

c) Toe Judas die Here Jesus in Getsemane veraai het deur die Here Jesus nat te lek en Jesus aan hom gese het “vriend waarom verraai jy My”.

Ons het verder ook gesien hoe die Pasga tafel gelyk het en hoe die stilte van die geskiedenis gebreek is toe die Here Jesus DIE beker bekend as “Eloim” geneem en gedrink het. U sal onthou dat daar vyf bekers op die tafel gestaan het nl.

a) Die beker van Verlossing of dan wedergeboorte wat dan gedrink was en daar plus minus ‘n uur lank die uittog uit Egipte tot in die woestyn dan bespreek word.

b) Die beker van die toorn van God wat smartlik opgehou is en die 28 belangrikste sondes van die volk     

     word en ek mysalf daarin kan sien en hoe hierdie beker dan op die tafel uitgegiet word met ‘n smartlike gebed gepaardgaande. 

c) Die beker van Volle verlossing wat in die lig opgehou word en die Here uitermate gedank word vir die deurtog tot in Kanaan wat die volheidslewe omskrywe en dit dan ook in detail omskrywe word.

d) Die beker van die ‘Koninryk van die Hemele” waarna die Here Jesus dikwels verwys het terwyl Matt. die enigste Evangelie is wat hierdie aanhaling gebruik omdat die boek vir die Jode geskrywe was en die Jood kon weet dat Jesus dus die ware messias is.

e) Die beker bekend as “Elia, of Messias” algemeen bekend as die beker van “Eloiem” wat niemand aan kon geraak het nie behalwe die persoon wat die Volmaakte vervuller van die beloftes was. Dit was DIE beker wat die Here Jesus geneem het waardeur die dissipels se oe geopen was en besef het dat Hy die Lam was wat vir ons gesterf het.

U sal onthou dat die Here Jesus voor ses verhore in totaal gestaan het waarvan drie Joodse verhore was nl.

a) Voor Annas, wat die brein agter die hele verraat was en waar dit die enigste geval was waar die Here

     Jesus die hoe priester teegegaan het en Jesus in die gesig geslaan was. Annas was nie meer hoe priester op hierdie stadium nie, maar sy skoonseun was die skoonseun en het vyf van die seuns opgevolg. Annas het bloot die Here Jesus wou sien omdat Jesus hom finasieele skade berokken het met die reiniging van  die Tempel

b) Die Sanherdin bekend as “die Stem van God” wat uit 71 regters bestaan het uit die verskillende

     geestelike outoriteite. Fariseers, owerpriester, Sanhedrin ens.

c) Kajafas wat op hierdie stadium die skoonseun was wat toe die Hoe Priester was en deur 9 ongeoorloofde optredes die Here Jesus valslik beskuldig het en met ‘n sterk stem uitgebulder het dat die Hete Jesus verraad gepleeg het en sy klere geskeur het.

Die drie heidense verhore waarheen die Here Jesus gebring was was

a) Pilatus wat homself uit hierdie netelige situasie wou uit kry omdat hy die vorige dag die brief ontvang het waarin gewaarsku was dat indien hy nog een oortreding sou begaan hy van sy pos onttreoon sal  word. Hoe hy die saak van hom wou wegskuif en Jesus na Herodus toe stuur.

b) Herodus niks van die Joodse gebruike ken nie en  Jesus gesel en slaan en die spot met Hom dryf so laat spuug dat Sy gesig eindlik ‘n laag van spuug was. Hoe Jesus met die palm van die hand geslaan was as teken dat dit die mees vernederendste  wese was.

c) Herodus Jesus na Pilatus terugstuur en Pilatus gehoop het dat hy die guns van die Jode sou wen indien hy Jesus grusaam sou laat gesel. U sal  onthou hoe die Here Jesus gegesel was deur die 600 uitgesoekte soldate wat bekend gestaan het as die “spira” wat die Here Jesus binne in die binne hof geslaan het. Uit hierdie 600 was daar 60 wat eintlik die slaan werk gedoen het.  Hulle was ontskuldig omdat Jesu bloot vir hulle ‘n persoon was wat ‘n ernstige oortreding begaan het wat wreed en grusam hanteer moes word sodat Hy nie weer so ‘n oortreding begaan nie.

