DIE KINDERS IS OPPAD!

Dit is twee dae voor kersfees toe die bejaarde man sy seun in Kaapstad vanuit Johannesburg skakel. “ My seun, ek wil net vir jou laat weet dat ek en jou ma na 45 jaar se getroude lewe nou gaan skei. Ons kan dit net nie meer uithou nie en die besluit is finaal. Ons is siek en sat vir mekaar!  Sal jy asseblief jou suster laat weet  in Durban?”

Dadelik het die seun die suster geskakel en sy het oor die foon ontplof. “ Dit sal die dag wees dat hulle skei!!! Ek sal hierdie saak hanteer!” Dadelik het sy haar pa geskakel. “ Pa, julle sal nie skei nie! Hoor vir my! Moet niks doen voordat ek nie daar is nie!! Doen niks!! Ek is oppad!! Ek sal dadelik vir boet skakel dat hy ook moet kom! Ons sal more daar wees! Doen net niks!”

Die man het na sy vrou gedraai – “ Liefie jy kan maar alles reg kry vir kersfees , die kinders kom en dit op hulle eie onkoste!”

HEBR. 3:5  “En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar,”

Laat ons ook as families getrou wees en bly teenoor mekaar! Die familie wat saam bid , bly saam en sterk! Die familie wat mekaar liefde gee dra God se boodskap uit!

GEBED

Dankie Here vir my familie! Ek bid dat U die middelpunt van ons huis sal wees en bly? AMEN

0:00
0:00