DIE GROOT BELONING!
In die sport wêreld is die strewe na die eerste plek. Die beker of die goue medalje. Wonderlike beloning vir al die harde werk van die atleet.
Christus Jesus gee ons as mens die ewige lewe. Sodra die mens Christus aanvaar as sy Verlosser en die titel ,kind van God ,verkry is daar werk om te doen. God red ons nie alleenlik om hemel toe te gaan nie. God het ’n taak vir elkeen van ons. Dit is ook ’n algemene feit onder die Christene dat Christus Jesus weer gaan kom na die aarde Hand. 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
Hand. 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Dit is ook ’n feit dat Christus elke kind van God gaan beloon wat hy/sy gedoen het vir Hom hier op aarde. 2 KOR. 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Nou is die vraag:- Wat is die beloning wat ons gaan ontvang? God het vir ons vyf krone in gedagte en ELKE kind van God kan al vyf krone kry.
1. Kroon van die lewe – Openb. 2:10 / Jak.1:2 en 12-14. Hierdie kroon word gegee vir getrouheid ten spyte van verdrukking, vervolging en versoeking.
2. Kroon van roem – 1 Thess. 2:19 en 20. Hierdie kroon word gegee vir die wat siele wen vir die Here Jesus.
3. Kroon van heerlikheid – 1 Petrus 5:2-4. Hierdie kroon word gegee vir die bewaarders van die kudde van God. Sien om na pas bekeerdes en wees ‘n voorbeeld vir andeer.
4. Kroon van geregtigheid – 2 Tim.4:7en 8. Ons moet die Here se koms elke oomblik verwag en daarvoor lief wees.
5. Onverwelklike kroon – 1 Kor.9:24-27 Leef wat jy getuig en moenie in jou Geestelike lewe verwelk nie.
Oordink hierdie werk wat jy vir die Here daagliks moet doen? Is daar tekortkominge in jou lewe? Is daar aspekte waaraan jy moet aandag gee?
GEBED
Here, dankie dat ek ook hierdie beloning kan verkry! Wees U my Instaatsteller? AMEN