Pilatus maak melding van “daar is die mens” Hierdie woord verwys na ‘n bloot gewone mens wat Pilatus aan die Here Jesus geen erkenning wou gee hoewle hy vir oor ‘n uur in ‘n diepe gesprek met die Here esus was en wou uitvind wat waarheid was. Die rede is dat Pilatus besef het dat hy met ‘n persoon te doene gehad het wat intergiteit gehad het watvan hy niks geweet het nie.

Almal het getuig dat hulle geen skuld aan hierdie Persoon kon vind nie.

Te midde daarvan was hierdie persoon se geseleing  onbeperk in getal en was die persoon dan deur sy polse aan die deurkoesyn vasgeslaan en dan van agter bo tot onder oopgekloof en dan aan die voorkant oopgekloof. Elke weefsel en wese van die persoon is uit hom uitgeslaan. Mense se organe is letterlik uit die persoon gerul soos die vishoeke en mataal strukke o.a. die persoon verskeur het.

U sal u herhinder dat ons genoem het dat niemand nog hierdie soort geseling kon deurleef het nie behalwe die Here Jesus tot op daardie stauim .

Uit die gedeelte wat ons vanoggend gelees het was woorde geuiter van uiterste verbaasdheid. Hierdie waarheid word ook geopenbaar by die dogterjie van Juirus dat die skrywer nie woorde vir hierdie wonderwerk kon vind nie en net die woorde aangehaal het soos die Here Jesus dit genoem het.

Ten spyte van al die geseling en lyding word daar nog toegeroep deur die Joodes leiers dat Jesus gekruisig moet word, en nou word Hy weggelei na Golgota. Daar word gewoonlik voor so ‘n veroordeelde ‘n owerste van 100 of 1000 begely met ‘n perd vooraan, afhangende van die grote van die misdryf. Dan was daar ‘n groep soldate wat om die veroordeelde gestap het, om mense watdie kruis wou help dar of persoon wou help weg te keer. Vrouens het dikwels dan langs hierdie persoon gestap wat iets wou gee aan die persoon om net die pyn te verlig. Hierdie vrouens is dikwels dan wreed en grusaam henateer. Dit gebeur as die soldate reken dat hierdie persoon te naby aan die veroordeelde kom.

Weens die geseling het die Here Jesus gestruikel, want Hy was fodde geslaan en het ‘n gestalte gehad wat hulle nie wou aansien nie. Jes.53. Hierdie fodde geslane Heiland moes hierdie ruwe kruis op Hom Neem wat waarskynlik net die dwarsbalk was, iets soortgelyks soos ‘n trynspoorstaaf ‘n “sleeper” wat dan op Hom skuur en skaaf en die weefsels wat nog oorgebly het van die bene afskuur.

In die Romeinse en Griekse gebruike was daar drie metodes waarvolgens hulle iemand sou kruuisig:

a) Om die persoon lewend deur ‘n skerppunt paal te druk. Dit is die eintlike woord wat in Engels as ‘n “tree” bekend staan.

b) Die tweede metode was ‘n T balk waaraan iemand gekruisig was.

c) Die derde metode was die wyse waarop die Here Jesus gekruisig was want aan die kruis het die bord in drie tale gehang “Hy is die Koning van die Jode”.

Golgota staan bekend as hoofskedel. Dit was net buite Jerusalem en ‘n plek van vervbloeking. Indien u by die tempel sal staan sou u die kruisiging wel kon sien plaasvind. Dit was ‘n vuil en onaangename plek gewees. Die bloed van misdadegers was hier gestort en eenvoudig net so gelaat. Vullis was volgens skrywers ook in die omgewing gestort. U kan uself indink hoe dit daar moes gelyk het en geruik het. Al die harde bloed, die insekte wat aan u sou knaag ens.

