DIE GOEIE HERDER: JOH.10:11-18
INLEIDING:
Uit hierdie gedeelte leer ons dat die Here Jesus die goeie of perfekte Herder is. Alles wat voor Hom was of in Sy plek was, of wat daarna sal kom is diewe en rowers. Daar is net een Goeie herder wat SY lewe sal neerlê vir Sy skape, en dit weer sal opneem. (18).
1) HY HET SY LEWE GEGEE VIR SY SKAPE: VS.11
Dit is die uitstaande karakter eienskap van ‘n goeie Herder. Hy was nie net gewillig om SY lewe neer te lê nie, maar het van die Vader opdrag ontvang. (18) dat die skape lewe mag hê deur Hom in oor-vloed. (10)
Die vergelyking help ons om die geheel prent beter te verstaan.