DIE HERE SORG VIR SY EIE:PS.37:1-7
DIE GODDELOSE:
Sewe belangrike woorde in hierdie gedeelte wat ons nie uit die oog moet verloor nie:
1) WEES NIE TOORNIG:
Sien ook Ps.73:3. Wees tevrede met wat jy het. Alles werk ten goede mee vir die wat die Here liefhet, vir die wat na SY voorneme geroep is.
VS.1: “GHARA” Toornig beteken: Om warm te word, om ontevrede te wees, ongelukkig, jaloers te wees, brand, of bedroef te wees.
KWAAD DOENERS: “RAWAH” Om in stukke op te breek, om iets goeds tot niet te maak, om sleg te wees.
ONREG DOEN NIE: ”KANE’’ Die versamelplek of nes, van ongeregtigheid, pervesiteit, of boosheid, of onreg.
VS.2 GRAS: Verwys na die groenheid van lewe, en die vinnige handeling van die Here.
DIE REGVERDIGE:
2) VS.3 VERTROU:
Geloof is ‘n aktiewe genade daarom moet ons nie traag wees nie, maar navolgers wees van die wat deur die geloof die beloftes verkry het. Hebr.6 + 12.
“BAW-TACK” Om vertroue te hê, om veilig te wees, om seker te wees, om in die regte sin sorgloos te wees.
DOEN WAT GOED IS: “TOWB” Verwys na skoonheid, om op te bou, om te bemoedig, om beter te doen, vreugde te toon of genade te toon, om ordentlik te wees, liefdevol, genadig, gereed te wees.
BEWOON: “SHAKAN”: Om te bly, om te huisves of te bly.
JY SAL GEVOED WORD: “RAY-OW” Jy sal gemeenskap hê.
3) VS.4 VERLUSTIG
Ons kan ons nie in die Here verlustig alvorens ons nie in Hom glo nie, as die hoof en die volmaakte goed van die die siel nie.
“AWNAG” Beteken om lewend gesond te wees sodat ek vrug kan dra.
BEGEERTES: Jou gebede versoeke of behoeftes, of begeertes.
4) VS.5 LAAT JOU WEGAAN DIE HERE OOR:
Waar daar volmaate vertroue en vreugde is, sal daar ‘n spontane oorgawe van onsself aan die Here wees, in Sy wil en doel vir ons. Die lewe wat totaal aan die Here oorgegee is sal vry wees van allerhande vrese van gedagtes. Matt.6:25.
Ons word bemodig om al ons sorge op Hom te plaas, omdat Hy vir ons sorg 1 Pet.5:8
“GALAL”Om jou laste weg te rol, om dit te verwyder, om dit af te rol, om Sy wil te soek.
5) RUS IN DIE HERE: VS.7
Die rus is die resultaat van ‘n algehele oorgegewe lewe. In stil wees en vertroue daarin is julle krag. Jes.13:15. Rus in die Here beteken dat die stryd nie meer aan ons behoort nie, maar aan die Here.
6) VLUG VAN DIE TOORN:Vs.8
Jou vertroue in die Here vlug van die self en van die mens. Toorn en strewe is vleeslike termes Gal.3:19-20. Spreuke 25:28 “‘n afgebreekte stad sonder ‘n muur, so is ‘n man wat sy gees nie kan inhou nie”.
7) WAG OP DIE HERE: VS.9
Hierdie woorde is van uiterste belang. Na al die nodige oorgawe, is dit so belangrik om op die Here te wag. Hulle wat op die Here wag sal Sy hand in beweging sien kom.