Kan u uself in hierrdie prent indink. Jesus se niere het reed in Getsemane gebars, die pyniging van al die geseling en alles wat voor nege uur die oggend afgespeel het.

A) HOE VIND DIE KRUISIGING PLAAS:

Die person wat gekruisig word moet bo-op die dwarsbalk le, en word daar vierkantige spykers wat noe afgerond is was nie van plus minus 6 dm. of 15 cm ingeslaan in die sagte deel van die pols en in die sagte deel van die vou van die voete. Die voete word op mekaar geplas en dan met ‘n langer spyker word hierdie persoon se voete aan die kruis vasgenael, terwyl Hy nog le. Dan word daar ‘n hout stut tussen Sy bene ingeslaan terwyl Hy le, dat dit lyk asof die persoon byna perd ry. Dan owrd die kruis opgetrek en wreed in die grond gestamp om die pyniging te vererger.

Die rede vir die posisie sal ons vanaand aan u wil verduidelik. In hierdie onnatuurlike posoie is elke beweging ondraaglik.

Die kruisiging van die Here was die klimaks van die Verlossende geskiedenis. Dit was die fokus van die Vader vir Verlossing. Alles word in die kruis opgesluit. Waardeur die Here Jesus die sonde van die wereld op Hom geneem het en in ons plek kom sterf het.

Dood tree in a.g.v. ‘n tekort aan suurstof in die longe. Die swak en gewonde liggaam kon homself nie regop hou nie weens o.a. ‘n bloedverlies. Die Joodse wet het bepaal volgens Deut. dat ‘n persoon wat te lank lewe moes sterf voor sons ondergaan. Daarom moes die bene gebreek word.

Tydens die kruisiging het vrouens gewoonlik ‘n bedwelmde middel wat uit ‘n mengsel van gal en “wyn” bestaan het aangebied vir die slagoffer om die pyn te verlig, of te verdoof, om die persoon dan in ‘n soort beswyming te bring om die intensiteit van die pyn te verlig.

Dit het hulle ook aan die Here Jesus aangebied en Hy het dit nie gedrink nie. Matt.27:34. In Matt.27:48 se weer dat die Here Jesus die asyn gedrink het. Hulle het heirdie gal asyn mengsel aan die Here Jesus wou gee voor die kruis regop getrek was. Die rede was dat ‘n profesie in Ps.19 in vervulling moes tree om ook die aanslag van die sielevyand af te weer.

Sou die Here Jesus die gal mengsle gedrink het kon die duiwel aanspraak maak dat Jesus verdoof was en dus nie die volle prys kon betaal nie, terwyl Jesus die hele lydingsweg moes deurmaak.

Net voor nege-uur het die kruis gestaan.  

B)  DIE KRUISIGING SELF:

Nege uur die oggend is Hy reeds aan die kruis vasgenael. Drie uur die middag het Jesus Sy laaste asem uitgeblaas.

Dit was die gebruik dat die Pasga Lam om nege uur die oggend voorberei moes word.Om twaalf uur word al die verteenwoordigers se offer altare aan die brand geteek. Kan u die prentjie sien van elke verteenwoordiger van 10 staan by die altaar en daar is plus minus 2 miljoen mense se offers wat brand, en skielik sak daar ‘n duisternis om 12 uur op die aarde toe wat net die offer vure by hulle in herhindering bring.

C) DIE KRUISWOORDE:

Die eerste stel kruiswoorde het te doene met Sy offer aan Sy medemens. Die tweede stel kruiswoorde het te doene met Sy offer aan die Here. 

Die eertse drie kruiswoorde is die UITING van Sy liefde. Die tweede drie is die OFFER van Sy liefde en die laaste kruiswoord is die AFRONDING van Sy liefde.

Nege uur die oggend net nadat hulle die kruis reggop laat staan het, nadat hulle Hom al die geseling van minstens 468 houe toegedien het, en die geweldige verwyte wat Hy moes deurstaan het, roep Hy uit:

1)  “VADER VERGEEF HULLE WANT HULLE WEET NIE WAT  HULLE DOEN NIE”: LUK.23:34.

