DIE KRAG VAN SY TEENWOORDIGHEID

Die teenwoordigheid van Christus beteken krag, of ons bewus darvan is of nie. Toe Hy Sy laaste opdrag aan Sy dissipels gegee het, het Hy gesê: “Alle mag is aan My gegee…” “Gaan dan heen…””en kyk Ek is met jou”

Hy het Sy teenwoordigheid verseker as ‘n waarborg vir elke behoeftige iets vir die vervulling van Sy wil deur hulle. Sy teen-woordigheid bied:

1) Gee sekuriteit vir die verwarde: Gen.28:15

Jakob was verward en het gevlug en by Betel gekom. Daar ontvang hy die droom van die engele wat teen die leer op en af geklim het en die Here die versekering gegee het dat Hy met hom sal wees, ooral waarheen hy sal gaan.

Wat was die effek in vs.16 Jakob word uit sy slaap wakker en het skielik besef dat die Here op hierdie plek is.

2) Hy gee bemoediging aan die wat getuig. Ex.3:12; Hebr.13:5-6.

Die roeping van Moses gee die Here aan hom die versekering dat Hy met hom sal wees met die verskering van ‘n teken. Nl. dat die volk die Here op hierdie berg sal dien.

Hebr.13:5-6 Gee aan elkeen van u en my die versekering dat: “Julle gedrag moet vry  van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie”

3) Hy gee sterkte aan die krygmanne (soldate) Jos.1:5

Joshua moet nou by Moses oorneem, ‘n man wat reeds goed bedrewe daarin was om die volk te lei, siende hy dit nou vir veertig jaar reeds gedoen het. Hy het soveel bemoediging en aansporing nodig, want sy eerste opdrag wat hy gaan kry is om die volk deur die Jordaan rivier te moet lei.

Nou die woorde in Jos.1:5 “Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie”

4) Hy gee bemodiging aan die skamerige of die een wat bang is. Jer.1:8. “Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die Here.

As ons weet watter verskriklike pad daar vir Jeremia voorgelê het besef ‘n mens dat hy genade van die Here nodig gehad het om hierdie vreeslike pad wat hy moes stap te verkry. Geskiedenis wil dit vir ons deurgee dat hy aan die einde van sy lewe deurgesaag was.

5) Hy gee oorwinning oor die versoekte. Gen.39:2-21.

Vs.2 En die Here was met Josef. Josef wat weerstand bied teen Potifar se vrou. En die Here was met Josef vs.21 en Hy het goedertierenheid aan hom bewys.

6) Hy gee vertroue aan die dienskneg Matt.28:20 + Fil.4:13

“En kyk Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

7) Gee gee rus aan die reisiger. Ex.33:14

Moses wat duidelikheid moes ontvang of hy verder moes trek om die volk na rus te bring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00