DIE HELLUK.16:19-31
INLEIDING:
Daar is ‘n paar belangrike feite wat ons moet weet Indien iemand op reis gaan na ‘n vreemde land is dit altyd raadsaam om so veel moontlik inligting in te win aangaande daardie plek alvorens ons gaan. Net so is dit van uiterste belang dat ons ons vergewis van die lewe na die dood, wat dit behels, vir wie dit bedoel is, en wat die staat is waarin die mens hom daar bevind.
Aangaande die lewe na die dood is die Bybel die enigste aanvaarbare outoriteit wat ons meer hier-omtrent kan inlig. Ons moet glo wat Jesus rond-om die Hel beskrywe, anders kan ons nie glo in enige iets wat die Here Jesus sê nie aangaande die Here, die Hemel, sonde, en Verlossing nie.
Eerstens sal ons sien dat daar meer mense is wat Hel toe gaan as wat daar is wat hemel toe gaan. Matt.7:13-14. “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan, Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind”. Wees versigtig dat u nie met die skare weggelei word nie. Dit is so maklik om mislei te word soos die Fariseërs, wat twee maal ‘n week gevas het, wat kerkgangers was, wat hulle tiendes betaal het van al hulle besittings, en wat tog verlore was.
Die gordyn word nie dikwles vir ons gelig aan-gaande die lewe na die dood nie, maar wanneer dit gedoen word, moet ons diep dankbaar wees, en moet ons die inligting met groot sorg en respek hanteer.
Sommige mag reken dat dit wreed en onsensitief is om oor hierdie onderwerp te preek, nl. die Hel, maar daar is niemand wat meer begripvol, teer en medelydend was as die Here Jesus nie en die dissipel van liefde nl. Johannes nie. Juis weens hulle liefdevolle begrip en erns, en met die wete dat daar ‘n vreeslike plek vir die mens te wagte is wat sy lewe nie met die Here Jesus regmaak nie, het hulle nie gehuiwer om die mens in te lig aangaande die vreeslikheid van die Hel nie en om daarvan weg te vlug nie.
Een van die grootste tragedies in die tyd waarin ons leef is die gebrek aan liefde van predikers wat hulle monde eerder snoer aangaande die vreeslike plek en dus met bloed op hulle hande sit
Iemand het eens gesê: “As ek weet dat daar ‘n Hel is wat voorlê, sal ek gewillig wees om oor die hele land op my hande en knieë te kruip – oor dorings en stukke glas, om mense te waarsku van hierdie vreeslike plek en hulle na die Here Jesus toe te lei.”
“Ek glo dat daar nooit ‘n tyd aangebreek het soos vandag waarin die mens juis die boodskap nodig het nie. Die preekstoel is feitlik stil oor hierdie vreeslike feite en mens hanteer hierdie vreeslike waarhede as middele om die spot mee te dryf.
Die Hel is ‘n plek van ewige lyding, waar ver-doemde siele verniet om water skreeu, te midde van die vreeslike vlamme, wat vir ewig sal brand, waarvan daar nie gevlug of een oomblik verlig-ting sal kom nie. Dit is die vreeslikste feit in die heelal. Net die vreeslike gedagte dat so ‘n oordeel oor my lewe eendag moet wag. Om te dink dat daar net nooit en vir ewig en altyd ‘n pyniging en smarte op die mans wag, net omdat hy nie sy saak met die Here reg gemaak het nie.
Daarom die pleitdooi aan u dat u dit ernstig sal oorweeg wat die vreeslikheid sal wees van die lewe na die dood as u nie gereed is nie.
Ons vergeet dat ons ewige wesens is en dat ons moet leef met die wete dat die lewe hier op aarde gou verby sal gaan, maar dat die lewe na die dood die eintlike is wat vir ons gaan tel, en daar-om die noodsaaklikheid dat ons, ons lewens met die Here moet regkry.
Openb.21:8 Sê die Woord van die Here vir ons:”Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en die gruwelikes en die moorde-naars en die hoerreerders en die towernaars en die afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel van vuur wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood”.
Die wat weier om hulle afgode en hulle weeluste en hulle selfsugtigheid te vernietig, sal in die Hel brand vir hulle sonde. Hulle sal ‘n ander dood sterwe na die dood hier op aarde. Hulle verdien regverdiglik die straf van hulle sonde en sal in hierdie staat vir alle ewigheid verkeer.
As in ons die werklikheid van die Hel tot ons deurdring sal ons soveel minder slaap, sal ons eerder ure in gebed deurbring waarin ons vir siele bid wat hulle lewens nog nie met die Here Jesus reg gemaak het nie. Ons sal leef met ‘n las in ons hart om vir ander dag en nag in te tree by die Vader.
