DIE HUIS EN SY STRUKTUUR: MATT.7:13-29

INLEIDING:

In die lig van moedersdag wil ek graag aan u ‘n prentjie gebruik waarmee ons almal vertroud is, en dit is ‘n huis. Elke vrou droom een of ander stadium van haar droom huisie en wat sy alles daarin sal doen.

Die Bybel is ook met hierdie onderwerp vertroud en bring u en my in vervoering as ons sien watter woning Hy vir u en my voorberei, wat dink daaraan reeds 2000 jaar aan gebou en afgerond word.

Daar is balangrike aspekte rondom ‘n huis en u en ek gaan eers daar-na kyk. Kom ons begin by die begin:

DIE FONDAMENTE:

In Matt.7 maak hy welding van twee soorte fondamente waarop gebou kan word. Die een is soloied en standvastig maar die ander is wankelmoedig. Die fondament wat op sand gebou is is die een wat op eie krag gebou is, en nie deur die bewkaammaking van ons Heiliand en Verlsooser nie. Hierdie fondament mag dinge soos:

Ons is in ‘n Christelike land gebore, en in ons familie en geslagte het ons uit ‘n Godvresende agtergrond gekom. Ons voorouers was manne van die Boek en het dikwels hulle knieë voor die Skepper van die Hemel gebuig, baie soortgelyk as die volk van Israel.

Ons tel onsself as Christene omdat ons nie Moselms, Budiste of Hindo’s is nie. 

Ons kan ook as ‘n lidmaat van een of ander kerk groot geword het en het soos so baie ander ook die voorstelling en aanneming deur gegaan, en daarom word ons nou as Christene gereken.

Een ander belangrike fondasie wat ons kan noem is die feit dat ek gedoop is met water en dat ons deel aan die sakrament van die Heilige Nagmaal, en dat ons gereelde kerkgangers is en daarom dat daar tog ‘n mate van versagtende omdstandighede by die here vir my sal wees.

Daar is die wat sê niemand kan regtig weet of ek hemel toe sal gaan of nie, terloops die wat sê dat hulle hemel toe sal gaan is verwaend en voor op doe wa, hoe kan jy aanspraak maak op sulke onverant-woordelike uitsprake.

Die duiwel het dit reggekry om my oë te verblind en aan my dit voor te gee dat hierdie dinge is wat sal tel vir die Ewige lewe. Paulus kon ook in Fil.3:3-7 ‘n lys dinge noem waarom hy by uistek sou kon kwalifiseer vir die hemel, maar dan kom hy in vs.8 en sê dat hy alles skade geag het en alles prysgegee het en as drek beskou om Christus as wins te verkry.

DIE WARE FONDAMENT:

In 1 Tim.2:19 praat Paulus van die fondament was vastaan met die seël: “Die Here ken die wat Syne is: en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.”

Kom ons kyk na sy mure:

DIE MURE:

Wanneer ons na die Tabernakel en die Tempel kyk sal ons opmerk dat die mure besonders aantreklik was, ook die mure in die Hemel word omskrywe as Jaspis wat ‘n besondere mooi rooi steen is. Die mure is die sigbare vertoon van ‘n huis, as die mure verwaarloos en miwwrig is sal u nie met blymoedigheid na so ‘n verwaarlossde huis wil ingaan nie.

Die mure van die geestelike lewe is die Bybelse leerstellings: Daardeur word die huis opgebou in lering en ondderig en teregwysing. Daar is sekere beginsels wat u en ek nie kan verander nie. Die beginsels eerstens wat ek saai, sal ek maai, wat ek wil hê ander moet aan my doen moet ek ook aan hulle doen ens.

Maar daar is die beginsles wat geld:

Jesus alleen is ons Middelaar.

Hy is die enigste wat ons kan reinig.

In Hom hou alles stand.

In Hom het ons die opstanding en die ewige lewe.

1) Die beginsel dat daar alleen vergifnis is in die bloed van die Here Jesus, geen ritueel, gebruik of metode sal my by die Here uitbring ie, net maar as ek kinderlik en gelowig by die kruis sal kniel en Hom toelaat om my lewe te beheer.

2) Geen soort gebed met een of ander woorde sal my lewe verander nie,maar kinderlike vertoue in diepe afhanklikhied sal my siel kan red.

DIE BIINEHUISE VERSIERING:

Ons versiering sê 1 Pet.3 moet nie uiterlik wees nie maar innerlik. Nie dit wat ek buite aanhang nie, maar dit wat ek binne beleef en ondervind is waar die huis versier van word.

Die Tempel en Tabernakel was in die Allerheiligdom die plek waar die Here gewoon het, waar jy sou ingaan en die mees intiemste verhouding met die Here kan ondervind, daar waar Sy Absloute heerlikheid woon.

Sê my het u al ervaarwat Dawid in Ps.84 noem dat hy verlang na die voorhowe, die diepste binnste van die Here. Die Tabernakel en Tempel was uietrs aantreklik van buite, maar soveel meer daar waar die Here woon.

I u gereed om met Hom te wandel en saam met die bruid van Hooglied uit te roep, kom woon in my, en waai deur my tuin kom versier my met U teenwoordigheid.

Hy wil u in die aandwind in die tuin van u huis kom besoek, Hy wil dat u sal ruik na die geur van die aappels wat in die tuin is, Hy wil u versadig met Homself Openb.3:20. Om saam met Hom maaltyd te hou.

Is u fondament vas, is u mure sterk, is u tuin oordek met Sy teenwoordigheid.

DIE DAK:

Die dak van die Tabernakel was van vier kleure vel gemaak. Lke kleur het die vier Evangelis verteenwoordig, waarin die Here Jesus vir u en my verseël het.

Is u omsluit met ons Heiland, laat Hom toe om u hartsdeur oop te maak, dat Hy u hartshuis te vul met Homself.

Openbaring sê dat die Here Jesus die middeilpunt van alles sal wees, en dat Hy die bron van Lig en Lewe sal wees, daar sal geen tyd materie of spasie ‘n faktor wees, nie want die Here is Ewigheid en Altyd.

DIE DEUR:

In Joh.14:6 sê die Here Jesus: “Ek is die deur…niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

In Joh.10 maak die here Jesus van valse deur sprake nl. Joh.10:1 “Ek sê vir julle: wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. Maar hy wat deur die deur ingaan, is ‘n herder vir die skape.”

Dit is so noodsaaklik om seker te maak dat u nie op ander maniere prbeer deur die deur gaan nie. Daar is soveel van hierdie ander maniere:

Die een is: ‘n Nuwe blaadjie omslaan, ek gaan minder vloek, ek gaan my huis en familie beter oppas en meer aandag aan hulle gee, maar dit is alles eie pogings wat goed opsigself is, maar nie kwalifiseer om my in die hemel te kry nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00