DIE HUWELIK:

INLEIDING:

Die huwelik is meer as net ‘n band van liefde vir mekaar, dit het ‘n hoër intergiteit, en krag, omdat dit die Here se heilige instelling is waardeur Hy die menslike ras wil laat voortbestaan met veel meer fasette.

In jou liefde sien jy net julle twee alleen maar in die huwelik is jy ‘n skakel van soveel generasies wat die Here beplan het om te kom en te gaan, om Sy stempel van heerlikheid af te druk en wat Hy na Sy koninkryk wil roep. In jou liefde sien jy alleen die hemel van jou eie geluk maar in die huwelik word jy geplaas met ‘n mede verantwoor-delikheid teenoor hierdie wêreld en die mensdom. Jou liefde is jou eie private besitting, maar die huwelik is baie meer as persoonlik, dit is ‘n status of voorreg.

In ‘n Christen huwelik hou die huwelik iets veel meer heiligs en uniekheid in wat nie in die vroeë dae bekend was nie, die vergete herhindering van die vrou het nou tot die lig gekom en haar waarde word alhoemeer waardeer. Die vrou se rol is so prominent dat die man se gebede nie vehoor kan word as hy in onmin met sy vrou saamlewe nie 1 Pet.3:7.

Dan was die hoogste liefde van die Here aan die mens geopenbaar deur die Here Jesus wat Homself vir Sy kerk geoffer het. Deur hier-die offer het die kerk tot stand gekom, en is daar ‘n band meer heilig en liefdevol en teer dan enige ander band wat daar an bestaan tussen die mens en die Here. In Christenskap is daar ‘n model voor die man en die vrou geplaas en die model is om hierdie band van oorgegen-wenheid wat in die hemel vir ons uitgespel is op aarde te vervul. Efe.5:32. Dit is mistreus.

Daar was sektes van daardie dae nl. die Essenes wat die huwelik as ‘n struikelblok gesien het in hulle weg na die hemel. Maar die Christen familie is geformuleer om die beeld van die toekomstige koninkryk van die hemel uit te beeld. Dit is nie net ‘n skool tot die hemel nie, dit is die verwagting van die hemel self.

Die Christen familie in ‘n klein skaal moet die wysheid en die edelheid en die gewilligheid van gehoorsaamheid gesien word en dan is die die eenheid en die bevestiging van die perfekte koninryk van die Here hier afgebeeld. Dit moet van die Christen kerk ook so wees.

In die Christen families moet die gesin gelukkig wees en die seen-inge wat die Here oor die familie bring erken en is die Christen fam-ilie daar om die sterkte van die kerk te versterk. Die volgorde en die ontwikkelig wat Paulus in Efe 5 uitspel is nie per toeval nie. Hy begin met die hoogste raad voor die Here en die kerk wat ons oorals vind in die N.T. Dan gaan hy na die orde van die familie en dit is die familie lewe van Christene wat die kerk laat uitbrei en die doel om tot volkome volwassenheid te kom.

Die meeste boeke oor familie lewe begin by die man, maar die familie behoort aan die Here. Hy het dit geskape, en Hy bepaal die innerlike struktuur, en Hy het ‘n doel daarvoor bestem deur Godde-like toestemming mag en man en ‘n vrou met die Here saamwerk en is die Huis wat Hy vestig Sy woning op aarde. As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou. Ps.127:1 Die kinders ontvang hulle status as lede van die familie deur Sy hande-ling. Ps.68:6.

Dit is dus nie ons huwelik nie maar Sy huwelik, nie ons kinders nie maar Sy kinders nie ons familie nie maar Sy familie. Dit is die plan van die Here en werk homself uit in ons daaglikse lewens. Is die Here Jesus waarlik die Here in jou huwelik, dit sal alles beinvloed van die manier hoe jy jou huis versier, tot die manier hoe jy jou vakansie spandeer.

Ons gaan dus na die Christen familie kyk veral in ‘n reeks volgende jaar sonder die valslike illusie wat mense graag daaraan wil skenk. Ons wil kyk na wat die Skepper van die familie lewe oor die huwelik te sê het. Ons weet dat Hy wat die familie lewe geskep het meer weet as wat ons daarvan besef. As die opinie gehuldig word dat die huwe-lik maar net ‘n sosiale instelling is wat almal maar volg mis ons die doel totaal en al. Die huweik is veel meer as dit dit is misterues en wonderlik, dat dit die skepping van die Here is en sy hoogste doel bereik binne die struktuur wat die Here daar gestel het, sal ons in dit wat ons dan gaan sien dit dikwels totaal anders is as wat ons verwag het.

Ons gaan na die Bybel as ons handleiding kyk om hierdie onderwerp te hanteer. Hulle is net so waardevol vandag as in die ou dae, wat vir mense van vandag moeilik is om te glo. Mense glo dat al ons pro-bleme uniek is. Dit is soos oorlog, wat in die ou dae afgespeel het in totaal ander omstandighede is die beginsels van oorlog nog presies dieselfde.

Dit is dus baie belangrik dat ons na die surktuur van die familie lewe moet kyk, en sal dan baie dinge opmerk teenstrydig in die tyd waarin ons leef met dit wat die Bybel leer. As ons die Bybelse beginsels in ons eie lewens gaan toepas gaan ons heelwat veranderinge in ons persoonlike lewens moet ondergaan en ook in ons huwelik. Dit sal ‘n drastiese verandering in die atmosfeer van die familie meebring.

As ons sê dat ons op Christelike beginsels getroud is dan moet ons dit moes op Bybelse beginsels toepas. Dit is ‘n familie wat saam met die Here Jesus leef. Daar is geen lewe buite die Christen huwelik nie, daar is geen probleem wat die Christen huwelik in die gesig staar waarvoor daar nie ‘n Bybelse en blywende oplossing is nie.

Die basis van ‘n Christen huwelik is dat die Here Jesus in ons lewens lewend is, en dat ons die geheim van gebed sal ken wat vir mekaar opdra en ondersteun en bemoedig.

Soos wat ‘n familie sy verhouding met die Here sal ontwikkel so sal daar groei en ontwikkeling plaasvind, die basis is dat die Here lewend is en ons wil lei in gebed en praktiese omstandighede.

Begin om die Goddelike orde in die huishouding te vestig, dit het te doen met ons verhouding met orde en outoriteit tussen verskillende lede in die familie.

Die tweede is: Die teenwoordigeheid van die Here in ons huishou-dinge te beoefen. Ontwikkel ons vermoeë om geestelik te wil groei. As ons dit gaan toepas gaan ons huishoudinge waarlik Christus gelykvormig word. Die tweede is van meer belang om ‘n atmosfeer te skep waarin die Here Jesus belangrik is.    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00