KOM ONS KYK VANAAND NA DIE -HEERLIKHEID VAN DIE KRUIS:
WAT BETEKEN DIE KRUIS VAN DIE HERE JESUS VIR JOU:
1) IN DIE DIEPER BETEKENIS: FIL.2:5-8. “Want hierdie
gesindheid moet in ons wees wat ook in Hom was.”
2) IN SY DINAMIKA 1 Kor.1:18 ”Want die Woord van die kruis
is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons is dit die
krag van God.” Rom 1:16 dit is die krag van God tot redding
3) IN MAGNETISME: Joh.12:32 “En Ek as Ek van die aarde
verhoog word, sal almal na My toe trek”
4) IN NOODSAAKLIKHEID: Joh.3:14 “En soos Moses die
slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens
verhoog word”
5) IN PLAASVERVANGER: 1 Kor.5:7-8 “Suiwer dan die suur-
deeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inder-
daad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag naam
-lik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of
met suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuur-
de brode van reinheid en waarheid”
6) IN DIE VRYHEID WAT DIT GEE: Joh.8:36; Openb.1:5-6
“As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”
“en van Jesus Christus die getroue getuie, die eersgeborene uit
die dode en die Owerste oor die konings van die aarde. Aan Hom
wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
En ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan
Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid Amen”
7) IN DIE KARAKTER WAT DIT BOU: Hebr. 13:20-21
“Mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape,
naamlik onse Here Jesus Christus deur die bloed van die ewige
testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke
goeie werk, om Sy wil te doen deur in julle te werk wat welbe-
haaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlik-
heid toekom tot in alle ewigheid Amen” Fil.3:8-11
8) IN VYANDE WAT DIT MAAK: Fil.3:18-19 “Want baie van
wie ek dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – wandel
as vyande van die kruis van Chrstus. Hulle einde is die verderf,
hulle god is hulle buik en hulle eer is in hulle skande, hulle be-
dink aardse dinge”
9) IN VERGIFNIS VAN SONDE DIT VERSEKER: Luk.24:
45-47 “Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan En
Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe en so moes die Christus ly en
op die derde dag uit die dode opstaan. En bekering en vergewing
van sondes in Sy Naam verkondig word aan al die nasies van
Jerusalem af en verder.”
10) IN DIE VREDE WAT DIT GEE: Kol.1:19-20 “Want dit het
die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat
Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede ge-
maak het deur die bloed van sy kruis – ek sê deur Hom – die
dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.”
11) IN DIE VERSOENNING EN SY EFFEK: Rom.3:21-26
“Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die
wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtig-
heid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal
wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het geson-
dig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. En hulle
word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die ver-
lossing wat in Christus Jesus is.
12) IN DIE VERLOSSING WAT DIT BRING: Openb.5:9
Efe.1:7 1 Pet.1:18-19 “In Hom het ons die verlossing deur Sy
bloed die vergifnis van ons sondes na die rykdom van Sy genade.”
13) IN DIE OORWINNINGS WAT DIT BIED: Openb.12:11
“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die lam en deur die
woord van hulle getuienis en dat hulle hulle lewe tot die dood
toe nie lief gehad het nie”
14) IN ONS STAND VOOR DIE HERE: 11 KOR.5:20-21 “Ons
tree dan op as gesante om Chrisus wil, asof God deur ons ver-
maan. Ons bid julle om Christus wil, Laat julle met God versoen.
Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons
gemaak sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom”
15) IN DIE VERBOND WAT DIT BEVESTIG: 1 Kor.11:25
“Net so ook die beker na die ete, met die woorde: Hierdie is die
nuwe testament in my bloed; doen dit so dikwels as julle daaruit
drink tot my gedagtenis”
16) IN TOETSE KAN ONS DIT TOEPAS: Gal.5:11 “Maar ek
broeders as ek nog die besnydenis verkondig waarom word ek
nog vervolg? Dan is die struikelbrlok van die kruis vernietig! 1
Kor.10:13
17) IN DIE LIEFDE VIR SY GEBOOIE: Rom.5:8 “maar God
bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe
ons nog sondaars was”
18) IN DIE HEMELE WAT DIT VIR ONS INHOU: Openb.5:
6-7 +9-17 “Hy wat in die middel van die troon sit en in die mid-
del van die ouderlinge staan daar ‘n Lam en Hy het die boek ge-
neem en dit geopen en al die lewende wesens het voor. Hom ge-
buig en verklaar dat Hy waardig is om die boek te neem.
19) IN DIE HEL WAT DIT VERNIETIG: 1 Joh.3:8 “Vir hierdie
doel het die Seun van die mens veskyn om die werke van die
duiwel te vernietig.”
20) IN DIE SIELEVOEDING WAT DIT BIED: Joh.6:53-56
Hy is die brood van die ewige lewe.