Jesus spreek hierdeur die totale mensdom vry wat na Hom wil kom.

Hier word die liefde teenoor die wêreld geopenbaar in die krises toe hulle Hom haat en hoon en dat Hy in hierdie uur kom uitroep “Vergewe hulle”.

Die verwondering van Sy liefde het die rowers weerskante van die Here Jesus aangeryp en het daar nou ‘n woorde wisseling tussen hulle ontstaan en het die een die Here Jesus verwyt dat hy moes hang. Deur sy verwyt het hy erken dat die Here Jesus God is.

Die ander rower tree tussen byde en sê dat hierdie Man geen skuld het nie, maar ons met rede gekruisig was. Die tweede erkenning van die Goddelikheid van die Here Jesus.

Josefus (Geskiedskrywers) sê dat hierdie twee mans vir om en by twee ure in ‘n woordewisseling was en in hulle gesprek sien die Here Jesus die man met sy uitroep wat smag na Verlossing en maak hy ‘n skuld erkentenis. Hierdeur erken hy dat hy ongered is en in diepe berou roep hy uit “Here dink aan my” ‘n derde bewys van die Goddelikheid van die Here Jesus aan die kruis.

Jesus antwoord:

2)  “VANDAG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES” LUK.23:43.

Om en by elf uur het hierdie rower aan die kruis gehoor dat daar vir hom ‘n plek in die hemel berei is. Hier word die versoening aan die individu geopen-baar. Net aan hierdie man het die Here Jesus so ‘n defenetiewe en duidelike bevestiging gegee dat hy vandag saam met die Here sal wees.

Dan volg Jesus se woorde aan Sy intieme groepie of dan teenoor Sy vriende in die woorde:

3)  ” VROU DAAR IS U SEUN, EN VIR JOHANNES SE DIE HERE JESUS: SEUN, DAAR IS JOU  MOEDER”  JOH.19:27.

Nie net was die Here Jesus oor die ongereddes besorgd nie maar ook aan die wat baie naby aan Hom was en tussen 11 uur en 12 uur het Jesus die hart van Sy weduwee moeder gesien en gevoel en dra haar nou aan die sorg van Sy geliefde dissipel toe. Johannes het geweet dat daar aan hom geen hoër voorreg was as om na sy moeder om te sien nie.

Interressant dat die Here Jesus Maria as ‘n vrou toespreek en nie as Sy moeder nie WAAROM:

Die rede hoekom Jesus nooit Sy moeder as moeder aangespreek het nie was iets wat die totale Rooms Katolieke kerk se leerstellings in duie laat stort. Maria was die Biologiese moeder maar sy was nie deel van die Godheid nie.

Hy sien dat hierdie biologiese moeder verslae was want Luk.2 sê dat “sy al hierdie dinge in haar hart gebêre het, ook aangaande die kruisiging, en besef dat alles besig is om voor haar af te speel. Sy het hier smartlik geween en Jesus sien haar wanhoop raak en gee aan haar die sekuriteit dat sy versorg sal wees. Hy uiter Sy liefde tot in die familieband.

In die tweede stadium van Jesus se offer word Hy tot in die droesem van sonde ingedompel en word vanaf Lusifer se hoogmoed deurgedring het tot by Adam en nou in ons oorgeërf is aan die Here Jesus geopenbaar.

Jesus word tot in die diepste diepte van sonde ingedompel en moes hier vir die regverdiges vrylating gaan verkondig, en yster grendels gaan verbreek.

Vanaf twaalf uur sak daar duisternis op die aarde neer tot twee uur was daar ‘n absolute stilte.

Die intensiteit van dit waarin die Here Jesus ingedruk was, was so geweldig dat Jesus absoluut verstom was oor die grusaamheid van sonde.