Beide die Hemel en die Hel is realiteite, en is maar ‘n oogwink ver van elke persoon wat op aar-de leef. Wanneer die Bybel oor die Hel praat, word die klem op twee aspekte gewerp nl. Die feit dat ek seker moet maak dat ek gered is en dan die feit dat die persoon wat gered is heilig moet leef omdat daar ‘n dag van oordeel gaan aanbreek
Die dood is ‘n realiteit wat elke lewende wese in die gesig moet staar. Mag die vrees van die Here ons harte oorval terwyl ons besef dat daar ‘n ewiglike oordeel op elkeen se lewe wag.
‘n Paar belangrike vrae wat ons mekaar moet afvra is:
1) Spandeer ons ons tyd reg in hierdie geweldige
kort tydjie wat ons op aarde het?
2) Leef u wat gered is so, dat die ongeredde die
Here sal soek?
3) Is u gesprekke met mense van so ‘n aarde dat
dit hulle bewus maak van die ewige lewe?
4) Soek u daarna om ander bewus te maak dat
hulle maar net een lewe het om te leef hier op
aarde en een kans om hulle lewe met die Here
reg te maak?
WAT DIE BYBEL ONS LEER AANGAANDE DIE HEL:
Uit die gedeelte in Luk.16 is dit duidelik dat hierdie man alles intens ervaar het.
1) WAAR IS DIE HEL?
Uit die verhaal van Luk.16 is dit duidelik dat die Here Jesus na Hades verwys.
Daar is drie plekke wat die Bybel ons leer wat die ewige verdref aandui:
a) Die eerste is Sheol: In die O.T. het alle persone
wat te sterwe gekom het soentoe gegaan. Die regverdiges was aan die een kant en die onreg-verdiges aan die ander kant, met ‘n onoorkomlike kloof tussen die twee groepe.
DIE HEL:
LUK.16:19-31
DIE RYK MAN EN LASERUS:
INLEIDING:
In die vooraf gedeelte van Vs.13 vind ons ‘n eienaardige gesegde nl.:
“Geen huisknegte kan twee huishere dien nie; want hy sal die of die een haat en die ander een liefhê, of die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie”.
Die Here Jesus vlek die hart van die mens oop in Vs.15:
“En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julleself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God”.
i) KOM ONS KYK EERS NA DIE GE-
SKIEDENIS VAN DIE GEDEELTE.
a) Die ryk man was uiters bekend in sy dae, en sy naam was Dives.Hy was van die hoeëre finansieële klas gewees en was ‘n handelaar van beroep, wat bekend was vir sy beleffdeheid, en opregtheid en waardigheid teenoor almal het hy badag voorgekom.
b) Laserus, aan die anderkant was van Jerusalem, en was vanuit die laagste finansieële klas gewees. Sy naam in die Grieks is Eleaser, en het van geen besonder familie afkoms gewees nie.
Hy was baie in die dorp bekend gewees, en sy naam dui daarop dat hy geen skandaal op hom gehad het nie. Hy het by die poort gelê en was geen plesier om te aanskou nie. Hy was vol swere en het begeer om van die krummels wat van die tafel van die rykman afgeval het te eet. Die hande het dikwels gekom om sy swere te lek.
Hy het gebuk gegaan onder pyn en armoede, en die verlange na brood het dit laat blyk dat niemand vna hom notisie wou neem nie.
c) Die verandering: Laserus sterf:
Hier het pyn en armmoede geindig, en was deur engele weggedra na die boesem van Abraham, na die Paradys.
Wat het die Paradys vir die Jode beteken?
Die plek waar die slegte vanprobleme verlos is, en die swarmoedige rus kry. Die versamelplek van die heiliges wat wag vanaf die dood tot en met die opstanding aan die eiende van hierdie despensasie.
Daar word algemeen veronderstel dat die siel van goeie mense die oomblik as hulle sterwe direk hemel toe gaan. Ons sien dat dit nie waar is nie, Die Here Jesus sê aan Maria: “Raak My nie aan nie, omdat Ek nog nie na My Vader opgegaan het nie”.
Hy was in die Paradys volgens die belofte aan die kruis. “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”. Die Paradys is die voorportaal van die hemel.
d) Die Paradys is die voorportaal van die Hemel.
Die ryk man het ook getserf en het sy oë in die doderyk opgeslaan. Ons vind dat hier ‘n magtige val plaasgevind het.
Die woord doderyk verwys hier na die onsigbare wêreld en verwys na die versamelplek van die afgesonderde geeste. Dit verwys hier na die plek waar al die bose en slegte geeste woon.
