DIE GRONDBEGINSEL VAN HEILIGHEID -1 PET.1:13-25
INLEIDING:
Die Here het die mens gemaak om heilig te wees. Efe.1:4 Spurgein het gesê: Heiligheid is die argitekplan wat die Here gebruik om ‘n lewende tempel te bou.”
Mens skryf heiligheid maklik aan die Here toe, maar sal allerhande dinge daaroor te sê he wanneer dit op ons van toepassing moet wees.
1) DIT IS DIE NATUUR VAN GOD:
Die Here wese van God is Heilig. 11 Pet.1:4 Hy wil hê dat ons soos Hy moet wees, eenkant gesit en afgesonder, alles wat ek is en doen.
Vs.13 Omgord die lendene van julle verstand. Moet begin by voor-bereiding van verstand. Verstand en gemoed moet heilig wees, en daarom ook ons gedrag. Spr.23:7 “Want soos ‘n mens in sy siel bereken so is hy” Fil.4:8 “Alles wat eerbaar, regverdig, rein, lieflik, en loflik is bedink dit.”
Die woord nugter beteken om besadig te wees. Ons gemoed moet onder die beheer van die Heilige Gees kom, dat ons volkome op die genade kan hoop wat ons deel word by die openbaring van Jesus Christus. Ons leef ‘n verhouding van Hoop 1 Joh.3:1-3.
Ons faal wanneer ons negatief en pessimisties is.
Vs.14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewens inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onweteheid bestaan het nie.
Gehoorsaamheid is grondbeginsel van geestelike lewe. Mark.8:34 Ons ons kruis opneem en onsself verloën As ek Hom liefhet sal ek Sy gebooi bewaar. Joh.14:21. Gehoorsaamheid rig nie meer my lewe in soos voorheen nie, alles verander.
Om eie begertes na te volg sal die dood veroorsaak.
Vs.15 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle ook heilig word
Daar is slegs een wat volkome heilig is, nl. Hy wat ons roep. Moet Hom liefhe en gehoorsaam.
Omdat dar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
Direk uit Lev.11:44 aangehaal. Beteken rein afgeskeie van sonde te wees. , dit beteken verder om sonder sonde te leef. Ons moet heilig wees in alles wat ons doen. Dl.Moody het eens gesê: Dit is baie beter om heilig te leef as om daaroor te praat, Ligtorings lui nie klokke nie en skiet ook nie kanonskote nie. Hulle skyn net.
2) VERSEKER IN SY VERLOSSINGSPLAN:
1 PET.17-21
Wandel in vrees gedurende julle tyd van vreemdelingskap:
Leef hier op aarde as vremdelinge en bywoners. Ons hoogste roeping om lojaal teenoor die koning van Konings te leef.
Here oordeel sonder aanneming van persoon.
Vrees waarna Hand.2:43 verwys:
Vs.18 Nie dur verganklike dinge losgekoop nie.
Nie deur goeie maniere losgekoop nie, ons kom sonder iets in die wêreld en gaan sonder iets weer uit. Goud en silwer vergaan maar SY woord bly tot in ewigheid.
Vs.19 Die Kosbare bloed van Christus:
Hy is die vervulling wat vlekkeloos is, Joh.1:29 Daar is die Lam
Ons redding is duer Goddelike bloed gekoop. Rom.3:23-24.
Wat vooruit geken is voor die gronlegging van die wêreld.vs.20
Sy Bloed was gestort om die wêreld met Hom te versoen. Hy het ons uitverkies om heilig te leef. Efe.1:4
Vs.21 Julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het Vs.21 Die boodskap is in Joh.3:16 vervul So lief het God die wêrleld gehad sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Die opstanding van Jesus beklee ook ‘n sentrale plek in die boodskap van Petrus. Dit is prominent in sy boodskappe. Hand.2:31. 1 Pet.1:3 verwys hy na die seën van wedergeboorte.
Heerlikheid kan ook as aanbidding vertaal word.
3) Ontdek in Sy verlossingsplan:
Vs.22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefdeliefde gereinig het.
Liefde is sentraal in die Chritelike lewenstyl, dit is die essensieële karakter van God self. 1 Joh.4:8 Ons liefd moet ongefeins wees, suiwer en sonder enige huigelary.
Os moet opreg liefhê. Ek kan vurig liefhê uit ‘n rein hart.
Wedergeboorte nie uit verganklike saad nie maar onverganklike saad.
Hy se dat ons ons erfenis verkry wat onbesmet en overwelklik en onbesmet is.
Vs.24-25 Verwys petrus dat alles verganklik is, maar nie die ewige lewe nie.
Liefde vergaan nooit nie, bly vir ewig en is rein.