AL wat Jesus twee uur die middag kom uitroep was:

4)  “MY GOD, MY GOD, WAROM HET U MY VERLAAT.”  ELI, ELI, LAMA SABAGTANI MATT. EN MARKUS MAAK HIERVAN MELDING:  MARK. 15:34

Die diepte van sonde was so geweldig dat selfs die Vader Sy rug daarop gedraai het, en hang die Seun van God tussen hemel en aarde asof niemand Hom wou gehad het nie.

U sien vir die eerste keer ervaar die Here Jesus ‘n mate van verwydering toe Hy tot in die nes van sonde vir ons ingedruk was.

Om te dink dat die vlekkelose Lam van God wat altyd gemeenskap met die Vader gehad het, wat volkome in elke opsig en in harmonie en in begrip, en insig, en wysheid en liefde was, van die Here verwyder moes wees in Sy siel wys Jes.53 :10 vir ons die siel wat uitgegiet moes word.

Hierdie verwydering was so oorweldigend dat Jesus nie soos voorheen die Vader as Vader kon aanspreek nie, maar die Here in Sy oordeels Naam waarin Hy in toorn ontvlam oor sonde kon aanspreek. Hierdie Naam Here is die oordeels Naam van die Here.

Tot in Getsemane kon die Here Jesus nog Vader sê: Maar hier smaak Jesus die toorn oor sonde in Sy volle omvang.

Dan volg die 5 de kruiswoord:

5)  “EK HET DORS”.  JOH.19:28.

Nadat die Here Jesus in die droesem van sonde ingedruk was, het Sy wese die smarte van sonde gasmaak en het Hy kwart oor twee die middag die woorde geuieter.

Sy liggaam het uiting gegee aan hierdie geweldige ervaring waar die vuur (toorn) van God oor sonde op die Seun ontbrand het, in die uur wat Jesus vir ons sonde moes word.  Dit was die dors na siel en liggaam wat as offer voor die Vader gebring was.

Hierdie dors was van so ‘n aard dat die vrouens gedink het dat Hy na Sy fisiese staat verwys het en was dit die eerste keer dat die Here Jesus na Sy fisiese behoefte verwys het vanaf Gesemane.

Die smarte van sonde het die uitroep van verligting gesmag.

Dan sowat 2:30 die middag volg die volgende kruiswoord:

6)  “DIT IS VOLBRING” TETELESTAI” JOH.19:30.

Jesus het hierdie woorde met ‘n sterk stem uitgeroep sodat die volk wat by die tempel was dit kon hoor en besef dat die prys betaal is.

Die woord volbring beteken letterlik in hierdie verband: Dat die Vader inge-roep kan word en dat die werk kompleet, afgehandel, en volgens ooreenkoms verseël is. Hierdie verseling het deur Sy bloed plaasgevind.

Die raadsplan is in Sy volheid volbring, en alles wat gebring moes word was as ‘n lewende offer gebring, en Hy het die werk voltooi wat die Vader van Hom verwag het. Niks is van die offer teruggehou nie, weens die liefde wat daar in Jesus gebrand het. Daarom dat die Here Jesus kon se: “Ek het gekom om die wil van My Vader te doen”.

Die rede hoekom Hy in ‘n sterk stem uitgeroep het was dat almal kon hoor dat Hy die prys betaal het. As u vanaf Golgota met ‘n sterk stem sou roep sou die mense in die tempel u kon hoor.

Net voor drie uur die middag se die Here Jesus:

7)  “VADER IN U HANDE GEE EK MY GEES OOR”. LUK.23:46

Dit was die gewoonte van die Here Jesus ok tydens Sy lewenswandel op aarde Sy Gees in die hande van die Vader toe te vertrou, om die wil van Sy Vader te doen.  Hier het egter iets totaal anders gebeur. In die uur van die Here Jesus se dood gee Hy doelbewus Sy Gees aan die Vader oor en bewys dit vir ons dat Hy volle beheer oor Sy Gees gehad het.

In hierdie geweldige uur van benoudheid word Sy vertroue nie in die Here ge-skok nie maar wy Hy dit ten volle aan die Vader oor om Hom nou verder te lei.