Die rykman ervaar smarte. Hy is in die plek waar die sondes wat hy gepleeg het in die liggaam en die siel hom nou gevange hou.
e) Hy het Abraham van vêr gesien:
Hy het Abraham so vêr as wat die doderyk van die Paradys verwyder is gesien, en Laserus aan sy boesem.
Volgens die Joodse en Romeinse gebuik was dit so dat die mense nie regop by hulle plekke gesit het soos ons van dag doen nie, hulle het om die tafels op hulle linker sye gelê met ‘n kussing wat hulle onder die ellenboog gestut het. Hy wat aan die regterkant van hom lê, was bekend daarvoor dat hy aan die boesem van die persoon gelê het. Dit was die wyse waarop Johannes aan die Here Jesus se boesem gelê het. Die uitdrukking om aan iemand se boesem te lê het bekend gestaan as die hoogste plek van eer en geluk.
Die ryk man het uitgeroep en gesê: “Vader Abraham wees my barmhartig”.
Jou verwarde, wat kan Abraham vir jou doen?, wat kan enige skepsel vir jou betekenom die band van die bodemlose pit vir jou te verbreek. Wie kan van die plek van pyniging ontvlug, laat hom na die Here roep om genade. Maar die tyd vir jou Dives is nou vir ewig verby. Geregtigheid is besig om plaas te vind en heers nou oor genade.
“Stuur Laserus dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel” Vs.24
Hy het nie vir ‘n beker water gevra, of my uit die vlamme uit te neem nie, wat Dives nou besef is dat geen genade kan in die skadu van die hel inkom nie.
“Kind onthou dat jy die goeie dinge in die lewe ontvang het, en Laserus die slegte, En nou word hy getroos, maar jy ly smarte”
Die vraag wat ons nou moet vra is: Hoe kom hierdie man in die hel?
Dit wil nie voorkom dat hy ‘n goddelose man was nie, dat hy ‘n dronkaard was nie, of gevloek het nie, of dat hy selfs die dag van die Here verbreek het nie, of dat hy in enige bekende sondes geleef het nie. Hy was na alle waarskynlikhied ‘n Fariseër gewees, en was as sulks aan al die uietrlike dinge blaamloos, hoe het hy dan in die plek van pyniging gekom?
Dit was om geen ander rede as wat die Skrif sê: “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor”
Hy het die deel ontvang wat hy verdien het, en so ook Laserus. Laserus het hierdie lewe nie gekies nie, maar die Here het verkies om dit oor hom te bring.
f) Daar is ‘n groot kloof tussen julle gevestig:
Niemand weet seker wat hierdie kloof kan wees nie, maar geen geeste of invloede kon oorbeweeg het nie, maar die wil van die Here het bepaal dat niemand oor hierdie lyn kon tree nie.
g) Toe het hy gebid:
Hy bid dat die vader om hom na my vader se huis te stuur , omdat hy vyf broers het, sodat hy hulle dringend kan waarsku. Vs.27-28.
Daar is waarskynlik twee redes waarom hy hierdie gebed pleit:
1) Hy weet dat sy lewe nooit sy broers oortuig het dat hulle gereed moet maak vir die lewe na die dood nie, en dat hy die verwyt van sy hart af wou kry om homself te regverdig van sy skuld.
2) Dat hy weet dat hulle gerus lewe met die verskoning dat ons maar ‘n sondige natuur het, en die realiteit van die toekomstige hel nie besef nie en dat hy hulle van die vreeslikhied van die pyniging wil spaar.
ii) TOEPASSING VAN GESKIEDENIS:
Abraham antwoord dat hulle Moses en die profete het, laat hulle na die luister. Vs.29
Hy wou homself oortuig dat iemand met so ‘n realistiese getuie soos die vreeslikhied van die hel, sal hulle laat berou, wat nie van dieselfde opinie is nie, en een wat van die dode kom sal sekerlik iemand laat wakkerskrik.
a) “Daar was ‘n sekere man…”
Die Woord van die Here waarsku ons teen die gevaar van rykdom. Die Here Jesus sê: “Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n rykman om in die koninkryk van die hemele te kom”.
Die Woord waarsku ons dat ons nie agter weelde en geld sal aanhardloop nie, maar dat ons daarop ag sal slaan dat ons versiersels nie uiterlik sal wees nie nl, die aanhang van goud of silwer nie, maar ‘n sagmoedige en ‘n ingetoeë gees.
b) Deel in ongeregtigheid:
Die waarskuwing wat hier na ons toe kom is dat ons nie in ongeregtighied mag leef nie, want daar sal ‘n dag kom wanneer ons in dieselfde sondes as die rykman sal val deur in die ewige verdoemenis te beland en saam met die ryk man uit te roep vir ‘n druppel water.
c) “Daar was ‘n sekere man met die naam van
Laserus wat by die poort gelê het”. Vs.20-21.
