DIE KANNIE WORRY KLUB!
Een van die grootste organisasies in Suid-Afrika is die Kannie Worry Klub. Die rede waarom jy nog nooit van die klub gehoor het nie, is omdat hierdie mense kannie worry om bymekaar te kom nie! Hul maandelikse bydrae is R500-00 maar niemand betaal dit nie want hulle kannie worry nie.
Die Kannie Worry Klub betaan uit mense wat by hulle werk baie moeilike omstandighede het, mense wat in ’n krisis beland in die huwelik, mense wat ’n ernstige siekte onder lede het, mense wat ’n groot fout in die lewe begaan het – ensomeer en dan gee hulle moed op want hulle Kannie Worry nie! “When the going gets tough, the tough get going. But when the going gets tough – die Kannie Worry ouens loop weg!
Wat ons in die land nodig het is mense wat “vasblystaan”.
Aan die anderkant is daar soveel bekommernis by mense wat SOOOOOO onnodig is dat hulle is nie bereid om by die Kannie Worry Klub aan te sluit nie. Wat kan jy doen aan al die probleme en stryd waarin jy sit? NIKS!!!
Dus sluit aan by die Kannie Worry Klub en laat al hierdie sake in die hand van die Here sodat Hy dit vir jou kan hanteer op Sy tyd?
1 PETRUS 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
SPREUKE 12:25 Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op.
My liewe vriende – gee nou jou bekommernis wat vir jou lewe ‘n doodloop straat is vir die Here? Laat Hom toe om die omstandighede vir jou uit te werk – dus moet jy op Hom vertrou en nie ophou om te bid nie.
GEBED
Vader, ek sluit in hierdie oomblik aan by die Kannie Worry Klub van die Hemel en ek gee alles oor in die hand van die Here. Dankie dat ek U kan vertrou! AMEN