Hy het verder met ‘n sterk stem uitgeroep as ‘n bewys dat Hy tot die dood toe nog by Sy volle bewussyn was en almal getuie kon bring dat Hy tot die einde toe in harmonie met die Vader geleef het. Nooit sal iemand of die duiwel selfs kon sê dat daar ‘n tyd was waarin die Here Jesus ‘n deel of  ‘n reg op die Here Jesus se lewe gehad het nie.

Iets aangrypends het hier gebeur. Dit was die gebruik dat drie uur die middag die hele volk in die voorportaal van die tempel bymekaar was vir die offer van die lam wat vir die Pasga berei was. Kan u uself indink: Die Hoe Priester staan drie uur die middag gereed, alhoewel dit pik giet donker was en die Jode geweldig op hulle feestye ingestel was, staan hy gereed om die lam op die brand offer altaar te sit, toe die volgende oomblik die voorhangsel skeur.

Kan u die gewaarwording in die volk van Israel indink. Matt.27:51 Se dat die voorhangsel van Bo tot onder geskeur het. U onthou dat die voorhangsel so swaar was dat ‘n span osse dit nie kon trek nie. Hy was plus minus die breedte van ‘n man se hand.

Die hele volk is bymekaar en die rituele moes plaasvind, en die stilte van die geskiedenis word gebreek in die Seun van God want dit was nooit weer dieselfde en sal nooit weer op die manier herleef kan word nie, en ‘n ewige gemeenskap is nou vir ons geopen.

Alle rituele van hierdie oomblik af was nutteloos en sinneloos. Jes.53:5  kom in vervulling dat Hy vir ons oortredinge deurboor is en dat daar deur Sy wonde vir ons genesing gekom het.

In Adam het ons in sonde gesterf en in die Here Jesus het ons lewend geword on sonde te haat. Geestelike lewe sal alleen uit dood voortgebring word.

Waarom het Jesus dit vir ons verduur:

Hebr.9:28 gee aan ons die antwoord:

“Om die sonde van baie weg te neem”.

Hy het gekom om u te verlos van die sonde waaroor u lig het, maar ook van die wat sy oorsprong uit die sondeval het wat ons lewens en karakters kom besmet het, om al hierdie sondes weg te neem.

Die vraag wat ons onsself moet afvra is: Is u verlos van die sondes wat u weet wat u moetswillig doen?

In Sy smart het Hy verlossing vir ons uitgeroep, wat van u. Is u in smarte oor u toestand waarin u u tans bevind.

Die Here help u en my van dag. Amen. 

DIE KRUISIGING: DEEL 2

PSALM 22:15-18

INLEIDING:

Met die kruisiging van die Here Jesus merk ons twee groepe op wat betrokke is.

Pilatus: As verteenwoordiger van die Romeinse ryk en goeweneur en dan die Sanhedrin: wat die Joodse owerhede weespieël. Beide het Jesus oorgelewer.

In ‘n sin word dit waarna ons die afgelope dienste gekyk het lei nou na ‘n klimaks gedryf en wil u verseker dat dit aangrypend en aanbiddend is om te sien wat die Heiland vir ons kom doen het met die kruisiging. Ons gaan nou na die mediese en wetenskaplike en profetiese aspekte kyk. Mag dit meebring dat ons ons lewens sal weggee dat die waarhede so in ons lewens ingeprent sal word, dat ons dit nooit mag vergeet nie.

Ek het nog nooit in my lewe iemand kon vind wat die Kruis kon vloek nie. Hierin was die volmaakte voorbeeld  van liefde geopenbaar. Die Kruisiging van die Here Jesus is seker die mees merkwaardige gebeurtenis in die ganse geskeidenis. Sy hele doel op aarde waarom Jesus geleef het was om te sterwe. In die Kruiswoorde wat in twee dele opgedeel vind ons die wese van liefde geopenbaar.

Die aanklagte wat teen die Here jesus ingebring was, was twee ledig van aard:

a) Dat Hy se dat Hy die Seun van die mens is.

b) Dat elkeen wat Homself Koning noem, in verset kom teen die keiser.