Die rykman en sy vriende was te godsdienstid om die bedelaar van sy smarte te help verlig. Die honde was meer verdraagsaam as die rykmense om die swere te kom lek.
Dar was ook in sy lewe ‘n tydperk waarin die smarte van hierdie aarde verruil was vir die ewige heerlikhied wat op die mens gewag het.
d) Die rykman het ook gesterf:
Hy het waarskynlik vroeër as wat hy beplan het om te sterwe gesterf. Hy was begrawe, met die komplimente van predikers en mense oor sy lewe en dat hy nou rus en by ‘n baie beter plek is, en wat sien ons:
In die hel het hy sy oë geopen. Dit is nie die wil van die Here dat u daar te lande moet kom nie.Jy kan alleen in hierdie plek van smarte en pyniging kom deur ‘n vrye keuse.
e) Die toneel verander weer:
Nou is hy in die realiteit van die lewe na die dood en merk dadelik dat Abraham wat een van sy voorvaders was wat hy geer het, vêr van hom af is, en Laserus aan sy boesem.
f) Hy het geroep en gesê: Wees my genadig vader Abraham”
Dit is seker die enigste gebed in die Bybel van ‘n goddelose wat tot ‘n heilige bid behalwe hier nie. Daar is die wat nie bereid is om tot die Here op aarde te roep nie, laat ons, nie dom wees en wag tot hierna en dan in gebed tot die Here te wil roep nie. Hy bid en roep en sien sy eie behoefte dadelik raak, “want ek ly smarte in hierdie plek”
g) “Abraham antwoord kind onthou”
Moet nooit in u lewe die fout maak om te dink dat alles goed is omdat u erken word of selfs op aarde op die hande gedra word nie, as u die skepsel liewer het as die Skepper is u in gevaar.
h) “Daar is ‘n groot kloof tussen jou en my
gevestig”
Ons het die keuse of ons deur vriende of deur engele na die dood begelei moet word. Strek nou u hande uit na die ewige dood of die ewige lewe. Laat dit wees soos u geglo het.
i) Nou bid hy dat iemand na die vaderhuis
gestuur moet word:
Laat ons hierdie aanmaning om nie in die hel te wil bid nie tot onsself neem, sonder om vir ondersteuning van andr te wag, en nie met tyd speel nie, dit is te deseraat en kosbaar.
iii) KOM ONS BEWYS DIE WAARHEID VAN
HIERDIE GELYKENIS:
Dit is seker dat geen menslike oortuigings of selfs mense het die vermoeë om iemand se hart te kan verander nie. Geen krag of invloed kan ‘n siel se stand verander nie, geen engel kan ‘n siel red nie, of oorbring van die duisternis na Sy wonderbare Lig nie, en van die krag van die duiwel na die Here nie. Die Here alleem kan die wat in die mag van sonde is daaruit haal.
a) Veronderstel iemand het nie Moses of een van
die profete gehoor nie.
Wat sal u doen as u selfs so ‘n duidelike boodskap kry dat iemand by jou bed kom staan en jou vertel dat hy gestuur is van die Here en dat jy soos jy nou leef hel toe sal gaan en dat jy moet bekeer om hemel toe te gaan, wat sal u doen?.
Dit gebeur dikwels dat die Here indrukke op u gemoed laat, en dat sit u tot denke laat maar kort voor lank verdwyn dit in die mis.
Wat was die effek van hierdie waarskuwing in sy lewe:
1) Dat hy besonders bevrees was.
2) Dat hierdie vrees ‘n dieper oortuiging van
waarheid aan sy hart openbaar.
3) Dat sy hart nie verander het nie, as behalwe
die Here wat dit kan doen.
4) Dat die doel van sy lewe steeds verkeerd was,
en dat hy steeds die wêreld liefhet, en dus
gehoop het dat die Woord van die Here nie
waar was nie.
b) Ons kan hierby voeg:
Dit was om en by dieselfde tyd wat Laserus dood was, dat ‘n ander Laserus opgestaan het, uit die dode. Tog hoewel dit gebeur het, was daar die wat die Here Jesus hieroor wou doodmaak het.
Ons sien dus dat verklaarde waarhede van die Woord van God, is by verre die beste rasionele oortuiging , en baie beter as enige ander metode wat die mens dink beter sal wees.
Laat ons dus daarop ag sal gee dat ons hele lewe en hart verander sal wees na die beeld van die Here Jesus. So sal ons ‘n geoeie gewete behou, en ons woorde en handelinge van die Here spreek, en wanneer ons wedloop voltooi is, dat ons ook deur engele weggedra sal word.