Die koning se boodskap

DIE KONING SE BOODSKAP.

Dit is die jaar 1930 en ‘n konferensie word in London gehou. Koning George moet die opening waarneem. Die radio was in die babaskoene stadium maar dit is deur hierdie medium dat die boodskap van die koning aan die wêreld versend sal word. Net voordat die koning op die lug moet gaan het een van die ingenieurs, Vivian Walters,  ’n los draad ontdek. Hierdie was ’n tragedie! Daar is geen tyd om die draad reg te maak nie en die wêreld sit en wag vir die boodskap van die koning. Hierdie jong ingenieur het ’n plan beraam:- Hy het die gebreekte draad in sy een hand geneem en die ander gedeelte van die draad in sy ander hand. Dit is vir die volgende vyftien minute dat hierdie man so gesit het terwyl die volts deur hom gaan met een doel  – die koning se boodskap moet uitgesaai word.

Wonderlik! Die wêreld sit en wag vir die boodskap van die Koning van die konings. Die enigste manier hoe hierdie boodskap die wêreld sal bereik is deur hulle wat elke dag verklaar dat hulle Christis se dissipels is.

Kan die boodskap van die Koning deur jou verkondig word?

Is dit nie so dat hierdie wêreld gewond is deur sonde en dat slegs die boodskap van Koning Christus Jesus hulle kan genees nie?

Ja, dit is ons wat gehoor het , wat die blye boodskap aanvaar het, wat hierdie mense moet bereik.

Waarmee is jy daagliks besig wat belangriker is as die Woord van God wat versprei word?

MARKUS 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

GEBED

Here, hier is ek tot U beskikking om die Boodskap van Lewe aan die wêreld te verkondig! AMEN

0:00
0:00