Hoe eienaardig dat indien ‘n hoe priester iemand tot die dood fonnis hy getsenig moet word. Selfs al sou die heidense leiers soos Pilatus of  Herodus Hom sou veroordeel moes Hy volgens die Joodse  manier gestenig moes word.

Die Joode het Jesus nie uit die hande van die Romeine geruk nie.

Die rede hoekom die naam “Hy is die koning van die Jode in drie vertalings geskrywe is is drie persone se banderinge.

In tye van rebellie of opstand teen ‘n regering was ‘n aantal beskuldiges saam gekruisig. Geskiedenis wil dit vir ons deurgee dat  by  een geleentheid 2000 Jode deur die Romeine ryk saam laat kruisig het. Titus het tydens die eerste Joodse oorlog in die N.T. soveel Jode gekruisig dat daar nie genoeg hout was om almal te kruisig nie. Dit was dus ‘n normale romeinse gebruik.

144 Profesiee het in die oomblik wat die kruis regop gebring was in vervulling gekom. Golgota was middelpunt van aardse atmosferiese krag en swaartekrag.

Mans word met rue teen kruis gehang terwyl vroue met hulle gesigte teen kruis gehang.

*sien p.5 verder.

DIE DIEPTE WAT DIE HERE JESUS

VIR JOU EN MY MOS LY

INLEIDING:

Om die volle omvang van die lyding van die Here Jesus te moet verstaan was it nodig dat ons met besef wat werklik met Hom gebeur het. Weens die effk wat op Adam en Eva nagelaat was wat hulle wesens vernietig het, moes Hy ook vir die volle omvang van die mens se sonde die skuld op Hom neem.

Ons het gesien dat toe Adam en Eva gesondig het, is hulle in drie komponente verdeel. Waar hulle siel en gees in absolute harmonie geleef het, het daar nou ‘n skeuring plaasgevind. Jes.53 verwys na al drie die aspekte waarin sonde ons geskend het nl.

1)     Krankhede: Dit verwys na fisiese lyding wat sonde aan die liggaam ervaar het.

2)     Smarte is ie siele deel wat skielik verwyder was van die aangesig van die Here

3)     Hy was afgesny ook ons in ons gees weens oortredinge

Hoe het Hy dit deurgestaan:

Jes.52:14 Sê dat Hy misvorm was en geen menslike gestalte meer gehad nie.

Jes.53:2 Sê dat Hy geen gestalte gehad het dat die mens Hom sou aanskou nie. Geen voorkoms om te begeer nie.

Vs.3 Hy was verag, en verlate, ‘n mens van smarte bekend met krankheid

Vs.4 Hierdie krankhede het Hy op Hom geneem, en ons smarte

Vs.5 Hy was vir ons oortredinge deurboor, en ons ongeregtighede was Hy verbrysel

           Hy het ons sraf gedra, deur Sy wonde het genesing 

           gekom.

Vs.6 Hy het ons as dwalendes kom lei,

        Ons eie geregtigheid het Hy gedra.

Vs.7 Hy is mishandel en tog onderworpe, en het Sy mond nie oopgemaak nie,

Hy was soos ‘n lam wat na die slagplek gely was, soos ‘n skaap wat stom is voor skeerders, het Hy nie Sy mond oopgemaak nie.

Vs.8 Uit die druk van die strafgerig is Hy weggeneem, en onder Sy tydgenote , en Hy was afgesny van die lewendes. Efe.2:1 het Hy op om geneem.

Vs.9 Sy graf was saam met goddeloses en by ‘n ryke was Hy in Sy dood. Hy het geen bedroggehad nie.

Vs.10 Dit het die Here behaag om Hom te verbrysel. Hy het Hom krank gemaak en as Sy siel ‘n skuldoffer aangebied om ‘n nakroos te gee

Vs.11 Hy het veel lyde gehad en het die Here versadig geword omdat die prys betaal was. Hy sal baie regverdig maak.

Vs.12 Hy kry deel onder die grotes. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00